Jump to content

Ja Nee


Madelein

Recommended Posts

Die 2 boere bly op dieselfde plaas, elkeen doenig met sy eie ding. Maar hulle praat nie juis nie.

So gaan 'n maand om, tot die twee ouens bymekaar sit en 'n potjie skaak speel.

"ja" sug die een, en hul speel verder...

Dit gaan so aan en die boerdery staan nie stil nie. Hulle werk verwoed om hul doelwit te bereik.

Na die groot oes sit die 2 weer en skaak speel

"Ja" sug die ander een, en hul speel verder...

So begin die twee weer te saai, die jaar is amper om.

Besluit weer om skaak te speel, sit so lekker een dag, rustig.

Kom klop daar mos 'n vrou wat op pad is en na hul buurman soek.

"Goeie More, hoe gaan dit vanmore? Weet julle watter pad ek moet neem na Uitkyk?"

Die twee kyk verstom na mekaar, tot die ander opmerk:

"Ja-Nee, sy praat so vinnig, ek kan nie eens 'n woord tussen=in kry nie."

Dit het so lekker gereen hier in Brisbane vir 'n slag. Ek is darem so bevoorreg om 'n lekker paar daggies af te wees en net rustig met 'n lekker fliek en popcorn in die bed te kan bly. Dis mos hoe dit gedoen word, of hoe? Net jammer manlief kan nie koskook nie, moet so nou en dan opstaan en een van daai pre-cooked meals in die mikrogolf sit sodat hy nie uithonger nie.

Ja Nee, hoop almal het 'n lekker dag.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Hoop jy voel gou beter Madelein. Ek self sit met effense dik kop en ek voel so koorsie aankom, maar ek het mos klein kids, so niks bedrus vir Ma nie!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...