Jump to content

Hello Jack


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

So 'n tyd terug het mense gesels oor al die spinnekoppe hier in Aus. Ek het vertel oor die spinnekoppe in my bakkie en in die huis - sou pics geneem het, maar het nie daarby uitgekom nie.

Ek het hierdie Huntsman spinnekop wat in my bakkie bly - kom net uit as ek grondpaaie ry - hou nie van die vibrations nie. Hy is so groot soos 'n kreef - so ek het hom Kriewels gedoop. Kriewels is al lankal weg - ek sien hom nooit meer nie - gedink vroulief het hom dalk gespuit, soos die voriges. Julle moet onthou dat die spinnekoppe in my bakkie lewe vir 'n rede - hulle moet vroulief uithou - sy M&B (moan en bitch) mos oor my vuil bakkie. Ek het ook vir ou Fang in my bakkie - een van hierdie oulike 'black house spiders' - man die ding is lelik. Hy het 'n ou web net bokant my dash en vang al die vliëe in my bakkie. As die kinners in die bakkie is, dan is dit 'n gedoente om 'n vlieg te vang en in ou Fang se web te gooi. Hy kruip dan so alewe uit en suig daai vlieg dat hy pop.

Die anner aand gaan haal ek iets in die bakkie - ek het hierdie oulike kopflits op my se kop. Ek klim in daai bakkie in en druk my hande so agter die sitplek en soek na my boek. Skielik sien ek iets hier voor my loop - wraggies waar, ek lieg nie - daar is ou Kriewels - man ek is gelukkig - ek dog die bliksem is lankal al dood.

Dit raak mos koud hier in Stanthorpe - ons het 'n hout kaggel in die blikhuis. Laasjaar het daar 'n Huntsman in die kaggel gebly. Elke keer as ek vuur maak, dan kruip hy uit - sit so tot hy lekka warm is - dan laat waai hy. Die hele somer het ek hom nie gesien nie. Ons het die eerste ryp gehad en ek maak vuur - na so 3 minute - wraggies waar, ek lieg nie - daar is Jack. Ek het 'n pic geneem hier is dit:

post-7140-1209474943.jpg

My pote innie pic is nie vuil nie - dit is eelte en merke van draadtrek - ek trek draad vir 'n lewe. Die fencing business in Aus word mos deur wit pootjies gedoen - my pootjies. Nou ja - dit is nou ou Jack - sien hoe mooi groot hy is?

Wraggies waar, môre gaan ek pics neem van ou Fang se nessie - dan sal julle sien waarvan ek praat. Ek het omtrent 10 spinnekoppe wat in en op my bakkie bly - waar ek heen gaan, gaan hulle saam - snags spin hulle hul netjies en bedags kruip hulle weg.

Ek het baie redbacks in my shed, ek maak hulle nie dood nie - hulle is tog te oulik. Sal pics van hulle ook neem.

Van kopflitse gepraat - gaan koop een by Woolies - nie in die 'Poofter' seksie - daar waar hulle al die batteries verkoop. Man dit is nou 'n lekka ding. Dit het my lank gevat om een te koop en toe ek een het, kon ek dit nie op my se kop sit nie. Sien, daar oppie grens skiet jy snags na daai kooltjie van 'n sigaret wat so lekka rooi gloei. Die eerste aand sit ek die kopflits hier op my kop - man ek's ongemaklik - ek glo vas ta lê hier innie bos en trek daai Ak47 korrel morsdood op daai liggie - hy gaan my reg tussen die oge skiet. Ek loop nou met die kopflits in my hand - eers in my linkerhand, dan in my regterhand - sien ek maak vir ta deurmekaar.

Dit vat maande, maar later ontspan ek en ek sit die ou flitsie op my kop - dit het tot 'n infrared liggie. As ek snags die perde doen, dan is hulle ogies bloedrooi - lyk soos drake in China.

Wat ek eintlik wil sê - gaan koop so 'n liggie en loop buitekant rond innie donker. Julle sal my nie glo nie - spinnekoppe se oge blink soos 'n koedoe s'n snags - ek sien hulle elke aand - miljoene van hulle - my paddock blink soos Jo'burg snags van allie spinnekoppe - allerhande soorte. Ek gaan kyk elke keer as een naby is - ek soek 'n lekka groot lelike dinge. Ek weet julle dink ek praat nonsense - gaan koop een by Woolies - laat weet net vir hulle dat ek julle soontoe gestuur het. As ek so aangaan en vir Woolies bemark, sal hulle my wraggies binnekort kommissie moet betaal. 'n Gewone flits werk nie - jy moet die lig naby jou oge hê.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz............jou tweede naam is nie dalk Steve nie..........een van die dae sien ons jou dalk op National Geographic waar jy agter goggas aan kruip :ph34r:

My vrou gaan nie daai kiekie waardeer nie ........

Groete

Link to comment
Share on other sites

Jiggg ... maar gee my enige tyd eerder 'n spinnekop as 'n "parktown prawn". Kyk, as daar nou iets in hierdie lewe is wat my letterlik laat weghol, is dit 'n parkie. En deesdae kry ons ook nog hierdie groot swart springkane met sulke rooi pote/bene - seker die parkie se nefie of iets. Bleg!

Link to comment
Share on other sites

Die een wat die minste bang is vir daai goggas in ons gesin is seker my 20 maande oue dogtertjie - ok ma net omdat sy nog nie van beter weet nie! Hoop nie Jack en sy pêlle is die hele Australie vol in hulle miljoene nie. :ph34r:

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

Dankie tog daar is iemand wat nie spinnekoppe uitwis met Doom / Baygon nie.

Link to comment
Share on other sites

Die een wat die minste bang is vir daai goggas in ons gesin is seker my 20 maande oue dogtertjie - ok ma net omdat sy nog nie van beter weet nie! Hoop nie Jack en sy pêlle is die hele Australie vol in hulle miljoene nie. :holy:

Groetnis

Hulle is maar orals..maar hulle is skadeloos. Partykeer sal hulle jou skaduwee volg..dis nou scary! Maar jy oef nie bang te wees vir hulle nie. Vang in 'n bottel en laat gaan hulle buite somewhere. Maar die redbacks...MAAK HOM DOOD!

Link to comment
Share on other sites

Plaas 'n foto van 'n redback asb, dan weet ons watter is (regtig) gevaarlik

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...
Guest Mauritz
So 'n tyd terug het mense gesels oor al die spinnekoppe hier in Aus. Ek het vertel oor die spinnekoppe in my bakkie en in die huis - sou pics geneem het, maar het nie daarby uitgekom nie.

Ek het hierdie Huntsman spinnekop wat in my bakkie bly - kom net uit as ek grondpaaie ry - hou nie van die vibrations nie. Hy is so groot soos 'n kreef - so ek het hom Kriewels gedoop. Kriewels is al lankal weg - ek sien hom nooit meer nie - gedink vroulief het hom dalk gespuit, soos die voriges. Julle moet onthou dat die spinnekoppe in my bakkie lewe vir 'n rede - hulle moet vroulief uithou - sy M&B (moan en bitch) mos oor my vuil bakkie. Ek het ook vir ou Fang in my bakkie - een van hierdie oulike 'black house spiders' - man die ding is lelik. Hy het 'n ou web net bokant my dash en vang al die vliëe in my bakkie. As die kinners in die bakkie is, dan is dit 'n gedoente om 'n vlieg te vang en in ou Fang se web te gooi. Hy kruip dan so alewe uit en suig daai vlieg dat hy pop.

Ek het vir julle 'n pic van ou Fang se huisie (in my bakkie) en breakfast (al die vliege) geneem. Sal kyk of ek vir ou Kriewels kan opspoor.

post-7140-1211704181.jpg

Link to comment
Share on other sites

IEERGGGHHHH! Nee sies man Mau, ek ry nie saam met jou en Fang nie, vat eerder my kanse in die stofpad met al die slange.

Link to comment
Share on other sites

IEERGGGHHHH! Nee sies man Mau, ek ry nie saam met jou en Fang nie, vat eerder my kanse in die stofpad met al die slange.

Yikes! - Crickey :ilikeit: mate! darem nie so lelik soos 'n haarskeerder of 'n korinkriek nie ne.

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Sien dis wat nou gebeur as mens jou deure en vensters kan ooplos as jy gaan slaap.

Dis gevaarlik!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...