Jump to content

Mrs Primrose & Armageddon


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

So 'n paar weke terug kry ek 'n oproep - my dogtertjie kom roep my - Mrs Primrose is oppie foon. Vir julle wat nog in Donker Afrika is - die Mrs en Mister ding is mos nog in daar - Mevrou en Meneer. Hier in Aus gee niemand om vir Mr & Mrs nie - almal is sommer op hulle eerste naam. Nou voel ek skielik belangrik want MRS PRIMROSE wil met my gesels - ek wonder nou skielik wat die Queen se van nou is - is dit nie dalk Primrose nie - ek het geen idee nie??? Ek ken nie 'n Primrose nie - watter verkoopsdame sal nou 'n Primrose wees????

Ek gryp daai foon en gooi my hoogste Ingels - julle weet mos - "don't speak twice together Mrs Primrose - PLEASE, speak once upon a time." Daai Mrs Primrose gooi 'n hoë Ingels man - 'n kameelperd sal nie eers kan bykom nie, nie eers as dit op 'n leertjie staan nie. Ek konsentreer so - my voorkop trek 'n plooi soos 'n kwaai Boesman - my maag trek in en my broek val af tot op my se kniege.

Neeee sê Mrs Primrose - sy is nou net 'n paar weke in Stanthorpe en sy het nou 'n paar quotes aangevra - die mense daag op, maar kom nie terug na haar toe nie. Neeeee sê ek - die Boer is nie so 'n tweegat jakkals nie - ek's sommer gister daar en ek gee 'n quote voor ontbyt en het die job sommer met lunch klaar. Nou gaat sy aan in haar mooi Ingels - ek raak nou lekka hooghartig terwyl ek so luisters - my bo lip raak sommer so lank en styf en my ooghare krul hemel toe - selfde tyd trek my poepol so 'n hooghartige tuit 'n lammetjie kan daaraan suie. Terwyl ek nou so 'n balans probeer vind tussen my swaar bo lip en swaar agterent - luister ek nou na Mrs Primrose se Queen Ingels.

Volgende dag gaan kyk ek na die job - sy het die hondjies - gelukkig nie uitpeul oog Pugs nie - julle weet mos ek het 'n vrees vir daai hondjies wat 'n mens se been so ry. Ek was sommer nat gesweet voor ek daar aankom - ek kan myself sien instap by Mrs Primrose se deur en 'n uitpeuloog Pug storm my been en ry vir 'n vale. Sies man - ek sal my morsdood skaam.

Voor die deur is so 'n klein Foxy vasgeketting - geen beenryery nie. Ek klop aan die deur en loer so deur die flyscreen - klassieke musiek speel in die agtergrond. Agter teen die muur is so 'n fluorescent sticker teen die muur geplak - 'Magic Happens.' Nou raak ek bekommerd - watse Ingelse Queen gaan nou so 'n sticker teen haar muur hê???? Ek het eendag so 'n sticker in 'n boomroker se kamer gesien.

Ek klop en ek klop - niemand nie. Ek loop na die anderkant toe - daar is so 'n spikkelbont Cattledog vasgeketting - nou raak ek bekommerd - 'n hondjie voor elke deur. Nee wat, dink ek - niks om bekommerd oor te wees nie - sy wil seker die hondjies inhou - die dat sy 'n heining wil hê. Ek lui die klokkie en al wat 'n hond is gaan mal - Mrs Primrose daag op. Sy is laaaank - enige iets tussen 75 en 95 - moeilik om te skat. Sy nooi my in - daar staan 'n boks groen appels in die voor vertrek en 'n boks dooswyn in die ander hoek - die sticker - 'Magic Happens' flikker soos 'n disco lig in my oge.

Ek loer op en hoog teen die muur is 'n swart en wit pic van een van daai Indiese karakters - julle weet mos - daai wat hulle hakskene agter hulle ore kan druk - blare vreet en op 'n berg bly - boom rook en vir Westerling vertel hulle moet van al hulle aardse besittings ontslae raak. Daai karakters met sulke Rusta hare wat heeldag pajamas dra - dink hulle noem hulle 'n Guru of iets. Sien nou val alles agtermekaar - 'n kas appels???? 'n Boks dooswyn????? 'n Rusta Guru???? Klein hondjies aan kettings?????? 'n Hoogsgeleerde Ingelse dame so lank soos 'n sweep en net so onner 'n 100 jaar???? Waar's die bloody deur???? Wat maak ek hier?????

Ons gesels daar innie kombuis - 'n baie pleasant dame - sy was 'n Home Economics teachers vir 40 jaar - reg uit England uit. Sy het nou haar hele lewe verander - was getroud gewees op 'n tyd. Sy travel India toe elke jaar en doen al hierdie Guru kursusse. Nou vra ek haar watter tipes meditasies sy beoefen - sien ek het dit mos ook gedoen - nie met 'n harige tang van India nie, maar Buddhist meditation. Ons gesels sommer lekka.

Neeeeee seg sy, oor 4 jaar gaan daar geen elektrisiteit wees nie, agv die black spots - mense gaan weer stap en perdry. Neee wat dink ek - daar is klaar nie lektrisity in Suid-Afrika nie en ek het klaar 'n perd - no worries mate. Sy reken ons gaan nie meer skoon drinkwater hê nie - sy bestel nou al hierdie vreeslike watertenks en groei haar eie uie, kruie en dinge. Mrs Primrose glo vas die wêreld wat ons ken gaan tot 'n einde kom. Nou gesels ek oor haar harige Guru - al die dinge wat hy nou vir mense vertel as hy boom gerook het en 'n lekka nagmêrrie gehad het.

Ek sit vir haar 'n oumens heining op - so 'n lekka verbeeldinglose vale. Sy stap elke dag haar ou hondjies en tel nog een op innie bos - so 'n maer 4 maande oue skaaphondjie - lyk of dit vol wurms is. Sy dokter haar reg. Een oggend kom ek daar en Mrs Primrose loop met haar ou Tannie walker - sy lyk sommer 20 jaar ouer en vol pyn. Neee sê sy - sy't oor die hondjie geval en was die dag innie hospitaal. Sy't klaar twee vals heupe en hulle het geding haar holbeentjie is gebreek - gelukkig nie.

Ek gaan Donderdag vir haar 'n heining snoei en weer tee saam met haar drink - weer gesels oor daai olierige Guru.

Link to comment
Share on other sites

Ai Mauritz. Weet jy watse talent jy het vir skryf?? Ek het die storetjie baie geniet.

Lekker tee? drink

F

Link to comment
Share on other sites

Hi Mau

Waar krap jy al hierie interesante weirdos uit? In Cartoonville in SA was ek omring deur sulkes maar hier kry ek net normales? waar soek mens vir jou karakters?

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Waar krap jy al hierie interesante weirdos uit? In Cartoonville in SA was ek omring deur sulkes maar hier kry ek net normales? waar soek mens vir jou karakters?

Ek hou van mense se stories - iets wat deesdae by die venster uit is. Mense gesels nie meer nie - te bang vir die PCP (Politcal Correct Police) wat nou in ons gemeenskap rondsluip en op almal spring wat durf om mond oop te maak.

Ek maak 'n punt om met ALMAL te gesels - vat so 'n rukkie om mense aan die gang te kry - dan maak my wêreld oop - wêreld vol interessanthede en geite. As ek met een van hierdie PCP begin gesels - gee ek hulle die KMA (kiss my arse) treatment - draai my rug op hulle en verdwyn so vinnig as wat ek kan.

Daar is interessante karakters orals - mens moet net so 'n bietjie grawe en soek. Hulle het geleer om 'normaal' voor te kom en 'normaal' te funksioneer - om die PCP happy te hou.

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Dis ongelooflik hoe mense verskil. Wragtag, ek kan dit nie glo nie.

Ek het hier gesit en letterlik my broek natgemaak, die trane loop soos ek lag oor jou stories. Ek roep my vrou, se vir haar "kom lees, dis vrek snaaks!".

Sy lees sonder een giggeltjie of lag, en se vir my: "Ek vang dit nie?"

?? WTF????

Ek se "nee, wag lees hierdie een", kry ander storie, selfde reaksie. ^_^

Ek is nou al amper 13 jaar getroud met haar. Sulke tye wonder jy hoe dit moontlik kan wees.

Maar eks baie lief vir die ou dingetjie, al is sy so dig party dae...

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

Oeee, maar het ek my nou in 'n hoek in gelag ! Het probeer om dit vir my man voor te lees, maar moes eers vir tien minute lank my longe uitgiggel oor die lammetjie wat dáááár suie (ek sien die prentjies mos in my brein, ooraktiewe verbeelding van my !), voor ek kon verder lees.

Dankie, Mauritz, dit was heerlike ontspanningsterapie so tussen al die stresse van die lewe deur !

Doen so voort !!! ^_^

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...