Jump to content

Orkaan


Blossom

Recommended Posts

Ek wonder net of julle almal OK is na die orkaan in Perth? In Rockingham sien ek dakke af gewaai en groot skade aangerig.

Ek hou duim vas dat almal van julle veilig en droog is.

xxxxxxxx groete,

Link to comment
Share on other sites

Oh yes I saw that and hope that all the peeps in Perth are ok!

You are in our prayers.

Nats

Link to comment
Share on other sites

Dis maar net eintlik 'n bewys dat die ouens hier nie sulke stewige huise kan bou soos in die RSA nie!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Leon,

Ek sien jy is in Perth? Dit was die naweek in Rockingham, het jy nie die nuus gesien nie? Dakke het afgewaai en verwoesting is oral daar.

Waar in Perth is jy dan?

Of sien ek gesigte? :blink:

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Dis maar net eintlik 'n bewys dat die ouens hier nie sulke stewige huise kan bou soos in die RSA nie!!

Yip, maar hier 'verloor' jy dit nie so maklik soos in Safrika nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi

Rockingham is 30-40km suid van Perth. Onthou ook die Aussies maak altyd 'n groot hoo haa oor als wat gebeur. Daar het verskeie "dakke" afgewaai (omtrent 10 dakteels). Die ouetehuis het die ergste skade gehad. Dit was 'n woese storm, maar niemand is dood nie. Ek dink nie eers iemand is beseer nie. Ek dink omtrent 160 000 huise het vir 'n paar uur nie krag gehad nie (klink soos Gauteng).

Wat julle oor moet worry is die gaskrisis hier in WA. Hier kom 'n ding. Onthou, ons gebruik gas vir omtrent als, net die ligte en plugs werk op krag.

Link to comment
Share on other sites

Nee jong, nou se ek nie meer 'n woord nie, volgens wat ek gesien het op TV lyk dit baie erger as wat jy beskryf, Frenchy.

Hoe klink almal vir my so 'indifferent'? So kannieworry?

Ons sit alreeds met sulke verskriklike natuur fratse en dit voel vir my of dit al hoe nader kom.

Dis nou net weer op TV gewees, wind van meer as 150 kpu het gewaai en hulle werk aan mekaar om huise en geboue te herstel. Dit lyk baie erger as net 'n paar dakteels wat afgewaai het. Die lug was grys en die wind waai voorwerpe in die lug rond teen storm sterkte.

Is daar iemand in Rockingham wat dit kan bevestig?

Dis net vir my erg as ek weet daar is erens mense wat nat en koud is.

Hiermee volstaan ek, ek het maar net my simpatie uitgespreek teenoor die wat geraak is.

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Hier by ons was die wind ook net so erg. Hulle het 104km per uur gemeet hier in Ocean Reef. Baie bome is uit die grond en takke die hele wereld vol maar ons lewe darem nog.

Link to comment
Share on other sites

O K, het gou op die websites gaan kyk en sien waarvan julle praat. Ons bly in Duncraig en ek werk in West Perth en daar was geen orkaan wat deurgekom het waarvan ek weet of gesien het nie. Ons het wel baie wind en reen gekry maar niks uitsonderlik nie. Dit is nie iets buitengewoon om hierdie tyd van die jaar sulke storms te kry nie. Die eerste jaar toe ons hier aangekom het het ons een aand winde tot 110 km 'n uur gekry. Dit was in Junie/ Julie 2005.

Link to comment
Share on other sites

O K, het gou op die websites gaan kyk en sien waarvan julle praat. Ons bly in Duncraig en ek werk in West Perth en daar was geen orkaan wat deurgekom het waarvan ek weet of gesien het nie. Ons het wel baie wind en reen gekry maar niks uitsonderlik nie. Dit is nie iets buitengewoon om hierdie tyd van die jaar sulke storms te kry nie. Die eerste jaar toe ons hier aangekom het het ons een aand winde tot 110 km 'n uur gekry. Dit was in Junie/ Julie 2005.

Ok ek is TEGNIES nie in perth nie maar julle is my naaste community...Eneabba het reen gekry...dit moet ook eintlik nuuswaardig wees....en ek het n jumper aan dis koud.

Verder stem ek saam met Frency die orkaan is net n poep in n windstorm in vergelyking met die gas krises. ONS is nou al n week op zero produksie...en daar is net soveel maintenance wat ouens kan doen. Ons bou nou al amper ons mining units oor...maar steeds geen gas. Hulle se dis ten minste nog 2 maande voor ons limited supply gaan kry en al die kontrakteurs word af gele vir tyd en wyl...Intussen bid ons maar die myn het n lewensreddings baaitjie en dat hy kan dryf...Hulle beplan nou maar dag vir dag en hoop om bietjie gas te kry...

Link to comment
Share on other sites

Hier by ons was dit ook erg gewees.Hul het op tv gewys dat daar n klomp mense se huise skade gelei het veral hulle dakke.

Dankie vader ons dak het bly sit want as hy moes afwaai as ons almal ok seker saam gevlieg in die storm sterke wind.Vrek dink net 2volwassenes,1kiddie,die 2honde wat nog oor is en om als te kroon 1kat en 12 visse :whome:

Urs

Edited by Meerkat Urs
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...