Jump to content

Biltong en Herero-bakkies


Biltongboer

Recommended Posts

Ek sit nou hier en eet lekker biltong. Ek maak eintlik nie self nie, sal maar daar in Aus begin om myself te help. Ek het klaar al die biltongkas planne afgelaai en ek weet van Bunnings hardeware winkel. Ek moet net iemand kry wat roo vleis aan my wil verkoop, dan probeer ek bietjie Rootong maak as ek daar in Perth sit, Doer Onner.

Ek het nou eers LOST gekyk op TV. Die ouens sit mos op ‘n eiland en kan nie af nie. Ek weet hoe hulle voel. Ek sukkel om hier van die kontinent af te kom, en allerhande spooky goed gebeur wat dit nog moeiliker maak. Toe Lost klaar is, skakel ek oor na SuperRugby en luiste bietjie vir Kobus en die manne praat oor die Bokke en alles. Dis darem ironies hoe baie manne bel in en kla oor die manne wat oorsee speel en nou in die Bok span is. As mens eers self emigreer dan verstaan jy hoekom ou Butch en Percy eerder oorsee gaan speel.

Anyway, ek sit hier en kerf daai biltong met my lekker biltong-kerwer, en dink aan die goed wat ek gaan mis daar Doer Onner. Ons bestel die biltong daar van die Plaaskombuis af in Gobabis. Lekker, man, goeie prys, en hulle biltong en droëwors is regtig puik man. Boerewors ook, en mince. Jy bel hulle net vroeër in die week, en Donderdag land jou goed in Windhoek, en jy gaan haal en betaal net. Man, ek wens hulle wil in Perth aflewer. Ek is nie baie opgewonde oor daai pienk afval worsies in Australia wat hulle sausages noem nie.

Maar dan dink ek so terug aan hierdie dag wat verby is, en hierdie cowboys wat elke dag voor my injaag en so dwars oor die T-aansluiting stop om vir meme op te laai, dan is die verlange sommer history.

Ken jy ‘n Herero? Man, dis moeilike manne daai, so trots soos ‘n Duitser en net so harregat ook. Dis hulle wat se vrouens sulke mooi victoriaanse klere aantrek. Daai mooi gevoude hoedjies wat gin mens weet hoe vou hulle hom so nie, hy staan so hoog op hulle koppe met so driehoekpunt. Baie tradisies, en jaarlikse feeste wat hulle hou, nogal besonderse tradisies vir Afrika eintlik.

‘n Herero hou van beeste. En hulle vreet amper meer vleis as ‘n Boer, glo jy nou vir my, daai manne verorber ‘n bees maklik.

Ek onthou die een dag toe lag die een Herero manager by die werk, toe ons iewers eet, en hy sê dis nou wragtag een ding wat ‘n Boer en ‘n Herero oor saamstem: ons like ons vleis. In elk geval, hulle is ook bekend vir hulle bakkies. Jy sien sommer die Herero bakkie so van ver af, hy lyk nie soos ‘n gewone bakkie nie.

Nou vandag toe ry so ou Toyota voor my, die rook walms blaas so by sy agterend uit, hy ry 35km/uur in spitstyd hier in die middel van die highway, en mik-mik so bietjie links en dan regs, jy weet nie watter kant toe neuk hy nou nie. En dan vlie ‘n boer hier links by my verby en jaag voor hom in, en dan vlie ‘n “meme†hier regs verby, en so blaas almal hoeter en wys daai vriendelike groetgebaar wat Mr Bean daar in New York geleer het. Jy weet mos, daai een met die “extended middle-fingerâ€. Ek cruise maar rustig en gee hom bietjie genade, arme man wil ook maar net by punt B uitkom nê.

Maar ek weet, hierdie land het soveel aggresiwiteit in sy are, mense gun ook niemand niks nie. Ons almal is kwaad vir mekaar, Boer, Duitser, Herero, Wambo, almal wil mekaar uitsort en almal dink dis hulle land die. En hoe meer dit aangaan hoe minder respekteer ons mekaar se waardes en reëls. En hoe minder geduld het ons vir mekaar.

Nou nie dat ek nooit die Mr Bean-teken gebruik nie. Dis net dat ek gehoor het in Australië ry almal wat die spoedteken sê hulle moet ry, en ek oefen solank hard, want ek wil nie hê die Polies-mate moet my aftrek en slegsê nie.

Man, dis lekker biltong die.

Link to comment
Share on other sites

Hoe water my mond nou vir 'n stukkie. Raak ook nou al net so duur soos pertol .. R100/kg as jy gelukkig is. Ai

Link to comment
Share on other sites

Hoe water my mond nou vir 'n stukkie. Raak ook nou al net so duur soos pertol .. R100/kg as jy gelukkig is. Ai

Dis mos wat hulle se van Gobabis - hulle is 10 jaar agter die res van die land. Hulle petrolprys is nog 1998 sin. En die biltongprys ook, nog ver onder R100.

Daai tyd met Independance toe wil almal Gobabis toe trek, want hulle kry nog so 10 jaar voor Oom Sam se regering daar oorvat... :whome:

Link to comment
Share on other sites

Ek wens ek kon enige biltong of droewors hier kry vir onder R130/kg. Wors miskien - Biltong - aikona.

Dis tyd dat ek weer Gobabis deurry. Maar di dekselse grensposte tussenin!

Link to comment
Share on other sites

Daai biltong van Gobabis is darem lekker ne.. My broer bly in

Gobabis... en dit is waar ek ook al van die lekkerste biltong geeet het ooit.. moet nie eers praat van die "pofadder" nie .. yummies

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...