Jump to content

Nog 'n dag Down Under - 25 Mei 2008


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Lyk my ek het uiteindelik die datum reggekry.

I wrote a few 'scribblings' in Suidwes Engrish - no idea if it made a difference. If there's someone out there - HELLOOOOO :ilikeit: - please knock twice and I'll continue stuggling with the Engrish tail.

Ek sien al vir weke hierdie strepe wurms oppie paaie - sulke stringe. Meesal is die helfte platgery en die anner karring so aan. In die begin was dit 'n gedoente - sien, ek wil weet wat om my aangaan. So 'n tyd terug slaat ek daai bakkie se brieke aan op grondpad - stof orals. Neeeee, ek het nie 'n leeu gesien nie - ook nie 'n renoster nie - net 'n streep harige wurms. Ek park daai bakkie so half innie pad en half innie bos - hierdie Aussies met die groot Cowboy hoedens is wille bestuurders.

Ek verlaag my voorhoede tot teen die grond en ek druk my gat omhoog - hemel hoog - my oor teen die grond - ek loer hierdie wurmpies so. Wie weet man - dalk maak die Boer 'n 'new scientific discovery' Down Under. Hierdie wille Aussies jaag verby en ek sien so uit die hoek van my oog hoe hulle vloek - "another f@#$*! foreigner" - geen True Blue Aussie Bloke sal langs die pad gevang word met sy gat omhoog besig om na harige wurms te loer nie. Gelukkig is ek nie in Azania nie, anners het hulle die foreigner met 'n interest in science met klippe gegooi.

Sien, ek kruip nou so saam met die harige wurmpies en wraggies waar - een moerse scientific discovery - die vieslike goed. Ek hou die wurmpies dop en ek luister - so lekka gat omhoog. Die een wurmpie loop nou die anner wurmpie raak en sê: "Hallooo jy!!"

Die tweede wurmpie: "Aggg man, hallo's, lekka dag nê!"

Eerste wurmpie: "Kyk net - ek het lekka lang neushare!!"

Tweede wurmpie: "Dis niks nie man - kyk net - ek het lekka lang holhare."

Eerste wurmpie: "Ok, kom ons knoop hare en tou mekaar"

Wraggies waar - julle sal my nie glo nie - daai tweede wurmpie manoever sy gatkant na daai anner wurm se neuskant - daar's hulle geknoop en daar gaat hulle - neus aan de hol - so happy soos sirkus torre. Sien, nou loop hulle 'n anner wurmpie raak en dan begin hulle van vooraf - totdat hulle so 'n lekka lang vieslike trein is.

Nou wonner ek, hoe die gediertes se ondervindinge nou vir mense van toepassing is. Alles gaan mos om mense - niks oor die arme gediertes nie. Almal doen mos allerhande toetse met die arme hasies en dinge - alles vir die mens se mooi gladde vel, vetsug, DNA of iets annders. Ek's nou belangriK - ek weet dit - ek het hierdie vieslike harige gewoonte uitgevind - ek sien die Ponde inrol. Die discovery beteken absoluut niks nie - ek moet dit iewers inpas by die mens se sosiale gedrag - so ek dink vir weke lank. Hier is dit.

Gaan staan bietjie by 'n lekka fancy party en hou die mense dop. Mevrou Dominee loop vir Mevrou Dokter raak - hulle Ooooo en Aaaaa - dit is in elke geval wat julle dink, nê. Hulle gesels soos daai wurmpies man - skielik verdwyn hulle al giggelende daar na die 'Klein Dogtertjies Kamer' toe - julle kan die res uitfigure. Sien - jy kry no

oit die wurm uit die 'High Society' uit nie.

Gisteroggend is ek donker op - lekka draadtrek Saterdag. Ek ry Maryland toe - innie Sticks soos die Aussies sê - ek span draad op 'n plaas. Oppad sien ek 'n ou Aussie boer op 'n perd met twee honne - besig om bees bymekaar te maak. Later sien ek nog 'n boer en sy vrou op perde besig met beeste. Man, wat 'n gesig - ek voel sommer lekka in die land man.

Die plaas waar ek nou werk - 20km heinings waarmee ek besig is - is 5000 akker groot. Daar is baie, baie beeste. Die mense het twee kindertjies onner 12 - ek het nog nooit kinners met sulke goeie maniere gesien nie. Hulle het 'n klomp perde en hulle teel skou hoenners. Hoeveel mense werk op daai plaas, vra ek julle??????? Net die boer en sy vrou - dit is al. Dit is moeilik om in woorde te verduidelik hoe hard die mense werk. Hulle is op die trekkers, op die Bulldozer, oppie perde. Hulle lê waterpype van die damme aan, span drade, werk bees, vat die kinners dorp toe - 60 km weg. Ek het baie respek vir hierdie Aussies. Daai dame is so mooi soos jy kan kry - net sterk man - sy sal jou klap dat jou kakebeen soos bubblegum klap.

Die hele plaas is vol Wallabies - 'n plaag daar - daar word sommer so 50 op 'n slag geskiet (sorry FFF - Friends of Fur & Feather) - ek sal oor roo's skryf as julle wil. Ek hou van die gediertes en ek het tot 'n kiekie vir julle geneem:

post-7140-1211706877.jpg

Ek gaan binnekort op die plaas gaan bly - deur die week - ek vat my honne en perde saam. Daar is 'n anner plaas huis met stalle - ek gaan net terug naweke - kannie waggie.

Oppad terug, gister, stop ek by die Hut - ek wil al lankal 'n foto neem. Die Hut pla my man - sien, ek's op die ouderdom waar die enigste 'curves' waarin ek belangstel die 'curves' op my 'recurve' boog is. Ek wil innie berge gaan bly - 'n bietjie knoffel groei - saam met my perde en honne. Ek wil so 'n hut hê:

Net een groot vertrek, met 'n groot vuurmaak plek - my boog teen die muur, by saal teen die anner muur - die honne voor die vuur. Ek het mos Boesman bloed in my - dit is nou 'n wetenskaplike feit - sal later daaroor roggel. Ek wil simpel lewe man, ek het nie meer tyd vir die beskawing nie - ek gaan vir my so 'n hut bou waar daar nie mense kom nie.

Hierdie is 'n baie, baie ou 'rabbit trappers' hut - wens iemand wil die plek restoreer - dit is geskiedenis. Dink net watse stories daai hut kan vertel. Ek gaan eendag vir daai Aussie boer vra of ek daar kan gaan kamp - ek wil my oor teen die grond druk en na daai Hut se stories luister.

Vanoggend is Sondag - ek vat die kinners om 'yubbies' te gaan vang - dit is nou varswater krewe - mens kry hulle orals hier. As 'n mens hulle gaarmaak, raak hulle rooi, nes 'n kreef. Man, hulle is lekker. Ons moet eers 'n duif skiet - dan word die duif opgesny en in die 'yubbie' nette vasgemaak.

Ek skiet my .22 in en die kinners skiet lekka.

Terug by die huis word die nuwe bosperd opgesaal en die kinners ry die nuwe perd.

Sien, Aus is 'n lekka plek man, harige walg wurms of nie - ek wil daai persoon hoor wat my siening kan verander. Ek gaan nou ewe my asse hier in die Outback rondgooi. Ek is nou tuis.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Lekker storie, Mauritz... neem nou 'n foto van die konvooi-wurmpies ok toe man, wil sien! Ek hou van jou nice term... jy weet mos nou al ek is een van die FFF.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
jy weet mos nou al ek is een van die FFF.

Net vir jou De Kat :ilikeit:

Op dieselfde plaas waar die 'yubbies' is - lewe 'n pikswart 'feral' kat. Hier in Aus doen die feral katte vreeslike skade - die anner gediertetjies hier is nie gewoond aan katte in hulle evolusie nie. 'n Kat is 'n nuwe ding - so alles is sitting 'ducks' - 'n kat se paradise. Die katte teel vreeslik aan en doen die natuur baie skade. Ek's mal oor katte en ons het hier oppie 'plaas' 'n pikswart kat gehad - Mandela was sy naam. Ek sal eeeendag oor Mandela skryf. Ek's ook realisties - as ek moet kies tussen 'n kat en die swart Cockatoos en die King Parrots - dan kies ek laasgenoemde.

Ek het die feral swart kat oppie plaas, so 3 jaar terug ontmoet. Ek jag hase met die boog en daar's die kat - lyk soos 'n panther. Ek wil eers skiet, maar ek hou van wat om my aangaan. Ek volg die kat vir 45 minute - hy/sy jag hase - ongelooflik om te sien. Later vang die kat 'n hasie en ek besluit om die slim kat te los tot volgende keer. Oor die jare het ek die kat 'n paar keer gesien, maar kat se kind is slim.

Wat sien ons almal vandag??? Die boer langsaan het 'n groot land - al hierdie kuifkop duiwe sit en vreet die saadjies. Ek sien twee swart ore in die verte toe ons verby ry. Ek sê vir die kinners en ons Skotse vriendin, 'daar's katsie se kind' - hulle sien bugger all. Ek gee vir die arme siele 'n verkyker - hulle sien vir katsie. Ek het die .22, maar ek's nie 'n moordenaar nie - dit is moord om die kat op 120m met 'n vuurwapen te skiet. Ek los die kat.

Op die oomblik - vir 3 jaar lank al, is die kat te slim vir my en die boog. Ek het respek daarvoor. Die dag as ek slim genoeg is, dan is dit tickets vir katsie. Is dit fair of is dit moord???? Ek doen die natuur eintlik vreeslik skade om vir katsie so te spaar - gaan werk uit hoeveel katte uit die kat en nageslag kan kom in 3 jaar - 'n helse klomp.

Ek het geen probleem om 'n feral kat te skiet nie - ek glo net alles moet darem ietwat van 'n kat se kans hê. Sien, ek's ook 'n FFF - net met 'n spin.

Link to comment
Share on other sites

Ja maar sien Mauritz, as jy nou daai panther die dag skiet, gaan al wat 'n rot en muis EN haas is met duisende multiply en so 'n plaag word dat jy dit gaan berou.

Jou agterkop weet dit en dis hoekom jy hom nie gaan skiet nie, ne??? ;)

Edited by De Kat
Link to comment
Share on other sites

Vang die kat Mau en laat hulle sy nikkerbols uitsny, dan waneer hy gesond is sit jy hom terug in die bos!!

Problem solved. Geen baby katjies nie en geen rotte nie en slim kat kan sy jag ding doen.

EN de Kat is happy!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die lekker storie Mauritz. Ons het 'n true blue ozzie vriend. Hy is 'n "botanist" en as ons gaan kamp is hy heeltyd sterre innie lug...kyk na die plantjie en daai goggatjie, nee moenie jou tent daar opslaan nie, wat van daai "Banksia seedling" daar. Hy het ons al baie vertel van hoe Australie se plantegroei deur die hase verwoes is en ook hoe die feral katte (en huiskatte) al die "marsupials" uitmoor. Genocide in sy oe.

Ons sal ook nie omgee om een van daai "hutte" te restoureer nie. Ai, so ou stil plekkie tussen niks en nerens nie.

F

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Vang die kat Mau en laat hulle sy nikkerbols uitsny, dan waneer hy gesond is sit jy hom terug in die bos!!

Problem solved. Geen baby katjies nie en geen rotte nie en slim kat kan sy jag ding doen.

EN de Kat is happy!!

Wens dit was so maklik. Die feral katte is so sku soos 'n luiperd - jy's baie gelukkig as jy een sien. Dit is amper onmoontlik om te bepaal, hoeveel van hulle op 'n klein stukkie grond is - hulle is orals. Op hierdie spesifieke plaas, het die vrou al 32 hoenders verloor agv feral katte - sy het moed opgegee. Muise en rotte kom al vir duisende jare deur evolusie saam met katte. Hier in Aus het die native animals nie 'n kans nie - ken nie 'n kat nie - die katte gaan natuurlik vir hulle - sitting ducks.

Dit klink maklik om 'n kat te vang en reg te maak - wie gaan betaal????? Dit kos 'n fortuin om 'n kat hier te laat regmaak - en nie baie mense is lus om met 'n miniatuur luiperd te stoei nie. Katte teel baie vinnig aan en kan in enige omstandighede oorleef. Daar is ongelukkig nie 'n maklike oplossing nie. Die Aussies op die plase is nie lief vir katte nie.

Vir die wat wil kyk - ek het 'n foto van 'n yabbie ingesit. Ontmoet Cherax destructor - die klein goedjies oppie stert is babies. Ek vang die yabbies om in my damme te sit.

Link to comment
Share on other sites

Ek weet hoe om dit te doen Mauritz. Het baie feral katte gevang en hulle kn@tertjies uitgehaal in Seychelles.

Mens sit so bietjie "susmiddel" in kossies uit, dan eet die kat die kossies en doedoe lekker. (slaap nie poef nie)

Dan vat mens daai een balletjie styf vas en woeps met 'n scalpel en hy glip soos 'n glibbertjie druif uit. Katte (mannetjies) het nie eers steke nodig nie. Net 'n breespektrum antibiotika en so bietjie airosol op die wond en woeps waps die mannetjie is 'n dit!!

Easy Peasy

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Ek weet hoe om dit te doen Mauritz. Het baie feral katte gevang en hulle kn@tertjies uitgehaal in Seychelles.

Mens sit so bietjie "susmiddel" in kossies uit, dan eet die kat die kossies en doedoe lekker. (slaap nie poef nie)

Dan vat mens daai een balletjie styf vas en woeps met 'n scalpel en hy glip soos 'n glibbertjie druif uit. Katte (mannetjies) het nie eers steke nodig nie. Net 'n breespektrum antibiotika en so bietjie airosol op die wond en woeps waps die mannetjie is 'n dit!!

Easy Peasy

Yep, ek het dit baie gedoen - nie met 'n susmiddel nie - ook nie met 'feral katte' nie. Plaaskatte word in 'n sak gesit met 'n gaatjie in - balletjies word deurgetrek en die snit gemaak. Dit word nog steeds gedoen in iAfrika en ook hier in Aus op plase. Net die wyfie katte wat 'n probleem is - die mannetjies loop vêr as die wyfies begin BrrMiaaaaaw en hulle is lus vir alles behalwe kos :ilikeit:

Ek het 'n vriend wat die katte probleem probeer oplos het op Marion Eiland. Op die ou end is al die katte vergiftig met kuiken karkasse en dit het donkie jare gevat om van al die katte ontslae te raak.

Op baie van die plase word Dingos en vosse verfgiftig en geskiet - al hierdie dinge is gemik op katte ook. Nog steeds in dit onmoontlik om van die diere ontslae te raak - nie maklik nie. Die mense skiet, vergiftig en bid - niks help nie - Aus is paradys vir Dingo's, katte en vosse - almal 'n groot probleem vir die natuur.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

M.A.W. hulle is almal 'n moerse probleem!! Daar's te veel van hulle en die area is te groot!!

Link to comment
Share on other sites

M.A.W. hulle is almal 'n moerse probleem!! Daar's te veel van hulle en die area is te groot!!

Mau. terug by jou wurms. Ek het hulle hier ok gesien. Laat my baie dink aan komando wurms in suid afrika...ken jy komando wurms?

en dan Het jy hierdie wurms se neste al gesien. Ek sweer dit lyk soos silwer sakke wat aan die bome hang. My eerste gedagte was dat dit iets se baarmoeder is wat aan die boom opgehang is (weet nie hoekom nie maar dit lyk so) Daai neste is egter vol hare so moenie torring nie. Jy sal hair bolls ophoes vir n maand as jy dit inasem.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Mau. terug by jou wurms. Ek het hulle hier ok gesien. Laat my baie dink aan komando wurms in suid afrika...ken jy komando wurms?

en dan Het jy hierdie wurms se neste al gesien. Ek sweer dit lyk soos silwer sakke wat aan die bome hang.

Die 'wurms' is Ochrogaster lunifer (caterpillars van die "Bag-shelter Moth)

Die Aussie kinnertjies sit die kop end van so 'n string ruspes by die gat end - lag hulle self 'n papie as die ruspes dan in so 'n sirkel loop. Nie 'n goeie idee om met hulle te 'speel' nie, aangesien die hare van die ruspes ernstige dermatitis kan ontwikkel en sommige mense kan 'n lelike allergiese reaksie ontwikkel.

Jy's reg Lelik - hulle maak 'n LELIKE nes aan die basis van sommige bome. Hulle word aangetrek deur sekere bome en kan 'n pes in 'n tuin wees. Hulle hou veral van wattles en hier in Southeast Queensland hou hulle van die swart (Acacia concurrens) en Hickory wattle (Acacia aulococarpa).

Link to comment
Share on other sites

Ek het hierdie pic op die net gekry - amazing!

Link to comment
Share on other sites

jip dis hulle daai.

kry hulle hier in die WA boendoes ook. My bassets het al een probeer eet en hom sommer met n boog gespoeg so ek raai hulle proe sleg. Nou loop hulle draai om die goed en grom.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...