Jump to content

Soek dringend vetkoek resep!


Mandz

Recommended Posts

Hallo al julle bobaas kokke!

I need some serious help!! Dis my man se beurt om volgende Vrydag eetgoed werk toe te vat en ek wil graag vir die klomp lekker kerrie vetkoeke bak! Die kerrie maak is nie 'n probleem nie, maar hoe maak ek lekker vetkoeke? Die soort wat crispy is aan die buitekant en wat ek lekker vol vleis kan stop sonder dat alles te veel uitpeul en waglik lyk?

Enige "flop" bestande resepte sal waardeer word asook enige tips en wenke.

Groetnis

Amanda

Link to comment
Share on other sites

Ek het die Moedersdag gemaak vir my ma.

Al wat jy doen is die volgende: koop lekker vetkoek doug by jou winkel soos Spar of Pickn Pay in Aus. Vat dan skinkbord of so iets en sprei cook n spray op dit.

Jy kan bietjie meel ook opgooi sodat die vetkoeke nie vassit nie. Dan rol jy lekker bolletjies, so groot soos palm van jou hand. Hoe groter die bolletjie, hoe groter die vetkoek later.

Dan sit jy dit in warm kamer en gooi lekker warm kombers op dit. Dit gaan dan rys tot sukke lekker groot bolle.

Vat dan jou pot waarin jy dit gaan maak, gooi omtrent so 250ml (kan nou nie presies onthou) ek skat hom gewoonlik, maar net soveel dat die helfde van die bolletjie in die olie is.

Sit hom lekker warm aan en wag dat hy goed warm word.

Gooi dan die eerste bolletjie in en kyk wat maak hy, as die buitekant vinnig donker bruin word, is die olie te warm. Sit dit dan stadiger. Draai dan die vetkoek om. Doen dit so paar keur, kyk na die kleur van die vetkoek, jy sal dan sien as hy begin mooi bruin kleur word, kan jy maar uithaal. Sit dit dan in bak wat hunting towel bevat, sodat die oortollige olie op dit kan afwas.

Gaan so voort tot die laaste een gemaak is. Sny hulle dan oop en sit lekker kerrie mince in.

Sterkte daar, dit het vir my gewerk al paar keur so behoort vir jou te werk

Link to comment
Share on other sites

Mandz,

Wat ek geleer het by my kleurling staf girly.....haar naam was Sharon.....sy het gese jy moet met ligte hande werk, amper met die vingers.

Een medium pakkie koekmeel

een pakkie kits korreltjie suurdeeg

Lou water

bietjie suiker

olie.

Sit koekmeel in groot mengbak, gooi bietjie sout by.

Meng die suurdeeg in 'n koppie met so 3 lepeltjies suiker en sterk lou water, laat opskuim.

Voeg dit by die meel in mengbak, meng met vingerpunte in.

Gebruik nog lou water en voeg bietjies, bietjies by die meel mengsel terwyl jy met die een hand se vinger punte bymekaar skraap en meng. Vat aan die deeg of jy vieserig is vir dit....saggies en liggies. Moenie die goed dood knie nie, dis outyds.

As die deeg mooi by mekaar is, nie te styf nie en ook nie te slap nie sit dit in 'n skoon bak wat jy met spray and cook gespuit het. ( Moenie die vlieespuit gebruik soos ek een keer nie) Smeer die bokant van die deeg met skoon olie en maak die bak toe met clingwrap. Trek 'n plastiese sak oor en laat dit rys op 'n warm plek. Nie in jou man se kar se boot nie want dan ry hy Johannesburg toe daarmee en jy sit vanaand en boot skoon maak.

As dit mooi hoog gerys is maak sulke lang worse met die deeg op 'n meel bestrooide oppervlakte en sny so groot soos jy dit wil he. Bolletjies rol is ook outyds. Laat dit staan om weer te rys vir so 10 min. Bak in warm olie tot goud bruin. Toets eers die olie met 'n sample vetkoekie en nie met jou wysvinger nie, soos my Ouma gemaak het nie. Eet die sample met stroop voor die kinders jou sien ek ook wil he.,

Die resep maak my nou lus vir vetkoek en mince.......jy kan die deeg gebruik om jou eie pizzas ook te maak. dis nou as jy moeg raak vir Pizza Hut.

Geniet dit!

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ek het al hoeveel kere gevoel (met die vinger of die olie warm is) en elke keer gebrand. Ek leer net nie.

Dit klink lekker. Raai wat eet ons!

Dankie KD

Link to comment
Share on other sites

It's Friday so forgive me but.... :lol:

Take a cake and some fat and well.... blend them together and there you go...lovely fatcake :ilikeit:

A

Link to comment
Share on other sites

Not so easy NWMate.....don't you know vetkoek? You really must try the above recipe.....dis vra-na-nog-lekker!

I made pancakes today...ideal for this rainy weather. Some traditional ones with cinnamon sugar and some savory ones with mince. Must say it came out a huge success with only three flops in the beginning when I warmed up the pan. Yum!

Link to comment
Share on other sites

Hi Amanda,

Op Bladsy 6 van dieselfde "Topic" is die opskrif: Onthou jy nog? Resepteboek en kyk dan onder allerlei is 'n vetkoek resep. Ek het dit al gemaak en ook gemaak vir Ozzies en hulle like dit. (Want hulle ken dit in elk geval nie) Jy kan dit miskien voordie tyd net "try" en kyk. Die een werk vir my.

Link to comment
Share on other sites

Hi Amanda,

Op Bladsy 6 van dieselfde "Topic" is die opskrif: Onthou jy nog? Resepteboek en kyk dan onder allerlei is 'n vetkoek resep. Ek het dit al gemaak en ook gemaak vir Ozzies en hulle like dit. (Want hulle ken dit in elk geval nie) Jy kan dit miskien voordie tyd net "try" en kyk. Die een werk vir my.

Dankie almal vir julle tips en raad! Ek gaan beslis kanniedood se resep probeer! Sal julle laat weet wat die Aussies van my fatcakes dink!

Groete

Mandz

Link to comment
Share on other sites

Mandz,

Een medium pakkie koekmeel

Hi Kd,

How many kgs is this cake flour? I haven't made 'gekniede deeg' vetkoeks before, but your recipe looks easy enough to try, just need to know the weight of the flour - help!

SAS

Link to comment
Share on other sites

Hi SAS,

My recipe is the same as KD's and I use 6 cups of flour.

Hope this helps.

N

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle.

Ek koop sommer brooddeeg by enige plek wat brood bak. Met die kinders is daar nir tyd vir goed knie nie. Dit werk maklik en is baie lekker.

Jy olie moet nie te warm wees nie anders is die vetkoek rou in die binnekant. Maak die deeg plat sirkels en sit dit op 'n gesmeerde skinkbord. Sit 'n klam vadoek oor en laat die deeg bietjie staan sodad dit bietjie kan rys.

Sit die deeg in die olie en skep die warm olie met 'n lepel op die middel van die vetkoek. Jy sal sien die middel word bruin en pof op. (tip van 'n vrouelandbouunie ma :unsure: )

Ek is mal oor vetkoek met appelkooskonvyt en kaas.

Ek is sommer nou honger!

Geniet dit hoor Jacqueline le Grange

Link to comment
Share on other sites

Hi SAS,

I use a 1kg packet of flour...let me know please..

Regards

Link to comment
Share on other sites

Thanks Kd and Nilo, I'll let you know how they came out.

SAS

Link to comment
Share on other sites

Ek het al hoeveel kere gevoel (met die vinger of die olie warm is) en elke keer gebrand. Ek leer net nie.

Dit klink lekker. Raai wat eet ons!

Dankie KD

hi daar,

Wendy het ek jou dan nie mooi geleer nie? Hoeveel vingers het jy nou al verbrand? En K D ek het ook al die deeg in die kar op die agtersitplek vergeet.

Link to comment
Share on other sites

Hetta

Ek kan sien jy kom van Witbank af, ek het daar skool gegaan en my hubby daar ontmoet. My skoonma het my geleer om die vetkoekdeeg in die kar se agtervenster te sit om lekker te rys.... Mens moet dit net nie daar vergeet nie..... :whome:

Ag, nou verlang ek sommer na my Skoonmoeks....

Link to comment
Share on other sites

Hi Mandz,

Wonder hoe het die vetkoek uit gekom? Wat se die mense? Laat weet ons asb,

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ek weet ek is nou bietjie laat met die, maar KD, my Ma het dieselfde resep, en is elke keer bobaas :blink: Het al 'n paar keer hier gemaak, en ek en my Man eet ons vingers af! Met lekker kerrie mince!!!

Link to comment
Share on other sites

Nog iets wat ek wou byvoeg wat ek by 'n vriendin van my van Namibie en my bobaas kok tannie geleer het met die vetkoek - is voor jy hom bak, moet jy hom uitrol, dit laat dit lekker oppof. Het dit probeer, en het gewerk :blink:

Link to comment
Share on other sites

  • 5 weeks later...

Hi KD

Ek het jou resep gister probeer, en dit het baie lekker uitgekom. Ek het die helfte van myne met botter en stroop geeet, en die ander helfte met kerrie mince, en het my vingers afgelek!! :)

Dankie vir die resep!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...