Jump to content

Suid afrikaanse fobie


Blossom

Recommended Posts

Yikes! Hoe skop daai ou Afrika sindroom van ouds nou net nie in hier by my nie? Daai angstige, bang gevoel van omkyk, oor jou skouer loer en sluit jou deure want anders kom 'hulle' in....

Ek het nuwe banke vir die sitkamer gekry en niemand wil die oues verniet he nie. Die Ozzies gooi mos goed weg en koop nuwes, hulle maak nie reg nie, hulle smyt weg. Nie eers die Salvo's wil dit verniet he nie en St. Vinnies se 'we'll only take it if it is immaculate, thank you'.

Dit is nie immaculate nie, maar ook nou nie juis voos nie. Net die een bank is effe stukkend en kan so maklik reg gemaak word teen amper geen koste nie. Maar nou ja, hulle soek dit nie.

Besluit toe maar om 'n advertensie by die winkel sentrums op te sit gister. Net by twee winkels op gesit en wag toe maar om te sien of dit gaan werk. Dit werk toe.

Kry vanoggend sommer drie navrae, die derde ou bel toe weer en se hy sal dit vat en waar bly ek. ek gee hom die adres en hy se hy sal oor 15 minute hier wees.

Die huis is stil, net die radio speel en ek sit voor die laptop, die omgewing is doodstil want almal is weg werk toe. Dit voel of ek stoksiel alleen hier in my subburb is. En ewe skielik tref dit my....ek is alleen! Se nou net dis twee of drie mans wat hier aankom, wat maak ek as..............

Ek dink myself in 'n toestand in en ek sit die radio af, gryp die hond en my selfoon en gaan sit in die kar. Nou wag ek vir hom, gereed om weg te jaag as iets verdag lyk. Ek dink allerhande dinge, van hoe hulle die huis kan leeg dra en ek maar kan skree, niemand gaan my hoor nie.......

Ek sit 'n volle halfuur lank in die kar buite en wag vir die man om die goed te kom oplaai, by die tyd is ek in my gedagtes vermink en katswink en alles en nog wat, ek voel nie goed nie.

Toe die arme outjie hier opdaag, saam met 'n vriend en hy lyk so vriendelik en happy met die banke, toe voel ek soos 'n groot fool. Hoe kon ek so panic? Is dit wat SAfrika aan my gedoen het? Is dit nou die fobie wat ek ge erf het en wat ek saam met my gaan dra vir die res van my lewe?

Hoor gisteraand weer van familie daar, melk kos glo bykans R20.00 per 2liter, petrol R10.00 per liter. Die petrol joggies moet glo somme maak voor hulle vir jou kan se hoeveel moet jy betaal vir jou petrol. (hau)

En ek lees vanoggend dat die Zim vlugtelinge nou maar weer terug vlug Zim toe. Die geweld is te erg vir hulle daar. By Cleveland was daar 'n geskietery gister............nee wat, los dit maar, wil nie meer daaroor praat nie.

O ja, ek sien die ou wat die banke kom haal het is van 'n 'pawn shop' af. Hy gaan nou daai bank oortrek met die minimum onkoste en die goed verkoop teen 'n lekker vet wins. Slim ne? Iemand kon dit verniet gekry het, self oorgetrek het en met 'n goeie stel gesit het.

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ek sit ook soms en wonder of ons dit ooit sal afskud om ten minste 2 keer al die deure te check voor slaaptyd, ons los nooit ons karre buite nie, maak seker daar is niks naastenby waardevol op die stoep wat kan aandag trek van die straat af nie, (hulle het my verlos van al my tuinsoele, en nie die 2m palisade of ons Pitbull teef het hulle blykbaar te veel gehinder nie) en so kan ek aangaan-maar julle weet almal hoe dit is, want julle is of daar deur of sit nogsteeds daarmee!

Hopelik sal dit makliker van ons kinders afwas.

Groetnis

Adam.

Link to comment
Share on other sites

Spoke to my garden boy over the weekend. HE lives in Kay Sands informal settlement. Seems like there is a line drawn in the camp, locals one side, foreigners on the other. No unrest there at the time, but this morning on the news it sounded like the zenophobia is spreading fast through every place.

Link to comment
Share on other sites

Ja, ek weet hoe jy voel. En ek dink dit vat laaaaaaaank om weg te gaan. Toe ons eers in ons huis ingetrek het, het ek weer begin wakker le en luister na al die geluide in die nag en bang gevoel. Toe besef ek, hoekom is ek bang??!!! Hierdie is nie SA nie, daar is nie mense wat inbreek en jou sommer doodskiet nie!!

KD, hoop nie jy gee om as ek nou ook my storie vertel nie?

Iets soortgelyks het laas week met my gebeur.

Daar was 'n klop aan die voordeur. Ons huis, soos meeste huise hier, het nie 'n muur voor nie. Net die agterplaas is toe. Ek is nou glad nie gewoond daaraan, ons huis in Suid Afrika was soos al die ander, palisade en muur tussen jou en die straat en ons twee groot honde wat vir almal geblaf het.

Nou weet ek nie wat om te doen nie, my man was ook nie by die huis nie, want hy was weer daar bo by die myn (Newman). En dis al donker. Maar dan se ek vir myself, dis mos nou Australia hierdie, nie SA nie, gaan maak daai deur oop! Toe maak ek die deur oop, en daar staan 'n jong man wat baie ordentlik begin praat en skilderye aan my probeer verkoop, want hy is 'n kunsstudent.

Toe hy weg is, is ek sommer bly, want dit is hoe mense eintlik moet kan lewe. Nie agter tralies in jou eie huis of met vrees nie!

Cheers

Sue

Link to comment
Share on other sites

Hi Sue,

Ja, vanoggend terwyl ek wag vir twee vriendinne om te kom kuier, is ek in die huis besig om bietjie reg te trek, voor hulle dink ek is 'n v---g-t en doen niks in die huis, behalwe om oppi forum te le nie.(Hyg)

Daar is 'n klop aan die deur en ek maak oop. Daar staan 2 ou tannies, ek se oud want hulle het al grys hare, maar ek skat hulle so jonk soos ekke. Dis daai vreemde kerkgroep wat my Oupa my geleer het jy se vir hulle mooi dankie maar nee dankie en dan maak jy die deur toe. Nou nie in hulle gesigte nie maar ferm toe, en gaan aan met jou eie dinge.

Have a nice day anyway, roep die ene my toe en vrolik flenter hulle hier, straat af. Geen bekommernis, geen bang grys haar op daai koppe nie. Van deur tot deur gaan hulle, die twee gryses. Hoe weet hulle wat wag vir hulle agter daai toe, vreemde deure? Daar is mos baie perv's daar buite, dan nie? Na gister se angs aanval wat pure verniet was...............

Ek gaan staan in my spore en die besef sak oor my....KD, jy is mos nou nie meer DAAR nie, jy is nou veilig, koekie! Net daar gooi ek my voordeur oop sodat die vars seelug kan inwaai en rondspeel hier tussen die meubels en om die hoekies.

Ou tannies (soos ek) kan maar vry rondloop buite, jy mag maar klop aan vreemde deure en kan maar sommer net LEWE! Dis veilig en dis lekker en dis mooi en ek wens dit vir almal toe. Toe, maak gou en kom kry vir jou, hier is baie...........

Link to comment
Share on other sites

KD, dankie vir jou posts - ek is mal daaroor :ilikeit:

Ek het nou die dag 'n eenderse ondervinding gehad. Ons bly op 'n creek, so daar is baie bosse en bome - pragtig. Ek vat toe die asblikke uit, besef dis pik donker, sien die bosse langs my, voel to so angstig, hardloop omtrent binne in die huis in, sluit die deur, en besef, jinne, ek is mos nou in Aus - dis ok :rolleyes: Maar ek besef toe weer die angs waarmee ek elke dag gelewe het.

Ek het ook gestap in die oggende voor werk, maar nou dat dit donker is laat, en vroeg in die aand, is ek nog bangerig. Ek het vir 'n personal trainer by die gym nou die dag gese ek is te bang om in die donker (oggend of aand) te stap, ek weet dis stupid, maar nou ja, iets van my verlede wat nie wil weggaan nie. Hy se hy het 2 SA kliente en al2 het dieselfde ding vir hom gese...hopelik eendag sal ek nie meer so bang wees in die donker buite nie, daar is tog baie ander mense wat in die donker stap in ons buurt... :holy:

Link to comment
Share on other sites

Hi LiezelM,

Weet jy, ek is vrek bang vir leeus, het 'n rerige, diep angs vir die goed. Ek droom oor en oor van hulle. Droom ek is die kar , nou net by my huis aangekom en toe ek wil uitklim sien ek net leeus. Nie mannetjies leeus met die mooi maanhare nie, nee, daai wyfies met die lenige lywe en die spiere en die oge so op skrefies. Hulle loop al om die huis en my mense is binne en ek weet nie hoe gaan ek binne kom nie. Nou ry ek my kar styf teen die huis af en probeer so na as moontlik aan die deur of vensters kom sodat ek net kan inglip.

Maar ek kan nie, hulle is oral en hou my dop, lek hulle lippe af...in my droom kom ek nooit in die huis in nie, ry net op en af en dis net leeus waar jy kyk.

As kind het my Ouma-hulle so 'n donker voorhuis gehad, om van die kombuis tot by my kamer te kom moes ek verby die voorhuis. Ek het altyd daar verby gehardloop, bang daar is leeus in wat my gaan bespring. Nooit in die nag opgestaan nie want die leeus gaan my vang.

Kan ek vir jou beter beskryf van my angs? Weet jy nou hoe bang ek was? Nou ja, dis hoe ek gevoel het in SAfrika die laaste ruk van my lewe daar. Ek wil nooit, ooit weer so voel nie....sal ook nie, want ek gaan nie terug nie.

Ek voel so vry nou waar ek hier sit met 'n oop deur en die musiek kliphard aan, op die pc.........................

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ek het Sondag oggend familie by Perth lughawe gaan optel wat ook die lig gesien het. Daar was natuurlik baie ander afrikaanssprekendes op die lughawe en hoor toe hoe een vrou die ander aankomelinge groet met die woorde "Welkom in die land van die lewendes". Net daar het ek weer gesê, soos ek daagliks sê "Dankie Here dat ons hier kan wees!

Link to comment
Share on other sites

Ek was in my lewe nog nooit 'n bang mens nie. Ek dink dit was 'n oorlewings meganisme. As ek toelaat dat angs my onderkry, sal ek in my huisie toegesluit bly, nerens gaan nie en allerhande fobies he en niks doen nie. So ek het geen secutiry doors of sulke goed nie. My deure van die huis is altyd oop want ek weier om in 'n tronk te bly terwyl die skelms vry buite rond loop. Ek dink rerig dis die enigste manier hoe ek kon cope met die situasie hier. Loop liewer met oogklappe aan en as dit moet gebeur dan gebeur dit maar.

Maar vandat ons begin het met die proses om OZ toe te gaan, het alles verander. Ek maak deure toe, ry met my kar se vensters toe en is rerig bang. My grootste vrees is nou dat ons sal dood gaan, voordat ons hierdie vrees aanjaende land verlaat.

Wys net watse invloed hierdie land se geweld op 'n mens se gemoedstoestand het!

Link to comment
Share on other sites

Guest JWEL

Ons huurhuis het oral flyscreens, behalwe by die waskamerdeur. Dié deur laat die sonnetjie so lekker in, dat ek dit dikwels oopmaak, dat dit tot in die kombuis inskyn. Vanaand toe vang die vroeë sonondergang my weereens, en toe ek koel begin kry en die deur wil toemaak is dit al stikdonker. MENSE!!!! tref so 'n ys,yskoue rilling my tussen die blaaie om daardie deur so vinnig moontlik toe te kry - dadelik weer die gevoel wat ek altyd in RSA gehad het, dat daar iemand beslis om die hoek staan en wag - AI, vryheid!! moet dit nog gewoond raak.

In RSA was ek doodbang dat iemand in die huis inkom sonder dat ek dit hoor, soos wat met my 3 van my swaer hulle se bure gebeur het. Ek het dikwels angsbevange wakker geword en geglo iemand staan langs my bed. DIT het ek sowaar hier afgeskud - ek slaap sooooo lekker nou.

Link to comment
Share on other sites

Ek het Sondag oggend familie by Perth lughawe gaan optel wat ook die lig gesien het. Daar was natuurlik baie ander afrikaanssprekendes op die lughawe en hoor toe hoe een vrou die ander aankomelinge groet met die woorde "Welkom in die land van die lewendes". Net daar het ek weer gesê, soos ek daagliks sê "Dankie Here dat ons hier kan wees!

Mense, ek kan nie vir julle vertel hoe ek uitsien daarna om ook so deur my ou pelle gegroet te word as ons daar land nie...

Daar in Perthfontein, soos hulle dit deesdae noem...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...