Jump to content

Suid Oos Brisbane Inligting


Lewe

Recommended Posts

Hi almal in Suid Oos Brisbane.

My man begin Augustus in Eight Mile planes werk en ons wil graag naby sy werk bly.

Vertel my asseblief van die areas en hoe dit is om daar te bly- die goed en die sleg.

Ons het met ons LSD in die buurte rondgery en ek het na die tyd na die public schools se web sites gaan kyk en na COC.

Het op www. realestate na honderde huise gaan kyk in 'n raduis van 7 km maar sal graag wil hoor van die mense in die area waarvoor om te kyk en waar om weg te bly of wat sommer net lekker is in die areas.

Ons het drie kinders. 1 in Gr0 en 2 in Gr3, huidiglik in 'n baie klein privaat skool. Hulle hou van fietsry, musiek (klavier en blokfluit), kuns (skilder) en moderne dans. Enige raad oor skole of privaat clubs of privaat lesse in die omgewing sal baie waardeer word.

Enige advies raad en sommer net gesels ....

Lewe

Link to comment
Share on other sites

Eight Miles plains is 'n goeie area by skole sal hulle vir julle inlig oor privaat lesse en sekere lesse wat tydens skool tyd by die skool geneem kan word. Dalk maar beter as julle eers hier is dan dalk makliker om meer informasie te kry wat by die skool, wat julle kies, gegee sal word

Edited by The Willmore's
Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Haai Lewe,

Ons het nie meer kinders in die skool nie en ook woon ons nie in Eight Mile Plains nie.

Wat ons hier ondervind het is dat sekere woongebiede dikwels 'n beter en 'n swakker deel het, bv. 8 Mile Plains het een ou deel waar die huise afgerem lyk en daar sommige strate is waar die ouens ou motors ens. sommer in die straat los, maar dan is die nuwer deel enige tyd net so mooi/goed as enige ander deel van die stad. Dit kom neer daarop dat jy maar net op persoonlike keuses aangewys is.

'n Kriterium wat ons reken werk, is dat as die meeste van die huise in 'n woongebied huurders het, dan het jy dikwels te doen met geraas oor die naweke en vakansiedae, maar waar die meeste van die huise deur eienaars bewoon word, en hulle dan beplan om lank daar te woon, sal jy vind dat hulle sommer meer omgee oor hoe hulle bure se reaksie op hul opterede sal wees en is dan meer bedagsaam ook.

Huis soek is egter nooit lekker nie, veral as jy van oorsee af kom en alles is nuut, selfs die proses wat hulle gebruik om jou te keur en goed te keur om in 'n huis te kan woon. Jy sal bv. vind dat die agente meesal nie oor die naweke werk nie - dit is nou dié wat in die verhurings afdeling werk. Die ander agente werk enige dag behalwe dié wat deur die wet verbied word.

Indien jy Noord van 8 Mile Plains woon, sal die verkeer nie te erg wees werk toe nie, want die groot groep werk in die stad en reis na die Noorde. Ry jy nou in die suidelike rigting, dan is die verkeer heel skaflik en kan jy selfs verder woon en nie te veel stress wanneer jy die rit aanpak nie.

Oor die skole kan ek nie raad of kommentaar lewer nie, soos ek gesê het, ons het nie meer skoolgaande kinders nie.

Sterkte met die skuif, dit is 'n groot verandering!

Gerrie.

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ek bly in Robertson, so te se in die Chinatown in en ons bly verskriklik lekker hier en dit is nie te ver van 8 Mile Plains af nie. 'n Relatiewe nuwer area is Calamvale, nuwe huise ens. Sal so 5 - 10 minute se ry vat soggens. Raine & Horne is die ouens om te kontak sodra jy hier aankom.

Ons is baie sentraal van alles af, Groot winkelsentrums - oral in die omtrek en alles binne 5 minute se bereik. Glad nie 'n schlep om te gaan shop nie.

PM my, miskien kan ons uithelp met 'n week of 2 se akkommodasie tot jul jul eie plekkie het?

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...