Jump to content

Ons vir jou


Blossom

Recommended Posts

Ek weet wraggies nie onder watter heading om hierdie te skryf nie, wil nie in die Ladies Lounge skryf nie want ek wil he almal moet dit lees. Sal maar hier skryf….journals…..my story, something that happened to us, that I would like to share……..

Anyway, ek moet praat vanoggend, my hart wil breek.

Daar anderkant, ja, daar waar my lewe begin het en waar ek gedink het ek sal sterwe, ons vir jou Suid Afrika, daar is my mense nog,

Ek nag, ek baklei, ek smeek al hoe lank, kry julle CV’s reg…is julle paspoorte reg? Ek word oud en beplooid van bekommernis, veral as ek al die gruwel stories lees hier op die forum en in die koerante.

Skoonsus is soos ‘n volstruis, kop in die sand, sy bly sommer op ‘n plaas erens in die boendoes. Net sy en ‘n 15 jarige dogter. Ek het al alles gedoen behalwe om haar met een vuishou plat te slaan. Nie dat ek nie tempted was nie. Sy wil nie hoor nie en ek se vir julle….sy gaan voel, dis verseker.

My eie suster ry nog steeds in die nag sommer Warmbad toe…..alleen. Nee jong, wat moet ek doen om hulle te laat luister? Is hulle stupid, is hulle stadig van begrip, verstaan hulle dan nie?

Want….

Twee dae nou al loop ek met daai vlinders in die maag gevoel, asof iets groots gaan gebeur…….onbeskryflike gevoel….ek weet net iets gaan gebeur. Ek weet julle ken daai gevoel.

Gisteraand sit hubby en ek buite en ek sit en speel met my selfoon. Iets se vir my om te bel, S.A. toe, en ek druk die knoppie. My oudste seun se gesig wys op die foon terwyl sy foon lui en ek verbeel my ek kyk tot in sy siel, dit maak skoon seer.

Hy antwoord maar ek kan niks uitmaak wat hy se nie, hy is siek. Na ‘n rukkie verstaan ek die storie, hy le alleen in die townhouse in die bed. Die werk het hom huis toe gestuur. Sy bors is toegetrek, hy gooi bloed op, nog, nog, nog. Ek skrik so verskriklik groot………

Ek bel middelseun by die werk op sy selfoon, die foon lui en gaan oor op voicemail. Weer en weer.

Ons probeer sy werk se landlyn, gee nie om hoeveel dit kos nie, ek wil met hulle praat. My innerlike stemmetjie se so. Ek wil vir hom se om sy broer hospitaal toe vat, hoekom het hulle dan mediese fonds?

Kry hom in die hande, maar ek ken my kind, weet as sy stem so klink is daar fout.

En daar is……..fout.

Ons sal lewe, ons sal sterwe……

In Rissik straat, in die oggend verkeer is hy vanoggend beroof, ‘n rewolwer teen sy kop!

“HULLE†het sy kar se sleutels gegryp, die rewolwer teen sy kop gedruk en sy selfoon gegryp. Kon nie die kar kry nie want daar was karre voor en agter hom, toe gryp hulle die foon en hardloop.

Ons vir jou, Suid Afrika…..

Se nou net daai vrot vinger het die sneller getrek, se nou net….

Teen die tyd hang ek teen die kombuis kas, nie meer vas op my voete nie.

Kan nie verder vertel oor hoe ek gevoel het nie……julle weet mos hoe.

My oudste seun het siek geword van stress, oor sy werk, oor die vasbyt aan jou werk want jy moet anders is jy uit op jou stert. Oor die misdaad, oor sy splinternuwe kar wat oop gebreek is…ag sommer oor die hele stress volle lewe daar. Ook omdat hy ons mis en altyd sy gevoelens wegsteek.

Suid Afrika maak hom siek! Letterlik en figuurlik!

Hy is opgeneem in die hospitaal, middelseun is geskok en verslae oor die roof wat hom getref het en ons, ons sit hier en ek voel skuldig omdat dit goed gaan met ons.

Kon glad nie slaap gisteraand nie en ek het in die donker voorhuis gesit en dink. Die Onse Vader herhaaldelik geprewel…………..

Ek is nie meer ‘n Suid Afrikaner nie, ek weier. Ek is ‘n toekomstige Australianer…an Australian in the making.

En hoor jy die magtige dreuning? Daar waar die kranse antwoord gee?

Advance Australia fair!!!!!!!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ag nee!! Dis verskriklik. My dogtertjie is twee...en ek weet nou hoe 'n ma kan worry en hoe sy oor haar kinders voel (mens weet nie...tot jy self 'n ma is).

Ek is so bly jy het gebel.......dink net wat sou gebeur het as jy nie het nie....die een sou siek gebly het en die ander sou opgekrop het. Ag man!! Ek is sommer ook kwaad vir RSA. Sommer ook kwaad vir my familie wat ook nie die lig wil sien nie.

DITTO: Ons vir jou....Australie....the lucky country........Advance Australia Fair!!

Ek hoor nie meer die magtige dreuning nie, die kranse roep my nie meer nie.....Australie se hemel is net so blou!!

Ons is 3 maande hier en Australie en sy mense was nog net goed vir ons....dit gaan so goed met ons...en ek is elke dag dankbaar.

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

'n Ma weet mos as iets fout gaan met haar kinders. Dankie dat jy so baie met ons deel. Ek hoop jy het vriende daar wat vir jou ' n lekker koppie tee en 'n stywe drukkie kan gee. Hier aan die anderkant van die woestyn sal ek 'n bietjie op my kniee gaan.

Ek hoop jou seuns sal eendag binnekort hier wees.

Sterkte

Sue

Link to comment
Share on other sites

Wow KD, dis baie hartseer. Jy skryf so goed, ek sit skoon met hoendervleis. Weet net ons dink aan jou en jou familie. :blush:

Link to comment
Share on other sites

AI KD.... Ek sit met trane wat by my wange afrol... jou arme hart.

Ek wil he jy moet weet dat daar net een manier is wat jou kinders kan kom en dis as jy hier is en hier n lewe maak...jy is die pionier wat die pad vir hulle makliker gaan maak om oor te kom. Byt vas. hang aan...

Ek bid dat hierdie waarskuwing hulle diep en intens gaan tref. so diep dat hulle hulle goed vat en oorkom. Hoeveel waarskuwings wil ons mense he voor hul luister.

My skoonsus se pa is herhaaldelik met n mes gesteek en is dood...maar steeds jare later sit hulle in SA. Steeds oortuig dis ok.... En as my mense praat dan se hulle misdaad het hulle nog nooit geraak nie....hulle sien eens raak hoe hul lewens werklik geraak is deur korupsie, geweld...hoe heinings. My ma sit agter 2 elektriese heinings en dink sy is in etopia want sy kyk deur die drade op n golfbaan. Hier kan ek vir haar n huis sonder mure gee waar sy tot op die see uitkyk...en gaan stap!

Maar nee hul hoor nie hul sien nie hul voel nie!!!!

EK bid vir jou mense en vir myne dat die skille van hul oe afval en dat hulle Hoor....en Luister en dat hulle harte oopgaan om die mooie ozzieland (met sy oop vlaktes, sy digte bosse, sy pragtige strande die mooie sonsopkoms, sy skoon lug sy lieflike mense) hulle land te kom maak.

Al my liefde en gebede is vandag by jou

H

Link to comment
Share on other sites

Ag, KD, dit maak mens sommer die *&^%$@$ in as die mense daar nog sit en talm....dis soos om die tsunami te sien, en te se...nee wat! HY gaan ons mis...en dan....! Hulle het net die Here se oortuiging nodig, maar hoeveel mense daar luister na Sy stem...Hy kan waarsku, maar hulle moet eers HOOR!

Gemaksone se ek vir jou....dis 'n gevaarlike plekkie om te wees!

Sorry vrou, ek weet jy worry! Ek bid vir jou vir vrede en krag!( die krag is nie om jou skoonsus by te kom nie, hoor!)

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die luister, vir die bemoedigende woorde, vir die verstaan.

Maar nog is dit nie die einde nie.............

Wat maak jy as jou man jou bel en se hy kom nou huis toe want dit gaan nie goed met hom nie? En jy wag met opgehoue asem vir die kar om die draai, wonder wat nou?

My arme, arme man, Pa van my kinders, trotse regop man........ek maak vir hom die deur oop en daar staan hy, rooigehuilde oe en krom skouers. Dit het hom eers by die werk getref vandag. Die ding van die kinders. "n Kollega het hom net gevra hoe dit gaan, toe breek die damwal, die sluise gaan oop en die emosies spoel oor. Al die maande van sterk wees, van moed inpraat en van sommer net daar wees vir ons, dit het nou breekpunt bereik.

Sy werk het 'n sielkundige van die hospitaal ingeroep wat met hom gepraat het, geluister het en verstaan het. My man se hart is gebreek oor die trauma en lyding wat sy seuns moet deurmaak daar. En tipies man het hy dit opgekrop en gister se ding was die laaste strooi. Hy worry en ek sien vandag eers behoorlik hoe grys het sy hare geword. Of het dit oornag gebeur, die grys?

Al wat ek weet is dat ons nou met alle mag gaan werk daaraan om die kinders (en almal wat wil) hier te kry. Voor hulle refugees word, of voor dit te laat is.

As ek nie my hart hier kon uitpraat nie, was ek seker ook lankal...................... :thumbdown:

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Ag, vrou! Nog dit ook? Ek hoop jou kinders weet hoe dit julle affekteer... En ek hoop hulle kom gou oor!

Blessings vir jou en jou man en Fred!

Link to comment
Share on other sites

HI KD

Ag ek voel vir jou - dit is so moeilik met familie en vriende nog in SA met alles wat aangaan.

Ek dink aan jou en jou familie.

STERKTE

Linky

Link to comment
Share on other sites

ag mensie....hoeveel keer op een dag kan n hart breek?

sterkte en weet net ek dink aan julle.

Dis so sleg as ons sterk pilare skielik sommer net vou... Sterkte en praat met jou kinders. se hulle maak julle oud. Hulle moet NOU kom dis tyd.

Link to comment
Share on other sites

Ag Betsy, kon ek jou en jou man maar teen my vasdruk en se dis okay, alles sal okay wees. Ek sit en tjank hier waar ek skryf. Ek weet hoe voel 'n moederhart vir jou seunskinders. My Pa het altyd gese solank jou kinders klein is, is jou worries klein.... Nou glo ek hom.

Sterkte, maatjie, vir julle almal. Ek sal ernstig met die Oubaas Daarbo gesels vannaand, vir julle. Dat hy jou kinders veilig hou, tot hulle ook besef, soos Henna se, dis tyd.

{{{{{{{{{{Betsy}}}}}}}}}}

Link to comment
Share on other sites

Ek bid dit oor almal wat familie en kinder in SA het.Hier is nie net een of twee wat ouers of kinder daar het nie.Self susters en broers wat ook die gebede nodig het.

Dat hul engele hul sal beskerm en elke dag sal bewaar!!!!

Mens voel skulidig om te weet dit gaan goed met ons almal hier en aan daai kant lewe almal in vrees.

Dis baie erg.

Link to comment
Share on other sites

Hi Kd,

My thoughts are with you. I really feel for you ...... it is terrible when something happens to your children.

You need to come and live closer to me!

Hang in there. Here's lots of hugs for you!!! :unsure::hug::hug::hug:

SAS

Link to comment
Share on other sites

Ai KD, dis vreeslike slegte nuus. 'n Arme ma se hart - al die stres. Mens voel so magteloos en dit maak dit nog erger. Bly net glo en vertrou, ek weet dit klink soms na leë woorde, maar dit werk regtig. Strekte, maatjie

Link to comment
Share on other sites

KD,

My hart gaan uit na jou en jou man. Mens se kinders is mos als en ek kan my net probeer voorstel hoe magteloos julle moet voel!

Baie sterkte vir julle en ons dink aan julle

:unsure:

Tania

Link to comment
Share on other sites

Ai Betsy

Ek wens ek was daar om vir julle tee en kos te maak en te help troos. My hele hart is so seer vir jou vanaand!!

Ek dink aan julle. Bly net glo...en werk daaraan om hulle hier te kry.

Sterkte vriendin

F

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Ek kan nie eers dink wat jy moet deurgaan as ma op hierdie oomblik nie, en nou moet jy nog toekyk hoe jou groot, sterk man ook verkrummel.

My man het so paar weke terug deur dieselfde gegaan na hy geroof is by die werk en 'n geweer teen sy kop gehad het. Die ergste is die hulpeloosheid wat jy voel - jy kan dit net nie beter maak vir hulle al wil jy hoe graag nie. Snaaks genoeg, ek was ook geroof in Rissik Straat in Januarie. Van toe af ry ek met 'n tazer op my skoot. Op 'n manier wens ek hulle wil naby my kar kom sodat ek al my frustrasies op hulle kan uithaal, maar ek dink die "make my day" uitdrukking op my gesig skrik hulle heeltemal af! :unsure:

Ons bid vir jou en jou familie.

Groete

Melissa

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dankie vir die omgee....vandag gaan dit beter. Oudste is in die Unie hospitaal en middelseun kry vertroosting by sy jarelange vriendin. Ek sms haar vandag en se vra vir haar sy moet tog mooi kyk na hom. Sy sms terug en se "Tannie, ek gaan nog met hom trou, daarom kyk ek altyd mooi na hom"

Nou ja, dis nuus vir my :D

Hubby slaap en rus al heeldag en ek hou alles stil en kalm, maak nie eers huis skoon nie. Ons le net rond eet pizza en sweets en kry bietjie gesels in. Iets wat mens mos vergeet.....die lekker sommer net gesels en lag en dinge onthou.

Gou by K Mart in gedraf vanoggend vir 'n nuwe stryk yster want myne het geval en gebreek. Kan nie my oe glo nie, daar tussen die $120, $80,$60 en $30's, heel op die onderste rak kruip daar 'n stryk yster weg vir...............$8.00! Kyk en kyk weer, wraggies net $8.00. 'n Behoorlike stoom yster wat alles doen wat die ander kan doen. Wat kan ek se? Ek het hom behoorlik bekyk en getoets by die huis, daar is niks verkeerd nie, die ding werk.

Maandag is weer 'n volstoom week maar tot dan is daar gelukkig nog more om te rus. Gaan nou nou die Lotto beloer, miskien stick ek nog die hele forum vir 'n bubbly of twee.

Lekker aand,

Link to comment
Share on other sites

KD bly om te hoor dit gaan beter!!!!! Die son skyn darem mos altyd weer. Glo jou kinders sal by jou aansluit. Alle sterkte

en baie liefde Vlam

Link to comment
Share on other sites

Ek sit en huil... tot by die $8 yster en nou glimlag ek. Daar is altyd soet by die bitter van die lewe. :lol:

Sterkte vir julle !! Ek bid dat jou seunskinders (en toekomstige skoondogter :holy: ) vinnig tot hulle sinne sal kom en hierheen kom !!!

Groete

Leza

Link to comment
Share on other sites

Bly jy voel effe beter, maatjie, maar was dit nou nodig om my te herinner aan daai bondel strykgoed?

Sien juis gister die TOBI steamer ding in 'n infomercial.... ai dit lyk so maklik en aanloklik <sug>. Lotto waar is jy?

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Kannidood

Jammer om van jou kinders te hoor. Soms moet daar maar iets drasties gebeur voordat mens se oë oopgaan. Dit is nie altyd maklik om te dink jou land waar jy gebore is, is nou 'n gevaarlike plek om in te leef nie!!! Wie weet - miskien is die lelikheid wat gebeur het, die gebeure wat woema in hul blaas!!!!

Bly dit gaan nou beter! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...