Jump to content

Nog 'n dag in Afrika

Biltongboer

Recommended Posts

Ek is nou so opge-"psyche" deur Mauritz se vertoë om te skryf, dat ek gou my "luck try" en ietsie neerpen hier.

Ek sit hier by die werk, verskriklik besig, want ek het gister my kontrak deurgemail, en vandag die email gekry dat die visa agent my saak nou oorvat. Natuurlik is ek mos nou vreeslik opgewonde om by beste hier te gee en te help om Afrika 'n beter plek te maak. So ek doen die African thing en hou my lyf so useless as moontlik, en lyk net ernstig besig.

In elk geval, ek staan op om 'n welverdiende koppie koffie te gaan kry. (Ek hoor die koffie in Oz is puik, die mense drink iets wat hulle noem "flat white". Hier rond klink dit soos 'n ander woord vir "previously advantaged short person".)

Ek staan toe op om koffie te gaan haal. Ons kantoor het van hierdie industriele matte. Soos dit nou maar is hier in Suider-Afrika, het ons 'n voorheen-benadeelde dame hier wat algemene skoonmaakwerk doen. Damara, en baie trots daarop. Sy moet die matte skoonkry, want die plek lyk asof hier 'n orkaan deurgekom het en partie gehou het met snipper-papiere en ander gemors.

Wat nou vir my interressant was, was die manier hoe skoongemaak word. Die klomp los papiertjies en ander gemors word opgevee. Maar nie hoe nie, dit word met 'n ou vrot, vuil MOP gedoen. Ek het so iets nog nie aanskou in my lewe nie. Hierdie vloer-oppervlak is groot, hoor, ek praat nie van 2m2 nie. Ek het nou al 'n paar keer by haar verbygeloop en dit ge-aanskou. Die mop se vuil hare word so getrek oor die mat, en dan kom so 2 van die 12 papiertjies saam, en die hare en goed op die mat "clog" so lekker saam en bounce rond totdat dit weer val waar dit vandaan gekom het.

Dit lyk soos iets wat die kopporaal jou in die army laat doen het om jou te straf, een van daai totaal onmoontlike take wat jy moes verrig met absoluut geen rede nie, soos om die handdoekie op jou bed se middelpaadjie met 'n tandeborsel te kam tot hy reguit is.

As ek so vir Mauritz luister dan sal ek seker genoeg goed in Oz kry om my oor te staan en vergaap as ek eers daar is. Maar wragtag, ek wonder of ek so iets weer sal aanskou. Mens mis seker hierdie goed ook, hoewel dit so mengsel is van snaaks en hartseer dat ek dit liewer wil vergeet.

Dis lekker hier in Afrika.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
In elk geval, ek staan op om 'n welverdiende koppie koffie te gaan kry. (Ek hoor die koffie in Oz is puik, die mense drink iets wat hulle noem "flat white". Hier rond klink dit soos 'n ander woord vir "previously advantaged short person".)

Ek gaan hard sukkel om van vandag af 'n 'flat white' hier in Aus te bestel :huh:

Link to comment
Share on other sites

Nee wat ou biltong, jy sal vinnig aanpas hier. Dinge gebeur hier, mense staan nie rond en kyk hoe ander werk nie. In Afrika sal daar 10 mense met grawe wees wat aan 'n pad werk, en miskien 1 van hulle wat iets doen terwyl die ander kyk... Hier werk dit nie so nie, die pad is klaar voor jy jou ogies kan uitvee...

Link to comment
Share on other sites

Helo Biltong !

Jong, ek weet nou nie of dit net is omdat ek hier in die sticks is nie, maar die klomp Aussies waarmee ek hier werk is almal BAIE Afrika tyd. (Ek moet darem sê die stuk pad wat hulle anderdag hier uitgerol het, het wel 1 dag per stuk geneem, nou nie soos die 6 of 10 jaar wat hulle nou al aan die Bloemfontein highway werk in SA nie)

Ok, ek werk by 'n aboriginal corporation waar my bek noudiedag oopgehang het toe die trainer wat die bricklayers oplei, vir hulle verduidelik hoe om te vee !

Vader, is dit niie iets wat jy somewhere along the line SIEN jou ma of iemand doen dit, en dan kan jy dit ook doen nie ?

LOL

C

Dis wat gebeur as mense van die regering verwag om hulle kinders op te voed, en hulle geen opvoeding self aandurf in die huis nie...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...