Jump to content

Die gewig van 'n A4 bladsy


Biltongboer

Recommended Posts

Ek kry toe kwotasies van 3 couriers, om 'n A4 grootte pakkie al die pad Oz toe laat waai teen die spoed van wit lig.

Vind toe uit dit vat 4 dae, lig beweeg stadig in hierdie geweste.

Maar ek het nog ander goed ook geleer vandag. Mens is nooit te oud om te leer nie.

Hulle vra een prys as die pakkie onder 500g is, en 'n ander prys as dit tussen 500g en 1kg is. En nog meer soos die gewig opgaan. Laat my dink aan die dag toe ons klomp kollegas by die lughawe inboek, en hulle my wil beboet vir my bagasie met tools wat oorgewig is. Maar my baas wat saamgaan weeg letterlik twee keer soveel as ek, maar sy bagasie is in spec, en hy word nie beboet nie. Ek was nie happy nie, en my baas was ook nie happy met my opmerkings nie. Blerrie dikgat kan die vliegtuig laat val, maar ek en my bagasie saam weeg minder as hy sonder sy bagasie, maar ek word beboet. Daai Cessna hang so al na die een kant toe heeltyd, arme pilot dink sy wheel alignment is uit. Elke keer as Dikkes bietjie skuif, dan pluk daai hele ding dat dit voel asof ons grondpad ry in Boesmanland.

In elk geval, voordat ek nou obese mense laat sleg voel. Ek raas maar net oor die beginsel, ek haat nie dikgatte nie, oraait?

Maar om terug te kom na wat ek toe vandag geleer het. My vrou vra toe dadelik maar wat weeg my pakkie, meer of minder as 500g? :whome: Ek sit so en weeg in my kop, en vergelyk 'n 500g rump steak met my hoop aansoekpapiere, en wonder. My "gut-feeling" se vir my die goed kan nie meer as 500g weeg nie, magtag dit kan tog nie wees nie?

Maar my ingenieursbrein begin dadelik te scheme, en kom op met die wetenskaplike oplossing vir hierdie eenvoudige probleem: Vind uit wat weeg een A4 vel, tel jou velle, en siedaar: jy weet wat weeg jou pakkie tot op die laaste gram. Ons badkamerskaal is egter bietjie lig in die broek vir daai sensitiewe meting. Ek het ook al bietjie swaarder geraak vandat ek daai tyd helfte van my baas se gewig was, en die skaal protesteer as ek opklim, hy wys nie eers 500g links of regs akkuraat nie.

Volgende oplossing: if all else fails, google. En daar kry ek tonne inligting. Daar is 'n hele geskiedenis van waar die A4 standaard af kom, en as jy 'n A0 16 keer in blokkies breek dan kry jy 'n A4, en wie weet wat nog. Maar die gewig? Baie ingewikkeld. Jy sien, jou papier word volgens ISO standaarde gegradueer in terme van gram/m2. Ek kyk op my printer papier se omhulsel, en wraggies, daar staan dit: 75g/m2!

Maar waar in jou lewe het jy al 'n vierkante meter A4 vel gesien? Die ding is mos A4 want hy is 'n sekere size? Hoe moeilik kan dit wees? Hoekom moet hulle nou staan en spesifiseer dat hierdie papier 75g/m2 weeg? Wat de hel help dit enigiemand?

Gelukkig is daar so ding soos spreadsheets, ne. Hier kom hy nou, die stukkie Standerd 7 algebra wat mevrou Alpers in ons kele afgedruk het terwyl sy se ons moet stilsit, "drink Sanatogen, julle is te besig!!" Sy het ook altyd tekere gegaan as iemand die antwoord gee as "niks" in plaas van "nul". Ek hoor nou nog daai Duitse antie, laat jou dink aan juffrou Rottemeyer: "NUL is nie NIKS nie!!!", en dan gooi sy die offender sommer met 'n bordborsel of 'n ding. Goeie onderwysers wat ons gehad het daai tyd.

In elk geval, om by die antwoord uit te kom: My papier weeg 75g/m2. Intense navorsing bevind toe dat een A4 vel is 210mm x 297mm = 0.06237m2 groot. Nou's dit maklik, ja, man, maal net 75g/m2 met 0.06237m2 en jy kry 4.6775g per A4 vel!

Daar het jy dit nou. En om by 500g uit te kom, het jy 107 A4 velle nodig. Ek kan dus 106 A4 velle insit, as hulle nie die koevert bytel nie, en ek is veilig.

Ek dink ek gaan dit net-net maak. Jy sal nie glo hoeveel goed hierdie ouens van my af wil he nie. Daar moet 'n paspoort foto van elkeen in my gesin ook inkom, ek weet nie wat hulle weeg nie, maar ek dink nie 5 fototjies gaan meer weeg as 2 A4 velle nie. Weer my "gut-feeling" wat inskop.

Maar ten minste was my "gut-feeling" reg. Ek ken 'n 500g rump.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Net 'n ingenieur/man sal soveel ingewikkelde wiskunde somme doen om die gewig van die pakkie te bepaal. 'n Vrou sou in haar kar geklim het en dit geweeg het by die poskantoor.....wat sou jy nou doen as hy nou meer as 500g geweeg het........jou aansoek onvolledig gemaak het deur papiere uit te haal..............

Spot sommer net bietjie met jou.

My gut feeling het vir my gese ons aansoek het soos een van daai groot bul steaks gelyk. Het op die ou end 840g geweeg.........dis hoeveel velle papier??

F

Link to comment
Share on other sites

Nee toe nie!! Ek sou my kombuis skaal uitgehaal het!! Die weeg wel in gramme!! Mans vat gewoonlik die moeilike pad!!

Ons vrouens is BAIE slimmer!! Die beste pad en die kortste/maklikste pad!!!

Soos goed regmaak wat nie werk nie...... check die plug!! Eerste!! LOL!!

Link to comment
Share on other sites

Nilo, dit klink soos harde werk vir ons, maar mans geniet dit om sulke sommetjies te maak en alles presies te he :whome::hug: (Ek weet, want my man is 'n ingenieur....)

Link to comment
Share on other sites

Ek wil weet wat se Nilo se skaal hoeveel weeg 'n A4?

Link to comment
Share on other sites

Nee man die ding gaan mos NOOIT een A4 weeg nie!! Ek bedoel die hele pakkie, envelope and all!! LOL!!

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

Ek het n klein skaaltjie wat ons gebruik om goud ens mee te weeg. Een A4 papier (Mondi Rotatrim 80g/m2) weeg 5.1g op ons skaal. :ilikeit:

Leonie

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

Ek het n klein skaaltjie wat ons gebruik om goud ens mee te weeg. Een A4 papier (Mondi Rotatrim 80g/m2) weeg 5.1g op ons skaal. :blush:

Leonie

Onthou net, alles gaan oor die kalibrasie van jou skaal. As daai goudskaaltjie uit kalibrasie is dan weeg jou pakkie by Fedex dalkies 200g meer as wat jou skaal se hy doen! Een van die eerste reels van engineering: moenie alles glo wat jy sien en hoor nie, maak eers seker of die inligting korrek is! Ek is nou bly ek het nie rotatrim papier nie, hulle is amper 0.5gram per A4 swaarder...

Nou is ek lus vir 'n rump steak. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Net 'n ingenieur/man sal soveel ingewikkelde wiskunde somme doen om die gewig van die pakkie te bepaal. 'n Vrou sou in haar kar geklim het en dit geweeg het by die poskantoor.....wat sou jy nou doen as hy nou meer as 500g geweeg het........jou aansoek onvolledig gemaak het deur papiere uit te haal..............

Spot sommer net bietjie met jou.

My gut feeling het vir my gese ons aansoek het soos een van daai groot bul steaks gelyk. Het op die ou end 840g geweeg.........dis hoeveel velle papier??

F

Het jy al uitgewerk hoeveel kos daai tripppie poskantoor toe jou? Petrol is duur deesdae, wys jou net - vroumense hou van geld mors... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Being an engineer with a great love for spreadsheets I can relate to this Biltongboer.

Who just whats to weigh the thing! That is so practical. I need to UNDESTAND it! :ilikeit:

While we are on the subject...How many times can one fold any size paper in half?

Edited by No Worries Mate
Link to comment
Share on other sites

@biltongboer

Wat ek bedoel is: Die pakkie moet in elk geval gepos word. Jy sit tog mos nie onnodige goed daarin nie, so na ek my aansoek voltooi het en die koevert toegeplak het, ry ek poskantoor toe en laat hom weeg en dan sommer dadelik courier - of die ding nou 400g of 800g weeg. Jy kan tog mos nie van die papiere uithaal nie :ilikeit:

So ek mors nie petrol nie....tyd is geld en ek het nie tyd om stukies papier te weeg en sommetjies te maak nie. Pos die ding en klaar. :lol:

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Being an engineer with a great love for spreadsheets I can relate to this Biltongboer.

Who just whats to weigh the thing! That is so practical. I need to UNDESTAND it! :ilikeit:

While we are on the subject...How many times can one fold any size paper in half?

I think it's 6 times :ilikeit:

All this talk of engineers makes me think of Dilbert......

Link to comment
Share on other sites

Het jy die spoeg ook gemeet wat jy mee moes lek om toe te plak?

Ek dink nogal daai goud skaaltjie is baie meer akkuraat as poskantoor skaal. Kan mens spur 500g steak op hom weeg? Ek sal hom leen op pad spur toe, nou is ek ook lus vir daai steak (wat sy gewig in goud werd is).

Paper can only be folded 7 times (on avergae)

I think the record was 11 times.

Link to comment
Share on other sites

Het jy die spoeg ook gemeet wat jy mee moes lek om toe te plak?

... en wat van die gewig van al die ink? :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

... en wat van die gewig van al die ink? :lol:

Wat van al die sweet wat geloop en het en bloed wat gevloei het om al hierdie dekselse papiere bymekaar te kry?

Link to comment
Share on other sites

All this talk of engineers makes me think of Dilbert......

Why did I become an engineer?

post-2984-1212601665.gif

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, hoekom lodge jy nie eerder jou visa aansoek online nie? 'Nul' gram! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, hoekom lodge jy nie eerder jou visa aansoek online nie? 'Nul' gram! :)

Die agent soek hardcopies van alles. Ek wil nie weer die agent gesprek oopvlek nie, arme Suzette is al amper tronk toe. Ek doen maar net wat die agent se. Ek het alles al na hom toe ge-email, hy soek hardcopies van correctly certified alles. Ek het amper 'n correctly certfied onderbroek ook saamgestuur, want lyk my hulle soek alles van jou.

Link to comment
Share on other sites

Jy is welkom om 'n klomp biltong correctly certified aan my te stuur aangesien jy nou weet hoe :)

Link to comment
Share on other sites

Jy is welkom om 'n klomp biltong correctly certified aan my te stuur aangesien jy nou weet hoe :blush:

How about a urine sample instead? Bwahahahaha :)

Link to comment
Share on other sites

Aaaagggg neeee! Ten minste het ek probeer

Die dag as jy in Perth land, dan kyk ons of ek biltong reg het vir jou. (As ek al daar is, bygese.)

My pakkie was toe darem onder 500g, 36 bladsye en 5 paspoortfotos! En toe kom ek vanaand agter daar is een papiertjie wat ek wragtag vergeet het. Sal maar kyk of hulle dit agterkom... :)

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer jy kan net 105 A4's in die koevert sit want die koevert het twee kante en 'n flap. Het jy 'n lassie nodig om die ding te stuur as hy oor 500g is.

Congrats met al die job offers.

Airmail

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...