Jump to content

Hierdie Duitser se bloed kook al weer


Biltongboer

Recommended Posts

Ek het Duitse bloed in my are. Ek het so Afrikaans groot geword soos enige ou op Pofadder, maar daai Duitse bloed in my maak my partydae so beneuk jy sou dink ek is 'n Nazi Fuhrer op steroids.

Vandag was tot dusver so dag. Eers roep hulle ons hele maatskappy bymekaar vir 'n groooot aankondiging, net om vir ons te laat weet die direkteure het nou nog nie hulle 3 maande oue besluit gefinaliseer oor die maatskappy se toekoms nie, maar ons moenie worry nie, daar sal 'n "smooth transition" wees. Intussen het al die Nore, Finne en Ingelsmanne al gewaai en hulle tafels staan leeg, en ons moet maar so aanneuk met amper niemand aan die stuur nie. Regte Afrika-manier van besluite neem - dit neem 'n blerrie jaar en dan is daar nog steeds nie 'n antwoord nie.

Anyway, ek is toe daar na my prokureur toe, iemand anders het die vrou aanbeveel want sy is moerse goed. Ek dink daai aanbeveling was 'n bolsup, om die minste te se.

Dis nou 'n lang storie. Ek het aircons in die huis laat aanbou. Quote gekry en alles, en toe die manne moet inbou, begin hulle stories maak oor die krag dit en die krag dat. Ek kry toe 'n ou wat hulle aanbeveel om die krag reg te doen. Die ou vat 'n R3000 depositio, daag een dag op en tot vandag toe is die job die klaar nie. Dit was Januarie.

Nou is ek en die aircon ou, en 12 subkontrakteurs aan die baklei want ek sal nie betaal voor al 4 my aircons nie werk nie en klaar.

Hierdie prokureur moes met die ouens praat en meetings hou en wat nog. Al wat sy my vandag vertel, is presies wat die ouens vir my gese het.

My bloed kook nou, ek is so gatvol vir die hele besigheid. Ek moet my huis in die mark kry en die blerrie drade hang uit die dak uit oor die klomp skurke wat nie hulle werk doen nie. Net in Afrika, se ek jou, vat 'n ou 5 na 6 maande om 'n flippen aircon ingebou te kry.

Die storie is onvolledig, maak seker nie sin nie, ek blaas net stoom af voor ek iemand aanrand.

Daar in die dorp loop ek mos deur die plein waar hulle al hierdie Afrika-crap verkoop. Ek het baie van daai goed, het self in Malawi gaan kry. Nou wil die man nog van die stront ook aan my verkoop, en ek is haastig, oppad prokureur toe. Die reel daar is mos: You look at it slightly with one eye, you buy it". Die blerrie mannetjie klou soos 'n bosluis aan jou: "want to buy, vellie nice", ek raak sommer xenophobies. Ek kan in elk geval nie die goed vat oorsee nie, want die goed het mos een of ander vuilsiek en ander peste volgens Immigration. So ek moet my mooi Malawi hout bakkies en drommetjies maar skenk aan iemand wat patrioties is en agterbly.

Daarshy, ek voel al beter. 'n Lekker bord kos by die huis dans ek weer reg vir Afrika. My moed sak in my skoene oor al hierdie vorms wat ek moet invul en ten duurste moet courier na Australia. Moenie nou moed verloor nie, ek is amper oor daai hond se rug...

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

cool down there mate......open a bottle of wine tonight or two...and you might even find those same wires hanging out of the roof quite amusing.

You may ask what you should do tommorrow..... :ilikeit::ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

cool down there mate......

Ja nee.............drink n paar yskoue Jagermeisters :ilikeit: .........netnou blaas jy n gasket en doen iets stupid :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek het Duitse bloed in my are. Ek het so Afrikaans groot geword soos enige ou op Pofadder, maar daai Duitse bloed in my maak my partydae so beneuk jy sou dink ek is 'n Nazi Fuhrer op steroids.

Vandag was tot dusver so dag. Eers roep hulle ons hele maatskappy bymekaar vir 'n groooot aankondiging, net om vir ons te laat weet die direkteure het nou nog nie hulle 3 maande oue besluit gefinaliseer oor die maatskappy se toekoms nie, maar ons moenie worry nie, daar sal 'n "smooth transition" wees. Intussen het al diemNore, Finne en Ingeslmanne al gewaai en hulle tafels staan leeg, en ons moet maar so aanneuk met amper niemand aan die stuur nie. Regte Afrika manier van besluite neem - dit 'n blerrie jaar en dan is daar nog steeds nie 'n antwoord nie.

Anyway, ek is toe daar na my porkureur toe, iemand anders het die vrou aanbeveel want sy is moerse goed. Ek dink daai aanbeveling was 'n bolsup. om die minste te se.

Dis nou 'n lanng storie. Ek het aircons in die huis laat aanbou. Quote gekry en alles, en toe die manne moet inbou, begin hulle stories maak oor die krag dit en die krag dat. Ek kry toe 'n ou wat hulle aanbeveel om die krag reg te doen. die ou vat 'n R3000 depositio, daag een dag op en tot vandag toe is die job die klaar nie. Dit was Januarie.

Nou is ek en die aircon ou, en 12 subkontrakteurs aan die baklei want ek sal nie betaal voor al 4 my aircons nie werk nie en klaar.

Hierdie prokureur moes met die oens praat en meetings hou en wat nog. Al wat sy my vandag vertel, is presies wat die ouens vir my gese het.

My bloed kook nou, ek is so gatvol vir die hele besigheid. Ek moet my huis in die mark kry en die blerrie drade hang uit die dak uit oor die klomp skurke wat nie hulle werk doen nie. Net in Afrika, se ek jou, vat 'n ou 5 na 6 maande om 'n flippen aircon ingebou te kry.

Die storie is onvolledig, maak seker nie sin nie, ek blaas net stoom af voor ek iemand aanrand.

Daar in die dorp loop ek mos deur die plein waar hulle al hierdie Afrika-crap verkoop. Ek het baie van daai goed, het self in Malawi gaan kry. Nou wil die man nog van die stront ook aan my verkoop, en ek is haastig, oppad prokureur toe. Die reel daar is mos: You look at it slightly with one eye, you buy it". Die blerrie mannetjie klou soos 'n bosluis aan jou: "want to buy, vellie nice", ek raak sommer xenophobies. Ek kan in elk geval nie die goed vat oorsee nie, want die goed het mos een of ander vuilsiek en ander peste volgens Immigration. So ek moet my mooi Malawi hout bakkies en drommetjies maar skenk aan iemand wat patrioties is en agterbly.

Daarshy, ek voel al beter. 'n Lekker bord kos by die huis dans ek weer reg vir afrika. My moed sak in my skoene oor al hierdie vorms wat ek moet invul en ten duurste moet courier na Australia. Moenie nou moed verloor nie, ek is amper oor daai hond se rug...

Hi Biltong Boer

Waaneur is julle van plan om te gaan? Het jy al werk gekry ? en waar?

Ja ek stem saam dit voel of niks meer wil werk in die Suid Afrika nie.

Ek dink dit is omdat ons net nie meer part voel van die land nie en dit is hoekom ons nou so ongedulduk met als en almaal is.

As ek so na jou luister dan kry ek my self jammer. Ek het vandag aansoek gedoen vir ons Underbridge Huwelik en Geboorte sertifikaate. Ek wil maandag aansoek doen vir die IEMLTS toetse vir my en my man en kinders...stres nogal daaroor.. weet nie wat om te verwag nie. En dan will ek ook volgende week ons sertifikaate stuur vir skills test.

Wel voorspoed.. ek weet dit is rof en onbeskof... dit is of niemand meer in die Suid Afrika meer fokus nie.

Praat weer Alida

Link to comment
Share on other sites

Hey,

Betaal iemand anders om die halfklaar werk klaar te maak. Gelukkig het jy nie die oorspronklike lot betaal nie. Laat hulle jou dagvaar as hulle wil, jy sal nie daar wees teen daai tyd nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek het vandag aansoek gedoen vir ons Underbridge Huwelik en Geboorte sertifikaate.

Praat weer Alida

Underbridge!! Goeie ene, ek wonder waar hierdie ouens hierdie terme uitgedink het ne.

Link to comment
Share on other sites

Hey,

Betaal iemand anders om die halfklaar werk klaar te maak. Gelukkig het jy nie die oorspronklike lot betaal nie. Laat hulle jou dagvaar as hulle wil, jy sal nie daar wees teen daai tyd nie.

Ek het gedeelte van die job al betaal, maar hulle gaan geen verdere sent uit my kry nie. ek wil eintlik die prokureur ook nie betaal nie, want sy het absoluut niks gedoen nie, maar ek vat nie nou kanse met prokureurs wat my toekoms probeer opneuk nie.

Ek klim met 'n groot smile op daai vliegtuig die wat ek hier loop hoor. Al hierdie goed wat gebeur, maak my besluit net fermer.

Link to comment
Share on other sites

Ja jong. Net as ons wonder, doen ons die regte ding, dan gebeur so iets wat mens so kwaat maak dat jy wonder, hoekom het ons nie al langkal oor gegaan nie.

My man word net so kwaat. Ek het hom al by Home Affairs stil gemaak, en glo my ek durf nie my duidse fransman stil maak nie! Ons het 'n hele dag daar spandeer om ons huweliksertifikaat te unabridge. Ons ds. moes 'n faks van Middelburg (Tvl) na Kimberley Home Affairs toe stuur. Na die 4 keer wat hy hom gefaks het, het die "operator" van die faksmasjien gesê, die masjien sê: "paper error". Ek mag ook nie die ding gaan reg maak nie! My man was so kwaat hy wou net klappe uitdeel. :ilikeit:

Soms wonder ek of dit nou regtig onnosel is en of hulle net moedswillig is. :wacko:

My moed sak in my skoene oor al hierdie vorms wat ek moet invul en ten duurste moet courier na Australia. Moenie nou moed verloor nie, ek is amper oor daai hond se rug...

Wel Cornelis sê altyd as dinge so moeilik is. (al die vorms en dinge) Dit is nie 'n teken dat ons nie moet Australië toe gaan nie. Dit is 'n teken dat ons al lankal moes oor gaan. :ilikeit:

Ek het ook baie Duidse bloed in my are en weet wat jy boedoel met.

Ek het Duitse bloed in my are. Ek het so Afrikaans groot geword soos enige ou op Pofadder, maar daai Duitse bloed in my maak my partydae so beneuk jy sou dink ek is 'n Nazi Fuhrer op steroids.

Sterkte met alles. As alles (die vorms en strooi) verby en klaar is, dan sien mens dit was nie so erg nie.

Jacqueline

Link to comment
Share on other sites

Ja jong. Net as ons wonder, doen ons die regte ding, dan gebeur so iets wat mens so kwaat maak dat jy wonder, hoekom het ons nie al langkal oor gegaan nie.

My man word net so kwaat. Ek het hom al by Home Affairs stil gemaak, en glo my ek durf nie my duidse fransman stil maak nie! Ons het 'n hele dag daar spandeer om ons huweliksertifikaat te unabridge. Ons ds. moes 'n faks van Middelburg (Tvl) na Kimberley Home Affairs toe stuur. Na die 4 keer wat hy hom gefaks het, het die "operator" van die faksmasjien gesê, die masjien sê: "paper error". Ek mag ook nie die ding gaan reg maak nie! My man was so kwaat hy wou net klappe uitdeel. :ilikeit:

Soms wonder ek of dit nou regtig onnosel is en of hulle net moedswillig is. :wacko:

Wel Cornelis sê altyd as dinge so moeilik is. (al die vorms en dinge) Dit is nie 'n teken dat ons nie moet Australië toe gaan nie. Dit is 'n teken dat ons al lankal moes oor gaan. :ilikeit:

Ek het ook baie Duidse bloed in my are en weet wat jy boedoel met.

Sterkte met alles. As alles (die vorms en strooi) verby en klaar is, dan sien mens dit was nie so erg nie.

Jacqueline

Dis wat hierdie forum so lekker maak - hiers baie mense wat weet waardeur jy gaan. Ons almal sit met dieslfde onsekerheid, emosies en irritasies. dit help nie om dit met ander mense te bespreek wat nie emigreer nie, hulle dink net dis 'n teken van Bo dat jy dit nie moet doen nie!

Soos my oorle oupa ook gese het: Goeie dinge kom nie maklik in die lewe nie!

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

Laat die ouens wat die aircons moet doen goed verstaan HULLE gaan penalties betaal. Die hoeveelheid dae wat hulle langer vat om dit te doen, trek jy net eenvoudig af van die geld wat jy hulle skuld. Ek meen daar is soveel tyd wat gegee word aan iemand om 'n job te doen, sodra hulle oor daai tyd gaan moet HULLE begin hoes. Staan op jou regte. Jy mag mos. Hulle moet ook goed verstaan dat die nie goeie advertensie vir hulle is as hulle so draai en lang stories het nie. :ilikeit:

Oor jou Malawi houtgoed - laat fumigate dit net deur Rentokil en vat saam. My haarkapster wat jare gelede van Portugal af hierheen ge-immigreer het het vir my gese gaan KOOP Afrika-goed. Al hou mens MISKIEN nie nou van dit nie, sal mens dit daar in OZ geniet om dit om jou te he. Vat Afrika-goed, maar los die Afrika-s*@#t van ander mense (mentaliteit meen ek nou) hier agter.

Alida, onthou dis net die hoof-aansoeker van die visa wat die IELTS moet doen. Emille het vir my ook so laat weet. Ingeval van PR wat gedoen word is dit ook net almal bo 18 wat dit moet doen.

Voorspoed en sterkte julle!

Naomi

Link to comment
Share on other sites

Hi BB

Laat die ouens wat die aircons moet doen goed verstaan HULLE gaan penalties betaal. Die hoeveelheid dae wat hulle langer vat om dit te doen, trek jy net eenvoudig af van die geld wat jy hulle skuld. Ek meen daar is soveel tyd wat gegee word aan iemand om 'n job te doen, sodra hulle oor daai tyd gaan moet HULLE begin hoes. Staan op jou regte. Jy mag mos. Hulle moet ook goed verstaan dat die nie goeie advertensie vir hulle is as hulle so draai en lang stories het nie. :whome:

Oor jou Malawi houtgoed - laat fumigate dit net deur Rentokil en vat saam. My haarkapster wat jare gelede van Portugal af hierheen ge-immigreer het het vir my gese gaan KOOP Afrika-goed. Al hou mens MISKIEN nie nou van dit nie, sal mens dit daar in OZ geniet om dit om jou te he. Vat Afrika-goed, maar los die Afrika-s*@#t van ander mense (mentaliteit meen ek nou) hier agter.

Alida, onthou dis net die hoof-aansoeker van die visa wat die IELTS moet doen. Emille het vir my ook so laat weet. Ingeval van PR wat gedoen word is dit ook net almal bo 18 wat dit moet doen.

Voorspoed en sterkte julle!

Naomi

Janee, ek dreig klaar met retensiefooie, moet in elk geval daai duur useless prokureur se fooie ook aftrek. Ek trek sommer haar velle ook af... :angry:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Dis nou 'n lang storie. Ek het aircons in die huis laat aanbou. Quote gekry en alles, en toe die manne moet inbou, begin hulle stories maak oor die krag dit en die krag dat. Ek kry toe 'n ou wat hulle aanbeveel om die krag reg te doen. Die ou vat 'n R3000 depositio, daag een dag op en tot vandag toe is die job die klaar nie. Dit was Januarie.

Nou is ek en die aircon ou, en 12 subkontrakteurs aan die baklei want ek sal nie betaal voor al 4 my aircons nie werk nie en klaar.

Jy kan vir my 'n ticket koop Nam toe, dan kom sit ek jou aircons in - dit is mos nou jagseisoen in Suidwes. Ek het twee ex-girlfriends daar wat nou skatryk wildboere is - ek wil gaan jag.

Weet nie watter tipe aircons jy het nie - om jou 'n idee te gee: Die groter split-systems hier - die Daikins - ek het stoksiel alleen 'n gemiddeld van 3 per dag ingesit. Die lektrisity en alles. Geen handjies nie. Party van die outdoor systems word hoog teen mure opgesit - het jy al een van daai goed alleen opgetel???

Die meer ingewikkelde ducted systems vat langer - so 'n week vir twee mense om 'n groot huis te doen. Sluit ook die elektrisiteit in.

Link to comment
Share on other sites

Janee, ek dreig klaar met retensiefooie, moet in elk geval daai duur useless prokureur se fooie ook aftrek. Ek trek sommer haar velle ook af... :whome:

Hi NAOMI

wil jy my nie asb PM nie

Dankie

ALIDA

Link to comment
Share on other sites

Jy kan vir my 'n ticket koop Nam toe, dan kom sit ek jou aircons in - dit is mos nou jagseisoen in Suidwes. Ek het twee ex-girlfriends daar wat nou skatryk wildboere is - ek wil gaan jag.

Weet nie watter tipe aircons jy het nie - om jou 'n idee te gee: Die groter split-systems hier - die Daikins - ek het stoksiel alleen 'n gemiddeld van 3 per dag ingesit. Die lektrisity en alles. Geen handjies nie. Party van die outdoor systems word hoog teen mure opgesit - het jy al een van daai goed alleen opgetel???

Die meer ingewikkelde ducted systems vat langer - so 'n week vir twee mense om 'n groot huis te doen. Sluit ook die elektrisiteit in.

Dis wat my so kwaad maak - ek kon hierdie job lankal self klaargemaak het, maar ek was lui en het 'n slag iemand betaal om vir my 'n goeie job te kom doen. Weejy, 'n man wil net moor as jy sien mense word betaal vir sulke swak werk. Die ding is, as ek self werk, dan vat die goed ook so vrek lank om klaar te kom.

Hoe ver is jy van Perth af? Ek wil 'n roo of twee kom uitmoor daar. Of 'n haas-gesinnetjie, ek sien julle sukkel so met die goed. Enige iets, ek sal iewers 'n ding moet vrekmaak as ek eers daar voet aan wal gesit het. Net om myself in te lyf jy weet. (Kyk hoe spring daai greenpeace manne nou rond...) :whome:

(Hoe smaak roo vleis?)

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hoe ver is jy van Perth af? Ek wil 'n roo of twee kom uitmoor daar. Of 'n haas-gesinnetjie, ek sien julle sukkel so met die goed. Enige iets, ek sal iewers 'n ding moet vrekmaak as ek eers daar voet aan wal gesit het. Net om myself in te lyf jy weet. (Kyk hoe spring daai greenpeace manne nou rond...) :whome:

(Hoe smaak roo vleis?)

Ek's aan die anderkant van die kontinent as Perth - die gat kant van Queensland. Daar word gemiddeld van 5-6 miljoen 'n jaar geskiet in Aus - beheer deur die regering. Sal later bietjie oor Roo's skryf.

As jy Aboriginal is kan jy acupuncture met 20 spiese op 'n roo doen - 5 spiese in die gat, 5 in die maag en die ander 10 waar jy ookal goed voel - Greenpeace en die watermelons is still, besig om hulle green ertjies te vreet - dit is mos 'normaal'. 'n Skerpskutter soos ek met 'n boog - mag nie 'n roo skiet nie. Dit is toelaatbaar met 'n vuurwapen, jy het 'n permit nodig.

Roo vleis is baie gesond - baie studies daaroor gedoen - meeste word uitgevoer na plekke toe waar mense meer opgevoed is en weg beweeg van vetsug af. Die Aussies weet nie lekka van roo eet af nie - ons moet die arme mense wys hoe om dit gaar te maak - dan eet hulle lekker. Die vleis is goed - ek maak biltong daarvan - eet die stert en rugstring - maak pot van die ander dele. Jy kan dit koop in Coles & Woolies en ook in fancy restaurante.

Vir die watermelons - daar is vandag meer roo's in Aus as wat daar was voor die koms van die 'colonialists'. Dir roo's word behandel soos plaagdiere, baie vleis gemors - vir hondekos ens - alhoewel die vleis gesonder is as enige iets wat jy kan teel op 'n plaas.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...