Jump to content

Sommer net nonsense op 5 Mei 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 5 Mei 2008

Hallo julle. Long time no see. Is besig sien, vrek besig. Wou nog altyd net my geld sit en tel en kyk hoe anner werk. Maar om daar te kom moet ek vrek hard werk om die besigheid daar te bring. Baie lekkerder om net 2 dae ‘n week te werk en vir vroulief by die werk te gaan aflaai. Ek spook om dinge in plek te kry. As die Olimpiese Spele aanbreek wil ek niks mis nie. Nou moet ek iets in reserwe kry om ‘n bietjie laag te lê.

Wat ek eintlik wil vertel. Ek het Oupa geword. Klein dogter ryker geword. Ek sê altyd, dan is almal ook moerig vir my. Babas is vrek lelik net na geboorte. My eie was so naby aan bobejaan as wat kon kom. Hulle het darem die sterte verloor is is vandag heel aansienlik. Aard na pa Robert sien. Maar, kleindogter is anners. Sy het defnitief die Redfords se gelaatstrekke en kan defnitief as ‘n klein Liz Taylor gesien word. Gaan verseker my oogappel word. Gaan ook ‘n groot geveg tussen die inlaws veroorsaak.

Die Ingelse gaan ook nie van hierdie Oupa se Afrikaanse insette hou nie. Het al klaar op my moer gekry toe ek vra nou wat vir ‘n naam is “ZOE†Niks Afrikaans daaraan nie. Blykbaar eg Ozzie. Ek maak toe mos ook die fout en spreek die ou bloedjie as “ZOO†aan. Nou hou ek maar voorlopig my bek. Maar, my tyd sal kom. Daai kind gaan my gin “Granny†of soiets nie. Dit sal “Oupa†wees. Maar nou ja. As jy in Rome is….

Wil vertel van die beste stuk steak wat ek in my lewe geeet het. Hier in Adelaide is ‘n groep wat hulleself, “Hogs Breath†noem. Hulle maak die vleis blykbaar oor ‘n tydperk van 18 uur gaar. Smelt in jou mond as jy dit in sulke klein happies eet. Kan ook nie anners nie. Ons betaal amper $30 vir ‘n diet stukkie. Die bykosse is alles ekstra. Die blikskottels laat jou vir elke bietjie bykos betaal. Eindig toe by $40 per bord. In rand terme is dit omtrent R300. Vir daai prys het ek nie lank terug ‘n skaap gekoop nie. Hulle sien my nie weer nie. Gaan nouself die proses aanvat om te kyk of ek nie my steak ook so sag kan kry nie.

Ek onthou nog so vaagweg dat ons in Kaapstad in “Pig n Whistle†gesye het. So honderd jaar terug. Het nugter ingegaan en soos varke daaruit gekom. Aai waar is daai dae wat ek nog op my pa se rekening gesuip het.

Is ook innie proses om huis te koop. Wat ‘n storie. My laaste huis het ons 33 jaar gelede gekoop en ek kan nie onthou of dit ok so moeilik was nie. Plan B is om die Home Lotterty se huis te beset. Ek is so seker dat ek hom gaan wen dat ek julle nou al almal uitnooi vir ‘n moerse braai as ons intrek. Die huis is in Flagstaff Hill en blykbaar maklik om te kry. Ek wag net vir die amptelike papiere dan gee ek die datum en tye deur.

Groete van huis tot huis. Sien julle by die braai.

Link to comment
Share on other sites

Ok, sien jou by die boom....oom. Hoe is die gout nou se dae? En veels geluk met die kleinkind....dis special.

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Geluk OUPA!. :thumbdown: Sien almal se babas behalwe jou eie lyk na bobbejantjies!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Geluk Jan Stoof :thumbdown: Hoop jy't 'n Cuban sigaar 'gestoof' en die gout verjaag. My dogtertjies het soo papie wurms gelyk - maar's nou vrek mooi. My seun het natuurlik soos jy geylk - pure Robert Redford.

Ek het baie by Hog's Breath in Toowoomba gekuier. Daai tyd het hulle so 'n 'members card' gehad - dan betaal jy nie te veel nie. Aan die annerkant - as jy Aussie $'s verdien - dan is dit vrek goedkoop. Hulle het ook hierdie 'flip the coin' ding gehad as jy klaar geëet het. As die coin reg val - eet jy halfprys. Dinge het dalk verander.

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk Jan en Tannie Jan... dis baie spesiaal. Is sy die eerste? Ek sien kom baie bederf.

My Pa het altyd gese die lelikste babas word die mooiste grootmense... dink ek was 'n vrekmooi babatjie :(

Link to comment
Share on other sites

Geluk Jan

Dit was ook nie jare gelede wat die girls jou so bekyk het met jou trippie iewers heen om iets te gaat loop en kyk nie.

En nou is jy oupa.

Gelukkig hoef jy nie nou te veel worry oor haar nie.Dit is haar pa se worries nou.

Jy werk net op haar ouers soos wat jou ouers en skoonouers julle moelikheid gegee het oor hulle kleinkinners.

Link to comment
Share on other sites

Geluk aan die nuwe Oupa! Moenie te veel bederf nie!

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk OUPA JAN!!!!

Hoop die mensie is 'n wonderlike kind, mooi en soet en slim!! En net vir good measure so bietjie bedonnerd!! LOL!!

Zoe is eintlik 'n baie mooi naam!! Dit beteken Lewe of so iets in Grieks.

Link to comment
Share on other sites

Baie geluk Jan. Ja nee, leer die kind Afrikaans, dis mos 'n mooi taal. En sy sal nie vir jou granny se nie, as hulle so klein is se hulle te cute oupa, dit klink soos "Oppa". Jy moet net aanhou Afrikaans met haar praat, niks Engels nie. Dan weet sy dat sy met jou Afrikaans moet praat.

Hier in Kanada het ek Kubaanse vriende gehad. Hulle dogterjie het op 2 jarige ouderdom geweet dat sy met Ma en Pa Spaans moet praat en met my en die caregiver Engels. Sy is nou 5 en is in 'n Franse pre-priemer. Haar pa praat nou met haar Frans, want hy kan Frans ook praat. So die kind groei op 3-talig net soos haar pa.

Groetnis

Retha

Link to comment
Share on other sites

Baie Baie Baie geluk Jan! :whome: Ai, ek kan jou bors sien swel hier van ons af! :lol: Geluk aan Ouma ook. (My kinders praat Engels maar Ouma en Oupa is altyd Ouma en Oupa )

Link to comment
Share on other sites

Geluk Jan!!!

Weet nie van jou huislike dinge nie, maar die arme vrou moet nou langs 'n Oupa in die bed klim... dit bly anyway 'n bargain!!

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Van my en Henry ook baie geluk, Jan. Ewoud bel ons so nou en dan en hy vertel heeltyd dis amper tyd...ja, nou is dit so.

Zoe beteken : Abundant, extraordinary life, life overflowing.

So lyk my jy gaan besig wees. Se vir Annatjie ook baie geluk!

Groete

Henry en Elize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...