Jump to content

Aussie Suidwester Dagboek - 28 April '08


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek's so siek soos 'n hond - ek het blykbaar een of ander voëlgriep of iets. Ek word mos nie siek nie - maar dit is hoogtyd. As 'n mens 'n week se vakansie in 12 jaar gehad het - dan is dit tyd dat een of ander iets gaan ingee. My familie gaan lekka op vakansie en ek werk - dit is blykbaar wat goeie Boerseuns doen.

My Skotse vriendin is op vakansie - sy's in Adelaide om haar Arabier seun op te tel. Sy't sommer die 1900km so vinnig agter die blad gegooi - die eerste dag die pas ingebreekte Arabier perd gery - sommer in die reen. Sy laai hom môre en is dan weer oppad terug.

So voor sy weg is, waarsku al wat 'n Aussie is - sy moet nie in die plek slaap nie - sy moet nie daar slaap nie - sy moet nie daar stop nie. Sy moet ekstra diesel saamvat - sy moet haar .22 lever-action saamvat - sy moet haar lelike hond saamvat. Die Aussies reken al die Aboriginal plekke is 'n gemors - die winkel vensters is blykbaar almal gediefwering en mens slaap blykbaar nie daar oor nie. 'n Vriend van my het vir 15 jaar in die areas gewerk - Broken Hill ens. Hy sê hy slaap nie eers daar oor nie - hy bly weg van die dorpe af - slaap innie bos langs die pad as hy moet - dit is veiliger. Nou wonder ek wanneer die tipe van goed nou gaan eindig in die wêreld. Wanneer gaan ons ou witvelle nou eendag net rustig kan slaap? Ek het saam met die vriend in Cunnamulla gaan jag vir 'n week - ja, dit was my week vakansie. Die plek lyk soos Suid-Afrika - diefwering - alles word gesluit en daar's sommer so 'n dooie gevoel in die plek. Ek kon nie weg om daar uit te kom nie.

Gister so bewende en proesende gaan besoek ek 'n ander vriend van my - 'n baie, baie intelligente, maar baie eksentrieke man. Hy's van Egipte af - hy't vreeslik baie geld, maar lewe soos 'n kluisenaar. Hy is 'n ingenieur - absoluut briljant - hy het 'n groot 'plaas' en lewe in 'n shed. Hy is een van die 'stock market' gurus - doen baie werk vir 'brokers' en dinge. Sy 'huis' is somme sy 'workshop'. Hy het twee Bobcats gekoop en is besig om die engins te herbou - al die pistons en dinge lê so om sy bed. Die mig welder staan by sy voetkant en die generator by sy kopkant. Langs sy bed tussen allie tools staan 'n tafel met 'n vreeslike fancy computer - mens kan hom nie op sy landlyn kry nie - dit is die heeltyd geconnect aan die internet - vir die stockmarket. Al wat reg en georganise is, is die computer area. Sy bed is 'n matras wat op houtkassies en stene staan - ek staan daar en wonder of hy ook innie tokoloshi glo? Al sy wasgoed lê op die cement vloer en die gewasde klere lê alles op 'n hoop, ook op 'n houtkas - hy ken nie van stryk nie.

Hy het alle gereedskap waarvan 'n man kan droom - hy kan enige iets bou - hy kan enige ding regmaak. Sy elektrisiteit is 'n trekker wat hy 'gewire' het - die ding staan en put-put so en siedaar sy liggies brand. Hy is nou besig om 'n engin te bou wat op water loop - hy skei die waterstof en suurstof - ek weet nie eintlik wat hy doen nie, maar nou ja.

Hy was al twee keer getroud - het 'n paar mansions gehad - sy laaste skeisaak het hy 'n lekke knou gekry - die dat hy so heeltemal ontrek het. Ek het hom ontmoet toe hy snags bokse vir Woollies gepak het. Man, ek kan vir die man lag - hy's so snaaks soos snaaks kan wees. Hy maak vir my tee, maar ek sien hy skrop daai koppies omtrent vir 5 minute - sy plek lyk oes man - ek het nog nooit so iets gesien nie. Hy slaap nie - karring snags aan al sy masjiene en dinge, terwyl hy die 'stock market' dophou.

Sien, hier kom nou 'n ding. Hy't al sy shares verkoop - elke een. Hy koop nou net eiendom - hy reken alles gaan crash in die volgende jaar. Hy reken Amerika gaan in November begin met 'n depressie. Hy reken alles gaan tot 'n stilstand kom. Daar gaan nie krag wees nie - kos gaan skaars raak ens, ens.

Nou vra ek julle? Dit is nou die tweede persoon in 'n maand wat nou vir my vertel dat die wêreld sy gat gaan sien. Eers Mrs Primrose - nou die guru. Hy doen blykbaar net 'charting' vir die brokers - hy het geen shares meer nie. Hy reken geen bank in Aus is government gewaarborg nie - die banke gaan in die volgende twee jaar bankrot gaan. Ek kan nie met hom stry nie - die brokers hier in Aus gaan nou broke - die banke kan dan seker ook bankrot gaan. Hy reken, haal al jou geld uit die bank uit en koop eiendom.

Ek weet van 'n nurse wat die jaar wou aftree - sy het $65 000 van haar pension verloor met al die gedoentes nou wêreldwyd. Ek weet van 'n painter wat sopas afgetree het - hy't $60 000 verloor. Is daar nou iets agter dit alles of is dit iets in Stanthorpe se water. Wie weet, dalk weet ou tannie Primrose en haar guru iets.

Sien , ek's nie gepla nie - ou tannie Primrose reken ons moet 'stock' met kos en water - daar gaan nie lecticity wees nie. Ek's nie gepla nie - ek het saam met die Boesmans grootgeword - ek suie sommer grondwater en ek het 'n boog. As die ding breek dan maak ek 'n ander een - hier's genoeg hase in Aus, genoeg roo's en varke - ek kannie wag nie. Daar gaan nie petrol wees nie - ek het nie 'n saak nie - ek het 'n perd - ek kan nie waggie man.

Link to comment
Share on other sites

Sien, hier kom nou 'n ding. Hy't al sy shares verkoop - elke een. Hy koop nou net eiendom - hy reken alles gaan crash in die volgende jaar. Hy reken Amerika gaan in November begin met 'n depressie. Hy reken alles gaan tot 'n stilstand kom. Daar gaan nie krag wees nie - kos gaan skaars raak ens, ens.

goeie storie Mauritz! Daai Egiptenaar het 'n punt beet, dit sal Peter Bernstein jou kan sê:

"Peter Bernstein has witnessed just about every financial crisis of the past century. As a boy, he watched his father, a money manager, navigate the Depression. As a financial manager, consultant and financial historian, he personally dealt with the recession of 1958, the bear markets of the 1970s, the 1987 crash, the savings-and-loan crisis of the late 1980s and the 2000-2002 bear market that followed the tech-stock bubble. Today's trouble, the 89-year-old Mr. Bernstein says, is worse than he has seen since the Depression and threatens to roil markets into 2009 and beyond -- longer than many people expect."

Lees gerus verder in die Wall Street Journal.

Vra sommer ook vir die Egiptenaar wat dink hy van goud. Die Arabiere ken mos die waarde van die geelmetaal....

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Daai Egiptenaar het 'n punt beet, dit sal Peter Bernstein jou kan sê:

Vra sommer ook vir die Egiptenaar wat dink hy van goud. Die Arabiere ken mos die waarde van die geelmetaal....

Man, dinge raak nou interessant - ek gaan net môre begin om meer pyle te koop - ek gaan haas en vark vreet dat die biesies bewe. Ek gaan sommer my Swart Meisiekind terug koop - sy's mos deels Clydesdale - dan kan ek ploeg met haar en lekka mielies en dinge plant. Mielies is nou die ding - nie om Afrika te voer nie - ek voer niks daar nie, behalwe die honne en varke. Die mielies is vir ethanol - dit is vir as die petrol sy gat gaan sien.

Ek sal daai guru vra oor die goud. Hy reken as jy shares wil koop, dan moet jy in alle metale koop wat met oorlog te doen het. Anderste moet jy eiendom koop - nie in die stede nie - in die plattelant - dan kan jy ten minste plant en boer en die depressie uitwag.

Link to comment
Share on other sites

Dis nou 'n ding - Mauritz, hoe groot is jou grond nou weer? Lyk my ek sal moet kom plak daar by jou!!

Link to comment
Share on other sites

"Hy is nou besig om 'n engin te bou wat op water loop - hy skei die waterstof en suurstof - ek weet nie eintlik wat hy doen nie, maar nou ja."

Hi Mauritz,

So van die os op die jas: gaan kyk 'n bietjie na www.water4gas.com - dalk is dit waarmee die ou besig is. My swaer het net nou die dag een van hierdie "kontrepsies" aanmekaar gesit en in sy ma se Uno geïnstalleer. Die Uno speel dus nou proefkonyn ;)

So nou wag ons maar om te sien of die ding werk.

Groetnis,

R

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Dis nou 'n ding - Mauritz, hoe groot is jou grond nou weer? Lyk my ek sal moet kom plak daar by jou!!

Net so 10 akker :ilikeit: Jy kan kom plak - maar jy moet twee varke saambring - mens kan die kleintjies verkoop met die groot Depressie en die lening afbetaal :lol:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
"Hy is nou besig om 'n engin te bou wat op water loop - hy skei die waterstof en suurstof - ek weet nie eintlik wat hy doen nie, maar nou ja."

So van die os op die jas: gaan kyk 'n bietjie na www.water4gas.com - dalk is dit waarmee die ou besig is. My swaer het net nou die dag een van hierdie "kontrepsies" aanmekaar gesit en in sy ma se Uno geïnstalleer. Die Uno speel dus nou proefkonyn :ilikeit:

Yep dit is waarmee hy besig is - maar hy wil dit alles aan 'n rekenaar koppel wat vir jou sê wanneer jy lekka kan cruise op die gasse.

Toe ek daar by hom was het hy twee alternators aan sy sedan se engin gekoppel. Hy laat die ding toe so lekka hoog idle en hy sweis toe met 2mm rods - geen probleem nie. Ek gaan so 'n kontrepsie aan my bakkie koppel - dan kan ek enige plek sweis op 'n idle. Die man se kop werk oortyd - hy is ook besig met 'n magnetiese generator. As ek weer daar is, sal ek skelm fotos neem - die man se plek lyk soos iets uit 'n Stephen King movie uit - hy moet net 'n glasoog kry.

Link to comment
Share on other sites

Klink fasinerend.. wat 'n karakter.

My man se oom is ook so. Slaap nooit nie, of net in die dag, dan bou hy heelnag goeters. Het al hulle "gadgets" self gebou, van die Kreepy tot die ysmaker. Briljant, maar so mal soos 'n haas.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, jy sal hierdie storie baie interessant vind. En sommer alle ingenieurs en ander mense wat in die mynindustrie werk. Bloomberg berig as volg:

BG Group Plc, the U.K.'s third-biggest natural gas producer, made an unsolicited A$12.9 billion offer for Australia's Origin Energy Ltd. (Australia's biggest coal-seam gas producer and second-largest energy retailer) as it seeks to boost reserves to tap rising prices in Asia. Talks will take place with Origin, which hasn't yet considered the proposal, BG said in a statement yesterday. BG will gain access to gas fields as it seeks more opportunities to supply liquefied natural gas to Asia after linking with Queensland Gas Co., or QGC, for an A$8 billion Liquefied Natural Gas (LNG) export project in Australia. Origin had about 2,570 petajoules* of proven and probable reserves of gas extracted from coal seams as at Dec. 31, almost double Queensland Gas's, according to EnergyQuest, an Adelaide-based consulting firm. The company sells the fuel, which hasn't previously been used to supply an export LNG market, to buyers within Australia, where prices are lower.

* 1 petajoule (PJ) = 1 trillion kilojoule (kJ)

The Daily Reckoning reports:

Yesterday's big bid by British Gas for Origin Energy puts coal seam methane firmly in the spotlight. Queensland's coal properties and coal seam methane projects are located in the Surat Basin, north-west of Brisbane. The chart is below:

Queensland's coal industry has never had it better. Yet one of the ironies of the recent rise in contract thermal and metallurgical coal prices is that coal producers may not be able to take advantage of them this year.

If you missed the news, thermal coal prices for 2008 more than doubled from $50 to $130. Meanwhile, the 2008 contract price for coking coal used by steel makers tripled, going from $80 to $300.

Unlike more widely traded commodities such as oil and copper, the prices for coal (both thermal and metallurgical) and iron ore are set in annual negotiations between major producers and consumers. The major producers are the large mining companies. Those include BHP Billiton, Rio Tinto, Xstrata (in coal), and Vale (in iron ore).

The major consumers for thermal coal, used to heat boilers for steam-generated turbines and electric power, are Japanese Korean and electric companies. The relationship between these companies and Aussie firms go back all the way to the 1960s, when Japan and Korea began their post-war industrial growth spurts. For steel, the major consumers of Australian metallurgical coal and iron ore are Japanese, Korean, and, of course, Chinese steel makers. China is the world's largest steel-producer (and consumer).

The price rises should be good news for Aussie producers. The trouble, at least in the coal business, is that bad weather and infrastructure bottlenecks are making it harder for Aussie firms to increase production volumes this year. You can't sell what you can't get to market.

So while export earnings for Aussie resource producers will be up this year because of the rising coal price, actual production volumes will not increase. As evidence, consider the first quarter production figures from Rio Tinto earlier this month. Rio's coal operations are in the Bowen Basin of Queensland. That area was subject to heavy flooding in the first quarter. Coal production fell by 27%.

So who will benefit from the rising contract prices? The short answer is that coal mining service companies probably will. For the coal producers to expand production, they will to invest in mine expansion and infrastructure. In Queensland, where many of the mines are underground, that means work for the specialist firms that help build underground mines. Stocks to watch in the sector include:

1. Walter Diversified Services. According to the company, "Walter Diversified Services Limited (WDS) is principally engaged in the provision of specialist services to the underground coal mining industry, and to the infrastructure oil, gas and water pipeline construction and maintenance sectors in Australia."

2. Whitehaven Coal Limited. Whitehaven actually operates several open-cut coal mines in New South Wales. But the company, which is really a group of companies, also mines and sells metallurgical and high grade thermal coals

3. Cockatoo Coal. Cockatoo isn't producing any coal yet. But it's involved in four projects in Queensland, the Wonbindi project, the Dingo Coal Project, Guluguba and Mintovale. Cockatoo's are in Queensland's Surat coal basin, with slightly lower quality than the Bowen Basin coal. But as they are unmined, when production commences the company will be able to take full advantage of higher contract prices.

Another development to watch for? Coal-to-liquids (CTL) production of diesel fuel becomes economic with high crude oil prices, especially in areas where "stranded coal seams" are not large enough to mine economically as conventional coal. Those stranded seams now have to new routes to energy viability.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Mauritz, jy sal hierdie storie baie interessant vind. En sommer alle ingenieurs en ander mense wat in die mynindustrie werk. Bloomberg berig as volg:

Dankie baie Springbok - interessante tye, ek verslind al hierdie tipe van inligting op die oomblik.

Link to comment
Share on other sites

My man wou nog altyd sy eie stukkie grond he, met 'n paar skape, hoenders,ens. Lyk my ons moet dit nou kry, want ek het die voedsel probleem in Suid-Afrika sien kom, maar het nie gedink sal wereldwyd wees nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...