Jump to content

Sommer net nonsense op 13 Mei 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 13 Mei 2008

Ek moes net vandag ietsie skryf. Het nie tyd om my alie te draai nie wat nog van oppie net rondswerf en nonsense skryf.

Hoekom? Want vandag is dit 13 Mei. Ja ek weet. Kom by die punt. Welllllll. In die jaar 2006 het ek RSA se stof van my voete afgeskud. En wel op 12 Mei. Ons land op 13 Mei in Oz. Soos ‘n Jan van Riebeeck van ouds, land die Van der Merwes in Adelaide.

Ek onthou dat ek die grond gesoen het. Hoekom? Dood eenvoudig omdat my alie so seer was en ek gatvol vir vlieg is. Voor ek doodgaan wil ek ook ‘n bietjie eerste klas vlieg. Ek hoor ‘n ou moet jou self vasmaak want die bleddie sitplekke is so groot dat jou rondskuif innie sitvlak. Nie soos ek, wat in Toeriste klas, bo-op die sitplek sit want my posterior is te groot. Elke keer as ek ‘n ou oppie lughawe sien wie se agterstewe groter as myne is, loop die trane. Want ek WEET hoe voel sy stêre na so ‘n lang vlug.

Terug by die punt. Dit is vandag presies twee jaar wat ons in Oz is. Die mense is lief om te sê dat dit ‘n “Roller coaster ride†is. Meer verkeerd as reg. Jy kom bo en dan donner jy na benede. Jy sukkel om weer op te kom en dan val jy weer terug. Op en af. Op en af. Finansieël, emosioneel, dik word (ekke) maer word (weinig waarvan ek weet) Jy huil snot en trane oor wat was. Glimlag as jy aan sekere insidente in jou verlede dink. Skaterlag as die Sharks verloor. (eks ‘n Bul) ens ens ens. Van “ens†gepraat. Ons Afrikaanse onnie was ook ‘n Van der Merwe. Hy het op ‘n keer gesê dat jy “ens†gebruik as jy nie weet wat om te sê nie. Op ‘n keer moes ons ‘n opstel oor ietsie skryf. Een van die klasmaats begin toe die paragraaf met ens ens ens. Hy skryf toe ‘n hele bladsy vol “ens†Sy gat het gebrand, maar hy het darem 50% gekry vir oorspronklikheid toe hy virrie onnie sê dat hy nie geweet het wat om te skryf nie.

Maar, ‘n ou maak dit. Hoekom? Want ons is van Afrika en daar word nie sissies geteel nie.

Het ook gisteraand ‘n “benchmark’ in onse lewe bereik. Koop toe mos huis sien. Presies twee jaar nadat ons uit RSA weg is. My vrou reken sy sal totdat sy 83 is moet werk om hom af te betaal. Ja ek weet dit is beter om te huur as om te koop. Veral op my ouderdom. Maar ons het gatvol geraak vir die vaal tuine. Toe ons ‘n huis kry met ‘n tropiese tuin, toe koop ons. Ek sal my Foxtel moet kanselleer om hom te bekostig. Daarmee saam my rugby. Ok maar goed so. Ek jol nou Footy. As jy in Rome is,… Ek sal darem nou Saterdag middag onder die koelte bome ‘n ou biertjie kan geniet as ek die Footy kyk.

Groete van huis tot huis. En, onthou. Wat afkom moet weer opstaan.

NS. Ek hoop om die gout ‘n traan te druk omdat ons nie meer vleis kan bekostig nie.

Link to comment
Share on other sites

Home is where the heart is, ne Jan? And the heart is where the love is...............feel the love in OZ :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Jislaaik Jan, ek wens ek en Henry was al daar. Klink soooo ver in die toekoms!

Maar baaaiiieee geluk! Hoop die volgende 40 jaar is nog beter..en geluk met die huis...ons sal kom kuier!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Baie Baie Baie Geluk Jan!! Vir die 2 jaar vir die huis en vir die pragtige manier waarop jy dit vertel!!

ens ens ens ens ens

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan.

Baie geluk met 2 jaar en die nuwe skuld. Ek stem saam wil ook eendag hier in Aus my ou eie plekkie he, maar sal nog ook so bietjie moet wag.

Well done Mate :ilikeit: Sien jy gee die vleis op maar nie die biertjie nie, lekker man geniet dit.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...