Jump to content

Aussie Suidwester Dagboek - 25 Mei '08


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Alles het mos gister gebeur - so vandag het ek 'n lekka hangover - sien, tot die datum is verkeerd. Gister gaan ek 'sticks' (bos) toe om 'n draadtrek quote te gaan gee en ook 'n anner job te gaan klaarmaak. Ek het 'n Bullnose verandah gebou en moet net die laaste stukkie doen. Wat 'n lieflike dag - die mense is nie daar nie en my rifrug en Wolfhound speel onner en ek's bo oppie dak. Ek voel sommer perdfris en happy.

Ek druk daai De Walt boor in daai dakskroewe en begin hulle uithaal. Ewe skielik is dit derde Wêreld Oorlog - ek word aangeval van links en regs. Ek bokspring en vloek - klap hier en klap daar - ek word met asegaaie gesteek. Hier in Aus het hulle mos 'paper wasps' - die goed steek vir die eerste span. Ek hardloop na die annerkant toe - die twee honne sit oppie gras en frons - hulle like dit as hulle baas so dans.

Ek klim vloekende van daai dak af - ek gaan hierdie stekende insekte nou nek omdraai. Ek gryp 'n klein leertjie en soek daai nes - op 'n tyd gryp ek die dak so vas en my vinger druk daai bynes so per ongeluk. Hulle val my weer aan in sulke sarsies en ek hop so van daai leer af. Ek het geen vuurhoutjies nie - ek kan die bleddy goed nie eers brand nie. Ek soek deur die mense se sheds - natuurlik geen gif nie. Ek's sommer gatvol - ek weet sommer die dag gaan 'n groot knaterflater wees.

Ek gaan gee die quote vir 20km stockfencing - $65 000 - hoe like julle daai ene. Yep, dit is wat draadtrekkers vra - dit is net vir arbeid - werk uit op so $187/uur - mens voel sommer lus vir draadtrek vir daai prys nê. Ek ry terug Stanthorpe toe - die donnerweer gaan mal in die verte.

Op 'n tyd kom ek om 'n draai - die pad is spierwit - lyk soos skuim. Ek sien sulke liggies flikker en ek dog daar was 'n brand of ongeluk - hulle het daai skuim gespuit. Ek kyk mooi - dit is hael, omtrent 'n voet diep. Die liggies is die van die RACQ - hulle is besig om 'n spinternuwe bakkie uit die bos te sleep - gegly op die hael. Ek ry om die volgende draai - nog 'n kar innie bos. Die groot graniet rotse is spierwit van die hael - lyk soos groot sneeubolle innie bos. Die hael lê net vir so 300m - toe is die pad weer skoon - snaakse wêreld die.

Ek ry deur die dorp - sien 'n snaakse ding. Mense se dogtertjie wat ek ken, staan daar in die Plaza met 'n vriendinnetjie - hulle is net so 9 jaar oud. Skoolklere aan en sulke snaakse groot hoedens. Hulle dans soos afvlerk hoendertjies om 'n boks - klap hulle armpies so. Mense staan en giggel en gooi geld innie boks. Ek stop net daar en kyk die affêre so - op die boks staan RSPCA - hulle samel geld in vir die arme diertjies. Ek skud my kop.

Ek gaan trek geld - langs die ATM sit sulke sleg jong Aussies - regte skuim. Die een het sulke was in sy hare en hy stenk man - hy het sulke swere orals op sy lyf. Ek trek my geld en hou hulle in die weerkaatsing van die glas dop - reg om in action in te gaan as hulle my geld wil gryp. Ek kry skielik die reuk van gebrande hare in my nostrils en ek hoor die klomp vreeslik giggel. Hulle het die verdwaalde vuil kreatuur se hare aan die brand gesteek. Hy hardloop rond soos 'n afkop hoener en skree 'bushfire, bushfire.' Die 'was' op sy kop was gebrande hare. Kan julle dit nou glo???

Daar ry ek nou gister en dink aan die RSPCA en die aap wat 'bushfire' skreeu. Nee wat, dink ek, ek word nou bleddy oud. Ek gaan sorteer die pos uit - dit is waar ek nou vashaak met die tweekop draak en haar bleddy chopsticks - ek gee haar 'n ordentlike mouthwash - so sterk, die polieste kom met hulle ou flashy kar.

Vanaand sit en kyk ek na ou Gordon Ramsay op TV - hy F you en F that mos alles. Ek kyk hom so en weet hy sou vreeslik skaam gewees het as hy my gister gesien het. Vandag gaan ek na die polisie kantoor toe. Hulle maak mos eers 09H30 oop - maak mos weer 16H00 toe - hier's mos nie crime nie - net Boere wat tweekop drake jaag. Ek wil gaan oor of die tweekop draak nou 'n klag teen my gemaak het, indien so - dan gaan ek haar stert en vlerke afkap. Voor by die toonbank is daar 'n vet mannetjie sonner uniform en 'n blonde mollige dame sonner uniform. Watse bleddy polieste is dit nou die??? Ek kies die oulike mollige dame - sy't sulke oulike kuiltjies. Ek verduidelik die storie en sy wil haar vrek lag - ek sê, ek wil net weet of die tweekop draak nou 'n klag gelê het, ek wil nie hê sy moet my onverwags vang nie. Neeeee, sê die oulike dame - ek sal weet as daar 'n klag gelê word. Ons gesels oor anner dinge en as ek nie getroud was nie dan het ek 'n date gehad met 'n polisie doedie - tog te oulik.

Ek ry na die tweekop draak se vulstasie toe - ek's mos nou kuis - ek kan die pot mos nou weer lekka dik aanmaak. Ek gaan haar heeltemal mal maak - sy gaan overdose op rys. Ek gaan ruk my pisbos oop - geen mail nie - ek loop daar in - bloeddruk net lekka reg. Ek sien haar vinnig verdwyn daar innie kombuis in - seker om 'n oliebol te rol. Daar's so 'n jong meisie wat benoud sluk - ek gesels maar vriendelik met haar - vra haar waar ou Stupid nou is. Neeeee, sy's besig. Môre is nog 'n dag, dink ek.

Die hele ding is nou by Australia Post - hulle gaan haar lekka werk - al my pos is weg - bankstate, tjeks die lot. Ek gaan die tweekop draak holrug ry, terug Ooste toe.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Me thinks me need to consider professional "draadtrekking".

Excuse the english but I do enjoy reading your stories!

A

Link to comment
Share on other sites

Wel, ten minste is jy vir eers veilig van die tjoekie af. Ai, en ek het nogal gewag vir die stories wat daar sou uitkom ... Ons eerste forum member, live uit Stanthorpe prison ...

Link to comment
Share on other sites

Ja ek het ook al begin resepte soek met vyle as bestanddeel.... :unsure:

Sorry oor die bysteke, Mauritz, jy lyk nou seker of jy in 'n fight was met die draak-antie?

Link to comment
Share on other sites

Nee Kat, na al die draadtrekkery is M gesteek, nie gebrand nie :blink:

Al my simpatie, ek weet dis blerri seer. Hoop daar is iemand met sagte handjies wat jou pyn kan wegstreel.

Link to comment
Share on other sites

Ek gaan haar heeltemal mal maak - sy gaan overdose op rys.

LOL!! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hierdie ou is blerie snaaks!!!

Love it mate! "steek vir die eerste span" - bwahahahaha!!!

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...