Jump to content

simpel vrae


Blossom

Recommended Posts

Mense wat stupid vrae vra. Dit werk op my galblaas, en ek vererg myself sommer reguit in 'n sarkastiese spasm in.

Maar hoor hier... net Saterdag, het ek een van DIE simpelste vrae OOIT gehoor. Ek het my hart hoor klop in my ore, my oge het trane getrek en maak nie saak hoeveel wagte ek gebribe het om my bek toe te hou nie, hulle HET eenkant toe gestaan...

Nou die allerdaagse stupid vrae:

Vraag: Kan ek jou toilet gebruik?

Antwoord: Nee, gaan *** buite in die bos.

Vraag: Kan ek 'n glas water kry?

Antwoord: Nee, gaan drink water buite uit die hond se bak, reg langs die bos waar jy ge*** het.

Vraag: Kan ek 'n sigaret steel?

Antwoord: WTF??? As jy vra is dit nie steel nie, en ek wil nou wragtig nie die ou wees wat jou hel toe stuur vir diefstal nie, so DE, vat maar een van myne.

Vraag terwyl jy bibberend buite staan: Kry jy koud?

Antwoord: Nee, ek is eintlik 'n undercover spastiese dikderm.

Vraag terwyl jy buite aan jou pypie trek: Haai rook jy?

Antwoord: Nee ek rook nie - die sigaret is net vir effek!

Vraag as die foon lui 2uur in die oggend: Is jy wakker/ of Het ek jou wakker gemaak?

Antwoord: *&^%%$$^&&** en jou &^@#@&& ook man!

Maar wag, die ultimate was ek mos nou gevra:

My HUIS telefoon lui. Kennis aan die anderkant vra vir my.. "Is jy by die huis?"

Antwoord: Nee, jy't die verkeerde nommer gebel. Ek het net verby geloop, ingebreek en die******f foon geantwoord!!

MENSE!!! DINK voor julle 'n vraag vra!!! Asseblief!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...