Jump to content

Al weer verslaaf aan die forum

bienkie

Recommended Posts

Hallo daar

Ek het so lank laas die forum besoek, en gedink dat ek nou uiteindelik genees is van die forum. MAAR...so paar dae terug begin ek toe mos weer lees en wonder of daar nie maar tog 'n manier is waarop ons in Australië kan uitkom nie!!! En kyk waarmee is ek steeds besig!!!! Ek is veronderstel om baie hard te werk aan my studies - baba slaap, pa en twee oudstes het gaan kamp vir die lang naweek, so ek moet eintlik nou my tyd goed spandeer en studeer.

Maar ag wat - dit is vir my so lekker om te lees van almal se doen en late. En...dit laat mens so bietjie hoop kry dat dit tog ook eendag vir ons sal gebeur. Wat my eintlik die "kwaadste" maak is die feit dat ek so baie werk op "Seek" sien waarvoor ek sal kan aansoek doen, en wat ek weet ek 'n goeie kans het om te kry!!! Die ding is nou net om daar te kom!!!!

Soos ek al genoem het, is ons finansies sodanig dat ons nie duisende rande het om sommer te spandeer nie. As ons in Australië wil kom, sal dit beteken dat ons doelgerig en stelselmatig sal moet spaar en 'n begroting opstel vir die onkostes ens. En dan sal dit ook maar broekskeur gaan. Jul weet, maatskaplike werkers in SA kry regtig nie van die beste salarisse nie - dit is een van die redes hoekom ek wil immigreer. Ten minste dink ek sal mens in Australië 'n beter lewe maak. En soos ek die ding verstaan, is daar werk as jy bereid is om te werk!!!!

Wel, ouens.... ek het myself belowe ek sal nog net so halfuurtjie spandeer op die forum, en ek moet myself maar dissiplineer om nou halt te roep!!!!!

Lekker kuier almal, en hou asseblief aan om jul lewens te deel daar in Australië. Jul sal nie glo hoe 'n aanmoediging dit vir mens is nie. Jul stories en raad maak die hele proses so persoonlik, en dit is fantasties. Amazing wat tegnologie kan regkry!!! Hier sit ons almal voor ons rekenaars, elk met sy eie persoonlike omstandighede.... en tog kom ons hier saam soos een groot familie!!!!

Tot ons weer gesels!!!! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Wat my eintlik die "kwaadste" maak is die feit dat ek so baie werk op "Seek" sien waarvoor ek sal kan aansoek doen, en wat ek weet ek 'n goeie kans het om te kry!!! Die ding is nou net om daar te kom!!!!

My raad is - doen aansoek vir die werk! Ek weet hulle se jy moet klaar 'n visum he, maar dalk sal hulle bereid wees om jou te sponser? Ten minste bly julle in die pragstigste dorp in Suid-Afrika (not that I am biased :blink: ) Vergewe my nuuskierigheid, maar het jy ook graad gekry by Stellenbosch?

Groete

Sue

Link to comment
Share on other sites

Hi Sue

EK het my graad by Tukkies gekry in Pta - en toe later deur Unisa verder Sielkunde geswot. Nou doen ek my M deur Universiteit van die Vrystaat waar die "vreeslike" video gemaak was.

Ja, ek stem saam met jou ons woon seker op die mooiste dorp in SA!!! :rolleyes: Dit is een van die redes hoekom die immigrasie storie tot dusver nie so dringend was nie. Wanneer mens in 'n mooi omgewing woon wat "relatief" nog veilig en onaangeraak is deur die misdaad, kan mens maklik verval in 'n "false comfort". Eintlik dink ek dit is 'n negatief, want in "hindsight" sou ek lankal die proses begin het!!! Maar nou ja, dis water onder die brug. Mens moet nou net vorentoe kyk en die beste van die saak maak.

Ek dink mense wat in die Wes-Kaap woon, is in 'n mate nog onaangeraak deur misdaad - alhoewel volgens die koerante is die Kaap die misdaad hoofstad van die land!!!! (Seker oor die bendegeweld ens).

Maar, ek bly positief en glo as dit moet gebeur, sal dit gebeur! Ten minste gaan ek alles in my vermoë doen om in Oz uit te kom.

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar

Ek het so lank laas die forum besoek, en gedink dat ek nou uiteindelik genees is van die forum. MAAR...so paar dae terug begin ek toe mos weer lees en wonder of daar nie maar tog 'n manier is waarop ons in Australië kan uitkom nie!!! En kyk waarmee is ek steeds besig!!!! Ek is veronderstel om baie hard te werk aan my studies - baba slaap, pa en twee oudstes het gaan kamp vir die lang naweek, so ek moet eintlik nou my tyd goed spandeer en studeer.

Maar ag wat - dit is vir my so lekker om te lees van almal se doen en late. En...dit laat mens so bietjie hoop kry dat dit tog ook eendag vir ons sal gebeur. Wat my eintlik die "kwaadste" maak is die feit dat ek so baie werk op "Seek" sien waarvoor ek sal kan aansoek doen, en wat ek weet ek 'n goeie kans het om te kry!!! Die ding is nou net om daar te kom!!!!

Soos ek al genoem het, is ons finansies sodanig dat ons nie duisende rande het om sommer te spandeer nie. As ons in Australië wil kom, sal dit beteken dat ons doelgerig en stelselmatig sal moet spaar en 'n begroting opstel vir die onkostes ens. En dan sal dit ook maar broekskeur gaan. Jul weet, maatskaplike werkers in SA kry regtig nie van die beste salarisse nie - dit is een van die redes hoekom ek wil immigreer. Ten minste dink ek sal mens in Australië 'n beter lewe maak. En soos ek die ding verstaan, is daar werk as jy bereid is om te werk!!!!

Wel, ouens.... ek het myself belowe ek sal nog net so halfuurtjie spandeer op die forum, en ek moet myself maar dissiplineer om nou halt te roep!!!!!

Lekker kuier almal, en hou asseblief aan om jul lewens te deel daar in Australië. Jul sal nie glo hoe 'n aanmoediging dit vir mens is nie. Jul stories en raad maak die hele proses so persoonlik, en dit is fantasties. Amazing wat tegnologie kan regkry!!! Hier sit ons almal voor ons rekenaars, elk met sy eie persoonlike omstandighede.... en tog kom ons hier saam soos een groot familie!!!!

Tot ons weer gesels!!!! :thumbdown:

Hallo Bienkie

Kontak gerus vir louw.pretorius op die forum. Hy werk by Stellenbosch Universitiet, hy en sy gesin is ook oppad Australie toe. Dit help baie om te ontmoet, vrae, beplanning en en vertwyfeling te deel en uiteindelik mekaar te ondersteun oppad na ons nuwe tuiste.

Blessings

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Dit is een van die redes hoekom die immigrasie storie tot dusver nie so dringend was nie. Wanneer mens in 'n mooi omgewing woon wat "relatief" nog veilig en onaangeraak is deur die misdaad, kan mens maklik verval in 'n "false comfort". Eintlik dink ek dit is 'n negatief, want in "hindsight" sou ek lankal die proses begin het!!! Maar nou ja, dis water onder die brug. Mens moet nou net vorentoe kyk en die beste van die saak maak.

Ek dink mense wat in die Wes-Kaap woon, is in 'n mate nog onaangeraak deur misdaad - alhoewel volgens die koerante is die Kaap die misdaad hoofstad van die land!!!! (Seker oor die bendegeweld ens).

Dis hoekom ek is op 'n manier bly ons het die laaste paar jaar op Secunda gebly - dis baie anders as die Kaap daar bo :whome: My stiefma gee al jare klas in maatskaplike werk by US, wou net weet of jy haar ken :)

Voorspoed met julle planne!

Link to comment
Share on other sites

HI

Ek weet in watter posisie jy is. Mens is gelukkig en voel relatief veilig omdat niks nog met jou gebeur het en dan skielik onverwags een oggend 10 uur klim iemand oor jou hoe heining en jou lewe is nie meer dieselfde nie, veral as ADT skielik (anders as elke ander vals alarm voorheen) na 'n uur nog nie gereageer het op jou noodoproep nie.

As ek jou raad kan gee, kry jou papierwerk in orde. Daar is baie om te doen en net omdat jy 'n visa het, beteken dit nie dat jy moet gaan nie!! As jy nie kwalifiseer vir 'n visa op die stadium nie, kry anyway die papierwerk reg sodat as jy die geleentlheid van 'n leeftyd kry om wel Oz toe te gaan jy nie skielik moet om skarrel om IELTS te skryf of jou unabridged birth sertificates op te spoor nie.

Sterkte

Link to comment
Share on other sites

Boo

Dankie vir jou advies - ek gaan dit beslis begin doen. Ek het 'n PVA (Plan van Aksie) uitgewerk en deel van dit is om intussen al die dokumente en sertifikate reg te kry, sodat WANNEER die geleentheid hom voordoen, ek sonder huiwering kan sê JA ons is gereed en reg om te kom !!!!

Die Kaap is maar die beste plek om in te bly nè!!! :)

Wonderlik Bienkie, ek is opgewonde oor jou PVA, hoop ons hoor binnekort van jou ONA (oppad na Australie)!

Aktief

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...