Jump to content

Nog 'n dag Down Under - 6 Junie 2008


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons gaan vandag 'pasture hay' haal vir die perde in Boona - net so 150km van Stanthorpe af - kus se kant toe. Ons is my Skotse vriendin en ekke - ons sleep my 'horse float' en ry haar nuwe Mazda BT50 (4x4) diesel. Ek wil ook een koop - ek's beïndruk - dit lyk asof alles stilstaan hier oor Cunningham's Gap - die ding het lekka krag.

Ons koop hierdie groot ronde bale - kan twee op die bakkie kry - 900kg en twee in die float - nog 900kg. Daai diesel voel dit nie - lyk of almal stilstaan - trek net so onner 100km/h oor daai groot berg.

Die week gebeur alles - amper vry 'n Santa Bok my dik en vandag sien ons 'n ongeluk - 'n 'biker' op 'n groot 'bromponie' (ek ken niks van motorbikes nie, wil hulle net skiet) slaan 'n groot trok met 'n trailer reg van voor af - daar in die middel van Warwick - daar in Polyanna se wêreld. Die trok is voor ons en ek sien daai wille biker op sy bromponie gaan regoor die pad - reg op daai trok af. Gelukkig is daai truckie wakker en hy swaai so 'n bietjie uit. Daai biker slaan daai trailer reg op die hoek - die wiele gaan reg oor hom en die bromponie - die twee word kantl angs uitgespoegs en slaat gat oor kop.

Die Skotse dame is 'n nurse en sy neem oor - niemand stry met haar as daai pot blou oge jackpot slaan nie. Die Boer is dom, 'sterk' en bedonnerd - ek lig die brullende bromponie van die man se been af - die aanhangsel hang sommer so diekant toe. Die Boer 'regulate' die traffic en hou die ape weg. Alles gebeur in die middel van die pad. Anner lui '000' met hulle mobiles en almal wil help - net orde orals om ons. Die traffic staan sulke langs strepe - niemand is kwaai nie - die mense wat uitklim wil net help.

Die pers is daar in 2 minute, die ambulans in 5 minute en die polieste met hulle flashy ou karre in so 10 minute. Die biker bloei nie, maar sy leathers is geskeur en sy been wys diekant toe en sy vlerkie daaikant toe. Sy bromponie bloei - ek het nog nooit so iets gesien nie - daar loop sulke groen slym uit die ding uit. Ek sleep die affêre oor die pad en gooi die ding op sy bleddy sy - waar die bleddy ding hoort. Ek ry eerder 'n wille perd bloots.

Ek sien die mooiste polieste doedie ooit - sy't 'n groot pistool en blonde hare - so fyn soos 'n model - net Down Under kry jy so iets. Sy vra ewe my telefoon nommer - ek gee dit vrywillig - ek smile soos 'n skaap.

Daai trailer se groot wiele is pap, altwee van hulle - geen idee hoe daai bromponie daai groot wiele stukkend gekry het nie. Die truckie is bekommerd man, hy vra my telefoon nommer - nou's ek bekommerd. Ek hou meer van die polies doedie en haar flashy ou kar - die truckie kan gaan vlieg.

Gelukkig is die wille Biker ok - lyk of hy aan die slaap geraak het. Ons ry Boona toe - die growwe ou boer laai daai groot bale hooi met sy fancy rooi trekker - twee sulke groot ou skerp spikes steek daai bale. Ons eet middagete in Boona - nie 'n vrot appel enige plek in sig nie - plek is silver skoon en die plek is so ordentlik, ek voel sommer uit. Ek drink 'n XXXX Gold uit die bottel, soos 'n biltongboer kan - my Skotse vriendin 'n lekka ou glasie witwyn soos 'n regte lady. Ons eet vars Hoki fillets en chips - lekka in Boona man.

Kom by die huis - al die perde moet gedoen word - die klomp by my en die klomp by die Skotse dame se plek. Die bale hooi word afgegooi en die float weer aanmekaar gesit. Ons knak 'n Hahn Light so tussendeur. Vroulief en die kinners het lekka pizza's gemaak - ek knak vir Mej Chardonnay en ons het 'n lekka ou party. My dogtertjie het haar klavier kompetisie gewen - nog 'n rede om nog 'n ou glasie te suie. Dit is lekka Down Under - alles werk en almal is ok - orde en kalmte is net 'n normale ding. Die biker leef nog 'n dag - sy ou bromponie is seer, moet dalk uitgesit word.

Sien, alles gebeur Down Under - ek het net nie die $50 miljoen Lotto gewen nie.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Ek sleep die affêre oor die pad en gooi die ding op sy bleddy sy - waar die bleddy ding hoort. Ek ry eerder 'n wille perd bloots.

Haai nee Mauritz............het al perde bloots gery..........maar ysterperd bly die beste !!

Four wheels ( hoofs ) move the body...........two wheels move the soul :)

Groete

Link to comment
Share on other sites

Haai nee Mauritz............het al perde bloots gery..........maar ysterperd bly die beste !!

Four wheels ( hoofs ) move the body...........two wheels move the soul :ilikeit:

Groete

Nee Mauritz, ek is met jou op die een - ek haat daai goed, hulle raas, hulle neuk onder jou in wanneer hule nie moet nie, en hulle is vrek lelik om na te kyk ook. Ry liewer 'n mountain bike as jy in die strate wil wys hoe tuff jy is.

Link to comment
Share on other sites

Nee Mauritz, ek is met jou op die een - ek haat daai goed, hulle raas, hulle neuk onder jou in wanneer hule nie moet nie, en hulle is vrek lelik om na te kyk ook. Ry liewer 'n mountain bike as jy in die strate wil wys hoe tuff jy is.

Dis darem n helse veralgemening daai Biltongboer........dis soos om te se alle perde is donkies...........maar ek verstaan jou punt..........in Suidwes kan die manne nie ry nie..........ons het vanaf Nelspruit na Swakop gery met die ysterperde en daar was manne wat getreiler het van Otjiwarongo..........hulle het net die goed afgelaai...........die stof afgevee.........die hel uit die goed gerev en nog stof gemaak.......en weer die volgende dag gelaai terug huis toe...........ongelukkig kry jy altyd n klomp scruffy ouens wat hulle soos dooste gedra...........om nie te praat van die manne met 4-wheelers nie...........die goed het geen maniere ( oops........nou veralgemeen ek hier )...........maar dis altyd n gespin en geraas en jaag net mense en die diere op hol !!

Daars baie manne wat net wil bike ry sonner die "image" dis die manne wat lekker kuier !!

Groete daar

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...