Jump to content

Sewe ure weg


Biltongboer

Recommended Posts

Mense, dis darem ‘n moeilike storie die. Hierdie finale poging om jou lyf hier weg te kry en daar Doer Onner aan te land. Jy dink die dag wanneer jy daai job-offer kry, dan is dit goue paaie hemel toe en alles is net lekker, jy’s mos nou deur die moeilikste deel van die emigrasie proses.

Forget it, die moeilikheid begin nou eers.

Dis “form 1066, form this-and-thatâ€, en voor jy jou kom kry is dit al weer copies wat ge-verify word en vorms wat jou uitvra tot in jou oumagrootjie se nageslag in. Wie’t wie met die koekroller geslaan, en watse kleur onderbroek dra jy op die oomblik?

Ons huis is nog onder renovasie, en hoewel ek die ouens al Januarie laat begin het, is die kontrakteur, die subkontrakteur, en sy sub-sub kontrakteur besig om my lam te maak want hulle het ‘n sub-sub-sub kontrakteur aangestel om die eintlike werk te doen, en hy’t weggeloop toe die job halfpad was.

Nou sukkel ek want ek wil nie die huis in die mark sit met die gemors wat hier aangaan nie. Maar so bevark al wat ‘n boer, duitser en baster is my almal, en elke job wat op my huis gedoen is, het nog “snaglists†en kom nie klaar nie.

En so verkoop my vrou alles onder my gat uit. Ek weet ek kan nie die gemors saamvat nie. Ek hou van met my hande werk, het die hele kombuis se kassies self ingebou, teëls self gelê, elektriese werk self gedoen en mure uitge-“chase†met my eie hande en weer toe-gepleister.

Ek het ysters, hout, skroewe, spykers, tyres, alles wat jy aan kan dink wat ‘n ou, wat met sy hande kan werk, sal hê, die het ek.

Gehad.

As ek weer hoor, dan is ‘n hoop teëls, “barbed wire†en tyres sommer vir R100 weggegee. Weet jy wat kos daai goed? Ten minste weet ek daai blerrie lemmetjiesdraad sal ek nie weer nodig hê doer Onner nie. Ek weet nou hoe voel die arme manne wat se huis deur die bank opgeveil word. Dit moet verskriklik wees, hoor. Ten minste weet ek dit word met ‘n rede gedoen, en daar is lig in daai tonnel daar Doer Onner.

Ek kan nie slaap nie. Vroemôre dan spring ek op om my email te gaan lees, want die manne in Perth is 7 ure voor my, en daar’s hopelik nuwe nuus of replies op iets wat ek gevra het.

Laat-aand sit ek nog en kyk na huispryse in Madeley, en wonder hoe gaan ons oorleef, want ek weet nou al wat kos die appels in Coles en hoeveel my huur gaan wees.

Man, eendag gaan ek daar op my stoep sit in Perth en kyk hoe die son sak oor donker Afrika daar in die Weste, en ek gaan hierdie ding lees, en lag en sê: “Man, dit was die moeite werd!â€

En ek sal weet hulle is nie net 7 ure agter in Namibia nie, hulle is eeue agter…

Link to comment
Share on other sites

Ek reken as jy 'n job-offer gekry het, dan is jy darem so 80% seker sat jy wel daar gaan uitkom! Ons is HEEL aan die begin van als en nie ek of vroulief is van die geduldigste nie! Sou ons gepas het as alles more al afgehandel kon gewees het :ilikeit: Maar nou ja, treetjie vir treetjie sal ons seker wel daar uitkom. Hoe meer jy sukkel om daar te kom, hoe meer sal jy dit seker waardeer. Ons moet ook begin om van ons 'onodige' goed te smous, wat nie goed gaan afgaan nie want ek is 'n bleedie kraai! Op die einde van die dag sal my vrou ook seker my goed onder my gat uit verkoop! Sy is maar verkeerdom geveer :blush:

Maar sterkte, ons moet nog loop waar julle klaar geloop het.

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Hi daar !

Luister, die dag as julle hier land, MOET jy my laat weet. Ek sal die verwelkomingskomitee vergesel ! Ek is in Geraldton, so 480km van Perth af, maar magtig man, ons moet celebbrate !

Ek wil net vir jou waarsku, ons et Afrika tyd by die Aussies gekry, hierdie lot is maar VREK stadig met alles ! Hulle het 1 maand gevat om my huis se deure te maak, en 2 dae om net 2 van die deure te hang en te verf ! Dit het so 2 maande gevat om die rommel uit my yard uit te laat verwyder.

Maar, dis 100000000 keer beter as Suid Afrika !

Groete Cristel ;)

Edited by cristel
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...