Jump to content

Tjorts!


Rissiepit

Recommended Posts

My hart is vandag weer seer en ek leer nou maar net nie my les nie. Het weereens 'n kaartjie vir die emosionele "roller coaster" gekoop en hier gaat hy … ek hou styf vas en knyp my oë toe. Dit voel of my hart by my borskas wil uitklim.

Die afgelope naweek het ek weereens die voorreg gehad om by my beste pêlle, wie in Desember 2007 platteland toe getrek het om uit Gauteng uit te kom, te gaan kuier. Hulle is besig om te breek en te bou aan die huis wat hulle in Wakkerstroom gekoop het. Vrek koue plek wat maar bleek lyk in die winter, maar tog so mooi groen is in die somer. Ek het amper 'n hartaanval gekry toe ek daar aankom en sien dat die een vertrek wat aangebou word, en wat nog nie eers 'n vensterraam in het nie, bloot van die res van huis geskei word met 'n deur wat nie eers gesluit kan word nie! Hulle het sommer 'n hark so dwars met 'n stuk tou aan die handvatsel vas gemaak wat keer dat jy die deur van buite af kan oopmaak. Maar hulle is nie eintlik gepla of die deur kan oopmaak of nie, dit was hul bouer ('n plaaslike Zoeloe wat al jarre lank daar bly) se idee … sodat die honde en ganse nou nie heeltyd daar sal in en uit nie. Ek trek maar my een wenkbrou op en bid stilletjies dat die hark moet hou, maar ek sê maar niks nie want ek is mos nou nie 'n "sissie" nie.

Die Saterdag middag is ons uitgenooi vir 'n "stook" op een van die Volksrust boere se plaas. Was dit nou 'n belewenis gewees. Eers het ek gewonder oor die "wettigheid" van die hele affêre, maar so twee "piesang 56's" later het ek nie meer omgegee nie. Die 56 het glo niks met jaartal uit te waai nie, maar met die persentasie alkohol in die mampoer.

Vriendelike, sout-van-die-aarde tipe mense dié. Hulle bid hard, hulle "lief" hard, hulle werk hard en hulle "partikuleer" hard. Die mooiste uitsig oor die berg vanaf die voorstoep … die son sak oor daardie berg en verkleur die hemel so oranje, blanje, blou – en toe dink ek so by myself dat dit seer sekerlik is waar die idee vir ons ou vlag vandaan gekom het. Wat my ook opgeval het, is dat daar nie 'n sprakie van 'n sekuriteitshek voor (of agter) die dubbel skuifdeure was, wat die stoep van die res van die huis geskei het nie. Hierdie ouens is nie bang nie. Hulle leef in "vrede en harmonie" saam met hul plaaswerkers en almal kyk uit vir mekaar. Ek was seker veronderstel om senuweeagtig te wees … so blootgestel en kwesbaar hier op 'n plaas in Mpumalanga, maar ek het so onbeskryflik veilig gevoel daar in die middel van êrens en nêrens. Dalk het die "piesang 56" iets daamee tedoen gehad :ilikeit:

Misdaad is nie regtig vir hulle 'n "issue" nie … blykbaar is daar 'n "vatti-kakki-kommando" in die Piet Retief – Wakkerstroom – Volksrust area. 'n Ou roep net om hulp op die radio en dan is die hele distrik daar - die skelm/s word sommer binne 'n japtrap vasgetrek. Ek het al voorheen van hierdie kommando gelees en hulle het al 'n redelike naam vir hulself gemaak. Die boewe soek nie sommer skoor daar nie. Dié ouens is ook nie onnosel of naïef nie. Hulle hou dinge fyn dop, altyd 'n oor op die grond.

En dis waar die hartseer weer begin kop uitsteek het. Oor wat was, is en kon gewees het. Kyk hoe leef hierdie ouens. Manne met murg in hul pype, wat kliphard saam met Dozi "Jantjie kom huistoe" in Zoeloe sing en ja, ou Delarey het ook sy opwagting gemaak daar op die stoep waar hulle almal gereeld saam kuier en "spyker". Nou voor julle 'n oorval kry: spyker is 'n speletjie. Daar is 'n stuk boomstomp met 'n spyker in en jy moet nou hierdie spyker kan raak kap, want as jy mis, drink jy!

So teen half tien die aand was die party verby. Die een ou het lammertjies wat nog gevoer moet word en more oggend is dit kerk. Die mense was nie uit hul skoene uit gedrink nie, net lekker jolig na 'n week se harde werk. Almal groet vriendelik en sê hoe lekker dit was om jou te ontmoet, en ons moet weer so maak as ek in daardie geweste is.

Sondag oppad huistoe het ek sommer so 'n naar kol op my maag gekry toe ek Johannesburg met sy swart wolk om hom so uit die vêrte uit sien. My hart lê nie meer hier nie. Hy het nou sy tassie gepak en wil met alle geweld gaan huis opsit … op 'n plaas tussen die berge, in Mpumalanga. Hy probeer my kop oortuig dat dit is waar my voorouers hul lewens vir hierdie land opgeoffer het. Dit is waar hulle met hul bloed, sweet en trane 'n nasie van vernuftige, Godvresende mense "bewerkstellig" het. Maar my kop antwoord vinnig dat ons almal weet wat met Oupa Piet, nie te vêr van daar af, gebeur het.

Skielik dink ek aan die "Slag van Bloedrivier" prent waarmee ek al vir weke lank in my kattebak rondry omdat ek dit nie by die huis wil los waar my bediende dit kan sien nie. Al my lewe wil ek my keel afgesny kry oor iets wat al jare lank in die Retief familie is en wat ek eintlik net by my het omdat ek vir Harry 'n afskrif wil laat maak, soos ek belowe het. Maar is dit nie die hele probleem met ons Afrikaners nie? Het ons nie maar net "sag" geword nie? Sit ons nie maar waar ons nou sit, omdat ons dit toegelaat het nie? Dis óf dit, óf ons het slim geword … dalk gee ons hierdie "Azaniërs" net genoeg tou om hulself mee te hang. Dalk is daar tog nog 'n volk wat geduldig sit en kyk, en wag … of dit nou van hier af, of van oor die water af is.

Waar's daai "piesang 56" nou? Koffie sal maar die ding moet doen. Tjorts ouens! Op my land, op my volk, op die Koning.

Link to comment
Share on other sites

Pragtig. Dit is wanneer ek sulke "Afrikana" lees wat ek soos M wil opstaan en faait. Want oor 'n paar jaar is dit tot niet. Ek het 'n Oom gehad wat die bankbestuurder op Wakkerstroom was. Daai jare as ons gaan kuier het, het my Tannie ons altyd mooi laat verstaan dat ons kinders nie droog innie dorp mag maak nie. Haar man was vernaam, en daarom sy. Weet nie eers of hulle nog lewe nie. Doe so voort.

Link to comment
Share on other sites

Tjorts!! Kom ons drink op ons Nasie!! 'n Nasie wat met trots kop omhoog kan hou!!

"so tussen die lyne van die gedig!!"

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...