Jump to content

Onstuimige Nasie


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek wil nie soos 'n jakkals in die nag verdwyn nie, maar ek gaan al weer - kom nie terug nie. Dis ok Antie Betsy - jy kan maar sê, 'dit is seker weer Maandag.' :lol:

Ek's al laaank hier Down Under en ewe 'n citizen - vreeslik trots daarop. Ek het die laaste maande meer 'onrus' ondervind hier saam met die Volk, as in die 12 jaar Down Under. Ek gesels nie anders met die Aussies en andere nie - niemand raak 'upset' nie - hulle vra mooi om te verduidelik of hulle sal mooi laat verstaan dat hulle nie saamstem nie - geen hoë bloeddruk situasies nie.

Ek het nooit nodig om mooi te dink wat ek gaan sê of wat ek gaan doen nie - hier Down Under doen ek net - 'no worries mate.' Mens moet vreeslik versigtig wees as mens met die Volk werk - jy kan skryf oor 'n haas plaag of 'n lelike slang - mens moet altyd mooi trap. As ek my oge oopmaak, dan moet mens links en regs verdedig - voel of ek weer in 'n Karate klas.

Ek gaan later 'n Blog of iets begin en oor al my Aussie ondervindinge skryf - hase, slange en snot blokke - vir die wat wil lees.

Ek sal nog so 12 jaar wag en kyk of die Volk dalk dan wil saamtrek. :whome:

Ek wil net rustig wees - draadtrek, Chardonnay drink, hase jag met die harige honde en my perde werk. Ek hoop julle almal kom in Aus in en belewe die rustigheid Down Under - 'n lekka plek.

Mooi pad voorkant toe en mag julle almal veilig wees totdat die 'vliëende ossewa' julle oorbring.

Al die 'hosts' - julle doen bleddy goeie werk, groot verskoning as ek julle soms laat bontspring het. :whome:

Sien van julle oppie Blog.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir jou stories Mauritz, ek het dit baie geniet - sal eendag kom groet as ek daar in die Stanthorpe kontrei is.

Ek is geneig om met jou saam te stem oor die onrus op die forum, en ek dink ek gaan ook minder dikwels hierheen kom. 'n Mens mag mos geen opinie hê nie, of jy word gebrandmerk as 'n rassis. Wel, ek het genoeg mense saam met wie ek kan uithang, en gaan vir so rukkie die forum ignoreer.

Link to comment
Share on other sites

F@-, ek het mos gese dis 'n blou Dinsdag!

Ag, nee man, nou laat jy dit klink of ek jou laat loop, wat gaan die mense nou van my se?

Vir wat laat jy jou so wipgat loop oor die lotte wat nie kan saam praat nie?

Ek het nie altyd saam gestem nie maar altyd gelees, nou wil jy journals helemal change...ek het nou net vir Jan Stoof gevra om terug te kom en ek was van plan om iets by te dra, nou ga staan en bef@- jy alles.

As jy oor 12 jaar terug kom en as ons nog hier is, gaan jy sien, alles is dieselle....mense verander nie, ons gaan nog steeds ons toys gooi. So gemaak en so laat staan.

Met wie gaan Willeboer nou gesels?

En wie gaan my nou irriteer?

En wie gaan ons nou vertel van spinnekoppe en perde....van perde gepraat...iemand wou jou nog geskilder het oppie perd.

Ja Mauritz, jy het my soms de hel gemaak maar so what? Elkeen van ons is tog uniek.............net soos almal van ons.

Bly nog 'n rukkie man, dit gaan nog lekker word............

Link to comment
Share on other sites

Ek wil nie soos 'n jakkals in die nag verdwyn nie, maar ek gaan al weer - kom nie terug nie. Dis ok Antie Betsy - jy kan maar sê, 'dit is seker weer Maandag.' :lol:

Ek's al laaank hier Down Under en ewe 'n citizen - vreeslik trots daarop. Ek het die laaste maande meer 'onrus' ondervind hier saam met die Volk, as in die 12 jaar Down Under. Ek gesels nie anders met die Aussies en andere nie - niemand raak 'upset' nie - hulle vra mooi om te verduidelik of hulle sal mooi laat verstaan dat hulle nie saamstem nie - geen hoë bloeddruk situasies nie.

Ek het nooit nodig om mooi te dink wat ek gaan sê of wat ek gaan doen nie - hier Down Under doen ek net - 'no worries mate.' Mens moet vreeslik versigtig wees as mens met die Volk werk - jy kan skryf oor 'n haas plaag of 'n lelike slang - mens moet altyd mooi trap. As ek my oge oopmaak, dan moet mens links en regs verdedig - voel of ek weer in 'n Karate klas.

Ek gaan later 'n Blog of iets begin en oor al my Aussie ondervindinge skryf - hase, slange en snot blokke - vir die wat wil lees.

Ek sal nog so 12 jaar wag en kyk of die Volk dalk dan wil saamtrek. :P

Ek wil net rustig wees - draadtrek, Chardonnay drink, hase jag met die harige honde en my perde werk. Ek hoop julle almal kom in Aus in en belewe die rustigheid Down Under - 'n lekka plek.

Mooi pad voorkant toe en mag julle almal veilig wees totdat die 'vliëende ossewa' julle oorbring.

Al die 'hosts' - julle doen bleddy goeie werk, groot verskoning as ek julle soms laat bontspring het. :blink:

Sien van julle oppie Blog.

Ek voel al skoon skuldig, as ek die journals oopmaak, dans dit net Biltongboer ,Mauritz,Biltongboer ,Mauritz,,Mauritz,,Mauritz,Biltongboer ,Mauritz,...

Voel vir my ons suidwesters praat weer te veel. En as ons praat is daar altyd snot blocks en flat whites in die prentjie, ne.

Na hierdie laaste week voel my batterye ook so bietjie pap.

Link to comment
Share on other sites

Ek wil gou ok neiertjie le

Mau jy kan nooit mense se reaksie keer nie, maar jy kan beheer hoe dit jou raak...Jy kan ontsteld raak net as jy toelaat dat dit jou ontstel. Een goeie ding wat jy met jou geskribbel reg gekry het was om mense te laat dink. Nou kyk ou vriend dis n buitegewone prestasie as jy mense kan kry om te dink te redeneer en te voel...Jy was baie suksesvol daarin. Hoekom nou tou opgooi? Jy het jou plek hier en almal respekteer dit. Jy gee mos nie om as hulle op jou kop tjorts nie...dit kom mos maar saam met die terein...

As jy besluit om te gaan spoeg op die blog spasie maak dan so, maar ek dink persoonlik jy gaan die aksie mis. Of jy dit like of nie DIT IS VERSLAWEND

PS. Kanniedood my liefste vriendin. Jy is hopeloos te sweet om enige iemand so te omelie. Die een is nie op jou rekening nie!!!!

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Ek het eerstehandse ervaring van mense wat jou eers uitkryt as 'n rasis en jou dan vra om jou punt te verduidelik.

Dis heel anders as die antie se ervaring van die mense met die snot blokke. Die grootste les wat ek hieruit geleer het en wat ek graag met julle wil deel is dat ek omgee oor dit wat die meeste van die mense op die forum se opinies is, maar beslis nie omgee oor almal se opinie nie (vir hulle is hier 'n link (www.migratetokazakstan.com). Net soos ek nie omgee oor almal se opinie nie, verwag ek ook nie dat almal nie met my sal saamstem nie.

Hopelik leer almal van ons, ek inkluis om eers seker te maak dat jy reg verstaan voor jy die ander ou se kop inmekaar %^$*$*&!

Bly asseblief ons sal armer wees sonder julle.

Groete,

Dries

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Jis, ons gaan jou posts beslis mis!! Dit waarmee ek nie saamgestem het nie, het ek maar met 'n knippie sout gevat, maar gewoonlik lekker gelag laat die trane spat!

Hou die blink kant bo.

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Ja nee definitief

Ek stem ook nie altyd saam met alles wat jy skryf nie Mauritz maar jy laat mens definitief dink. Jy se n ding soos hy is en ek respekteer jou daarvoor, selfs al kom jy soms bietjie arrogant voor. Ons almal is verskillend en moet ruimte maak vir mekaar. Ek geniet meeste van jou stories. Dit sal n groot "loss" vir die forum wees as jy moet waai. As daar een ding is waarmee ek met jou saamstem is dit die hele kwessie oor political correctness. Kyk, ek kan dit nie vat as mense eers so n gatkruiperige houding het nie. As die regering van SA opneuk dan moet mens dit se. As dit n spesifieke groep in die land is, se dit dan. Dit is mos die rou feite, of hoe? Ek kan ook nie altyd die klomp liberals verstaan nie. Ek kry soms die gevoel hulle wil hulle broodjie aan beide kante gebotter he, sonder om definitief standpunt in te neem. Ons land het nie sulke mense nodig nie.

As iemand jou bietjie aanvat oor jou posts, vat dit soos n man. Ek het destyds saamgestem met Thinus toe julle twee so bietjie inmekaar was. Die man het sy storie en sy feite geken (volgens my). Aanvaar dit so sonder om jou toys uit die kot te gooi. Weet net ek gaan jou heavy mis. As ek soek onder nuwe posts eleke dag, dan ktk ek altyd eers uit of daar nie iets vanuit jou of KD se pen is nie. Ek vrek oor julle stories. Moet nou eers gaan werk. Cheers vir eers.

Jimmy

Link to comment
Share on other sites

Ons is 'n emotionele nasie, en dus 'n emotionele forum familie. Ons gaan fight en verskil, dis net HOE ons dit doen.

Nou ja toe Mau as jy wil gaan, gaan!! Ons sal jou stories mis!!

KD dit is NO WAY jou skuld as hy wil gaan nie!!

Link to comment
Share on other sites

Ja, 'n mens kry ook ongelukkig mense wat nie kan insien dat hulle aanmerkings dalk aanstoot kan gee nie, en wat dan eerder as om eenvoudig te se^ "nee, my bedoeling is die volgende" hulle onderklere in 'n knoop kry, PM's begin stuur en gevegte begin. (Bedaar Pretorius, ek verwys na beide van ons)

Ek en Pretorius het lekker op mekaar gegil terwyl ek min twyfel het dat ons beide sekerlik die beste van bedoelinge het. Ons is egter ge"stress" en daar is baie emosies waarmee 'n mens wroeg wanneer jy besluit om te emigreer. Hierdie emosies soek baie keer net vir 'n verskoning om tot uiting te kom, en dan veg ons dat die spoeg spat.

Ek vra om verskoning vir my bydrae tot jou besluit om die forum te verlaat. En Pretorius, alhoewel ek voel jy het 'n bietjie uit die heup uit geskiet met jou aanvanklike keuse van woorde, dink ek regtig nie jy is die seun van satan en 'n white supremacist nie. En ek gee toe dat my aanvanklike reply ook beter deurdag en minder beskuldigend kon wees. My bedoeling was goed maar die uitvoering kon beter gewees het.

Link to comment
Share on other sites

Ag hel en daar mis ek alweer al die "pret". Wa wassie faait? !!!

Mau, ek het jou ook al aangevat oor jou huntings, tot jy my oortuig het jy is 'n hunter met 'n hart, wat 'n dier 'n kans gee. Daarvoor respekteer ek jou.

En al dink ek partykeer "ag grootbek!" as ek sommite posts lees, geniet ek jou en Willeboer (Bets dis aansteeklik) se stories enige dag net soveel soos KD s'n.

Ek gaan nie smeek dat jy bly nie, maar maak jou kop en hart skoon, en ek sal welkom se die dag as jy weer inloer.

Sala gahle.

Link to comment
Share on other sites

M, of jy dit gaan lees, weet ek nie, want jy KAN darem maar jou gat wip as jy die dag tyd het....

So what as die peopolle wat kwaad word, jou aanval of wat ook al

So be it!!

Moet nou nie ons ander snoep oor mense wat nie dieselfde sienswyse het as jy nie

Dis jou demokratiese reg om jou mening te lug!!

(skryf net bo-aan - SONDER BENADELING VAN REGTE as jy rerig wil gas gee).... :whome:

EK het dit al in die verlede gesê - en ek sê dit weer

Die skryf-ding van jou MOET uit - sal seker nie reken ELKE dag nie,

Maar dit MOET uit

Dit kom uit jou siel uit - jy's 'n skrywer man

Doen dit dan tog net hier!!!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Ja JDJoburg dis waar.

Ons is erg gestress, die naweek het ek besluit om aktief te probeer om te ontspan, is dit 'n oksimoron? My korporaal in die SAW het makeriepas "aktiewe rus" genoem... Ek dink nie ek sal gou so ver gaan in my soeke na vrede nie.

Terloops oor die stress ding, in die Vietnam oorlog was daar baie mense wat aan Post Traumatiese Stress Steuring (PTSD) gely het. Baie van die lyers was nooit eers in kontakte (waar die koels vlieg) nie. Die "ding" wat hulle "gevang" het was die lae vlakke van konstante angstigheid oor hul blootstelling aan gevaar. Baie ouens "fight" die "oorlog" nou nog met drank geweld, ens. Dit kan dalk ook ons Suid Afrikaners se probleem wees, ek gaan slaap min sonder om bekommerd te wees oor wat die nag inhou, dit nadat ek R8000 vir 'n super alarmstelsel betaal het.

Oor die hartseer en pyn wat tot ons moelike besluit om te gaa gelei het gaan ek nie eers nou praat nie.

Ek werk van die huis af, my vrou is tans nog op kraamverlof. Sy het netnou gaan stap met die twee kleintjies in die stootwa. Sy het na 5 minute teruggekeer nadat 'n ander vrou in ons straat aangeval is, die twee skermunkels is nog soek. Volgens die hoof van ons buurtwag woon ons in die veiligste buurt in SA...

Dit is seker logies dat 'n mens se optrede in buitengewone omstandighede nie altyd normaal of "aanvaarbaar" gaan wees nie. Stress is nou maar deel van die lewe in SA, miskien moet ons almal dit maar net dit ingedagte hou voor ons mekaar hier "te lyf" gaan. Ek dink die "hosts" doen baie goeie werk, maar ons as 'n "gemeenskap" kan moontlik ook help. Daarom hoop ek ook dat die ouens in Aus op meriete self sal besluit oor die mense van SA wat hulle nou ryker word en hulle nie steur aan die ouens wat almal so maklik as eenders en kwadwillig beskou nie.

JDJoburg, die grootste pakslae wat ek in my lewe gekry het was van my eie Pa, ek was die dag stout, hy het my toe "die seun van die duiwel" genoem, ek het net geantwoord "Ja, Pa!".

Edited by Pretorius
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ag, nee man, nou laat jy dit klink of ek jou laat loop, wat gaan die mense nou van my se?

Vir wat laat jy jou so wipgat loop oor die lotte wat nie kan saam praat nie?

Ek het al vroeg vanoggend gevra dat iemand my moet afskop - ek sien, ek hang nog rond soos 'n 'bad smell.' Elke keer wat ek nog 'geloop' het dink iemand ek loop agv hulle:) Definitief nie jy nie Kanniedood:)

Ek's gatvol vir 'n nasie wat nie meer opstaan nie - wat het geword van 'n nasie wat baklei het van die 1600's af??? Vandag word kinders en ou mense verkrag en vermoor op maniere wat Sataniste laat bloos - niks daaroor in die buiteland nie - absoluut niks nie. Wanneer gaan ons klomp bymekaar staan en die koerante en 'News' in elke land haal oor wat regtig aangaan in Afrika???? Ons is 'n magtige klomp orals in die wêreld - nou kom 'n verstrooide bleddy prof wat almal 'hartjie' en wat ookal noem binne 3 sekondes in die koerant oor bugger all. Ek moet sê, die ou is bleddy slim - ek kan geen van die verkragtings en moorde hier op die bleddy nuus kry nie. Dalk moet ek sy voorbeeld volg.

Ek sien hope energie wat gemors raak om polities korrek te wees - wanneer gaan mense verstaan dit 'design' is om jou bek stil te kry. Wanneer gaan die leierskap daar wees en iemand sterk genoeg wees om die wêreld te wys wat die einde van Afrika gaan wees, as ons nie ons gatte in rat kry nie.

Die hele bleddy wêreld het geweet as mense van 'n ander kleur nie op 'n bankie kon sit nie. Vandag word produktiewe mense vermoor en lande uit gejaag en miljoene swart kinders word van 'n toekoms ontneem. Nie 'n woord nie - almal kyk diekant toe en daai kant toe. Hulle vat ons wat gekwalifiseerd is, hulle kan nie genoeg van ons kry nie, want ons bou. Wat van almal wat agterbly???

Ek weet die forum is 'n hulp vir mense wat land uit wil kom - wat as jy eers hier is - wat dan - vergeet dan van alles????

Vir 11 bleddy jaar lank verduidlik en 'educate' ek - nie oor die 'white' los nie, maar oor die swart potensiaal in daai kontinent - iets wat heeltemal gesquash word deur bleddy idiote.

In watter land sien 'n mens iemand op sy kniëe aan die brand - 'mense' sing en dans om hom - wat se bloody nonsense is dit ???? Die wêreld kyk die anner pad, maar 'n prof in SA haal die koerant omdat hy 'n massa 'bouers' in 'n ander land 'n klomp rassiste noem oor wat???? Hulle brand uit, hulle moor, hulle roof, hulle verkrag? Nee, ons almal bou in die land - ons lewe in 'n siek bleddy wêreld en ek het genoeg gehad.

Ek hou nog steeds aan met wat ek doen - ek's net gatvol vir die 'klein jakkalsies' - ons moet ons nasie, wit en swart, weer bemark - ons is nie soos die res van bleddy Afrika nie. Daar het baie swart mense en non-whites saam met my in die army rondgehardloop - wie praat vir die mense vandag?????

Dit is soortvan oulik van my om funny te wees op die forum - maar baie van julle lees tussen die lyne. Waar is die 'Power of One' in elkeen van ons????? Ek is gatvol vir die 'Volk' se gestryery - die bleddy skrif is aan die muur - ons moet wakker skrik en vinnig ook - 'n hele bloody kontinent is besig om te vrek - die wêreld stel nie belang nie - dit is net ek en jy. Baie mense sien nog steeds nie wat aan die kom is nie.

Wanneer mense gaan saam staan en iets gaan begin doen - ek's eerste daar - ek steek my hand eerste op - ek wil iets aan die hele situasie doen - al is dit om die brekers se name deur die modder te trek en hulle te wys vir wat hulle is. Ons almal het 'n plig ..... wat het daarvan geword .... noudat die NG Kerg en die NP soortvan verdwyn het ........ nou weet niemand meer watter kant toe nie????? Wat het geword van reg en verkeerd?????? Wat het van MEN in die samelewing geword.

Vir die wat vra hoekom ek nie bou in Afrika nie - hoekom ek hier is - ek bou nie vanuit papegaai hok nie - my kinners gaan nie soos ape in 'n dieretuin grootword nie. As al daai sterk 'freedom fighters' in exile kon sit - ek volg net jou voorbeeld.

Ek's nou so kwaad soos 'n skaap.

Link to comment
Share on other sites

en wie gaan ons nou leer van Aus se goggas en spinnekoppe en gediertes? Hmmm???? En wie gaan ons PC ogies oopmaak?

Ag nee, toe, jy kan nie toelaat dat mense jou so ontstel nie

Link to comment
Share on other sites

Hoe kwaad is 'n skaap?

Ag ou, Mauritz, ek het nou hier 'n moerse brief gaan staan en tik en toe weer alles afgehaal..............

wat help dit tog?

Gaan koel af en kom terug met nuwe stories wat ons kan geniet. los die diep dinge bietjie uit en geniet die lewe. Moenie alles so ernstig op vat nie. Jy het die mooiste post geskryf nou die ander dag met foto's van jou kinders wat so tussen die blare le.

Dink aan daai dag Mau, onthou jy hoe lekker dit was en hoe jy dit geniet het? Maak weer sulke memories ou pel. en share dit met ons.

Tot dan..........

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hoe kwaad is 'n skaap?

Ag ou, Mauritz, ek het nou hier 'n moerse brief gaan staan en tik en toe weer alles afgehaal..............

wat help dit tog?

Gaan koel af en kom terug met nuwe stories wat ons kan geniet. los die diep dinge bietjie uit en geniet die lewe. Moenie alles so ernstig op vat nie. Jy het die mooiste post geskryf nou die ander dag met foto's van jou kinders wat so tussen die blare le.

Dink aan daai dag Mau, onthou jy hoe lekker dit was en hoe jy dit geniet het? Maak weer sulke memories ou pel. en share dit met ons.

Tot dan..........

Weet soortvan wat jy bedoel. Net 'n simple vragie - hoekom kan mense in SA se kinders nie meer in die blare rondrol nie???? Dit is goed en wel vir my om daardie lewenstyl hier te hê en yep, ek wil graag al die ander hier kry, sodat hulle dit ook kan hê - nooit sal ek ophou vir die reg vir daai mense wat agterbly om dit ook te hê nie. Dit is maklik om te 'vergeet' en aan te gaan met 'n mens se lewe. Dit is baie moeilik om aan te hou en iets aan die hele ding te doen - daar is nie 'n verskoning nie. Ons almal kan dit doen - 'the Power of One' - mense het sag geword - vreet blare en kruip weg vir die son.

Ek's van die ou skool - 'n man het 'n plig - ons kan nooit ophou nie - dit was nooit in die bloed van 'my' mense nie. Ek verstaan nie hierdie nuwe houding nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek's nou so kwaad soos 'n skaap.

Nee man Mau, skape is rustige diere. Hulle word mossie kwatie???

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Hier gaan jy al weer, gaan krap waar dit jeuk en jy nie lekker kan bykom nie. Los dit Mauritz, ons kan debateer tot ons pienk word. Jy weet hoekom is ons kinders nie vry daai kant nie. ons almal weet. Dis mos hoekom ons mos hier is, om die pad uit te le juis vir ons kinders, se kinders se kinders.........

Maaar dis juis die ding, los nou die vrae en die kwellinge en vergeet van die verlede, leef vir nou.........daar kom 'n tyd in mens se lewe dat jy moet berus en aangaan met wat goed is vir jou en jou gesin. Ons almal is om gekrap oor die verlies in lewens gehalte daai kant maar jy kan Gods onmoontlik nie veg teen die massas nie.

So relax asb. nou en gaan koop vir jou een van daai dusters wat werk met batterye en wat vanself spin en afstof, raak ontslae van die spinnerakke en skryf mooi goeters......

Bye....

Link to comment
Share on other sites

Nes KD sê...

In elk geval weet ek hoe jy voel, my hart huil ook vir Afrika...

Waar korrupsie, verkragting, diefstal, you-name-it... seevier

Ek't al met die majority rule gesê

Dit sal werk, as daar wet en orde gehandhaaf word...

Ongelukkig......

die vrot vrugte word nou gepluk...

Want al die bliksems wat gemaak het net soos hulle wil

Ons polisiemag is in sy nut

Die weermag is in sy nut

Die regering is in sy nut

Die wette is in sy nut

Die rand is in sy nut

Ons land is in sy nut...

En dan is daar nog steeds die poepolle wat dit nie glo nie

Ken jy die hensoppers en Boereveraaiers??

Laat my wonder oor 'n ander thread op die forum...

Kruip hulle gat - by wie - vir wat???

Daar's baie wie se hare gekam word as ons presidentjie sy tande borsel

In Afrika is dit op die oombli - hoe meer jy breek...

Hoe meer kry jy reg!

Ongelukkig het dit die whities se moraal afgetrek

Dit moes kom, want hulle kry dan alles reg

Nou moet ons dit ook probeer - miskien werk dit...

Toe nie - nou's ons ook in ons nut

Sonder banadeling van regte

Link to comment
Share on other sites

Nag Mauritz, nag Jay Jay, lekker slaap....mag more berusting bring en die begin van alles wat mooi is. Help nie mens loop met wrokkigheid in jou rond nie, wat gedoen is, is gedoen.

zzzzzz

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Moet ok se ek geniet jou posts.

Ek stem saam met jou stelling "Ek sien hope energie wat gemors raak om polities korrek te wees - wanneer gaan mense verstaan dit 'design' is om jou bek stil te kry."

As ek sien watse twak mense kan kwytraak om polities korrek te wees, kry ek sommer die horries, 'n mens kan reg deur sulke mense sien.

Ek dink jy onderskat jou bydraes op hierdie forum.Onthou, ons is almal hier want ons het iets in gemeen. Jy doen meer as jou deel om mense op te beur in 'n situasie waar emosie meestal die oorhand het.

Die feit dat jy alreeds in Aus is, en bereid is om te deel soos jy doen se baie van jou. Dit beteken baie vir die mense wat hier lees en onseker is oor die toekoms.

Ek respekteer dit.

O ja, F die mense wat le en wag vir jou om iets verkeerd te se, sodat hulle met hul fancy woorde kan retaliate. Doen jou ding.

Barries

Link to comment
Share on other sites

Ja, gits, Mauritz - groot samblief, bly !

Ek SOEK al jou posts uit onder die NEW POSTS elke dag, kan nie wag om al die stories te lees nie ! Jy mag GROOT SAMBLIEF ons nie hierdie heerlike plesier ontneem nie ! PC kan gaan vlieg, dis al lankal 'n dooie perd vir die wat nog steeds in 'n waan probeer leef. Jou stories is vars, energiek en heerlik om te lees !

Alida

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Ek kannie so lekker se wat ek wil se soos jy nie, maar ek dink ek verstaan so bietjie.

1. Jy en baie van ons voel ons wil iets DOEN aan die saak, maar daar is niemand wat die leiding kan of wil neem nie, en sodra iemand probeer is daar tientalle wat skreeu en raas oor nonsens. (vat noumaar hier in die Kaap toe Zille probeer help met die xeno aanvalle toe is die politici gou daar om modder te gooi)

2. Onthou dat die Afrikaners nog nooit saamgestaan het behalwe wanneer almal se lewens in gevaar was nie - ons is dwarstrekkers nie voortrekkers nie - gaanlees maar bietjie op daaroor. Dus sal ons nooit saamstaan behalwe in doodsgevaar nie. Almal sien die popo kom vir die fan, maar niemand wil die ding vang nie.

3. Ek vermoed ook dat die kontras tussen jou lewe en baie mense se realiteit hier in die "old country" partykeer bietjie skaaf, maar onthou jy het gedoen wat jy moes ter wille van jouself en jou gesin, niks om voor skaam te wees nie. Ek besef Moses het eerder dit sleg wou he saam met sy volk as om die koning se paleis te bly, maar Moses het nie 'n gesin gehad waarna hy moes omsien nie.

4. Jy kannie alles in die wereld regmaak nie, al het jy die oplossing, slegs die mense wat op daardie stadium daar is en wat die geleentheid het kan iets doen.

Realiteit is maar min lekker, maar ten minste bluf ons nie onsself nie. Ons moet nie Utopia verwag op aarde nie, dis tog altemit nie waarvoor ons hier is nie, ons is hier om te werk vir iets Beter hierna.

Sela

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...