Jump to content

Soek nog adfies asb


Allie en Urs

Recommended Posts

Wil asb net oor iets sekerheid kry van mense wat klaar in Adelaide bly.Ek moet dit van my afkry anders gaan dit maak dat mens nie die regte besluit kan neem nie!

Het al n paar mense raak geloop hier in Perth wat gebore Ozzies is of Saffers is.Nou dit pla my al lank en ek weet nie met wie om oor dit te praat nie.

Voor ons nog opgekom het met die Adelaide storie het die paar mense wat daar gebore was of hul eerste jaar daar gebly het gese.Hul sal nooit weer daar gaan bly nie net kuier vir familie en dis waar dit sal bly.SA mense waar twee vrouens ook van daar was die eerste jaar of 6 maande het gese hulle was so depresief en ongelukkig daar.Elke dag gehuil en net misluk en wou nie daar wees nie.

Hul se die mense daar Ozzies is baie misluk en 'rasisties' teenoor Uitlanders.

Altwee die girls wat ek van praat het toevallig in Perth opgeland en ewe skielik is hulle nie meer depresief nie,smile happy soos kan wees en is so so bly hulle bly nou in Perth en se net negatiewe goed oor Adelaide :lol: Nou ek hoor baie positiewe goed :) maar enige mens gaan tog maar worrie as iemand sulke goed se dis net menslik en ek is op die oomblik hieper sensitief oor als dat ek kan mal word !

Ek wil net by julle hoor is van die goed waar.Ek bly nie daar nie en is nie daar nie so ek kan nie weet of dit so is of nie!Beste van als is Ek kan vir almal help en advies gee en aanmoedig en raad gee en probeer positief hou maar nou sit ek ook aan daai kant van die lyn .Kan help as dit kom by Perth :whome: maar nie oor Adelaide nie.Snaaks hoe die lewe uitdraai.

Ek dink dis ook hoekom ek of nee ons extra bang is om n skuif te maak.Ek wil met n oopgemoed gaan en wil nie loop met enige baggage in my agterkop nie.

Ek wil asb nie uitgedinges word of getakkel word nie ek vra julle advies en hulp.

Dankie

Ursula en Albert

Edited by URS.LITTLE SHE BEAR
Link to comment
Share on other sites

Ursula

Ek is nog hier in "donker Afrika" maar kan agterkom dat die moontlike skuif vir jou moeilik is! Ek dink jy moet onthou dat jy dit een keer kon regkry om van voor af te begin - so die kanse is goed dat jy dit weer sal kan doen!! Jy het mos nou sterker en meer weerbaar geword teen die moontlike "aanslae" en aanpassings wat van jou gevra gaan word! Ek persoonlik dink dit is moeilik om 100% seker te gaan wees voor jy die groot besluit neem! Onthou, mense is wispelturig - wat vir die een persoon Ok gaan wees, gaan die ander persoon irriteer of depressief maak. Ek het een ding geleer, en dit is dat mens niks op hierdie aarde kan verander nie, net jouself!!! So wat ek eintlik wil sê, is dat dit baie van jou eie houding en wilskrag gaan afhang of dit gaan werk of nie. As mens met vooropgestelde idees en negatiwiteite gaan (wat jy ongelukkig deur die ander twee gehoor het wat al daar gewoon het) dan is dit soveel makliker om met 'n negatiewe bril na die situasie te kyk.

Sien dit as uitdaging - en as dit miskien aanvanklik nie werk nie, probeer miskien 'n ander buurt of kerk - tot jul weer so gelukkig is soos nou!!!!

Wou nie preek nie want ek sit nie in jou skoene nie - dink net dat jy dalk jouself en jou vermoë om aan te pas onderskat!!! Uit die gesprekke op die forum het ek afgelei dat jy 'n dame is wat kan vasbyt as dit moet!!!! :)

Baie sterkte!

Bienkie :whome:

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna
SA mense waar twee vrouens ook van daar was die eerste jaar of 6 maande het gese hulle was so depresief en ongelukkig daar.Elke dag gehuil en net misluk en wou nie daar wees nie.

Hul se die mense daar Ozzies is baie misluk en 'rasisties' teenoor Uitlanders.

Hi Urs, ek is nou eers 4 maande hier maar nog nie een persoon was misluk met my omdat ek 'n uitlander is nie, in teen deel hulle help so graag en wil altyd weet of jy van Aus hou ens. Ek sê dit nie net omdat ek hier bly en die plek wil laat goed lyk nie, die mense is regtig vriendelik hier.

'n Goeie voorbeeld....my seun het vandag sy eerste Footy wedstryd gespeel, ek ken niemand daar nie, dit was 'n see van onbekende mense....binne 5 min het van die ouers na my toe gekom en met my gesels (na hulle my afrikaans met my seun hoor praat het). Hulle het vir my gevra of ek van Aus hou, Footy se reëls verduidelik.....teen die einde van die wedstryd het ek met 4 verskillende ouers gepraat sonder dat ek eerste met een van hulle gepraat het.

Hoop dit help darm 'n bietjie.

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Ek moet se ons is nou eers 10maande in Adelaide so my ondervinding is nie "lewens" ondervinding nie, maar ek en my vrou het al baie rond gegaan hier.

Ek het as 'n cleaner gewerk (swot nou) en my vrou het by 2 verskillende plekke gewerk (1st verlaat vir beter pay en meer in haar rigting) en die twee plek is sy baie gelukkig by. Het al naam gemaak vir haar self en is genader vir "bevordering" na 'n ander afdeling. DUS - ek het geen sleg ondervind met my werk nie en my vrou is baie gelukkig - is vanaand saam met haar werj groet by 'n footy game. Moet by voeg - vrou het gekla dat daar een ou is wat dink die son skyn uit sy agter stewe maar ek weet dat 'n mens hulle in enige werks opset kry. weet nie van "diskriminasie" / mislike houdings van Ozzie ouens nie (nie so iets van ander saffers hier gehoor nie).

Oor om down te voel:

Moet se dat my vrou down was die eerste 4-5 maande, maar dit was home sick oor haar familie - niks regtig hier nie. Moet se dat ( ek dink nou maar) die eerste 6 maande vir enige iemand (soos ek verstaan veral vroue wat hulle ours mis :whome::blush::holy: ) maar tuff is in 'n nuwe land.

Ek het net Vrydag vir my vrou gese dat ek sal moet gewoond raak aan die weer - dit het my bietjie "gray". Ek kom van Joburg se somer donder storms en die winter kaapse-dae-aan-een bewolk - reenering weer is iets nuut.

SO:

Als en als is dit nie die plek wat sleg is nie. Daar mag beter plekke wees, maar my uitgangs punt is dat dit jou uitsig is wat 'n plek maak of breek (as daar nie gagga goetter ("diskriminasie") is wat die plek bederf nie.

Adelaide het 'n klein dorp/stad gevoel en lewens atmosfeer - nie die gejaagde warboel van Joburg nie en dit is 'n baie welkome veranderring vir my en my vrou. Ons het baie meer tyd vir ons self, mekaar en ons 2 seuns.

Vra maar as daar nog iets is (PM my as jy wil)

Hoop dit help

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Oukei Ursula en Albert, :)

Hier's 'n paar negatiewe omtrent Adelaide

Maar onthou, dis my opvattings en paradigma, ander Saffers hier in Adelaise sal dalk van my verskil. :):whome:

* Hier is nie juis "Freeways" nie, die southern Freeway is 'n enkel-pad en party tye van die dag ry alle verkeer noord en op ander tye ry alle karre suidwaarts.

Die mediaan spoed grens dwarsoor Adelaide is 60km/h, heelwat stopstrate en verkeersligte, met die gevolg dat 'n rit van Aberfoyle Park na die Central Market in Grote Street, Adelaide sowat 'n halfuur duur, al is dit 'n "soos die kraai vlieg" afstand van ongeveer 20 km.

* Sommige mense is nogal stuurs/onvriendelik - dis maar net hoe hulle is. Dit het my nog nooit gepla nie - ek vat mense soos hulle kom en ek verwag dieselfde van hulle.

* Ek het omtrent nooit met negatiwitiet te doene gekry omdat ek 'n immgrant is nie nie, nie van mense oor die algemeen nie. Ek het EEN lynbestuurder gehad wat nogal snaaks was, maar sy was 'n uitsondering. Dit was nogal 'n feit dat mense met aksente nooit lank gehou het by haar skool nie, maar sy was slim ook. Al haar tricks was netnies gekamoefleer onder die frase "performance management". Ek is al lankal weg daar en ek laat haar oor aan die bekende gesegde: "What goes around, comes around."

* Die deursnee Aussie is in in teenstelling met algemene opvattings nie regtig "globe trotters" nie, nog minder is hulle geinteresseerd in dinge anders as Australies, Engels of Amerikaans. Hulle wider-world-literacy is dikwels maar aan die skraal kant. Indien hulle terughoudend voorkom teenoor buitelanders, dan is dit basies omdat hulle regtig nie weet wat hulle aan jou het nie.

* Dus, sommige Aussies se "comfort zone" bestaan uit: Oz, UK, en USA. Party van hulle is ook half onseker teenoor mense wat meer as een taal praat. Dis nie iets wat in baie Aussies se paradigma is nie en ek hat al Aussie teegekom wat nogal verbaas was om te hoor ons praat 'n taal anders as Engels in ons huis, al is Engels nie ons eerste taal nie. Veral die "rednecks" is nie baie geduldig met memse wat engels nie goed magtig is nie.

* Die kwessie van alkohol. Oh Boy! B) Aussies oor die algemeen erken hier was 'n lelike pedofiel probleem in Adelaide (Dis basies nou iets van die verlede, so ontspan, Poena sal veilg wees! :D ), almal is bewus van die dwelms/bikie probleem, almal erken pary jeugdiges is 'n probleem, maar die een ding wat Aussies oor wegskram is die drank probleem. Die deursnee Aussie is baie lief vr hulle "grog" en mense wat kies om nie te drink nie is nie in hulle paradigma nie. Oukei, ek is nie heeltemal 'n geheelonthouer nie, so nou en dan sal ek met 'n "end-of-term-staff-meeting" 'n glasie cardonnay geniet, en wat ek DAN ook geniet is die uitdrukkings op sommige kollegas se gesigte: "Wow! He's having a wee glass then!"

* Meeste Aussies maak hulle kinders OK groot binne die raamwerk van 'n Liberal Mindset soos dit vir hulle sin maak, en as onnie moet ek se dat die deursnee Aussie kiddies is OK - mens kry pedagogiese dinge in hulle harspannetjies sonder teveel gesukkel. Maar daar is 'n ander tipe Aussie ouer wat hulle kinders grootmaak op 'n trant van "Gods-Water-Oor -Gods-Akkers, of op heeltemal disfunksionele waardes wat verantwoordelik is vir probleem kinders met 'n hoofletter P. Soms voel mens lus en don#@& die ouers, newwermaaind die kinders.

* Party Aussies sal miskien ongemaklik wees met van ons Saffers vir redes soos dat ons trek te grand aan, ons is dikwels gesteld op materiele dinge ens. terwyl die deursnee Aussie meer "laid-back" is.

* In 'n plek soos Adelaide sal mens ook veskillende tipes mense in veskillende areas teëkom. Jou meer 'redneck' tipes sal jy in die meer lower-class buurte kry, terwyl mense wat meer aanvaardend van buitelanders is kry jy meer in die middle class/upper middle class areas.

* Adelaide se weer wentel soms om uiterstes, een oomblik vrek jy van die hitte in die middel dertigs, dan is die winer hier in dis koud en nat. Ons het al 'n paar jare gehad wat mens basies nie 'n herfs gehad het nie.

* Sommige jeugediges is regte gaggies. Ons het 'n paar cherubs in ons buurt wat posbusse verniel of wheelie bins omstamp. Ons het die buurtwag geaktiveer, en hoop om binne 'n paar weke die klein @%##&% hok te slaan met 'n klag by die polisie.

'n Ander voorbeeld is daardie spul ape in Sydney wat droogemaak het met daardie boot wat hulle gesteel het, en toe in 'n vissersboot vasgery het. Dis 'n tipiese Aussie mindset om te woerra warra oor hoe seer hulle gekry het, die skade aan die boot, die paar wat dood is, die koste aan belasting geld vir die reddings poging ens. Maar, NIEMAND sover het 'n oogwink gelig oor die feit dat hulle die boot basies GESTEEL het vir 'n joyride nie. Alreeds is daar 'n berig in 'n koerant dat skippers strenger opgelei moet word :holy: maar niks omtrent konsekwensies vir jeugdiges wat bote in die middel van die nag steel nie. :blush: Ek bedoel nie om ongevoelig te wees oor die gene wat dood is in die ongeluk nie, maar menss moet die saak in perspektief sien - daardie mense se ongeluk was die gevolg van hulle eie onverantwoordelikheid.

Dis waaraan ek kan dink, sal nog pêrels vanwysheid byvoeg as ek daaraan dink. :)

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Wat kan ek meer se oor Adelaide as wat Dax gese het? Ek is mal oor die plek en het dadelik hier aan gepas. Vind die mense behulpsaam em vriendelik.

Behalwe...................in die nag kom die hoons uit! Dis 'n geskree van wiele, ek wonder wie betaal vir daai tyres want die swart rubber le die aarde vol die volgende dag. Hulle slaap seker deur die dag want elke oggend is die wereld vol prentjies geteken en vol spore soos hulle rondgekattermaai het.

Wonder of hulle nog so bedrywig gaan wees nou in die winter want dis blessit koud in die aande. Heerlike weer vandag, BBQ weer, lekker sonskyn. Verlede week was alles grys en nat en dan voel jou mood ook sommer grys. Maar die voordeel is dat die gras en die tuine nou weer alles mooi groen word. Dis nogal iets om aan gewoond te raak vir 'n Transvaler, die nat, groen winters en die vaal. droe somers.

Ek's happy! :whome:

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir almal se eerlikheid :rolleyes:

Baie gehelp

Urs

Link to comment
Share on other sites

Hi Ursula

We have been in Adelaide for 5 years now (1 year in Brisbane) and have grown to love Adelaide and the Adelaide environs. Pretty City, surrounded by parklands, Adelaide Hills 15 minutes from the CBD, some beaches 15 to 20 minutes from the CBD, the famous Barossa Valley a mere 50 mins from the CBD and we have found the people extremly friendly.

We travel to work by car (because we can), we live 6.5 kms from the CBD and 8kms to our offices in North Adelaide, in peak hour traffic it takes us a maximum of 20 minutes to get to work.

In the evenings after work we park our car at the University of Adelaide sports fields (4 minutes away) and walk along the walking/cycling tracks along the Torrens river (stream) with the city skyline in the backgorund - beautiful.

Adelaide is a really nice city to live and work in.

The secret when moving to any new city/town anywhere in the world is to embrace your environment and to participate fully in the community that you have chosen to live in.

One last point that I would like to make is that Adelaide in 2008 is not the Adelaide of the 1990's and early 2000's. Lot's of growth and development in recent years with promise of even more rapid growth and prosperity in the years ahead.

Enjoy!

Manny

Edited by MannyT
Link to comment
Share on other sites

Guest JWEL

Nou wonder ek of ek kan antwoord - ek is net 3 weke hier, maar kom ek voeg my (goedkoop RSA) 5c by.

Ek het nog geen enkele stuurs mens teegekom omdat ek uitlander is nie. Inteendeel het ons male sonder tal al iemand gekry, self iemand wat in die winkel verby ons loop, wat vra - "So from where in South Africa are you?" - hulle ken die aksent al te goed. Heeltemal gewoond aan die klompie RSA uitlanders hier. En wonderlikste van als - die vraag is nie in die verbygaan nie - hulle wil werklik weet en vra dan ook of ons OK is hier in Adelaide - bied selfs hulp aan as ons raad oor iets wou hê.

LW nie net 1 mens nie, sommer 2/3 egte Australiërs per dag.

Maar my eintlike opinie wat ek wil byvoeg is :

Mense is mense is mense is mense. . .

Daar waar HUL dit maak werk is die BESTE plek!! EN

Mense verskil - wat die een kielie, krap die ander.

Maar bo alles wil ek julle net baie sterkte toewens met die moeilike besluit. Ek hoop tussen alles kry julle die "gevoel" vir die plek waar jul wil wees.

Link to comment
Share on other sites

Ursie, dit klink vir my baie soos die Huisgenoot se stories.... mense wat nie kan cope met die lewe self nie, blameer die plek waar hulle nou net weg is. Of nog erger die ouens wat nog nooit daar was nie wat vertel hoe aaklig dit is. Want hulle oom se antie se niggie se broerskind het dan so gese.

Dis 'n paar mense se opinie. Gaan kyk en vorm jou eie. Sodra julle PR het, en jy like dit nie, kan Albert mos 'n ander werkie soek, met nog meer Ozzie ondervinding onder sy belt.

Life's a journey, enjoy the ride.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jwel en Manny en De Kat.

Albert kom vanmiddag terug.Ek wou gaan maar het nie kans gesien om my diere in ander mense se hande te los nie.Sou my dood worrie :lol:

Ja De Kat en dis wat dit juis so moeilik maak omdat daai mense juis vir n mens so negatiewe prent skep en ons is ook maar net mense en bang ons maak verkeerde besluit so ons luister maar na die ou negatiewe spul ook :blush:

Albert werk nou presies 7jaar vir CSC en is so gelukkig by die Company en ons PR is als al ingehandig by CSC wat met dit spesifiek mee werk.Ek het ook vir hom gese as ons gaan en dink nee Perth was meer ons huis.Dan kan ons dalk weer probeer terugkom as ons daai tyd voel ons wil deur die hele delawa gaan.

Groete Urs

Edited by URS.LITTLE SHE BEAR
Link to comment
Share on other sites

Die mense met die negatiewe sienswyse oor Adelaide is nie lekker ingelig nie of op soek na 'n spesifieke styl van lewe wat nie hier tevinde is nie. Adelaide is 'n stad, maar klein stad in teenstelling met ander in Australia. So, dit is nie so vinning en gejaag nie. Sommige mense hou van die vinnnige stads lewe. Nie dat Adelaide stadig is nie, dit is net nie so vinning soos ander stede nie en ons hou daarvan, baie. Verkeer hier is goed, gaan ry in ander stede, dan in Adelaide, geen vergelyking.

Ja, dit klimaat is koeler in die winter en warmer in die somer, rerig, so what, die gehalte van lewe is baie beter. Adelaide het hope te offer in en rondom en is 'n puik plek om te woon.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Marius.

Weet nie of julle GORDENSBAAI ken nie [waar ons gebly het] wel dit klink vir my presies dieselfde in daai opsig :ilikeit:

Ek hou van wat ek hoor sover.

Urs

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...