Jump to content

Hoe ek ‘n emigrant in my hart geword het


Biltongboer

Recommended Posts

Ek onthou daardie een dag laasjaar, toe ek die eerste keer gedink het daaraan dat ek wil waai uit hierdie land uit. Ons het Vic Falls toe gery, by Katima se nuwe brug oorgegaan in Zambia in, en net daar het my laaste greintjie geduld vir Afrika geknak.

As jy nie mooi kyk nie, neuk jy regs en gaan sommer oor die brug en deur Livingstone toe sonder dat jy die Zambiese grenspos eers sien. Gelukkig het iemand snuf in die neus gehad en die konfooi het die regte rigting gekies. Anders was ‘n AK se rondte dalk in my trusty Nissan se bonnet in, of erger.

Daai grenspos lyk net soos die grenspos wat die Britse kolonialiste destyds daar gebou het. Tel net meer as 30 jaar se gebrek aan “maintenance†by, meer as 30 jaar se vuil hande, voete en snot aan die mure, en sit ‘n paar ou stickers van die nuwe regering oral op. Gooi ‘n paar AIDS campaign posters by. En ‘n hang ‘n foto van die nuwe prez skeef teen die agterste muur, en dis presies dieselfde plek. Amper.

Wat ek eintlik prober sê is dat daai gebou so gelos is deur die Britte; meer as 30 of 40 jaar terug, (kan nie onthou nie) en daars nog sweet nothing ooit weer gedoen om daai plek te onderhou nie.

Buite staan so ou vrot karavaan waar jy een of ander lisensie by ‘n antie moet koop wat nooit kleingeld het nie. Eers moet jy natuurlik by ‘n ander skurk gaan geld ruil, en hy gee natuurlik “velly good plice†vir jou Namdollar. Jy moet al wat ‘n versekering is by hulle koop voor jy daar uitkom.

Die hele proses en die manier hoe goed ge-organiseer word, het my net so beneuk gemaak daai dag, ek het amper daai slap soldaat met sy eie AK47 hel toe gestuur.

Dis daar waar ek die uitlating gemaak het die eerste keer in my lewe: “Ek trek sommer Australia toe!â€

Van daar af was ek nog nooit weer dieselfde nie. Ek was altyd vreeslik patrioties, het gesê hierdie land (Namibia) is die beste plek in die wereld om te bly. In een laaste knak het al my patriotisme by die bakkie se canopy uitgeval en in Zambia se agtergeblewene gemeenskappie agtergebly. (Permanently disadvantaged, not just “previously†disadvantaged.)

Ek het net besef: dis hoe my land gaan lyk hierdie, oor 10, 20 of 30 jaar. Ek gaan nie kanse vat nie, want dis dalk 5 jaar. Zambia was op een stadium, na Kaunda uiteindelik die ding gedoen het wat Mugabe lankal moes doen – die enigste land in die wereld wat himself ‘n Christenland genoem het. (Behalwe die Vatikaan natuurlik, as jy katolieke as christene beskou. ^_^ )

President Frederick Chiluba was ‘n nice Christelike ou wat al die korrrupsie sou uitroei. Na hy uitge-vote is, word hy van enorme korrupsie aangekla deur die nuwe regering. En as jy kyk hoe sy land “verbeter†het tydens sy termyn, dan maak die klagtes sin.

In elk geval. The veil was lifted, my oë het finaal opgegaan, en ek kan nie meer glo dat my land ‘n goeie toekoms het nie. Dit was vir my vrek moeilik om te erken.

Ek was nooit ‘n rassis nie. Ek het DTA gestem toe almal nog HNP was, en ek was voor in die koor in die 90’s op Stellenbosch saam met FW toe hy sê dis ‘n Nuwe Suid Afrika. Ons mense het verkeerd gemaak, en dit was tyd om reg te maak, en van nou af is dit melk en heuning tot in lengte van dae. Ek het in die army die baster en swart outjies gehelp en verdedig as hierdie onbeskofte boerseuns hulle soos plaasdiere behandel het. So iets was nog nooit vir my reg nie. (Ons was daai tyd lankal ge-integreer in ons army, by the way.)

Maar ek is klaar met hierdie plek. Mens se geduld kom ook net so ver. Ek het geen vertroue in hierdie regering of Suid Afrika sin nie. Ons kan ons blou bid, ons kniee deurskaaf, hierdie mense het ‘n ander uitkyk op die toekoms as ons. Ons sal nooit die selfde doel voor oë he nie.

Ek wou eintlik oor iets anders skryf. Kan nie onthou wat dit was nie.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ek was nooit ‘n rassis nie. Ek het DTA gestem toe almal nog HNP was, en ek was voor in die koor in die 90’s op Stellenbosch saam met FW toe hy sê dis ‘n Nuwe Suid Afrika. Ons mense het verkeerd gemaak, en dit was tyd om reg te maak, en van nou af is dit melk en heuning tot in lengte van dae. Ek het in die army die baster en swart outjies gehelp en verdedig as hierdie onbeskofte boerseuns hulle soos plaasdiere behandel het. So iets was nog nooit vir my reg nie. (Ons was daai tyd lankal ge-integreer in ons army, by the way.)

Maar ek is klaar met hierdie plek. Mens se geduld kom ook net so ver. Ek het geen vertroue in hierdie regering of Suid Afrika sin nie. Ons kan ons blou bid, ons kniee deurskaaf, hierdie mense het ‘n ander uitkyk op die toekoms as ons. Ons sal nooit die selfde doel voor oë he nie.

Ons praat dan dieselfde taal - DTA was 'n politieke party waar wit en swart saam kon stem - lank voordat enige iemand in SA met 'n soortgelyke idee kon opkom - dink dit was in die vroëe tagtigs gestig. Ek was in baie, baie fights as kind, omdat ons familie DTA gestem het.

Yep, ons army was integrated - mense is verbaas hier in Aus as ek verduidelik dat daar baie, baie swart mense was/is wat geen tyd vir die nuwe regering gehad/het nie. Mense wat vrywillig die weermag 'gejoin' het. Persoonlik voel ek maar sleg vir al daardie wat agter gebly het - die wat nooit sal kan uit nie en die wat elke dag moet aanskou hoe alles agteruit gaan.

Yep, baie van daai swart en baster outjies het rang gekry. Dit was harde dae en kyk net waar ons almal nou is.

Link to comment
Share on other sites

Yep, baie van daai swart en baster outjies het rang gekry. Dit was harde dae en kyk net waar ons almal nou is.

Die ergste is dat daai swart en baster outjies wat destyds rang gekry het vandag oorgesien word vir bevordering. Ek het 'n baie goeie Vlug Sersant (vir die pongo's - dis 'n Staf) by my vorige eenheid gehad, hy was deel van die ou Weermag, nie die Nasionale een nie. Hy het heelwat troepe deur basiese opleiding gevat na die integrasie, en meeste van daai troepe is nou so 'n paar range voor hom, en hy het geen moontlike vooruitgang nie. Hoekom?? Natuurlik omdat hy voor 1994 by die weermag aangesluit het en nie deel van die "struggle" was nie.

Ek weet van 'n ander outjie wat na 1994 by die weermag aangesluit het, hy het 'n ry mense in die "township" gesien en ingeval. Dit was toe 'n ry waar "vryheidsvegters" by die weermag kon aansluit - daai einste outjie het geen ondervinding nie, en was werkloos. Hy is vandag 'n Luitenant Kolonel in die Lugmag - hy giggel lekker as hy die storie oor 'n bier in die kroeg vertel.

Sulke dinge is maar net 'n klein deel van my wedervaringe in die nuwe Nasionale Weermag, en van dit het gehelp om my oë oop te maak. As ek vinnig tel, dan kom ek uit by ten minste 30 senior offisiere waarvan ek weet wat al hier in Australië sit. Dit is mense met 12 jaar of meer diens in die weermag, van hule het selfs 25-30 jaar diens gehad...

Edited by Navigator
Link to comment
Share on other sites

Ja 'n mens wil glo en hoop dat dit nie so erg is waar 'n mens kom op daai punt dat alles wat jy probeer insit net nie meer genoeg is nie en iets in jou knak. dis die tyd dat jy besef dat jy moet pak en jou geliefde land moet verlaat, jou kinders sal moet groot maak in 'n plek wat nie meer joune isa nie en dat jou gesiedenis en kultuur 'n ernstige knak gevat het en nie meer die selfde gaan wees nie - veral nie vir jou kinders nie. Die ergtse is dat my kinders - ten spyte van wat 'n mens probeer - al hoe meer Auzzie word (nie 'n slegte ding nie maar nog steeds).

Ek wil graag my eie geskiedenis boek skryf - met die goed en kwaak vd "ou en new" regerings maar ook soos ek (en andermense) dit gesien en ervaar het. Sal moet wat dat ek gesettel is hier en ek tyd het vir mooi dink, op 'n oop kp manier.

dis sodat al ons "verstote" kinders kan weet waar oor alles gegaan het.

Link to comment
Share on other sites

Ons praat dan dieselfde taal - DTA was 'n politieke party waar wit en swart saam kon stem - lank voordat enige iemand in SA met 'n soortgelyke idee kon opkom - dink dit was in die vroëe tagtigs gestig. Ek was in baie, baie fights as kind, omdat ons familie DTA gestem het.

Yep, ons army was integrated - mense is verbaas hier in Aus as ek verduidelik dat daar baie, baie swart mense was/is wat geen tyd vir die nuwe regering gehad/het nie. Mense wat vrywillig die weermag 'gejoin' het. Persoonlik voel ek maar sleg vir al daardie wat agter gebly het - die wat nooit sal kan uit nie en die wat elke dag moet aanskou hoe alles agteruit gaan.

Yep, baie van daai swart en baster outjies het rang gekry. Dit was harde dae en kyk net waar ons almal nou is.

Ek sal nooit vergeet nie, ek het in die laer skool aangemeld, sub A. Van Rhyn Laerskool, vandag is dit een van daai skole waar jy beslis nie jou kinders wil insit nie. Koshuis gehad en alles. In elk geval, daar op die speelgrond word toe vir my gevra "is jy DTA of AKTUR?". Ek het gelukkig gesien wat met ander outjies gebeur as jy se jys DTA, so ek antwoord toe maar AKTUR. Het geen idee gehad waaroor die goed gaan nie, net geweet jy word verpletter en eenkant geskuif as jy DTA is, so dis nou maar dit. Later jare het 'n ou uitgevind waaroor dit gaan, en het jy dit meer diplomaties aangespreek.

Ek onthou nog toe TV begin het in Windhoek, toe is daar so show op met die naam The Jeffersons. Ek was te bang om by die skool te erken ons kyk dit, want ek sal met gebreekte bene by die huis aankom. Jy was beskou as 'n landsverraaier as jy daai swart sitcom kyk.

Ek onthou hoe het daai baster outjies gesukkel om rang te kry. Hulle moes wragtag perform, die standaarde vir hulle was definitief hoer as vir ons outjies. Ons kon nog hier en daar "slip" en jy is oorgesien na 'n bosbus of twee. Daai manne het geen tweede kanse gekry nie. Dis regtig jammer dat daai ouens nou juis aan die pen moet ry, en vertel word hulle was nie deel van die struggle nie. Ek onthou egter ook die een outjie by ons wat goed perform het, tot hy een naweek sy mes uitpluk toe hy gesuip is. Hele jaar se harde sukkel down the drain, het nie eens onderkorporaal geword nie. Party ouens neuk die lewe maar net vir hulle self op, en kan niemand anders blameer nie.

Dit was harde tye, maar lekker ook ne.

Ek onthou nog daai verkiesing in 1989. Almal was oortuig die DTA gaan wen, hulle het selfs in die Army op die grens vir ons sogenaamde "inligtingsverslae" laat deurlek, wat ons oortuig het die DTA sal loshande wen. En tot vandag toe nog wonder ek of SWAPO regtig gewen het. As jy kyk hoe Mugabe operate, dan sal niks my verbaas nie. Ek onthou stories van geseelde stembusse in die Kavango wat nooit getel is nie en so aan. Aan die ander kant sien ek hierdie mense stem maar net elke keer dieselfde en as die oposisie te groot raak, dan maak hulle soos Mubabwe nou maak. So wat help dit? Maak nie saak wie wen nie, net een party sal vir ewig regeer. En die ander party sal in elk geval ook die land in die grond in regeer. Dit kan ons mos nou sien.

Link to comment
Share on other sites

Ek dog toe allie tyd AKTUR was soos Green Peace... hulle het gefight vir olifante.

Damn.

Link to comment
Share on other sites

Ons was die laaste verpligte inname '92 asook die laaste "wit" manne in die honde eenheid in die lugmag...........het jy al ooit vir n 100 kilogram Rottweiler probeer verduidelik dat die "tata" in die bruin uniform nou aan sy kant is :ilikeit:

NIE MAKLIK NIE !!

Link to comment
Share on other sites

Ons was die laaste verpligte inname '92 asook die laaste "wit" manne in die honde eenheid in die lugmag...........het jy al ooit vir n 100 kilogram Rottweiler probeer verduidelik dat die "tata" in die bruin uniform nou aan sy kant is :blink:

NIE MAKLIK NIE !!

Hier by ons in suidwes het innames sommer toegemaak die dag toe Oom Sam die lughawe se teer gesoen het na hy geland het. Ek was een van daai dom ouens wat net na skool army toe gegaan het, basies en JL's klaargemaak het, en 3 maande later die Blou Hoedjie manne sien oorvat het. Twee jaar van my lewe gemors. Ek kon nou al twee jaar se salarisse ryker gewees het. Het darem so R3000 finale uitbetaling by die army gekry, dit was baie geld daai dae...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...