Jump to content

Rudolph die Jags Takbok


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek kon darem vir 'n rukkie gaan 'walkabout' - ek's lus vir biltong. Hier is mos nie koedoes nie, so ou Santa se Takbokke steek hulle pote op. Vir die van julle wat nie weet nie - hulle is ook feral - ook 'n plaag - ook van daai diere wat groot skade aanrig - vir boer en Aussie Fauna & Flora. Ek jag hulle nie Kersfees nie.

Jare terug toe ek begin boogjag het hier in Aus, lees ek oor Santa se Bokke. Een van die jagters verduidelik hoe hy in 'n bos sit en takbok horings teen mekaar klap - dan kom die ou bok aan gegalop - siedaar, jy't biltong. Ek weet nie so lekka van die storie nie - klink na nonsense - watse stupid bok sal dit nou wees- kan net 'n Santa bok wees. Ek is ook nie een wat by watergate sit, of in bome rondhang, of in daai stupid skuilings wat sommige mense bou nie. Ek sit ook nie in 'n bos soos 'n Indiese Guru nie. Ek's 'n Boer - ek stap man.

Ek loop so in die Aussie bos, ek's happy man - jy kan met my sweis. Ek sien 'n snaakse ding - twee takbok geraamtes - horings vasgesluit - ek het lank gesukkel om hulle uitmekaar te haal. Sien, die twee het baklei oor 'n ou girlfriend - daar sit hulle toe vas aanmekaar - wys jou nê. Ek dink nie die dood was maklik nie - wat gesels twee sulke bulperde nou - hulle het daai bok ooi seker gevloek tot die einde toe.

Hier is mos nie roofdiere nie - net vleesvretende feral varke - hulle vreet enige iets. Hulle sal jou bok en skaaplammers vreet - die goed kan tot 150kg weeg en het lelike tanne man. Glo my - jy speel nie met daai varkies nie - hulle maak 'n hond sommer dood voor jy kan vark kan sê. Hulle het al 'n paar jagters ook gedooi. Sien, Aus is 'n gevaarlike plek - 'n plek waar 'n wille huisvark jou nie net kan laat daisies stoot nie - hy vreet jou sommer op ook. Daai varke het daai twee takbokke heeltemal opgevreet.

Nou kap ek van daai horings af - maak hulle vas aan 'n stringetjie leer - net soos daai SNAG (sensitive new age guy) jagters. Ek loop rond en ek sien 'n lekka bos - ek gaan sit in daai bos soos in Indiese Guru. Die stukkie wat ek gelees het reken jy moet jouself lekka opwerk - jou TESTOSTEROON moet lekka hoogs wees, net soos Rudolph s'n die tyd van die jaar. Dan moet jy vloek en sweet en jy baklei daai twee horings so voor jou - jy klap en baklei soos twee Santa Bokke wat vir 'n jaar lank oppie grens was en nooit 'n meisiemens gesien het nie.

Ek gryp daai twee horings en ek loer hulle so - ek steek my kop uit die bos en kyk eers of daar nie dalk 'n verdwaalde siel is wat my sien nie. Waar het jy nou so iets, so bleddy stupids gesien???? Kruip in 'n bos weg en baklei met twee horings - geen bleddy biltongboer kan so gesien word nie. Ek glo in elke geval nie die storie nie - hierdie bleddy SNAGS weet mos niks van jag af nie.

Ek vat daai twee horings en ek klap hulle so lafharting teenmekaar - ek klink soos een van daai Spaanse dames met daai klappergoedjies in hulle hande - ek het net 'n lang aandrok nodig. Ek besluit, nee wat man - ek het nie tyd vir die nonsense. Volgende oomblik hoor ek net takke kraak - ek weet hier kom 'n ding - hoop net nie dit is 'n vleesvretende vark wat lus is vir 'n Spaanse dame in 'n aandrok nie.

Ek worstel met my boog - volgende oomblik druk Rudolph sy kop innie bos. Man, ek dog die bokke is vriendelik ou diere - sy oge is bloedbelope en die TESTOSTEROON drup van die wille gedierte af. Ek kan sy kop streel, so naby is hy. Ek sien sommer ek's in die moeilikheid - as ek beweeg dan gaan hy my baklei en as ek buk of my rug op hom draai dan gaan hy my vry. Ek kies die middelweg en rol so sywaarts onner daai takke in. Daai ding is beblimsemd man - hy roei die grond so met sy pote en hy baklei sommer die bos - hy snort en hy poep - alles sommer so gelyk.

Die gedierte hardloop weg, al pronkende - net soos my Arabier perde - ek's in skok, dit was nou bleddy amper. Ek sien die opskrif in die Beeld - 'Takbok Vry Boer Dood Down Under.' Waar het jy dit nou al in jou lewe gesien - watse tipe bokke is dit die??? Skielik is ek nie meer lus vir biltong nie ek loop so benoude boude terug - loer so af en toe oor my skouer. Ek het daai stringetjie van daai horings geknip - ek loop met die een aan diekant van my heup en die anner een aan die annerkant - ek's vrek bang hulle raak aanmekaar.

Ek loop en frons - mens moet versigtig wees in die land - gevaarlike plek die. Daai bok kon my of doodgetrap of dood gevry het - dan het die varke my opgevreet. Nooit weer gaan jag ek sonder my spies nie. Julle FFF (Friends of Fur & Feather) dink mos boogjag is maklik - kyk net hoe amper het daai jags Santa Bok my beetgekry.

Terug by die huis gisteraand, bel ek my Aussie jag vriend - man, die ou lag homself reg in die zoo in - hy moes die foon neersit en my later weer terug lui. Nou hang daai horingtjies hier langs my boog:

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Welkom terug Mau, ek het ge-velang hie man.

Is jou kop nou weer skoon?

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Welkom terug Mau, ek het ge-velang hie man.

Is jou kop nou weer skoon?

My kop was lekka skoon, totdat daai vieslike takbok my lewe opgeneuk het.

Link to comment
Share on other sites

Ai Mauritz, ek moet vir jou sê - my dogter en die vroumense hier op kantoor vra my elke dag wanneer stuur ek weer vir hulle 'n storie wat jy geskryf het. Ons lê altyd soos ons lag vir jou gedoentes. Dankie vir die vermaak :)

Link to comment
Share on other sites

Maar dis dan sulke klein horinkies daai? Dis kleiner as 'n springbok man? Hoekom spring jy nie net op sy rug en ry hom bloots nie?

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Maar dis dan sulke klein horinkies daai? Dis kleiner as 'n springbok man? Hoekom spring jy nie net op sy rug en ry hom bloots nie?

Ag nee sies man, hoe kan jy nou so 'n Santa Bok beledig. Dit is net die 'tips' van die horings man - dink jy ek gaan nou met sulke m@erse horings om my se lyf innie bos rondstap - dan lyk ek soos Koning Rosekrans??????

Link to comment
Share on other sites

post-6630-1212760684.jpgDis hoe daai feral varke lyk.

Liewe otter, nou verstaan ek beter. Ek dog dis vlakvarke?

Dit lyk soos daai varke wat op LOST se eiland so moeilikheid gemaak het. Hoop nie daai kwaai ysbeer is ook in jou geweste nie.

Link to comment
Share on other sites

Mau

Ek dog nog ek gaan jou sê ons moet reel vir 'n varkjag - een ding wat ek en manlief goed kan doen is vlakvark wors maak - maar daardie goed... Methinks they will eat us.... ;)

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

As julle ooit in Darwin uitkom - gaan kyk daar in die museum - daar is 'n feral pig opgestop wat groter as daai een is - lyk soos 'n seekoei met hare.

Glo my - van hierdie varke is groot - hulle is vrek vinnig en het sulke lang hare op hulle rug - lyk soos 'n weerwolf. Baie van die varke word met honde gejag - hier in my wêreld het elke tweede 4x4 die honde en pig racks op. Die honde dra sulke leer harnasse om hulle borse te beskerm teen daai tande. Elke tweede Aussie het 'n 'pig dog' of drie. Die harige honde wat ek het is geteel vir vark jag - ek jag nie myne nie.

Die honde hou die varke vas - meestal aan die ore. Die vark word dan met 'n lang mes op die regte plek gesteek - sien hulle mag nie 'n merk op hê nie en hulle moet ordentlik gebloei word - word uitgevoer Europa toe - mense is mal oor die smaak van feral pig. Daar is baie mense wat 'n lewe maak uit die varke uit - ingesluit met 'roo shooting.' So teen dagbreek hier in Aus, kom die mense terug - dan hang daai bakkies swaar met die varke en roos - hulle word dan na spesifiek 'abbatoirs' of 'containers' gevat. Mense word net daar betaal per kg.

Glo my, partykeer moet jy hare op jou tanne hê om so 'n varkie met 'n boog te jag. Ek eet ook die varkies - baie lekker. Ek kan pics stuur, maar van die mense is mos blaarvretende primate en gril mos vreeslik.

Link to comment
Share on other sites

Mau

Ek dog nog ek gaan jou sê ons moet reel vir 'n varkjag - een ding wat ek en manlief goed kan doen is vlakvark wors maak - maar daardie goed... Methinks they will eat us.... :whome:

My lysie vir Australia raak nou voller:

1. Drink 'n flat white.

2. Skiet 'n Kangaroo dat hy hop. (Een laaste lekker hop en dan le hy.)

3. Maak Rootong.

4. Skiet een van hierdie wille federal varkies. Laat neem 'n foto van my met my voet op sy pens. (As ek my been nog so hoog kan lig, bygese...)

5. Skiet vir Rudolph op 300m uit 'n skuiling uit. (Ek wil nie ge-"sodomise" word nie.)

6. Maak santa-tong.

Ek sal vir julle fotos oplaai as ek oorleef om die stories te kan vertel...

Dan kan ek met 'n nuwe lysie begin.

Link to comment
Share on other sites

So teen dagbreek hier in Aus, kom die mense terug - dan hang daai bakkies swaar met die varke en roos - hulle word dan na spesifiek 'abbatoirs' of 'containers' gevat. Mense word net daar betaal per kg.

Glo my, partykeer moet jy hare op jou tanne hê om so 'n varkie met 'n boog te jag. Ek eet ook die varkies - baie lekker. Ek kan pics stuur, maar van die mense is mos blaarvretende primate en gril mos vreeslik.

Hoe lank eet jy aan so vark? Heerlikheid, jy moet omtrent 'n vark van jouself maak as jy daai ding op 'n spit gelaai het.

Laat my dink aan Asterix en Obelix se wild boar vretery.

Link to comment
Share on other sites

Liewe otter, nou verstaan ek beter. Ek dog dis vlakvarke?

Dit lyk soos daai varke wat op LOST se eiland so moeilikheid gemaak het. Hoop nie daai kwaai ysbeer is ook in jou geweste nie.

Ek wou nog graag die varkie se pa ook afgeneem het, maar ek het nie genoeg space op my SD kaart gehad nie!

Baba beer vra "Wie't my pap geëet?"

Pappa beer vra "Wie't my pap geëet?"

Mamma beer sê: Ek het nog nie die f@kk&n pap gemaak nie, Eskom het die krag afgesit!!

Ek is nou 'n jaar hier en ons het wragtag al 3 keer kragonderbrekings gehad!

Nee maggies man, hier is seker nou 'n klomp Eskom ouens wat by Western Power werk!

Link to comment
Share on other sites

Ek wou nog graag die varkie se pa ook afgeneem het, maar ek het nie genoeg space op my SD kaart gehad nie!

Baba beer vra "Wie't my pap geëet?"

Pappa beer vra "Wie't my pap geëet?"

Mamma beer sê: Ek het nog nie die f@kk&n pap gemaak nie, Eskom het die krag afgesit!!

Ek is nou 'n jaar hier en ons het wragtag al 3 keer kragonderbrekings gehad!

Nee maggies man, hier is seker nou 'n klomp Eskom ouens wat by Western Power werk!

Ek weet toevallig van ESKOM ouens wat Perth toe getrek het. It's a conspiracy... :rolleyes:

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...