Jump to content

Inverell - New South Wales


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek's vandag terug van Inverell af - 'n beskaafde dorpie in beskaafde New South Wales - ons is mos lekka agter die klip hier in Qeensland - ons bly mos innie 'sticks' en dra almal groot hoedens.

Vroulief en die kinners is so kwaai soos skape vanoggend - daddy was mos weg vir 'n slag. Vroulief moes werk - die kinners moes hier en daar bly. Ons kinners eet mos gesond en as hulle by iemand anners gaan bly, dan overdose hulle op al die ADHD kosse en drinks. Hulle kom gewoonlik terug - wille kruisings tussen opgewende torre en swart renosters. Dan voer ons hulle maar weer steekgras sap en rape - dan raak hulle weer soet. Vroulief speel rof met haar stofsuier en lyk vreeslik kwaai - ek lees lekka Biltongboer se stories - man so vars soos see lug in die Namib woestyn - reuk van galjoen, see bamboes, kreef en 'n dooie rob of twee.

Ek het nog 'n perde kursus in Inverell gaan doen - Barefoot trimming. Vir die wat belangstel om van perde skoene ontslae te raak - baie interessant - laat weet.

Vir die van julle wat kom overdose op 'n LSD trip - julle sal ook belangstel. As jy 'n perd het en wil gaan vakansie hou deur Aus - lees 'n bietjie aan. As jy wil 'kamp' en goedkoop op vakansie gaan - kan ook gedoen word.

Sien, baie van hierdie kursusse of endurance ritte is altyd 'n miljoen myl van die huis af. Jy moet 'n horse float, 'n perd, 'n hond en alles saam sleep. Kan nogal duur raak. By baie van die plekke kamp almal sommer waar hulle kan, by anner plekke kan jy ongelukkig nie met jou mêrrie en ou teef in 'n Motel inboek nie.

Alle dorpe het skou gronde - hulle moet ook 'n lewe maak. Jy hoef nie 'n perd te hê nie - nie eers 'n meisie nie - jy kan daar bly vir niks nie. Sien, die karavaanparke hier in Aus is 'n nes vir al hierdie weirdos - die 'flat whites' of andere. Ek hou niks van die plekke nie. As jy 'n hond het, dan is die parke wat honne vat ook die tipe wat tweebeen honne vat - tewe ingesluit - die goed byt man en hulle het dalk Hep C ook.

Die skougronde is altyd stil en Vrydagaand kom ek daar by Inverell skougronde aan - daar's niemand nie - net ek. Die perd het 'n lekka stal - ek het krag - daar's warm water storte. Ek's stoksiel alleen op 'n Vrydagaand. Ek betaal 'n volle $12.50 vir die nag, dit is nou 'n stal vir die perd ingesluit.

Die perd innie stal - ou Rufus staan wag - vuurtjie brand, ek knak 'n botteltjie maag medisyne en slaan my swag op:

Ek maak vir JayJay wakker daar in New Castle en ons los vinnig iAfrika se probleme sommer so oor die foon op.

Volgende oggend vroeg laai ek die gediertes en gaan soek vir 'Gum Flats' - 'n plek annerkant 'Flat Sands' - ek kyk so na allie maplotters en sien sommer dit is waar 'Flat Whites' ook bly en heeldag sit en 'Long Blacks' drink. Sien Gum Flats is so 'n 'plekkie' met 'sportsgronde' wat my aan die rugbyveld op Rundu laat dink - vol dorings en klippe.

Daar's 'n ou Kerk - die enigste gemeente lede is 'white ants' - hulle is binne en die 'black ants' buite. Die Kerk is oor die muur en ek dink die mense daar is lankal nie meer gelowig nie. Die Kerk:

Die ou wat die kursus aanbied is 'n 'scientist' en Master Farrier. Sy vrou 'n Vet Nurse (Nee sies man, nie vet verpleegster nie - 'n veearts verpleegster doedie) en hulle oulike dogtertjie is ook daar - hulle kom al die pad van Victoria af. Hulle gee hulle lesings in 'n 100 jaar oue shed met plank vloere - dit is nou Gum Flat Community Hall. Die dogtertjie sit tjoepstil saam met anner Aussie kinnertjies en inkleur. Gum Flat Hall:

Ons werk op dooie perde pote - allie pad van Victoria af. Die perde pote ruik lekka groen en van die dames lyk maar oes - hulle krap so aan die pote met hulle oge wat vorentoe kyk en hulle neuse wat agtertoe ruik. Ons leer alles van die anatomie tot die lobotomy. Die man ken sy storie. Ons doen ons perde en daar's sommer 'n hele klomp mense van orals af - Goffs Harbour, Lismore, waar ookal. Eienaardig - daar's nie baie Aussies nie - ons is 'n klomp van oral innie wêreld - 'n mixed grill. Daar's omtrent 3 mans het 'n miljoen dames.

Van nou af doen ek my perde se pote myself, net soos die Boere van ouds - ek gaan sommer baie, baie geld spaar. Mens kry mos nie Farriers om uit te kom hier na ons kant toe nie. Ek's gatvol om vir die klomp te wag en as jy hulle wel hier kry - dan kos dit jou honderde $'s vir 'n perd of twee.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Lekker kuier daar in die Community Hall. LD het ook geleer vir Vet nurse, gelukkig is sy nie vet nie :rolleyes: net bedommerd en kort van draad. (bly nog steeds by die huis)

Mauritz ken jy nie dalk so 'n regte ordentlikke boer seun met murg in sy bene nie, ons kan 'n arranged marriage reel soos op TV (foxtel) hy moet mal wees oor diere, katte ingesluit.

Link to comment
Share on other sites

Lekker kuier daar in die Community Hall. LD het ook geleer vir Vet nurse, gelukkig is sy nie vet nie :blink: net bedommerd en kort van draad. (bly nog steeds by die huis)

Mauritz ken jy nie dalk so 'n regte ordentlikke boer seun met murg in sy bene nie, ons kan 'n arranged marriage reel soos op TV (foxtel) hy moet mal wees oor diere, katte ingesluit.

Hierdie klink soos "Little House on the Prairie"...

Link to comment
Share on other sites

Klink lekker.

Vertel so bietjie meer van die "Flat Whites". Kan my eie afleidings maak, maar sal graag uit die perd se bek wil hoor.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Klink lekker.

Vertel so bietjie meer van die "Flat Whites". Kan my eie afleidings maak, maar sal graag uit die perd se bek wil hoor.

Danksy Biltongboer sal koffie Down Under nooit weer dieselfde wees vir my nie.

Dit is ongelooflik hoe baie 'Maplotters' hier in Aus is - mense bly so in die middel van nêrens en daar is nie veel standaarde nie. By enige so 'n klein gemeenskap word sommer vinnig 'n skool opgesit - selfs al is omtrent net 3 kinders - selfs al is die plek net 8km uit die dorp uit - soos in ons geval. Dit is niks om oor te moan nie, baie gerieflik - net nog steeds nie heeltemal verstaanbaar vir my nie.

Baie mense huur op hierdie plekkies - dink dit is gerieflik omdat daar nie baie werksgeleenthede is nie - maw, hulle kan lekka op die Dole sit. Hoe meer kinners jy het, hoe meer geld kry jy. Baie mense doen dan sulke 'cash jobs' hier en daar, dieselfde tyd oes hulle daai Dole op 'n sideline. As jy nog 'n kind kry, kry jy nog 'n hoop duisende dollar - lekka Down Under.

Die 'Flat Whites' maak my nogal lam in die land. Hier is so baie geleenthede en baie verkies om op hulle agterente te sit en niks te doen nie. Aan die anderkant is die misdaad syfer so laag - so wie kan nou stry teen so 'n sisteem??? Daar is gewoonlik 'n hoop karre op bakstene waar die roostuin (voor in die 'tuin') moes wees - dit is nou langs die visdam (sonner water) en kabouters. Die plekke lyk altyd so karig - mans dra groot hoedens, maar doen boggorolli - vrouens dra pajamas en pienk harige pantoffels heeldag en vloek die stoute kinners. Daar's altyd 'n bok, vasgeketting aan 'n tyre, of 'n perd/ponie met oorgroeide hoewe - nog nooit geroskam nie. Almal het hoeners - die hoennerhok lyk soos 'n Soweto shack - ou bicycles hou gewoonlik die sinkplate vas. Almal het honde - ook vasgeketting, met 'n verwaarloosde sink en hout hok - dit is nou langs die bok.

Ek's al 12 jaar hier - kan nie gewoond raak nie - my onner kaak hang altyd op my vellies as ek verby die plekke ry.

Bygesê, die mense is gewoonlik regte karakters - soos ek genoem het - sal nie crime kan spel nie. Sal eendag 'n pic of twee neem.

Link to comment
Share on other sites

Have you noticed those cars are mostly Holden Kingswoods.... V8's This should be called Kingswood Country :whome:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Have you noticed those cars are mostly Holden Kingswoods.... V8's This should be called Kingswood Country :whome:

I don't understand these Holden Garden Ornaments - next time I design an Aussie garden, I'll suggest one - a lekka pink one - I might get famous for that.

Link to comment
Share on other sites

I don't understand these Holden Garden Ornaments - next time I design an Aussie garden, I'll suggest one - a lekka pink one - I might get famous for that.

I think you're already famous?

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...