Jump to content

Afrikaanse kinders na Engelse skole


Riekie

Recommended Posts

Vir al die Afrikaanse ma's van laerskoolkinders wat Aus to emigreer, en bekommerd is oor hulle kinders se Wiskunde begrip in Engels. Hierdie is 2 boekies wat al die drama en stres en trane kan vermy en 'n fantastiese hulpmiddel tot jou kind aan al die Engelse Wiskundige terme gewoond is:

The New Primary Mathematics Handbook Harry O'Brien & Greg Purcell)

Targeting Maths Dictionary (Garda Turner)

Albei hierdie boeke het elke Wiskundige term wat 'n laerskool kind mee te doen het in alfabetiese volgorde met verduidelikings, voorbeelde en prentjies. En albei kos minder as $20.

(Laer af op hierdie "thread" het ek die boekies ge"scan & die ISBN nommers bygesit :) )

Link to comment
Share on other sites

Another book is Basic Maths Facts by Philip A. Oostenbroek (Rigby Heinemann)

I have found it to be very helpful. Although we are English speaking at home, my children went to Afrikaans schools in South Africa. I can't remember what it cost but I think it was around the $15 mark

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Although it is a concern with the change of language, children can adapt rather good. My daughter started year 8 ( old St 6 ) here in Australia this January 2006. She also attended Afrikaans schools all her life, although my wife is English and we are bilingual in the house. She had little problems adapting to the new terminology in maths or any other subject. The teacher are mindfull of this and ensure they understand. If fact she had adapted so well she has been asked by her teachers and principal to enter the state maths competition in her grade.

Link to comment
Share on other sites

....hy MAG mos maar..... :wacko:

Ek doen dit sommer OPENLIK: my dogter is na 1 jaar in Aus (ex Afr skool) in die "gifted & talented class" :wub: . Moenie so bekommerd wees oor julle kinders nie - hulle is slimmer as wat ons dink!

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...
Moenie so bekommerd wees oor julle kinders nie - hulle is slimmer as wat ons dink!

Ek hoop regtig so !!! Want my seun is 11 en dis een van my grootste hoof pyne :)

Edited by ChrisV
Link to comment
Share on other sites

Can't quite speak with the same 'authority', my kids are more than half English in any case, but based on what our (Afrikaans) friends and we talk about and observe the kids generally have no problem with the schooling. There could be other things to look out for though. :blink:

As mentioned in another thread we try to teach our kids Afrikaans (they could speak but not read and write) and even that is not much effort. For us it means spending a few minutes a week and the kids are off....

Link to comment
Share on other sites

Ek hoop regtig so !!! Want my seun is 11 en dis een van my grootste hoof pyne :)

Jy kan maar ontspan - regtig! Ek was regtig SO opgewerk en bekommerd oor my dogter en toe oortref sy al ons verwagtinge! Die skole hier is ongelooflik behulpsaam met kinders wie se huistaal nie Engels is nie. Jy kan regtig maar ophou bekommer. Kry net vir jou kind daai wiskunde woordeboekies waarvan ek vertel het - dit het my dogter SO baie gehelp (sy gebruik dit nog steeds as daar 'n nuwe term is wat sy nog nie behandel het nie). Moet net nie te veel druk op jou kind plaas om dadelik weer "top notch" te wees nie - prys elkeen van sy pogings en elke klein treetjie of mylpaal wat hy behaal. As hy goed voel oor homself en weet hy stel JULLE nie teleur nie, sal hy soveel makliker aanpas en groter dinge aanpak. Gee dit ook ten minste 3 maande van skoolgaan hier in Aus voor jy 'n opinie vorm.

Link to comment
Share on other sites

Moenie stress nie.. Gooi die kinders in die engelse skool in, en binne 'n paar weke sal jy sien hulle swem maklik. Wat ons wel ondervind het met Marnelle, sy't graad 1 in ZA klaar gemaak, toe ons Auz toe kom, toe sit ons haar in Year 2. Ons het binne 2 weke geleer dat Graad 1 in ZA gelyk is aan kindergarden in Auz. Ons het haar toe in Year 1 gesit, en nou's sy in Year 5. Sy praat nog Afrikaans, haar engels is met 'n Auzzie aksent, maar sy verstaan al die begrippe en konsepte.

Moenie die kleintjies onderskat nie. Hulle vang die tale so vinnig. Ek sal nie daaroor worry nie. Hou hulle beslis dop, en gaan na die parent & teacher meetings toe. Jy sal beslis weet as jou kind sukkel.

Ek het juis al gewonder wat dit gaan behels om se maar een saterdag 'n maand die klomp kinders bymekaar te kry en 'n Afrikaanse klas te gee, natuurlik alles wettig en so aan. Het enige van julle al na so iets geloer, en is dit die moeite werd?

Groetnis

Phil

Link to comment
Share on other sites

Ek hou van jou voorstel Massyn, maar toe skiet hierdie ander idee skielik in my kop (uit joune uit) - kan mens nie iets op sosiale vlak rëel vir al die RSA kinders nie? My dogter het al baie maats gemaak hier, maar mis dit vreeslik om in Afrikaans en met Suid Afrikaanse kinders te "social" - hulle het mos maar anders grootgeword as die aussies en het 'n heel ander manier van kuier. Die klomp kan dan ook vir mekaar ondersteun as iemand deur 'n moeilike tyd gaan om aan te pas en hulle eie ervarings met mekaar deel ens, want hulle almal gaan nog (of was al) daardeur. Wat dink jy??

Link to comment
Share on other sites

  • 1 year later...

Ek het daai twee boekies ge"scan" en 'n voorbeeld van die inhoud ook, want ek het soveel vrae gehad hieroor. Die eerste boekie, (Targeting Maths Dictionary ISBN 1-920728-14-7) is meer elementêr, maar moenie die waarde daarvan onderskat nie. My "year 5" dogter het hom op gebruik!! :ilikeit: Onthou, jy mag dalk weet wat die "height" van iets is, en jou kind verstaan dalk die "hoogte" van 'n ding, maar as hy nie weet dat "hoogte" en "height" dieselfde ding is nie, help hierdie boekie ongelooflik baie! Dit is nie dat ons kinders nie weet hoe hierdie dinge werk nie, maar in Engels is dit vir hulle Grieks!

post-4-1181013413.jpg

post-4-1181013434.jpg

Hierdie boekie (The New Primary Mathmatics Handbook ISBN 0-7253-3333-2) is op 'n hoër vlak en ek sou dit vir die laaste 3 jaar of so van Laerskool en die eerste 2 of 3 jaar van Hoërskool voorstel.

post-4-1181013589.jpg

Mens hoort dit seker op Amazon te kan bestel of op die Dymocks webblad: www.dymocks.com.au as iemand dit dalk nou al wou kry om die kinders solank te begin help voor hulle hier begin skoolgaan... Ek hoop it help! :)

Link to comment
Share on other sites

Riekie

Baie dankie vir jou moeite met die boekies!

Het nota gemaak en gaan probeer om dit in die hande te kry.

Groete

Vennie

Link to comment
Share on other sites

Riekie

Baie dankie vir jou moeite met die boekies!

Het nota gemaak en gaan probeer om dit in die hande te kry.

Groete

Vennie

Jip, wil net bevestig, ek het laas week so boekie vir Markus gekry. Baie oulik! Daar is hope van hulle by "Dymocks".

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Jinne Riekie

Baie.baie dankie vir die inligting en al jou moeite. Ek gaan dit verseker aanskaf en miskien as ek tyd kry dit sommer vir al die Formies gaan wys by die Pretoria koffieclub-ontbyt.

Ons homeschool ons kinders die laaste 4 jaar en ons het nog heeltyd hulle in afrikaans gehomeschool en toe die begin van die jaar hulle oorgesit na 'n engelse kurrikulum. Hulle gaan goed aan. Ek besef dit was die regte besluit.

As daar mense is wat graag wil he hulle kinders se afrikaans moet op 'n hoe standaard bly terwyl hulle in Auz is, kan hulle gerus gaan kyk na Impak se kurrikulum. Hulle afrikaans is eerste taal, soos ons dit nog gedoen en geken het. Mens kan boek vir boek koop, jy't nie nodig om 'n hele jaar of 'n hele kurrikulum te koop nie.

Ten minste sal hulle oordentlik kan lees en skryf in Afrikaans en dalk is dit eendag op ander vlakke voordelig bv. tolk in Auz (of droom ek )

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Nog 'n oulike boekie om te kry is hierdie een (ISBN 1 864950 98 6). Dit verduidelik al die spelrëels en Woordsoorte - selfs 'n lys van woorde wat die meeste verkeerd gespel word met hulle regte spellings - en dit word in Aus uitgegee, so dit is die Aussie rëels. :) Afrikaanse kinders praat gewoonlik goed Engels, maar as dit by die spelling kom hak hulle partykeer vas. Hierdie boekie is regtig van groot hulp, selfs na meer as 2 jaar in Aus!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...