Jump to content

Hierdie is nie funny nie,


Blossom

Recommended Posts

Liewe Almal

Dankie aan almal wat epos aan my gestuur het die afgelope jaar.....

Ek moet die een wat my daai ding oor die rottekak op die gom van koeverte gestuur het, bedank aangesien ek nou 'n nat lappie gebruik om elke koevert nat te maak.

Ek vryf nou ook die bokant van elke blik deeglik blink voor ek dit oopmaak om dieselfde rede.

Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir 'n siek meisie (Pennie Ferreira) gegee; wat nou al vir die 1 345 keer op sterwe in die hospitaal lê.

Ek het nie meer geld nie, maar dit gaan alles verander as ek daai R20 000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat aan hulle epos veldtog deelgeneem het.....

of as daardie Nigeriese bankbestuurder wat skatryk geërf het daai R7 miljoen met my gaan deel sodra hy die geld kan kry om die fondse vry te stel.

Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want ek het 200 472 engeltjies wat my oppas en moeder Maria gaan al my wense waar maak.

Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik ek soos 'n vlakvark in 'n moddergat op 'n warm dag.

Danksy julle,

Het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek 'n epos aan sewe van my vriende stuur en binne vyf minute 'n wens, wens.

As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coca-Cola nie omdat dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos meng.

Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te neem om seker te maak dat 'n reeksmoordenaar nie agter in my agtersitplek in kruip terwyl ek nie kyk nie.

Ek gaan ook nie meer winkelsentrums toe nie want ek is bang iemand bedwelm my met 'n spesiale parfuum en beroof my.

Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang iemand gaan my vra om 'n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika, Uganda, Singapoer of Uzbekistan.

Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my eie nie want daar kan 'n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my vleis kan laat verrot en my 'n pynlike dood laat sterf as dit my byt.

As julle nie die epos aan ten minste 144 000 mense binne die volgende 70 minute aanstuur nie, sal 'n groot duif met diarree op jou kop beland teen 5 uur vanmiddag en die vlooie van 12 brandsiekbrakke sal jou besmet en veroorsaak dat jy 'n harige boggel op jou rug kry.

Ek weet dit sal gebeur want dit het inderwaarheid met 'n vriend van my buurman se vorige skoonma se tweede man se niggie se haarkapper gebeur!

En terloops...'n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens 'n uitvoerige studie bevind dat mense met 'n lae IK en wat baie ongereeld seks het, lees altyd hulle epos met hulle hande op die muis.

Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te laat!!!

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek is baie jammer ek weet jy se dis nie snaaks nie ma ek het hard probeer om nie te lag nie. Ek dink die bure is ook nou wakker.

Link to comment
Share on other sites

Dit is egetr baie waar en som my gevoelens oor die ewige kettingbriewe baie mooi op.

Link to comment
Share on other sites

Guest JWEL

Dis die BESTE!!!!!!!!!!!!!

Sjoe KD, kan ek dit maar vir my mense aanstuur. Dis die beste opsomming van al die gemorspossies (jammer, maar ek is nie lief vir sulke epos nie) wat my inbox inkruip.

En nou wens ek julle sommer net 'n van harte, opregte, lekker, aangename dag toe omdat ek wil, sonder om iets terug te verwag of te waarsku dat iets vreesliks met jou gaan gebeur as jy dit nie forward pay nie.

Met liefde

Link to comment
Share on other sites

Fine! ek sal nie meer vir jou emails stuur nie! haha

Link to comment
Share on other sites

Guest JWEL

Nou sit ek en wonder of jy vir KD of my antwoord Tertius, wel, asof ek al ooit iets van jou gekry het :) , so dis seker vir KD.

Sjoe, maar my vorige post klink kwaai, sorry, eintlik geniet ek die oulike mails en mooi fotos, maar as die mail vir my sê ek gaan iets oorkom as ek dit nie verder aanstuur nie, word ek suur, dis maar al.

Edited by JWEL
Link to comment
Share on other sites

Kannidood

YOU ARE SO FUNNY!!!!

My Afrikaans is really bad but I read your post from start to finish (took me fifteen minutes!!)

I absolutely loved it!!!!

Link to comment
Share on other sites

Luister hier KD, kom ek se vir jou jy kan geld maak hier in Australie soos min. Jou sin vir humor, ek hoop die gesiguitdrukkings gaan hiermee saam(waar's die webcam tog) is onverbeterlik. Onthou ek was darem vir 20 jaar 'n Afrikaans-onderwyser!

"Doe so voort".

Olie :):ilikeit:

Edited by Olie
Link to comment
Share on other sites

Jy het dit wat ons almal dink, baie mooi saamgevat! Dit is so snaaks, ek gaan nog vanaand in my slaap giggel, en as ek weer so 'n ketting e-pos kry, gaan ek definitief aan jou dink.

Briljant!

:):ilikeit::lol:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...