Jump to content

Facebook of Bus boek?


Biltongboer

Recommended Posts

Vir die van julle wat Facebook ken, julle het seker al te doen gehad met hierdie Facebook applications. Aan die begin het ek nog gedink dis snaaks, maar nou ignoreer ek meeste application requests, want die goed mors jou tyd en werk nooit reg nie.

In elk geval, een van dies wat ek wel lank terug gelaai het, is daai "Are you interested" application. Om die waarheid te sê, ek weet nie hoekom ek dit gelaai he nie, want ek is regtig gelukkig getroud en soek nie girls wat in my belangstel nie. Kan nie eens onthou dat ek die stupid ding gelaai het nie.

Anyway, ek kry nou aanmekaar emails wat my laat weet iemand het "Yes" ge-click op my profile. Na die honderdste een het my nuuskierigheid nou die oorhand gekry, en wil ek net sien wie's die mense wat my so laaik. Miskien is dit iemand soos Tea Leonie, en dan kan ek dalk in die versoeking kom om my (tot dusver goeie) huwelik op te offer.

Jy moet daai busse sien wat in my belangstel, hoor. Ek het eers baie gevlei gevoel dat ek op my ouderdom nog die belangstelling van die ander geslag kan prikkel. Maar maggies, hierdie girls is nie meisies wat heeltemal my belanstelling prikkel nie, as jy verstaan wat ek probeer sê. Party van hulle kon dalk mans ook gewees het.

Daar is ene van Libanon. Ek onthou toe ons by UCT was vir 'n kursus, was daar 'n Lebanese girltjie wat 'n waitress by een van die eetplekke was. Sy was regtig mooi, hoor. Maar hierdie antie kan nie eens verlangs familie van haar wees nie…

Daar is Wendy van Illinois, Alex van Texas en al wat 'n bus is van oral oor. Selfs een in Windhoek met so Duitse naam soos Lize-lotte of iets, en dit maak my bang. Ek beter daai visa kry voor sy my opspoor.

Hier val toe een mooi girl uit, noem haarself Asia van Calgary. Sy is 38, maar haar pragtige modelfoto laat my dink sy is dalk 21. Iets sê vir my sy is nie heel eerlik nie, en dalkies is die foto nie heeltemal "representative" van hoe sy regtig lyk nie. Heel "hot" moet ek sê. Daars 'n ander girl wat 'n foto van 'n kwaai Indiese tier op het. Elizabeth (39) van Winchester. Bietjie te rof vir my.

Marion, aged 39, van Santee, US, wys 'n foto van haar "and my girlfriend, Erika" in 'n omhelsing wat jou naar maak. Girlfriend lyk baie lesbies met groot spiere.

Hierdie mense is wragtag 'n growwe mengsel van desperaat, pateties, afskuwelik en siek.

My huwelik is nog mooi gesond…

Marion.bmp

Asia.bmp

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Ek het jou nou amper ge"YES" op facebook :ilikeit:

Ek speel net. .....

Ek kry ook daai "yes" elke keer en dit irreteer my VREESLIK.

Lekker aand.

Link to comment
Share on other sites

Ek het jou nou amper ge"YES" op facebook :blink:

Ek speel net. .....

Ek kry ook daai "yes" elke keer en dit irreteer my VREESLIK.

Lekker aand.

Wys my joune, dan wys ek jou myne! :whome:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...