Jump to content

Sportdag op Otjiwarongo

Biltongboer

Recommended Posts

Ek kan nie slaap nie. Hierdie Groot Trek se goete hou my wakker. En nou staan en gee hulle vir my nog meer werk by my huidige job. Nie dat ek kla omdat ek op die oomblik 3 mense se jobs het in ‘n land met 40% werkloosheid nie. Ek is dankbaar, maar ook bietjie verward.

Dis weird hoe deure nou oral vir my oopgaan, ek kan kies wat ek wil doen. Meer as wat baie mense kan sê. Ek hoop net in Oz gaan ek ook so baie kanse kry, want wraggies hier is ek darem nou , ten spyte van Bee-eee en AhahaA, in die “pound seats†wat jobkeuses betref.

Ek lê en dink mos nou so terwyl ek eintlik probeer slaap. Ek dink aan twee naweke terug, toe ons die privaatskole se sportdag in Otjiwarongo bygewoon het. Al die privaatskole reg oor die land het deelgeneem. Man, daar was mense, jy kan dit nie glo nie. Die skougronde was vol mense, tente en al wat ‘n ding is. Daar was, soos in Josef en Maria se tyd, nie plek in ‘n herberg oor nie.

Die plek was goed ge-organise, netjies, alles in plek. Ons loop daar rond. Almal praat Afrikaans, omtrent net “flat whites†oral waar jy kyk. Mense vertel die kinders hulle moet die blikkie optel en in die drom gooi, die plek is so skoon soos Osona se parade-grond in die ou dae. Chris Moller praat daar oor die speakers, en alles is Afrikaans. Hulle kondig af “iemand het ‘n Nokia N73 selfoon opgetel, sal die eienaar dit asseblief kom haalâ€.

Ek skud my kop en dink ek het seker nie reg gehoor nie. Hulle kondig later weer af, ander selfoon die keer. Ek dink “jong, dis Afrika, kan jy glo wat hier aangaan?â€

Ek het het die vorige dag my offer uit Australië uit gekry, die ding is nog vars in my gemoed.

Ek kyk na al hierdie dinge op die skougronde, en ek wonder: maar wat de hel is dan nou anders in Oz, hier het jy dan nou alles wat jy daar kan kry, net in Afrikaans? Hemel op aarde, almal is vriendelik, selfs die WAP ouens wat die Gimnasium ouens met ‘n passie haat, het darem nie vuisgeslaan of niks nie.

Ek sit daar op so klein kantpawiljoentjie, wag vir my klein Stormertjie se wedstryd om te begin. Hier kom sit twee omies, vrek oud, hulle sit en kuier en praat oor jare terug se goed en wie is almal al dood en wie lewe nog. Die een oom sê op ‘n stadium: “Wee jy, ek kan nie onthou wannir laas ek soe baie witmense op een plek gesien hettie.â€

Toe ons nou later die dag weer koers kies Windhoek toe, toe belowe ek vir klein Stormertjie ons kan Wimpy toe gaan, hy het mooi gespeel en dis ‘n lang pad terug. Julle sal my nie glo nie, maar Otjiwarongo het ook ‘n Wimpy.

Ons kom daar by die groot parkeerterrein voor die Spar en die Wimpy. Skielik is ek terug in Afrika. Die kar word bestorm deur massas smouse en bedelaars wat jou hare laat rys. Die goed is soos brommers hier om die kar, een wil hout-gemors aan my smous, ander een het cheap chinese crap, een sal die kar oppas, en nog wil sy vuil lap op my ruit uitprobeer. Skielik val die hele idilliese prentjie plat.

Ons lewe in isolasie. Ons het ons privaatskole, privaat-hospitale, privaat polisie in die vorm van “armed responseâ€. Maar daar buite is dit steeds Afrika. Tien kilos van my huis af bly mense in blikhuisies en vergaan van die koue en ander peste. Die gat tussen dies wat het, en dies wat nie het nie, raak groter. Daai fort se mure raak al hoe dunner.

En daai oomblikke waar ons onsself bluf dat dit goed gaan hier met ons, gaan vinnig verby. En dan staar ons weer vas in die gesig van Afrika. Die hope ouens wat selfs nog drie-uur op ‘n Sondagmiddag by die begrafplaas se robot staan en wag vir ‘n job. En die ander wat met swart mercs by hulle verbysnel, heel dankbaar dat die “struggle†vir hulle iets in die lewe beteken het.

Afrika is mooi. Maar hy is lelik ook.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Ek onthou dat "alle paaie lei na Otjiwarongo". Dat die plek nou 'n Wimpy en 'n Spar het. Kan dit nie indink nie. Ek wonder of iets in my ou dorpie Outjo verander het?

Ons het in 1988 uit Suidwes weggetrek, toe ek in 1998 weer in Namibie kom toe het in staan die brood op dieselfde plek in dieselfde kafee nog net soos ek dit onthou. Hopenlik was dit nie dieselfde brood nie. Selfs die varkore le op dieselfde plek.

Al veranderinge is dat die dorpswembad waar ons ure deurgebring het staan vol kakiebos en ons huis is nou deur agtergeblewenis betrek en deurgetrek.

Martin

Edited by 4vannemerwes
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Dink jy moet nou stadig met die 'Suidwes' skrywery - my hart trek 'n punt. Toe ek 'n Veldwagter op Waterberg was het ek altyd gestop by so 'n Duitse bakkery daar in Otjiwarongo - in my sexy groen Natuurverwaring Overall en Army boots - die Duitse anties het my goed geken. Hulle het altyd vir my koffie gemaak - so sterk, die lepel het penregop in daai koppie gestaan. Dan daai Duitse brood (Biltongboer sal kan help) - Bredgens of so iets - weet nie hoe om dit te spel nie. Hulle plak dan sulke dik stroke kaas oor dit - die kaas hang oor die bord - dan plak hulle daai rou vleis oppie kaas. Myself altyd oor 'n mik gevreet - dan lag daai Duitse anties te lekker.

Wonder of daai ou bakkery nog staan. Dalk verkoop hulle nou net Iwiza No1.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Kom ons hou maar by die spelling van Bredgen - water my mond, ek sal darem so ou broodjie nou afsluk sonder dat dit kant raak.

My pa het oor die 2 000 skyfies geneem in die tyd toe hy rondgevlieg en gewerk het in Suidwes. As die verlange daar is dan wen ons die projektor op en verlustig ons in makalani palms, mopanies en koedoespore wat vyf sentimeter dik le.

Jammer Mauritz, moes net. Dit is nou my tweede land wat ek agter laat, raak nou gewoond aan die klas van verlange!

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Dink jy moet nou stadig met die 'Suidwes' skrywery - my hart trek 'n punt. Toe ek 'n Veldwagter op Waterberg was het ek altyd gestop by so 'n Duitse bakkery daar in Otjiwarongo - in my sexy groen Natuurverwaring Overall en Army boots - die Duitse anties het my goed geken. Hulle het altyd vir my koffie gemaak - so sterk, die lepel het penregop in daai koppie gestaan. Dan daai Duitse brood (Biltongboer sal kan help) - Bredgens of so iets - weet nie hoe om dit te spel nie. Hulle plak dan sulke dik stroke kaas oor dit - die kaas hang oor die bord - dan plak hulle daai rou vleis oppie kaas. Myself altyd oor 'n mik gevreet - dan lag daai Duitse anties te lekker.

Wonder of daai ou bakkery nog staan. Dalk verkoop hulle nou net Iwiza No1.

Dit word gespel brötchens. net vir ingeval iemand taalkundig korrek wil wees. Om die waarheid te se, ek het amper 90% Duitse bloed in my are, maar ek haat die goed. Hulle steek altyd jou verhemelte stukkend met daai harde kors. Ek hou meer van die Portugeuse rolle wat sagter is.

Maar daai rou vleis, rohack, dis nou lekker man.

Ek wou nie te veel praat oor die groot braaivleisvure wat by Otjiwarongo gebrand het nie, juis om julle ouens nou nie te laat sleg voel nie. Jong, daar was vleis gebraai op daai skougronde, ek wonder hoeveel ton vleis was dit? Die lekkerste sosaties wat jou mond laat water as jy net weer begin dink daaraan.

My keyboard is nou skoon nat ge-kwyl...

Link to comment
Share on other sites

Ek en manlief gaan koop nou gou die naweek se "grocerie" by ons local Uitkyk vleismark hier in Silverton en ek wil net sê ek dink nie eers ek gaan die familie wat agterbly so baie mis soos my biltong nie..... Elke naweek kry ek my stuk. En verstaan net asseblief ek koop 'n heel stuk en eet hom so op sodat niemand aan 'n stuk sal wil eet waaraan iemand anders eet nie.. Net Ettienne wat ses is durf nog vra en ek deel graag - net een happie - dis mamma sn.... :whome:

Link to comment
Share on other sites

Ek onthou dat "alle paaie lei na Otjiwarongo". Dat die plek nou 'n Wimpy en 'n Spar het. Kan dit nie indink nie. Ek wonder of iets in my ou dorpie Outjo verander het?

Ons het in 1988 uit Suidwes weggetrek, toe ek in 1998 weer in Namibie kom toe het in staan die brood op dieselfde plek in dieselfde kafee nog net soos ek dit onthou. Hopenlik was dit nie dieselfde brood nie. Selfs die varkore le op dieselfde plek.

Al veranderinge is dat die dorpswembad waar ons ure deurgebring het staan vol kakiebos en ons huis is nou deur agtergeblewenis betrek en deurgetrek.

Martin

Martin, ek dink al wat verander het op Outjo is dat Pieter Praetorius sy skoonpa se garage oorgevat het - Weimans. Verder het nog nie veel verander nie...

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ek hou meer van die Portugeuse rolle wat sagter is.

Maar daai rou vleis, rohack, dis nou lekker man.

Ek dink daai Portugese rolle was 'Pao's' genoem of so iets - spelling dalk weer verkeerd. Ek het saam met die Portugese vlugtelinge in Rundu grootgeword. Die eerste ding wat hulle gedoen het - bou 'n klei oond in die agterplaas - dan bak hulle hierdie rolle. Ek het oppad skool toe verby so 'n Portugese Tannie se plek gestap - dan gee sy my altyd 'n warm rol - dan vreet ek myself oor 'n mik.

Sal graag eendag wil gaan sien hoe lyk Otjiwarongo, Waterberg, Outjo, Gobabis en Grootfontein en al daai plekke. Dink nie ek sal die Kavango kan 'stomach' nie - ek het gehoor hoe die rivier en al die ander plekke opgeneuk is iAfrika way.

Hoe werk dit nou - het al daai plekke nou 'privaat' skole of wat???

Link to comment
Share on other sites

Dink nie ek sal die Kavango kan 'stomach' nie - ek het gehoor hoe die rivier en al die ander plekke opgeneuk is iAfrika way.

Hoe werk dit nou - het al daai plekke nou 'privaat' skole of wat???

Ek het mooi Kavango fotos, daar is nog mooi plekke, maar plekke waar Army basisse was, soos Omega, is totaal opgeneuk.

Ja, oral is privaatskole, hoor. Keetmans het een, Stampriet het een, Otjiwarongo dink ek het meer as een, Windhoek het hele paar. Staatskole is soos staatshospitale, daar gaan niks aan nie, en dit gaan heeldag aan. en wat wel aangaan, is , in jou woorde "iAfrika"...

post-2984-1212789083.jpgpost-2984-1212789093.jpg

post-2984-1212789104.jpgpost-2984-1212789117.jpg

post-2984-1212789128.jpg

post-2984-1212789139.jpg

post-2984-1212789153.jpg

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Ek onthou dat "alle paaie lei na Otjiwarongo". Dat die plek nou 'n Wimpy en 'n Spar het. Kan dit nie indink nie. Ek wonder of iets in my ou dorpie Outjo verander het?

Ons het in 1988 uit Suidwes weggetrek, toe ek in 1998 weer in Namibie kom toe het in staan die brood op dieselfde plek in dieselfde kafee nog net soos ek dit onthou. Hopenlik was dit nie dieselfde brood nie. Selfs die varkore le op dieselfde plek.

Al veranderinge is dat die dorpswembad waar ons ure deurgebring het staan vol kakiebos en ons huis is nou deur agtergeblewenis betrek en deurgetrek.

Martin

Ek het vir twee jaar in Otjiwarongo gewoon, 1981/82. By Barclays Bank gewerk, :censored: met die doel om bietjie rond te reis, en ek moet erken dit was n goeie tyd in my lewe. Swakopmund was my gunsteling, om nie eers van Etosha te praat nie. Daar was toe al n Wimpy, ek onthou nog goed. Ek onthou Metje Ziegler, en Rosenthal Wapenwinkel, my Swiss hubby was n geweersmid daar (dit is waar ons ontmoet het) Ja, Otjiwarongo bring baie herinneringe terug. :holy:

Alhoewel ek glad nie terug verlang na SA nie, sal ek nie omgee om weer n draai in Namibie te maak nie. Wie weet, miskien eendag. :angry:

Link to comment
Share on other sites

Dink jy moet nou stadig met die 'Suidwes' skrywery - my hart trek 'n punt. Toe ek 'n Veldwagter op Waterberg was het ek altyd gestop by so 'n Duitse bakkery daar in Otjiwarongo - in my sexy groen Natuurverwaring Overall en Army boots - die Duitse anties het my goed geken. Hulle het altyd vir my koffie gemaak - so sterk, die lepel het penregop in daai koppie gestaan. Dan daai Duitse brood (Biltongboer sal kan help) - Bredgens of so iets - weet nie hoe om dit te spel nie. Hulle plak dan sulke dik stroke kaas oor dit - die kaas hang oor die bord - dan plak hulle daai rou vleis oppie kaas. Myself altyd oor 'n mik gevreet - dan lag daai Duitse anties te lekker.

Wonder of daai ou bakkery nog staan. Dalk verkoop hulle nou net Iwiza No1.

Ai, ek onthou daardie Duitse bakkery, Herr und Frau Carstensen was die eienaars, hulle het een in die hoofstraat gehad, en een erens in die hoek op n ander straat, met die beste "grau" Brot in die hele Suidwes.

Link to comment
Share on other sites

Ek het vir twee jaar in Otjiwarongo gewoon, 1981/82. By Barclays Bank gewerk, ;) met die doel om bietjie rond te reis, en ek moet erken dit was n goeie tyd in my lewe. Swakopmund was my gunsteling, om nie eers van Etosha te praat nie. Daar was toe al n Wimpy, ek onthou nog goed. Ek onthou Metje Ziegler, en Rosenthal Wapenwinkel, my Swiss hubby was n geweersmid daar (dit is waar ons ontmoet het) Ja, Otjiwarongo bring baie herinneringe terug. :ph34r:

Alhoewel ek glad nie terug verlang na SA nie, sal ek nie omgee om weer n draai in Namibie te maak nie. Wie weet, miskien eendag. :ilikeit:

'n Wimpy in 1982?

Link to comment
Share on other sites

Wel, sover ek onthou was dit n Wimpy. As jy van die poskantoor so 2 blokke verder gestap het, (rigting Koedoe Koppies) om die hoek van Rosenthal Wapen Winkel, daar direk by die Petrol Stasie. Was dit nou Wimpy of n ander "fast food"? Wel, maak nie saak nie. n Vraag, bestaan Rosenthal Wapens nog?, hulle het ook n tak in Windhoek gehad. Ook Rosenthal langs Schaeffer Bottlestore in Otjiwarongo, (miskien het dit nou naam verander) bestaan die plek ooit nog?? Net gewonder of iemand dalk weet. Ai, dit is darem lank gelede.

Ken nie Otjiwarongo so goed nie, maar so ver ek weet is hier nog Rosenthal in Windhoek. Ek koop nie wapens nie, ek is te bang hulle "hands-up" my met my eie wapens.

More vertel ek julle van 'n stuk vleis wat julle nog nie ge-aanskou het nie- my broer se birthday party. Daai stukke vleis was enorm, ek sal fotos wys. O, dis nie more nie, dis vandag. Bietjie laat gekuier met Meneer Merlot.

Link to comment
Share on other sites

Amper soos Biltongboer se sportdag op Otjiwarongo het die dieselfde belewenis gehad nou gister.

Ons was by 'n Boran veiling naby Verkeerdevlei. Flat whites net waar jy kyk, Afrikaans oorheers, alles is ordelik, netjies en skoon. Die veiling wat om 11:00 moet begin, begin nie 14:15 nie, al die lotnommer is in volgorde. Ek wonder amper of ek regtig die trekkery moet aanpak.

Hier speel manne rond wat R900 000 vir 'n bul betaal, R210 000 vir 'n vers van een jaar oud. Dit is maar die stoetbedryf.

Ewenwel, dit was moelik om die chaos van Afrika te ervaar en as 'n realiteit te beskou solank 'n mens daar tussen jou mense is waar vredeen orde heers. Hier kan jy jou beursie en selfoon op die etenstafel vergeet en more le dit nog net daar soos jy dit gelos het. Tot 'n mens weer in die betonoerwoud inkom en die oerwoud se boorling jou met hul inboorlingstreke en manier (of gebrek daaraan) jou so die hel in irriteer dat jy voel om slange te vang. Skielik is ek weer bewus van my pistool aan my sy, die bos sleutels in my broeksak met die huisalarm en "panic button". Ek maak seker my kar se deure is gesluit en die ruite is opgedraai - ek vra myself af, vir wat?????

Dan kom ek tot die slotsom dat sulke lekker tye is maar geisoleerde plekke en geleenthede, dan kyk ek gou weer my e-pos om te sien of my visa nie dalk al goedgekeur is nie.

Oor Outjo, my verlange le diep na ons plaas in die Ugabvallei, daar le baie spore, sweet en trane, maar meer vreugde en goeie herinniringe. Al wat sal verander in Outjo is dit tyd en soos ennige ding in Afrika is hy seker ook net soos 'n piesang - hoe ouer hy word, hoe swarter word hy. :ilikeit:

O ja, dankie vir die foto's Biltongboer, ek voel al my 30-06 teen my skouer en ek proe al die koedoe se biltong, ek hoor die koedoe blaf en ruik sy reuk aan my hande. Ai, ai, ai, ai. Sjoe.

Martin

Edited by 4vannemerwes
Link to comment
Share on other sites

Amper soos Biltongboer se sportdag op Otjiwarongo het die dieselfde belewenis gehad nou gister.

Ewenwel, dit was moelik om die chaos van Afrika te ervaar en as 'n realiteit te beskou solank 'n mens daar tussen jou mense is waar vredeen orde heers. Hier kan jy jou beursie en selfoon op die etenstafel vergeet en more le dit nog net daar soos jy dit gelos het. Tot 'n mens weer in die betonoerwoud inkom en die oerwoud se boorling jou met hul inboorlingstreke en manier (of gebrek daaraan) jou so die hel in irriteer dat jy voel om slange te vang.

Ja-nee, Martin, jy praat dieslfde taal as ek. 'n Ou beleef dinge so anders as jy weet die Groot Trek le om die draai en jy wonder of jy dalk tog hier kan agterbly en happy wees. Maar soos jy se, dis so ge-isoleer, dis alles in mooi klein forte waar ons bly, met die gevaar wat heeldag om jou rondhang. En nie net gevaar nie, dis die agteruitgang en onbevoegdheid op 'n enorme skaal wat my opmaak.

Dis leeuwereld hierdie...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...