Jump to content

Afrikaanssprekende kerk aan die Gold Coast, Queensland


The Allisons

Recommended Posts

Eerskomende Sondag (01 Junie 2008) is 'n baie belangrike dag in die geskiedenis van ons gemeente hier aan die Goue Kus (Gold Coast, Queensland, Australia). Dit is die dag wat ons amptelik 'n Afrikaanssprekende gemeente gaan stig.

Ons nooi iedere en elke Christen om saam met ons hierdie geleentheid aan te gryp om 'n gemeente daar te stel wat ons in staat stel om Jesus Christus te dien in 'n omgewing waar ons gemaklik kan wees tussen gemeentelede wat ons taal en kultuur deel.

Ons het die afgelope vyf Sondae, soos die eerste gemeentes van Handelinge as 'n huiskerk bymekaar gekom. Ons ontmoet egter vanaf hierdie komende Sondag, om 09h30 te Coolibah Downs (klik hier vir aanwysings) vir die erediens. Na die diens gaan ons 'n naam vir die gemeente bevestig en die stigtingsdokumente finaliseer.

Bring asseblief 'n bordjie eetgoed en 'n piekniek mandjie saam, sodat ons na die diens gesellig kan verkeer.

Ons sien al julle Afrikaanssprekende gelowiges van die Goue Kus daar!

Vir meer inligting, besoek gerus ons webwerf deur hier te klik.

chapel.jpg

Link to comment
Share on other sites

Pragtige kerk. Mag jul groei en die Here se Naam groot maak. As jul dalk 'n dominee of pastoor soek, ons het 'n vriend wat graag oor sal wil gaan. Was nou vir paar jaar nie in die bediening nie, maar voel dat die Here hom terug roep. Enkel persoon, jare terug geskei. As iemandanders ook dalk kan help.

Vlam

Link to comment
Share on other sites

Dit is wonderlik ! Baie seën vir julle !! Sal my ouers na julle toe stuur, hulle beplan ook om binnekort Brisbane toe te gaan.

Link to comment
Share on other sites

Eerskomende Sondag (01 Junie 2008) is 'n baie belangrike dag in die geskiedenis van ons gemeente hier aan die Goue Kus (Gold Coast, Queensland, Australia). Dit is die dag wat ons amptelik 'n Afrikaanssprekende gemeente gaan stig.

Ons nooi iedere en elke Christen om saam met ons hierdie geleentheid aan te gryp om 'n gemeente daar te stel wat ons in staat stel om Jesus Christus te dien in 'n omgewing waar ons gemaklik kan wees tussen gemeentelede wat ons taal en kultuur deel.

Ons het die afgelope vyf Sondae, soos die eerste gemeentes van Handelinge as 'n huiskerk bymekaar gekom. Ons ontmoet egter vanaf hierdie komende Sondag, om 09h30 te Coolibah Downs (klik hier vir aanwysings) vir die erediens. Na die diens gaan ons 'n naam vir die gemeente bevestig en die stigtingsdokumente finaliseer.

Bring asseblief 'n bordjie eetgoed en 'n piekniek mandjie saam, sodat ons na die diens gesellig kan verkeer.

Ons sien al julle Afrikaanssprekende gelowiges van die Goue Kus daar!

Vir meer inligting, besoek gerus ons webwerf deur hier te klik.

chapel.jpg

Liewe Goue Kus Gemeente

Hartlik geluk met hierdie wonderlike onderneming! Mag ons Hemelse Vader julle oorvloedig seen en saamvoeg in 'n lieflike geloofsgemeenskap! My man ek en ekself is ook oppad na Brisbane, en is opgewonde om by julle aan te sluit in 2009.

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...