Jump to content

Gooi weg jou wereldsgoed


Biltongboer

Recommended Posts

Hier sit ek weer, en ek moet eers weer ontlaai sodat ek later die twak kan lees wat ek skryf, en bietjie perspektief op die hele storie kan kry.

Hier het nou-net weer skote geklap hier agter ons huis in die veld. Lekker ne. “Freedom fight, we have wonâ€, sê my land se Volkslied. Dit gaan my nie lank vat om Waltzing Matilda aan te leer nie.

Ek het vandag in my garage in gevaar met die gedagte om te begin uitsorteer wat moet saamgaan en wat moet opgeveil word by Cash crusaders. Julle sal nie glo wat ek alles in daai garage het nie. Ek is mos ‘n ou wat hou van krap aan goed en bou aan goed en so aan. En ek versamel almal se stukkende goed, want ek glo ek kan dit weer regmaak. Dis seker een van die lekkerste dinge in die lewe vir my, om ‘n stukkende ding te probeer fix. Miskien is dit hoekom ek tot laasjaar nog gedink het Afrika het my nodig. Want ek wil alles fix wat nie werk nie.

Anyway, daar lê 4 videomasjiene, ‘n mikrogolf oond, ‘n rekenaar, elektriese kabels wat genoeg is om ‘n ondergrondse telefoonlyn Australië toe te lê. Circuit breakers, terminals, al wat ‘n ding is. Ek het mos lank outomatisering gedoen, en dit sommer later by die huis ook begin doen. Ek beheer my spreiligte, my spreiers, alles van ‘n PLC in my garage af.

Nou die goed lê die wereld vol, en nou begin dink as ek daai container daar in Perth oopmaak, dan dink daai grimigge immigrasie-mannetjies hierdie ou is ‘n selfmoord bomber of ‘n ding. Hoe verduidelik ek al hierdie kabels, circuit breakers, terminals en dinge? En wat de hel maak ek met die goed daar? As ek ‘n huis huur kan ek hom nie sommer net oor-bedraad nie, veral nie daar Doer Onner waar alles volgend regulasies steng beheer word nie. Ek moet my los maak van al hierdie crap, en sonder dat die Polisie hierdie kant ook begin dink ek bou ‘n atoombom in my garage.

Yikes, nou het ek al so een groot boks daar vol goed wat geld werd is, wat ek nou maar by Cash Crusaders moet gaan smous vir R2. Dit maak my hart seer, hoor. Ek het baie stock opgebou hier deur die jare. As ‘n ding in my huis breek, weet ek daar is iets in daai garage waarmee ek hom kan fix. ‘n Toilet wat lek, of ‘n kasdeur wat afval, ek het nou-net weer ‘n deur-handvatsel vervang wat die kinders gebreek het.

Ek het blikke met genoeg skroefies, rivets en spykers om daai Mars ruimtetuigie te kan aanmekaarsit.

Dit wat ek nie kan verkoop nie, kom op twee hope: Die goed-wat-saamgaan-hopie, en die asdrom-hopie. En wat saamgaan word later weer reduce. Ek het klaar so baie toolboxe, multimeters, boormasjiene, saagmasjien, kompressor…. Hulle gaat saam, ek kan hulle nie weggee nie. Dan is my container amper vol. Net tools my maat.

Vroulief wil nog ‘n leer-sitkamerstel koop om saam te vat, want ons wou al jare lank dit koop en kom nie so ver nie. Ons het nog ‘n klavier ook. Mooi klavier, man , mens voel sleg om hom te verkoop, maar jy is bang die 2 of 3 maande op die see in daai blik gaan hom opneuk. Nou weet ons nog nie wat om met die ding te maak nie. En dan is daar nog die “heirlooms†wat al jare met die familie saamkom soos oupa grootjie se tafel wat ook moet saam.

Mens kom net agter hoeveel gemors jy mee saamleef vir sentimentele redes. En dis die goeters wat ons naastes hier in Afrika ook begeer. Deel van die rede hoekom ek wil skuur, want ek is bang die vuilgoed kom “re-ditrubute†ons goed, soos hulle nou met die Nigeriërs se winkels gemaak het in die RSA.

Maar noudat ons pak vir Perth, nou is die goed ook nie meer so belangrik nie.

Ironies ne. :whome:

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Biltong, dit is wat my man die MEESTE gemis het! Al daai goed wat julle ouens gebruik om te doen wat gedoen moet word!! Ons het nie 'n container gebring nie!! Net twee tasse!! Nie eers 'n skroewedraaier nie!! Dit was BAIE moeilik vir hom in die begin!!

Toe..... moet hy nou mos weer TOOLS kry!! Ons gaan na die toolplek waar al die Aussie Tradies koop!! Maar O wee, daar's nie GEDORE nie en daars nie King Tony nie en daars nie....jy weet wat ek bedoel!!

Nou hier is dit net waar my arme man se gesig lyk of hy gaan huil of iets!! Vra toe "and now darling?". Hy se "how am I supposed to know what tools to buy, and what is rubbish!!?" Hy wil toe nou mos nie lyk of hy 'n "incompetent" tradie is nie!!. As daar een ding is wat my man haat is dit mense wat sommer enige k@k tool koop en dink hulle is smart!! Hy wil ook nie vra nie!! Mans VRA mos nie!!

Nou ja gelukkig lyk ek daai dag soos 'n Mev. en ek doen toe sommer die Dowwe Dolla ding en charm die arme Aussie dat die biessies bewe. Manlief weet toe watter is goed en watter nie. Ons is daar weg met sy eerste bietjie tools.

Dit is nou 'n jaar en 'n half later!!!

Ek wens jy kan die garage sien!!

Dis net goed waar jy kyk!! Spykers skroewe gomme grease boormasjiene skroewedraaiers hammers sage blikke goete emmers goete!!! Drade!! Meters!!! Jy sien wat ek bedoel!! En dit alles sonder om baie $$$$ te spandeer.

Het nou so paar maande terug pappa se erf geldtjies gekry en toe koop ons vir hom 'n hele sak Hytashi(sp) power tools gekoop. Tot ek het 'n battery screwdriver set in die oulikste silwer boksie!!

Hoekom die hele lange storie?

Wel voor jy weet wat jou tref het jy weer al jou baie belangrike "gemors" (sorrie) bymekaar gemaak!!

Mooi bly

N

Link to comment
Share on other sites

Nilo, that was excellent!! You summed it up very well!!!

But its not just us men that have our, how did you put it "gemors" kamers - my wife does a lot of sowing, and um, well, there is material there that is older than both of us (from great gran) that still needs to be cut and has a place of honour until it will either get cut or maybe passed onto our daughter one day !!!

But I do agree, it won't be long before we have collected all our precious junk again!! There are somethings that I will take with even although I know its junk just because I am convinced that you will never find one just like it (even although my brain tells me to be rational, I just can't!!) and its you girls that do this too - my wife will be taking her new sowing machine, her old one (because you need a back up and my daughter can get it when she is older) her moms one that she was given and uses sometimes and her grans one that is still in working order and is used for heavier materials like leather etc because it is semi industrial and the stuff they made then was made to last.... sjoe!!! Then there is the scrap booking stuff.... not going to go there!!!!

Anyways, it is fun collecting all the junk, and its only when you have to move that you evaluate how much of it you actually have!! and you realise that you can actually live without it!!

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, ons is in dieselfde "gemors." Ons container word in 2-3 weke gelaai, en nou begin ons rondhardloop. Die hele garage is vol met my man se goodies, en moenie aan hom karring dat iets daarin nie nodig is nie. . Soos dinge nou lyk gaan daar nie plek wees vir "my" goed nie, of in elk geval nie alles nie. Wat nou gemaak??? Ek stupid het nog n paar nuwe goed aangeskaf,, groot fout. Ons probleem is nog dat daar n groot tekort aan containers op die oomblik is,(dit is wat ons vertel is, alhoewel dit baie snaaks vir my klink) m.a.w, ons goed gaan eers gestoor word deur die co. en nadat ons klaar vertrek het, word dit dan n week later in die container gelaai, so ons sal nie eers weet of dit alles gaan inpas nie :whome: Ek is baie bekommerd oor hierdie hele storie. Wel, nou begin ek links en regs ontslae raak van my aardse besittings, en gaan net die heel belangrikste goedjies inpak. Ek het besluit ek gaan nie my kop daaroor breek nie, mens kan lewe sonder dit alles, en stadig weer begin opgaar later. Ons trek terug Europa toe. Swerf van een plek na die ander. :angry:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Jy moet my plek sien - ek's veronderstel om die 'huis' te bou - al wat ek bou is nog sheds vir al die tools. Tools kan jy maar bring - sal nooit spyt wees nie.

As jou kinners klavier gaan speel - bring dit saam. Ons het ons s'n gelos en nou speel my dogtertjie op so 'n 'previously disadvantaged flat white' klavier. Selfs die klaviere wat hulle uit tamatiekas plankies bou is vrek duur.

Een ding waaroor ons nooit spyt was nie - is al die 'blênk goete' wat ons agter gelaat het - yep, daai goete waaroor iAfrica so mal is. Daai oeroue antieke meubels wat Tarzan uit 'n kremetart book gekerf het in 1202, die ivoor messe ens ens. Ek sal nooit weer in my lewe sulke rubbish versamel nie - koop eerder nog 'n perd en nog tools - o ja, en 'n stofsuier vir vroulief.

Link to comment
Share on other sites

Huis Bou!! Nou die ene laaik my Liewe Man!!

Sien hy wil mos PLAAS koop!! Die stukkie aarde het sweet blou all op!! Wel nog nie!! Die man van my het PLANNE!! Daar is heelwat bos/bome en ons huis gaan met die gebou word. SO nou moet hy die regte tools he om die houte op te saag ens. MAAR my liewe man laaik BAIE om sy eie contreptions te maak. Amper elke dag kom nog 'n "part" of iets wat dalk eendag 'n "'part" mag wees huistoe van die werk af. Die Aussies gooi ordentlike goed weg. So as 'n stukkende office chair weggegooi word haal my liewe man die "part" wat hy dalk eendag gaan gebruik uit en bring dit huis toe!!

Mau ek dink my Dessie en jy sal lekker saam kan "BOU"!! LOL!!!

Lion King - Ek was 'n very good girl! Het nie eers een stukkie lap saam gebring nie. Tot die overlocker wat ek by my ma geerf het, het in Seychelles agter gebly!! Ek het nou die dag vir my 'n sewing machine by ALDI gekoop, en weet jy wat, ek het hom nou nog nie gebruik nie!! Maar hy's innie kas!!

Link to comment
Share on other sites

Jy moet my plek sien - ek's veronderstel om die 'huis' te bou - al wat ek bou is nog sheds vir al die tools. Tools kan jy maar bring - sal nooit spyt wees nie.

As jou kinners klavier gaan speel - bring dit saam. Ons het ons s'n gelos en nou speel my dogtertjie op so 'n 'previously disadvantaged flat white' klavier. Selfs die klaviere wat hulle uit tamatiekas plankies bou is vrek duur.

Een ding waaroor ons nooit spyt was nie - is al die 'blênk goete' wat ons agter gelaat het - yep, daai goete waaroor iAfrica so mal is. Daai oeroue antieke meubels wat Tarzan uit 'n kremetart book gekerf het in 1202, die ivoor messe ens ens. Ek sal nooit weer in my lewe sulke rubbish versamel nie - koop eerder nog 'n perd en nog tools - o ja, en 'n stofsuier vir vroulief.

Ons het twee klaviere - 'n "outydse" een, en 'n elektriese klavier. Maar my vrou se lewe is musiek, ons hoop sy sal bietjie kan geld maak in Perth uit die besigheid, want daars mos baie beskaafde mense wat in hierdie westerse goed belangstel en nie net bongas wil speel nie.

So ons kan eintlik sonder die groot meganiese klavier klaarkom, hoef net die nuwe een te vat, maar , jong dis 'n mooi ding, en ek dink nie ons kan hom vervang nie, soos jy se met 'n tamatiekas drek ding nie. Ons is net bang die see en hitte van die container neuk hom op, om nie eers te praat van hierdie droe-e Suidweslug wat hom al soos biltong uitgedroog het en nou gaan hy langs die see staan nie.

Ek like daai comment oor die stofsuier!

Gelukkig lees my vrou nie die forum nie, sy is bietjie computer-challenged. (Anders was ek al dood...)

Link to comment
Share on other sites

Biltong, bring die klavier!! Hulle krat die ding so goed dat hy heel hier sal uitkom, sal seker net weer ingestel/getune moet word.

Delpi op die forum het hare gebring en sy's happy met die uitkoms.

Link to comment
Share on other sites

Vrouens kla so oor hulle mans, ek weet, ek doen dit ook. Maar die maklikste way om 'n man uit die kwaad te hou is om vir hom 'n projek te gee.

Vat nou my manlief (23 jaar vandag). Een boot met 'n gat in hou hom nou al 'n jaar lank soet. Ek wonder nooit waar is hy nie... soek net OF onder die boot, OF in die shed. En nee, ek wil nie weet wat kos die "cheap" boot nou al nie. Beter so.

Los maar die skroefies en dinge, BB. Jy sal dit net vir 'n rukkie mis, sal baie vinnig weer opgaar. I KNOW!!!

Link to comment
Share on other sites

Vrouens kla so oor hulle mans, ek weet, ek doen dit ook. Maar die maklikste way om 'n man uit die kwaad te hou is om vir hom 'n projek te gee.

Vat nou my manlief (23 jaar vandag). Een boot met 'n gat in hou hom nou al 'n jaar lank soet. Ek wonder nooit waar is hy nie... soek net OF onder die boot, OF in die shed. En nee, ek wil nie weet wat kos die "cheap" boot nou al nie. Beter so.

Los maar die skroefies en dinge, BB. Jy sal dit net vir 'n rukkie mis, sal baie vinnig weer opgaar. I KNOW!!!

Ek sit en kyk vandag hierdie stukke plumbing wat ek het. Ek weet die Ozzies werk ook op die metrieke stelsel, maar nou wonder ek of hierdie 20mm elbow op enigets gaan pas in daai kontrei. Toe neuk ek maar al die fittings in die Cash Crusaders box in, want ek het dit hier ook nie eintlik gebruik nie. Al wat my pla, is ek weet wat die goed my gekos het. Maar dit klink my dis maklik genoeg om Doer Onner weer ander te koop.

Ek wonder nou al hoe lyk die Hardware shops daar. Dis nou 'n tipe winkel wat my beursie vinnig oopmaak. Groot versoeking. Ek dink die ultimate is 'n hardware shop gekombineer met rekenaargoed en Gadgets. Miskien moet ek 'n besigheidsplan optrek vir die idee van my.

Link to comment
Share on other sites

Een woord Biltong BUNNINGS!! Tot ons girls laaik BUNNINGS!!! Google hom bietjie jy sal sien!!

Link to comment
Share on other sites

Yup, Bunnings en Mitre 10 Mega. Het julle ook M10 in Aus, Nilo?

Link to comment
Share on other sites

Yep ons het Mitre 10 maar hulle is niks in vergelyking met Bunnings nie. Mens kan wel kry wat jy wil he in die lyn van hardware.

Link to comment
Share on other sites

NILO - dit klink of my man en jou man 'n tweeling is.

Ons is nou 4 maande hier, man het met 4 toolbokse geland......die shed en die garage is nou vol........onthou, jy kan stukkende goed met "verge Collection" optel en gebruik vir parte.

Biltongboer - pak so paar van daai plastiek bokse vol van jou automation goete en meters en drade, my man het almal mooi uitgesort en met tape vasgebind dat dit mooi lyk en dit was fine deur customs. Hy het 2 groot kratte vol elektriese drade en dies meer gebring.

Ons het GEEN skade in ons container gehad nie, maar hy het 3-4 maande gevat om te kom.

F

Link to comment
Share on other sites

NILO - dit klink of my man en jou man 'n tweeling is.

........onthou, jy kan stukkende goed met "verge Collection" optel en gebruik vir parte.

Ek dink ek sal vinnig 'n nuwe hobby he as ek voet aan wal sit - verge collection. Klink my ek sal nie kan weerstaan as ek sien 'n ander ou se mikrogolfoond en DVD player staan op die sypaadjie rond en smeek om herstel te word nie. Mikien moet ek 'n container vol renovated goed Uitvoer na Afika. Alles wat hier teen halfprys gaan is baie gewild, en as jy se dis ingevoer, dan verhoog dit in status. :stretcher:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ek dink ek sal vinnig 'n nuwe hobby he as ek voet aan wal sit - verge collection. Klink my ek sal nie kan weerstaan as ek sien 'n ander ou se mikrogolfoond en DVD player staan op die sypaadjie rond en smeek om herstel te word nie. Mikien moet ek 'n container vol renovated goed Uitvoer na Afika. Alles wat hier teen halfprys gaan is baie gewild, en as jy se dis ingevoer, dan verhoog dit in status. :stretcher:

Hier in Aus is die Vax Vacuum Cleaners nogal gewild - "you can't kill them with a stick". Anner dag sien ek een lê oppie ashoop - my oge blênk soos 'n vooraanstaande lid van iAfrica - ek laai dit op daai bakkie.

By die huis, ruk ek die dêng uitmekaar - ondersoek die 'bushes' - toets al die kabels - al wat fout is, is 'n gebreekte 'active' - maak dit reg - siedaar werkende Vax - kan jy dit glo??? Ek gebruik nou die dêng om rotsh@t in my workshop op te suig en die stoute, stoute spinnekoppe uit my bakkie te lig - ook my bakkie so eenmaal 'n jaar skoon te suie. 'n Nuwe Vax kos naby $500.

Ek dink jy sal ok wees Biltongboer :stretcher:

Link to comment
Share on other sites

Ek dink jy sal ok wees Biltongboer :blink:

Ek het vandag my ou bokse met universiteits-vraestelle en werksboeke opgespoor. My hele opvoeding le nou in die asdrom. My handboeke sal saamgaan, maar die klomp tutoriale en notes en goed is finaal weggegooi na ek dit in 13 jaar nie een keer gebruik het nie...

post-2984-1212335915.jpg

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...