Jump to content

Tropika, o, Tropika!!!

elizes

Recommended Posts

Sjoe, julle, vandag is ek sooo lus vir 'n lekker glas Tropika....Die oorspronklike lemoen ene, nie die ander smake nie.

Maar nou ja, seker een van daai dinge wat mens sal ervaar as jy eendag weer gaan kuier, ne?

Lekker middag!

Link to comment
Share on other sites

Oh... nou raak my hart lekker seer!

Ek kon Tropika by die liters drink! Die Geel ene.... O jissie.. ek onthou toe ek op learskool was het liefste moeder na werk vir ons elk een n Tropika gebring!!

Ai.. Sal maar n farmers union ice coffee moet gaan koop... lol

Link to comment
Share on other sites

Het nog nie van daai Iced coffee gedrink nie, is dit lekker? Sal maar die Tropika moet substitute!

Nee!!! Dit maak vet!!!

Link to comment
Share on other sites

Het nog nie van daai Iced coffee gedrink nie, is dit lekker? Sal maar die Tropika moet substitute!

EK gril my dood vir daai soet koue koffie.... Almal wat ek ken dood daaroor maar ek dink dis n n rip-off.

(ps ek drink my koffie sterk en bitter so miskien is dit hoekom soet koffie koue vlou koffie my walg)

Link to comment
Share on other sites

Ag, daar gaan my substitute.... Gaan nou maar my choccie eet....Coles se Belgian Chocolate slabs was vandag 99c.... :whome:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Ken die lus gevoel hoor, ek het nou al 2 weke so lus vir lekker biltong, kyk in SA het ek omtrent elke dag biltong geeet.

Toe gister suprise man lief my met biltong o dit was so lekker. Helfte is gevries en daar is nog oor in die yskas.

Gaan ons eie biltong begin maak een van die dae.

Groete

S2O

Thanx S2O

Nou crave ek biltong en droe wors... vroeer vandag was dit hertzog koekies...nous dit droe wors, biltong en pynappel geur tropica...dit was my stapelvoedsel vir n ruk

Link to comment
Share on other sites

Nee jong, moenie dit vir my sê nie! Dis al wat ek kon drink tydens my swangerskappe wat my nie sooibrand gegee het nie! :blink:

Nou nie dat ek seker ooit weer gaan swanger wees nie, maar dis van kleins af my favourite favourite! My 2 kleutertjies vrek ook daaroor en ek kon selfs die Hollander (my man) dit leer drink! :ilikeit:

Hier in RSA kan jy dit nou selfs kry in laevet...

Laat ek gaan want ek is ook nou besig om (weer) lus te raak... vir die pynappel een... :blink:

Sjoe, julle, vandag is ek sooo lus vir 'n lekker glas Tropika....Die oorspronklike lemoen ene, nie die ander smake nie.

Maar nou ja, seker een van daai dinge wat mens sal ervaar as jy eendag weer gaan kuier, ne?

Lekker middag!

Link to comment
Share on other sites

Jy kry 9 Tim Tams in 'n pakkie............soms op 'n special teen $1.29 'n pakkie!!!

In die begin het ek bedoel om 4 te eet en 5 vir seun te los, hubby eet dit nie. Hoekom het mans soveel self beheersing en ons nie?

Teen 3 uur die middag eet ek nog enetjie, teen 4 uur nog 2 en 10 min later die res. Dan vat ek maar die pakkie, frommel hom mooi klein op en gaan gooi dit in die groot asblik en se niemand nie. Wat die oog nie sien nie............

Nou koop ek dit nie meer nie, regtig nie. Jy kry sulke heerlike Weight Watcher chocolate cake bites, 5 in 'n pakkie. Een tel blykbaar 1 Weight Watchers punt, maar wie probeer ek bluf? Net myself want ek verorber al 5 op 'n slag.

Ek wens ek kan sulke gesonde goed crave soos julle, vrugte sappe ens. Ek moet nou maar streng wees want hier rol ons nog almal straat af.

Link to comment
Share on other sites

Sies! Dis hoekom daar nooit TimTams in die huis is nie lol..

Nou so gepraat van die Tropika en biltong... ek sal enige iets gee vir n koeksister!! Ai net een ou koeksistertjie.....

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...