Jump to content

Vroumense…


Biltongboer

Recommended Posts

Met die dat ons nou uiteindelik koers kies na die Land van Oz, moet ons ‘n paar goed afhandel, soos, onder andere, ons huis verkoop.

Maar daar is goed wat gedoen moet word, soos om die huis te verf. En so kyk vroulief nou al vir ‘n week lank na kleure, en ek gee nie ‘n hel om watter kleur ons vat nie, want ek trek en dit pla my nie. Hulle kan enige pink peach fluffy ding kies, solank iemand belangstel om dit te koop en ek nooit weer die plek hoef te sien nie.

Intussen besluit ek om solank die huis in die te mark gooi. Wie weet, miskien is dit net die ding wat iemand soek, en hy vat hom nes hy is en alles is klaar. Of dit vat baie lank, en dan was dit in elk geval goed as ons al lankal die huis in die mark gesit het.

Maar nou is vroulief kwaad oor die prys wat ek vra. Ek wil 1.3 miljoen hê, wat baie billik is, en ek sal nog bereid wees om te onderhandel vir minder, as dit die koop sal bespoedig. Sy dink ek moet R950 000 vra, want syt nou by Sannie gehoor dat mense niks koop oor ‘n miljoen nie, want dis so sielkundige storie jy weet, en as jy 950k vra, dan verkoop jy hom makliker. (Nes die winkels wat 9.95 vir ‘n onderbroek vra in plaas van 10.50)

Moenie worry wat de hel die plek werd is nie! Ek dog ek ontplof net daar. Sannie-hulle het nog nooit in hulle lewens self ‘n huis verkoop nie, om die waarheid te sê.

Natuurlik gaan jy ‘n blok goud verkoop kry as jy R500 vir hom vra. Mense doen dit nie, want dis stupid.

Dis hoekom ek elke maand self die rekeninge hanteer. Daai vrou van my weet nie wat kos krag, telefoon of armed response ons elke maand nie. Sy koop net groceries en kla daars nie genoeg geld nie, want margarine se prys het vertrippel en melk gaan alweer op. En so sit sy op die foon heeldag en bel my salaris uit om Sannie se stories te luister.

DISCLAIMER: Sannie is ‘n fiktiewe naam, en die hele storie het geen verwantskap met enige regte mense nie. Net vir in geval verkeerde mense my storie lees. Inteendeel, ek weet nie wie’s die Biltongboer outjie nie, nog nooit van hom gehoor nie… :blink:

Link to comment
Share on other sites

Ja Sannie moet ophou Huisgenoot lees.

My huis in die mark vir R1.3m NIKS sak na R1.1M Niks sak na R990k NIKS sak na R920k NIKS

SAK NA R890 NIKS. En ons praat van n huis wat nog nie 8 jaar oud is nie en oorkant Fancourt Golf Estate sit. (Tuin Roete)

Ek wens Sannie was reg. Sou nie omgee vir R950k nie

Voorspoed

Nic

Link to comment
Share on other sites

Ja Sannie moet ophou Huisgenoot lees.

My huis in die mark vir R1.3m NIKS sak na R1.1M Niks sak na R990k NIKS sak na R920k NIKS

SAK NA R890 NIKS. En ons praat van n huis wat nog nie 8 jaar oud is nie en oorkant Fancourt Golf Estate sit. (Tuin Roete)

Ek wens Sannie was reg. Sou nie omgee vir R950k nie

Voorspoed

Nic

Yikes, nous ek bang. Moet ek maar sak na 800k en klaarkry?

Link to comment
Share on other sites

Vir wat dit werd is - ek gaan maar die plek verhuur en later probeer verkoop.

Ek weet almal is nie so gelukkig om dit te kan doen nie, maar nou verkoop is wrong timing, big way....

Link to comment
Share on other sites

Vir wat dit werd is - ek gaan maar die plek verhuur en later probeer verkoop.

Ek weet almal is nie so gelukkig om dit te kan doen nie, maar nou verkoop is wrong timing, big way....

Ek het ook maar met die huurmanne kontak gemaak. Mens kan so jaar of twee uithou, ek is net bekommerd oor die wisselkoers wat al hoe meer teen ons draai.

Link to comment
Share on other sites

Hi Biltongboer wat niemand ken nie.

Ja Sannie weet nie waarvan sy praat nie. Ons het 'n huis gehad in 'n ander buurt 'n paar jaar terug. Sjoe hoe gelukkig was ons nie. Die huis het ons in vier dae verkoop gekry. Nou sit ons met 'n huis van 2.5M en sukkel al van Januarie af. Nog geen glad niks belangstelling gehad in die huis nie. So ek dink, dit maak nie saak wat die prys van jou huis is nie die mark is eenvouding sleg. Toe dink ons kom ons probeer Private Property. Ek weet nie of julle Private Property in Suid Wes het nie. Raai wat was die eerste vraag wat hulle my vra nadat ek klaar verduidelik het dat ons, ons huis wil verkoop. Ek gee toe die prys en daar noem hulle 'n belaglike bedrag wat ons moet betaal net sodat hulle 'n paar foto's op 'n website kan sit vir ander mense om na te kyk. Ek is nie so seker dat 'n website die antwoord is om 'n huis te verkoop nie. As a matter of fact ek weet nie wat is die beste manier deesdae om jou huis te verkoop nie. Voel nogal bietjie moedeloos oor die verkoop van die huis op die oomblik. Ons begin ook maar daarna kyk om maar eers te verhuur. Hoop die mark lyk dan beter volgende jaar. Sterkte met die verkoop van jou huis.

Link to comment
Share on other sites

Baie moeilik.

Aan die een kant sal ek seker R800k kry. Vat ek dit?

Of wag ek 18 maande en kry meskien R950k as die mark better is.

Wat my bang maak is:

Hoeveel huise gaan in die mark wees oor 18 maande, gaan kopers nie nogsteeds minder as verkopers wees nie? Selfs al kom die rentekoers reg.

En dit is die volgende vraag - Gaan die rentekoers regkom?

Wat gaan die Rand / Doller teen daai tyd wees.

Ek wil nie negatief klink nie maar ek sien niks positief op die horison wat alles oor 18 maande net better sal maak nie.

Ek het nog een ou wat more kom kyk. (Ryk besigheidsman Cash Buyer) as hy my R800k gee gaan ek dit vat.

Anders verhuur ons ook maar en bid vir die beste.

Ek dink aan almal wat in die selfde bootjie is.

Link to comment
Share on other sites

When we wanted to sell our home in 1992, the market was absolutely flat, nothing was moving. We had owned the property for about three years, spent quite a lot putting in a rapid response alarm and a bit of fixing up around the place. In the end, we sold for what we had paid for the property three years earlier, just to get it off our hands. So all the changes we made was a loss, as was our transfer fees we had paid. HOWEVER, we were happy, we were rid of it, and could leave the country in good standing!

At the rate the Rand is being devalued, I don't know if holding out would bring you much more money in the bank!

Link to comment
Share on other sites

Huis in die mark vir 2 maande. Al gatvol vir mense. Daar kom seker elke aand mense deur my huis stap. Ek het 'n agent wat baie hard werk. So ek voel my hele lewe is op "hold" en word deur agente gereel. Maar nou ja die huis moet verkoop word. My huis is onder R900.00. Almal sê solank daar voete deurkom is dit goed maar dit voel asof ek die hele dag op my tone loop en my arme kinders. Ek weet almal kry swaar in die mark en wou maar net bietjie stoom afblaas.

Die ersgste is die kommentaar wat party mense lewer bv. Die huis is nou nie juis silwerskoon nie. Wel Da Ek het drie kinders en een van hulle is die hele dag by die huis. Ons moet darem ook lewe....

Link to comment
Share on other sites

There is Private Property in Namibia.

I'm also going the rent-out route if not sold. Will wait before 2010..maybe I'll get lucky then.

Link to comment
Share on other sites

Oppas ook net vir al die "voete" wat so deur jou huis loop. Die een hou jou hier besig terwyl die ander een sy sakke vol stop. Of hulle maak 'n inventaris van jou tv, ens wat maklik verwyderbaar is.

Sterkte met die verkoop!

Link to comment
Share on other sites

Oppas ook net vir al die "voete" wat so deur jou huis loop. Die een hou jou hier besig terwyl die ander een sy sakke vol stop. Of hulle maak 'n inventaris van jou tv, ens wat maklik verwyderbaar is.

Sterkte met die verkoop!

Yikes, dis lekker in Afrika... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Sal ons 'n support group begin vir desperate verkopers?!

Ek wil, maar hy wil nie.... Dis nou die huis op die mark sit! (Sies, skaam vir julle :rolleyes: )

Stem saam oor die 'voete deur die huis'. Hou ook nie daarvan om die agent alleen in die huis te los op 'n Sondag vir 'show house' nie. Hy/sy kan ook nie oral wees en almal agtervolg en dophou nie.

At the moment it would be very brave to sell. You will definately not get what your property is worth. Had a chat with an agent last week and she recommended a price R300k lower than what we feel our home is worth! Purely because the market is so flat. Her argument is - do you want to be rid of the property (sell), or sit with a white elephant in 8 months time?

I doubt it will improve. People simply get used to paying more for stuff and carry on with life as normal.

If you need the money to pay your last fees for emigration, then perhaps sell, take what you can get, cut your losses and leave for Australia.

'n Pêl het gesê 'n ou kan amper meer geld maak uit jou eiendom deur dit af te breek en stuk-stuk te verkoop. Hy't klaar die Jetmaster kaggel gedeps. Wil ook die pizza-oond, jetmaster braai en tuinplante koop.

Ons moet ophou om na Sannie te luister en te reageer op wat ons 'gut-feeling' vir ons sê. As dinge nie juis verbeter het die afgelope 14jaar nie, hoekom sal dit nou skielik verbeter net omdat ons 'n huis het om te verkoop? Hou dalk bietjie langer uit to so voor die Sokker in 2010. 'n Ryk Egiptenaar of Nigerian wil dalk jou huis koop vir ' a beesiness oppochoonitiee'.

Biltongboer sê vir jou liefie sy kan enige kleur kies, solank dit wit is. Jy weet mos - spierwit, blouwit, geelwit, ivoorwit, melkwit........

Die ou wat sy huis verkoop kry binne 3 maande, skuld die res van ons 'n bier en 'n braai!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...