Jump to content

Bed@nnerde Boer Down Under

Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek's so kwaad soos 'n skaap - ek kan 'n Vaalrivier baber met 'n tannestokkie opvreet. My bloedruk is op-en-af soos 'n hysbak in 1 Militêre Hospitaal tydens Operasie Protea.

Sien, ek bedryf mos 'n landscaping & fencing besigheid hier in Stanthorpe. Dit is amper soos om 'n sexshop in De Aar te hê - dit sukkel maar partykeer. Dit is 'n klein plekkie en almal ken almal. Selfs hier kry 'n mens rekeninge, so lank soos 'n Krismisrekening - so lank soos 'n muil se voorkop. My customers stuur ook nou en dan vir my geld - iets wat mens nie hier kan mis nie.

Een van my suppliers het elke Kersfees 'n m@erse party. Die rowwe Aussie vra net na Nuwe Jaar vir my - hoekom ek so hooghartig is - is ek te goed vir sy party. Hulle het 40 kaste bier gedrink - waar was ek????? Sien, ek het nooit sy laaste rekening vir die jaar en die uitnodiging gekry nie. Ek moet die heeltyd ander suppliers kontak, want ek kry nie hulle rekening nie. Nog erger - hulle bel my, rooi onner die kiewe omdat ek hulle nie betaal nie. Ek kan aangaan en aangaan. Ek bel customers - "Waar's my bleddy geld???" Dan raak hulle so kwaad - hulle kan 10 stringe papierpoppe kraam. Sien julle nou, wat hier aan die gang is - ek kry nie my mail nie.

Net so ommie hoek van ons is so 'n afgewaterde service station - dit is sommer 'n poskantoor ook. Ons is al vir jare daar - onlangs het dit van eienaar verander. So, vir 4 maande nou blameer ek almal, behalwe die plek. Sien, daar werk so 'n dragon lady - sy's van iewers innie Ooste af en haar Ingrish is velly, velly niiiiiiiice. "Don't speak twice together, please speak once upon a time - you know." Die affêre is so ongeskik, ons koop nie eers brood daar nie - never mind petrol. Ons kry net ons mail, dan gaan ons.

My bakkie se registrasie kom nie, so ons gaan kyk elke dag - niks nie. Ons vra nuwes aan - niks nie. Ek raak rooi ommie kiewe met die Transport department - hulle stuur nuwes - niks nie. Vroulief gaan sien die dragon lady - neeeeee, reken die affêre - ons was weg gewees van Januarie af - asof sy nou sal weet. Ons kom toe agter sy steel ons pos. Vroulief bel die groot poskantoor - "snaaks sê hulle - 'n hele hoop mail het nou net daar geland, toe kom haal die dragon lady dit vinnig." Seker toilet papier nodig gehad.

Vroulief tel die pos op - die dragon lady met die velly, velly beautiful Ingrish - vlieg haar in - chopsticks en al. Vertel vir vroulief sy's stupid, crazy en sy kan nie Ingrish praat nie. Vroulief kan nie 'n vlieg skade doen nie - so sy's baie ontsteld.

Innie pos, is 3 vehicle registrations en baie, baie agterstallige pos - maar baie is weg. Vandag gaan ek daar in, met 'n lekka vroom Boere gevreetjie. Ek vra vir haar of sy onthou dat ek laasweek daar was en dat sy my 10 minute laat wag het - soek nou kamma nou my pos. Neeeeeee, reken sy - sy weet niks nie. Daar gaat die dragon lady - vlieg my in - chopsticks en al.

Ek loer die affêre so en my bloedruk begin so uit my neusgate uitrol. Buitekant sien ek die Kominos - groot Griekse wynmakers - ek ken hulle goed. Hulle klim sommer innie kar en sit net daar. Wat ek nie weet nie, is dat daar agter my 'n Aussie outjie staan wat ek ken. Hy het die Suidwester bosvark eenkeer half kwaai gesien - toe het hy gesê: "Hope I never see you angry again." Ek was toe nie eers opgewarm nie.

Ek vat daai ou wyf van die vrat op haar kleintoon tot die knop op haar kop - ek was haar eers met battery acid en toe met anti-grease. Ek skud vir moeder aarde en dit reen bosvarke en babers. Iewers langs die pad verloor sy haar chopsticks en sy hap soos 'n guppie tydens die Groot Droogte.

Sy wil die polisie bel - ek sê bel jou skaap - weet jy nie dat dit 'n criminal offense is om met 'n Boer se mail te interfere nie?? Sy sit die foon vinnig neer. Die Komino's het hulle hande oor hulle se ore en die Aussie outjie daar agter soek na die kondensmelk.

Die affêre is so stupid - sy dink sy kan ons pos laat wegraak omdat ons nie besigheid by haar doen nie. Sy lewe nog iewers in Asië. Kan jy dit nou glo??? Iewers het ek gesê - as sy weer haar vuilgat baber bek vir my vrou oopmaak - dan gaan ek haar nek kort by haar gatbeen afdraai. Sy wil weer die polieste bel - ek sê bel - ek wag net hier. Sy sit weer die foontjie neer.

Ek stap uit - die Aussie outjie staan daar - so verdwaas soos 'n springhaas in 'n Scania se spotlights. Ek sê vir hom: "Your lucky day mate - you've just seen me angry." Hy gryp die kondensmelk en daar sleep hy na die dragon lady toe.

Die Kominos vra of ek nie asseblief vir hulle die groot pakkie skooltoe kan vat nie - sien ek het 'n trailer. Hulle en my se kinners gaan saam skool. Die dame is so hoog opgevoed en ek voel maar bietjie naar - ek vra vreeslik omverskoning. Neeee, reken sy - sy's 'n Griek - sy flip so eenkeer 'n maand uit. Ek voel sommer beter.

Ek kom huis toe en gryp so 'n lekka wille perd - werk daai perd. Ek het net so lekka begin sweet - wat daag toe daar op???? Die bleddy polieste met hulle flashy ou kar. Sien, nou is daar klagtes op klagtes. Ek vra mooi vir al daai lekka Boere tannies daar buite - daar orals in die wêreld - as die Boer nou in die koolkas gaan sit - biltong, koeksister en appelkooskonfyt sal baie, baie lekka wees. As dit nie te veel moeite is nie - 'n 'Dankie Tannie' mes, sodat ek kan uitbreek en 'n buisie kondensmelk so nou en dan - vir energie. Baie, baie dankie.

Link to comment
Share on other sites

Ai, man, het nou lekker gesit en lag vir jou skrywe. Ons is nog nie daar nie, maar as jy tjoekkie toe moet gaan, moet jy net se ek sal vir jou iets van hier af stuur. Sterkte met die dragon lady - hoop nie julle pos raak in die toekoms weg nie.

Groete

Dankie baie. Toe ek oppie grens was het my ouma vir my ingelegde perskes en appelkooskonfyt gestuur. Ek dink ek gaan 'n 'Dankie Tannie' mes, in die Koolkas nodig hê om die growwe Aussies met vieslike tattoos van my lyf af te hou.

Lewe ons nie in 'n weird wêreld nie. As bejaarde boere vermoor word in SA, wag jy 'n jaar vir die polisie. Hier in Aus vertel ek vir Dragon Lady, ek sal haar bek met Omo uitwas en die polisie is daar in 10 sekondes.

Link to comment
Share on other sites

Ons sal stuur, solank die pakkies net nie deur daai poskantoor van die Dragon Lady moet gaan nie! Netnou dokter sy jou kospakkies van iAfrika af met een of ander substansie van die Ooste af ...

Jy sal moet wydkyk - veral daar in die koelkas.

Dankie baie. Ek het klaar 'n plan. As ek in die tjoekie is - stuur vir my tastic rys gemeng met slakgif (ek dink slakke is die naaste aan drake) - ook tjopsticks, deur daai dodgy poskantoor.

Link to comment
Share on other sites

Ons sal vir haar 'n belated moedersdagkaartjie stuur met sulke wit poeiertjies in ...

Link to comment
Share on other sites

Ek het nou baie lekke gelag!! Ja nee, in Aus verstaan hulle nie so lekke as jy bietjie jou toys gooi nie - hulle kyk my ook snaaks aan :whome:

Sterkte met jou Dragon Lady - 'n Aussie het vir my gese dit klink asof hulle met marbles in hulle monde praat :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Goeie storie Mauritz,

Janee, lyk my as jou moer so 'n ligte klankie het dan moet mens ligloop vir jou. :whome:

Jong, ek's jammer 'n die "Orient" het jou aan die agterent kom byt, dit moes eintlik die chopsticks tante gewees het aan die ontvang-kant. Jy het basies net op haar geskrou, soos ek jou storie verstaan, ekself sou haar waarskynlik gedonner het.

Ek dink jou saak gaan op die ou einde ge-squash word, elke saak het 2 kante. Die Aussie reg-en-geregtigheids wiel loop maar stadig, maar aan die anderkant is dit deeglik. Enige staatsaanklaer wat sy/haar sout werd is sal jou kant van die saak insien.

Jong, gaan skink vir jou 'n stywe glas vol van watter Aussie ekwivalent van "KLIPDRIFT" wat jy ookal kan kry, en more lyk die wereld weer beter.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Dagse Mauritz,

Dankie dat jy pen op papier gesit het, ek en vroulief het darem nou lekker gelag en het ons dit nie nodig gehad nie.

Vergewe ons dat ons plesier sien in jou pyn.

En ken ons nie die gevoel nie, veral as hul dink mens is onnosel.

Kon darem net net vasbyt en diplomaties wees. (al het mens soos n renoster op yskaatse, volspoed op pad na n muur, gevoel.)

2 jaar se dissipliene in die SAW het baie gehelp.

Ons het al voorheen van jou joernale gelees en geniet, hou aan skryf so tussen deur die werk en perd ry.

Sterkte met jou nuwe posmeester.

Groete

Willie

Link to comment
Share on other sites

Eish M, die friekin Dragonlady sou net so by my deurgeloop het!! Gaan maak 'n saak by Aus Post!! Druk haar bleddie chopstix een in die en een in daai oor en spin haar soos 'n woerwoer!!

Ek se vir mense ek's soos die Hulk, "don't make me angry!!!" ek kry so koue gevoel wat hier van my voete af opkruip en as dit by my bekkie kom is daar GROOOOOOT K@K!!! You don't want to experience that!! Nie eers ek wil nie!! In my 45 jaar op hierdie aarde was daar 5 keer!!!

Die ding wat my so laat ontplof? Unfairness!!! EN los my kinders uit!!!! actally los al die kinders uit!!! dis nou as jy lewendig anderkant wil uit kom!

Link to comment
Share on other sites

Ek het nog altyd gese. Praat mooi met mense in Engels, maar as hulle nie jou beste poging tot die Pommie taal "wil" verstaan nie, vloek hulle so paar keer in Afrikaans en vertel hulle hul toekoms...dan eweskielik help hulle mens vinnig.

Link to comment
Share on other sites

Ag ou Mauritz, ek sal maar by "daai afdeling" in Woollies 'n draai gaan maak en vir jou van daardie lekker-ruik sjampoo gaan koop vir die tjoekie - net ingeval jy dit daar nodig kry :whome:

Wees net rustig en pleit bewusteloos ... jy sal ok wees. Kry sommer ook 'n paar mense in die omgewing wie se pos ook deur haar tedoen verdwyn / vertraag was om jou te ondersteun.

Sterkte!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz, of is dit nou Dragon Slayer

My innige simpatie en meegevoel...... vir die perd wat jy gery het!

Jy weet mos van die ou SAW dae, die beste defence is offence.

Miskien moet jy nou met 'n subversiewe aftakelingsveldtog begin. Speel met haar emosies, dit klink of sy tog bietjie het.

Hier is so paar voorbeelde wat ek vinnig kan uitdink:

1. Op 'n lekker Saterdagoggend dan gaan koop jy die goedkoopste ding in haar winkel (1 sweet) met die grootste banknoot wat jy kan kry. Dan laat jy sommer die kinders en vrou en almal dit doen. Voor sy weet is die bank toe en sy uit kleingeld.

2. Koop melk, los dit buite in die son en vat dit die volgende dag terug (voor die verval datum). Doen dit so veel as wat jy nodig voel.

3. As daar ander mense in die winkel is maak jy of jy oor haar vars produkte nies - kry sommer so snotsiekte aanval.

4. Vat vir haar 'n persentjie, een of ander plant wat bye of insekte lok as hy blom.

5. As niemand jou kan sien nie, skryf mooi boodskappies met vaseline op haar kar of haar winkelvenster. So dag of wat later sal die stof aanpak en die boodskap verkondig.

6. Se vir haar jy verwag 'n baie belangrike posstuk wat jou lewe sal verander - maak 'n groot storie op. Maak haar mal om vir die posstuk te kyk en herhinder haar aan die vorige pos 'vertragings'. Sy weet mos nou jy verdink haar en sal (hopelik) heeltyd ongemaklik voel. Laat dit so 6 weke aangaan en pester haar behoorlik vir die pakkie. Dan kan jy sommer een vir jouself pos en haar omtrend soengroet wanneer jy dit kry.

--- Intussen groet haar vreeslik vriendelik elke keer as jy daar kom.

Miskien is daar nog beter aksies wat ander forumites kan post.

P.S. die eerste sweets moet peanut brittle wees vir die perd! (oplas van my vrou!)

Cheers,

DKH

Edited by DKH
Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Ek's so kwaad soos 'n skaap - ek kan 'n Vaalrivier baber met 'n tannestokkie opvreet. My bloedruk is op-en-af soos 'n hysbak in 1 Militêre Hospitaal tydens Operasie Protea.

Sien, ek bedryf mos 'n landscaping & fencing besigheid hier in Stanthorpe. Dit is amper soos om 'n sexshop in De Aar te hê - dit sukkel maar partykeer. Dit is 'n klein plekkie en almal ken almal. Selfs hier kry 'n mens rekeninge, so lank soos 'n Krismisrekening - so lank soos 'n muil se voorkop. My customers stuur ook nou en dan vir my geld - iets wat mens nie hier kan mis nie.

Een van my suppliers het elke Kersfees 'n m@erse party. Die rowwe Aussie vra net na Nuwe Jaar vir my - hoekom ek so hooghartig is - is ek te goed vir sy party. Hulle het 40 kaste bier gedrink - waar was ek????? Sien, ek het nooit sy laaste rekening vir die jaar en die uitnodiging gekry nie. Ek moet die heeltyd ander suppliers kontak, want ek kry nie hulle rekening nie. Nog erger - hulle bel my, rooi onner die kiewe omdat ek hulle nie betaal nie. Ek kan aangaan en aangaan. Ek bel customers - "Waar's my bleddy geld???" Dan raak hulle so kwaad - hulle kan 10 stringe papierpoppe kraam. Sien julle nou, wat hier aan die gang is - ek kry nie my mail nie.

Net so ommie hoek van ons is so 'n afgewaterde service station - dit is sommer 'n poskantoor ook. Ons is al vir jare daar - onlangs het dit van eienaar verander. So, vir 4 maande nou blameer ek almal, behalwe die plek. Sien, daar werk so 'n dragon lady - sy's van iewers innie Ooste af en haar Ingrish is velly, velly niiiiiiiice. "Don't speak twice together, please speak once upon a time - you know." Die affêre is so ongeskik, ons koop nie eers brood daar nie - never mind petrol. Ons kry net ons mail, dan gaan ons.

My bakkie se registrasie kom nie, so ons gaan kyk elke dag - niks nie. Ons vra nuwes aan - niks nie. Ek raak rooi ommie kiewe met die Transport department - hulle stuur nuwes - niks nie. Vroulief gaan sien die dragon lady - neeeeee, reken die affêre - ons was weg gewees van Januarie af - asof sy nou sal weet. Ons kom toe agter sy steel ons pos. Vroulief bel die groot poskantoor - "snaaks sê hulle - 'n hele hoop mail het nou net daar geland, toe kom haal die dragon lady dit vinnig." Seker toilet papier nodig gehad.

Vroulief tel die pos op - die dragon lady met die velly, velly beautiful Ingrish - vlieg haar in - chopsticks en al. Vertel vir vroulief sy's stupid, crazy en sy kan nie Ingrish praat nie. Vroulief kan nie 'n vlieg skade doen nie - so sy's baie ontsteld.

Innie pos, is 3 vehicle registrations en baie, baie agterstallige pos - maar baie is weg. Vandag gaan ek daar in, met 'n lekka vroom Boere gevreetjie. Ek vra vir haar of sy onthou dat ek laasweek daar was en dat sy my 10 minute laat wag het - soek nou kamma nou my pos. Neeeeeee, reken sy - sy weet niks nie. Daar gaat die dragon lady - vlieg my in - chopsticks en al.

Ek loer die affêre so en my bloedruk begin so uit my neusgate uitrol. Buitekant sien ek die Kominos - groot Griekse wynmakers - ek ken hulle goed. Hulle klim sommer innie kar en sit net daar. Wat ek nie weet nie, is dat daar agter my 'n Aussie outjie staan wat ek ken. Hy het die Suidwester bosvark eenkeer half kwaai gesien - toe het hy gesê: "Hope I never see you angry again." Ek was toe nie eers opgewarm nie.

Ek vat daai ou wyf van die vrat op haar kleintoon tot die knop op haar kop - ek was haar eers met battery acid en toe met anti-grease. Ek skud vir moeder aarde en dit reen bosvarke en babers. Iewers langs die pad verloor sy haar chopsticks en sy hap soos 'n guppie tydens die Groot Droogte.

Sy wil die polisie bel - ek sê bel jou skaap - weet jy nie dat dit 'n criminal offense is om met 'n Boer se mail te interfere nie?? Sy sit die foon vinnig neer. Die Komino's het hulle hande oor hulle se ore en die Aussie outjie daar agter soek na die kondensmelk.

Die affêre is so stupid - sy dink sy kan ons pos laat wegraak omdat ons nie besigheid by haar doen nie. Sy lewe nog iewers in Asië. Kan jy dit nou glo??? Iewers het ek gesê - as sy weer haar vuilgat baber bek vir my vrou oopmaak - dan gaan ek haar nek kort by haar gatbeen afdraai. Sy wil weer die polieste bel - ek sê bel - ek wag net hier. Sy sit weer die foontjie neer.

Ek stap uit - die Aussie outjie staan daar - so verdwaas soos 'n springhaas in 'n Scania se spotlights. Ek sê vir hom: "Your lucky day mate - you've just seen me angry." Hy gryp die kondensmelk en daar sleep hy na die dragon lady toe.

Die Kominos vra of ek nie asseblief vir hulle die groot pakkie skooltoe kan vat nie - sien ek het 'n trailer. Hulle en my se kinners gaan saam skool. Die dame is so hoog opgevoed en ek voel maar bietjie naar - ek vra vreeslik omverskoning. Neeee, reken sy - sy's 'n Griek - sy flip so eenkeer 'n maand uit. Ek voel sommer beter.

Ek kom huis toe en gryp so 'n lekka wille perd - werk daai perd. Ek het net so lekka begin sweet - wat daag toe daar op???? Die bleddy polieste met hulle flashy ou kar. Sien, nou is daar klagtes op klagtes. Ek vra mooi vir al daai lekka Boere tannies daar buite - daar orals in die wêreld - as die Boer nou in die koolkas gaan sit - biltong, koeksister en appelkooskonfyt sal baie, baie lekka wees. As dit nie te veel moeite is nie - 'n 'Dankie Tannie' mes, sodat ek kan uitbreek en 'n buisie kondensmelk so nou en dan - vir energie. Baie, baie dankie.

Mauritz, ek lees nou eers al jou goed - dis vrek snaaks!

Link to comment
Share on other sites

Weereens lekker gelag !!! <_<

Jong.... dit lyk my jy kan nou maar net nie wen nie !!! Sal melktert en ystervarkies stuur as jy in die tjoekie land !!! :blush:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...