Jump to content

Info from Adelaiders

Guest JWEL

Recommended Posts

OK, so we heard today that our application for renting a house has been successful and we are moving in there on Monday with no furniture. Left a few things at home which we will buy here - beds, lounge suite, TV.

But we need a few appliances and household goods until our container arrives, like a fridge, washing machine, microwave, pots and pans.

I have read about Radio Rentals, any other such places renting out household goods?

Thanx for the help.

Edited by JWEL
Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

Hi Wilna, ek weet nie of jy sal wil leen nie, maar as jy nie omgee nie kan ek vir jou 'n paar potte, vurke en messe, opskepbakke, hangers ens leen. Dit sal vir my 'n plesier wees om te help.

As jy nie wil leen nie is daar winkels soos Cheap as Chips, Reject shop of Go-Lo, hulle verkoop goedkoop borde, glase ens. Nie altyd die beste kwaliteit nie maar jy betaal ook nie baie nie.

Ek het vir my 'n stelletjie van 3 potte by IKEA gekoop (daar naby julle) vir $19 terwyl ons vir ons contianer gewag het en ek was regtig verbaas, dis goeie potte.

Laat weet maar as ons met nog iets kan help.

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Vir 'n tydelike reëling is argus furniture (tommo se pos) heel Ok. Pasop vir party van Radio Rentals se goed, veral dinge soos yskaste en wasmasjiene, is so 'n bietjie 'overpriced.' Wag eerder tot julle meer gesettle is en koop liewer kontant by 'n plek soos "The Good Guys", as julle kan. 'n Mens spaar heelwat so.

Dax

Link to comment
Share on other sites

Dankie Wilna, Ek gee nie om vir leen nie, maar wil niemand verontrief nie, want as die weer sleg raak, dan gaan die container langer op see bly. Op die oomblik is dit op skedule en behoort blykbaar eerste week van Junie te land en sal seker die volgende week by ons afgelaai word.

Sommige goedjies het ek in elk geval nodig en kan ek koop, so ons sal Vrydag die sake deurgaan, dan kontak ek jou t.o.v. jou aanbod - BAIE DANKIE!!

Thanx Gary, and 'sommer' for all the help and support since we have arrived. Will have a look on the website. Aus really caters for immigrants, it seems.

All the best.

Edited by JWEL
Link to comment
Share on other sites

Guest wilna
Dankie Wilna, Ek gee nie om vir leen nie, maar wil niemand verontrief nie, want as die weer sleg raak, dan gaan die container langer op see bly. Op die oomblik is dit op skedule en behoort blykbaar eerste week van Junie te land en sal seker die volgende week by ons afgelaai word.

Sommige goedjies het ek in elk geval nodig en kan ek koop, so ons sal Vrydag die sake deurgaan, dan kontak ek jou t.o.v. jou aanbod - BAIE DANKIE!!

Julle sal ons nie verontrief nie, ons help graag. Ons het kampstoele gekoop vir 'n 'sitkamerstel' na ons geland het, julle is welkom om dit ook te leen. Kyk wat kort julle dan praat ons Vrydag.

Geniet jou dag, dis so lekker om nou met jou te praat en te weet jy is ook aan die kant van die aarde.

Link to comment
Share on other sites

Hi Wilna,

Niemand verontrief enigiemand anders hier rond nie! Ons was almal in dieselfde boot en ons almal help mekaar met die grootste liefde. Ek het ongelukkig die meeste van my ouer goed nou al weggegee en ons "standby" mikrogolf moes ons self uitgrawe want ons huurhuis s'n het gebreek en die landlord maak dit nie reg nie. <_<

Se egter as jy bordegoed ens nodig het. Ook linne. As julle 'n verwarmer nodig het, kan julle en by ons ook leen.

Ek sal Ikea baie hoogs aanbeveel vir meubels en huishoudelike items. Hulle goedkoop goed is baie beter kwaliteit as die goed by Cheap as Chips ens., alhowel dit weer goed is vir goed soos glase in 'n huis soos ons s'n waar almal alles breek :thumbdown: . Hulle duurder goeters is uitstaande kwaliteit en uitstekend ontwerp. Ek kan ook hulle kussings en beddegoed hoogs aanbeveel. Gaan sommer vroeg en dan kan julle lekker bord gekookte ontbyt eet vir $1.95 per persoon :ilikeit: (nee, julle lees nie verkeerd nie, dis spek, eiers, wors, hash brown, tamaties, toast, alles!).

Vir TVs en goed sal ek nie verder kyk as Truscotts nie. Ons het hulle nou al meer as een keer gebruik en elke keer is hulle goedkoper en hulle personeel weet regtig wat hulle doen. Onthou mense hier is gewoond daaraan om te onderhandel oor die prys, so mens vra altyd vir afslag. :rolleyes:

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Ek dink dis so snaaks dat altwee Wilnas in Adelaide beland het.

Hoi, wil een van julle nie (of sommer altwee) vir Betsy 'n vet druk gaan gee van my af nie?

Dankie baie

Kiti

Link to comment
Share on other sites

Hi Katterasie,

Dankie vir my cyber drukkie, ons sou die lekkerste tjoms gewees het. Saam ons stokperdjies be-oefen het, saam ge baileys het en saam katte gehad het. Ons arme manne sou maar moes inval en vriende maak of in die proses agterbly.

Groete (((((((((((DeKat))))))))))) Ja, jy het my geleer drukkies tik!

Link to comment
Share on other sites

Guest JWEL

Dog toe ek laat net weet dit gaan baie goed met ons. Kyk IKEA is fantastic!!!! Sjoe het die wonderlikste specials gekry van goed wat ek anyway nodig het, so ons kom goed reg met als wat ons nou het en die goedjies wat ons by 'ander' Wilna geleen het. Ja, kan jy glo ons is altwee in Adelaide - Jippieee.

Van die duurder goed soos yskas en ketel ens is op special en dan as jy by die till kom, dan kry jy sommer nog afslag. Het sodoende selfs vier groterige matte totaal gratis gekry, sonder om te vra!! My motor was op special, $4000 goedkoper, en toe kry ons sommer nog $600 af sonder om te vra.

By Ikea kan mens vir $1.95 soveel koffie drink soos jy wil, by die oulike masjien wat klomp tipes koffie maak. Toe drink ek 2 koppies.

Langs ons het 'n vrou gesit in 'n rolstoel, net haar kop en nek is nie verlam nie, sy werk haar rolstoel met 'n balletjie voor haar in haar mond. Saam met haar was 'n vrou wat van haar onderlyf af verlam is, sy ry op 'n karretjie-dingetjie wat soos 'n poegie lyk. Die tweetjies shop saam - SJOE dit was fantasties om te sien hierdie mense kruip nie weg nie, hulle LEEF. So sien ek vele gestremdes ook versteurdes oraloor (asb moenie vies wees, ek weet nie of ek nou die polities korrekte bewoording gebruik nie) - DIT IS FANTASTIES dat hierdie mense ook leefruimte het en nie wegkruip nie.

En toe ons opstaan besef ons almal neem hulle borde en vuilgoed na die stasietjie vir daardie doel, al die tafels word skoon agtergelaat.

En toe val ek flou in Woolworths van die baie koffie drink, dink ek, en toe swerm 4 Woolies mense om my, een het self die manager gaan haal, al was my man by. Kry 'n groot bottel water gratis in die proses - met 'n vriendelike "no worries". Stupid manier om aandag te kry!!!!

Ek like Adelaide.

AND SORRY ENGLISH speaking people - there is no way that I could have written this so quickly and passionately in English, today. - Next time.

Edited by JWEL
Link to comment
Share on other sites

'JWEL' ek sien nou eers van die post :blush:

Wens ons het daar gebly dan kon ek jou met amper n hele huis se goed mee help ;) maar nou ja nou sit ek in die boendoes :lol:

Hoop jy het toe reggekom.

Urs

Link to comment
Share on other sites

Dat is OK, Wilna. Jy is verskoon vir nie in Engels skryfend nie.

That's OK, Wilna. You're forgiven for not writing in English!

Ek hoop veel dat jou familie kan nou aan goeie bedde slaap en ann platte eet instead van finger eet altyd.

Well . . . I really hope that your mob can sleep on good beds and eat off plates instead of finger tucker all the time.

BOB

Do you know that you are my HERO?

I am a BIG fan and want to thank you for everything you are doing for this bunch of migrants.... Writing afrikaans...showing acceptance YOU ARE A TRUE BLUE PERSON!!!!

Henriette

Ps SOrry Jwel Wilna for off topic But I wanted to say this!!!!

Ek hou van die forum.

There I did it - does this count?? :ilikeit::whome::ilikeit:

Ek gaan nou die kinders van die skool kry (oops, should the 'van' be a 'by'?) It is really hard .... so hats off to all those Afrikaans speaking folks who make the effort and 'no worries' to the ones who find it too hard ...... :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Ek hou van die forum.

There I did it - does this count?? :thumbdown::lol::blush:

Ek gaan nou die kinders van die skool kry (oops, should the 'van' be a 'by'?) It is really hard .... so hats off to all those Afrikaans speaking folks who make the effort and 'no worries' to the ones who find it too hard ...... :ph34r:

Ag jou ou doring !

Link to comment
Share on other sites

Dat is OK, Wilna. Jy is verskoon vir nie in Engels skryfend nie.

That's OK, Wilna. You're forgiven for not writing in English!

Ek hoop veel dat jou familie kan nou aan goeie bedde slaap en ann platte eet instead van finger eet altyd.

Well . . . I really hope that your mob can sleep on good beds and eat off plates instead of finger tucker all the time.

Bob, dit was nou welgedaan, ek haal my hoed vir jou af.

Bob, well done! I take my hat off to you!

That means so much to us Afrikaans speaking people on the forum!! :thumbdown::lol::blush:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...