Jump to content

SINUS, HOOIKOORS, ALLERGIE......................


benita

Recommended Posts

:ilikeit: Mediese??? vraag - LOL

Enige iemand wat Rustenburg ken, sal weet dat dit seker die mees 'allergieste' (sou daar so 'n woord wees) stad wat daar is, mense dit is die ergste, sinus, hooikoors, allergieë wat jy nog beleef het, en werklik is baie (EERLIKE) medici dit eens dat sodra mense hier wegtrek dit sommer beter word.

Hoe en waar in Aus steek hierdie ding ook kop uit - Wil iemand waag om te sê

Lekke aand (SA) en na-nag in Aus

Groete

Benita :)

Link to comment
Share on other sites

Ek kan nou nie rerig sê nie, ek was nog nie self in Aus nie, maar dit hang seker maar af waar jy heen gaan, & hoe die klimaat ooreenstem met plekke in SA. As ek byvoorbeeld Kaapstad toe gaan is my hooikoors amper heeltemal weg, terug by die huis is dit weer sky-high, so ek hoop Adelaide, wat ek hoor baie soos Kaapstad is, sal ook goed wees vir my hooikoors.

Link to comment
Share on other sites

Enige iemand wat Rustenburg ken, sal weet dat dit seker die mees 'allergieste' (sou daar so 'n woord wees) stad wat daar is, mense dit is die ergste, sinus, hooikoors, allergieë wat jy nog beleef het, en werklik is baie (EERLIKE) medici dit eens dat sodra mense hier wegtrek dit sommer beter word.

Hi Benita

Ek het vir 'n paar jaar op Rustenburg gebly en nog altyd erge sinus en hooikoors gekry.

Ons bly nou in Melbourne en sover gaan dit goed met die allergiëe. Ek kry so 2 keer per jaar sinus waarvoor ek iets gebruik en verder hooikoors in die lente. Gelukkig is hier nie baie stof nie en aan die kus gaan dit mos altyd bietjie beter met die sinus.

Dis nou nie 'n mediese uitspraak nie, maar hoop dit help.

Link to comment
Share on other sites

Ek het oral in Suid Afrika hooikoors en sinus gekry. Sover in Australie nog nie probleme gehad nie, maar ek is nou eers drie maande hier.

Link to comment
Share on other sites

Ek was 'n groot sinus lyer agv die hoeveld se gasse in die lug totdat ek rooipeper se voordel ontdek het so 2 jaar terug. Ek vat 1 plat teelepel rooipeper met bietjie water elke dag in die winter en 2 keer 'n week in die somer. Maar ek moet noem vandat ek in Perth is, het ek hierdie wonderraad nog nie weer nodig gehad nie. Search die internet vir cayenne peper en julle sal baie voordele kry hiervoor. Bv hartsiektes, spat-are, prostaat probleme, sinus ens (die lys is lank). Die goed is walglik om te sluk maar die verskil wat dit in my lewe gemaak het, is die moeite werd. 'n Sluk lemoen / pomelo / suurplemoen sap direk na peper help baie om die brand vinnig weg te vat. Koop die refill pakkies, baie goedkoper.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...