Jump to content

My Swart Meisiekind & die Cowboy


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek dog ek gaan nou lekka lees aan allie stories - lyk of almal so 'n bietjie terughou, amper aan die slaap geraak - lyk darem of ou Oom Stoof en Tannie Kannidood nog glo aan die pen. Ek het mooi gedink oor al hierdie 'poepolitical erectness' en ek het tot 'n gevolgtrekking gekom - F#$% die F$C&$@! - dink julle sal daai een kan figure.

Sal maar vir julle vertel van my mooie Swart Meisiekind. Ek het mos vertel hoe ek die mooie meisiekind gekoop het en watter wilde ding sy was. Al hierdie harde Cowboys - ex rodeo mannetjies - het nie kans gesien vir haar nie - toe breek ek haar maar self in. Sy het my twee keer gegooi dat ek op my se ooghare rondgeloop het en vir weke lank die sand tussen my wit boude gewas het.

Ek kry mos eendag 'n brainwave - ek gaan begin met endurance - nou het ek al hierdie fyn, mal Arabierperde en my meisiekind word afgeskeep. Ek kan haar nie na enige plek laat gaan nie, want sy vat nie nonsense van 'n mak kat nie. Dit is 'n gesukkel - ek wil haar nie adverteer nie, want dan kom al hierdie mal mense na haar kyk en mors my tyd.

Lank terug het ek hierdie 'horse handler' ontmoet - hy loop met sulke benoude boude - ek dog eers hy's dalk skeef. Die man kan met 'n perd werk en ek sien sommer hy is nie van die aggresiewe tipe nie. Ek wys hom eendag wat ek my my Swart Meisiekind kan doen - allerhande kinky stuff - hy sê nie 'n woord nie. So 'n maand terug kry ek 'n oproep van die Cowboy - wil ek nie daai meisiekind verkoop nie. Ek dog toe so oor 'n nag se gekuiery met Mej Chardonnay - ek kan nie 'n beter plek vir haar kry nie - ek moet haar laat gaan.

Die Cowboy kom hier aan - benoude boude en al. Hy het sulke boudjies omdat sy rug en bekkenbeen al so baie gebreek was - hy breek perde in vir 'n lewe en ry enige ding. Hy is al twee keer geskei - 3 oulike meisiekinners, 'n tweeling nogal. Hy het 'n lelike reputasie in die area - hy vry alles - as jy vir 'n besem 'n rok aantrek, dan vry hy die ook. Niks is veilig nie - nie die rokke in die ouetehuis, die getroudes of geskeides nie. As 'n dame 'n perd het en hom inroep - dan is sy ingebreek voordat hy by haar perde uitkom. Hy is vir 5 minute hier en probeer sommer kers opsteek by my Skotse vriendin - ek staan so benoud eenkant en probeer hom waarsku - sy's 'n dame wat sy holbeentjie nog 'n keer sal breek as hy nie versigtig is nie - ek wil darem eers my meisiekind verkoop voordat hy daar begin vry.

Ek hou hom dop - hy steek sy Cowboy boot in daai 'stirrup iron' dan byt hy op sy tanne - dan probeer hy daai perd klim. Ek hoor dan al daai bene in sy holbeen kraak - dan word hy so wit en haal sy boot weer uit. Dan loop hy so 'n bietjie rond met die perd, ruk en pluk sy ruggie so - dan probeer hy weer. Hy slaan sommer sulke sweet uit - maar klim, klim hy. Ek vra hom of hy nou kan ry met daai rug en holbeen wat so in flarde is - 'no problem mate' seg hy - hy kan net nie baie 'trot' nie - sy ribbes is blykbaar nog af. 'n Perd het sy kop opgegooi en hom tussen die oge geslaan - uit soos 'n kers - toe hy wakker word in die paddock, toe is 5 van sy ribbes af, hy't nie 'n idee hoe dit gebeur het nie. Hy ry so 'n bietjie rond en begin trot - ek hou hom dop en wragtig, hy is spierwit innie gevreet en 'n traan rol so teen sy wang af - die man is in pyn.

Nou bid ek maar net die meisiekind van my gooi hom nie vandag nie - sy vat nie nonsense nie - ek dink nie hy sal ooit weer loop as sy eers begin nie. Sy gedra haar goed en hy reken hy het nog nie 'n perd gesien waar die grondwerk so goed gedoen was nie - sien ek spog nou - my gatvere staan regop, my nekkie is lekka gekrul - ek het nie 'n saak nie - daai meisiekind is my trots - almal het opgegee met haar en kyk nou waar's sy vandag - 'n spoggerige ding.

Nou gesels ek met die Cowboy, vra hom bietjie uit oor sy liefdeslewe - laas toe ek vir hom gaan kuier het, het hy met so 'n wilde dingetjie daar innie bos gebly. Neeeee, sê hy - sy't nie gehou van sy party truuks nie - hy het 'n perd wat hy self geleer het en as daar mense is, dan gaan piepie hy nou kamma buitekant - volgende oomblik ry hy in die sitkamer in met die perd. Dan sit hy nou daar in die middel van die huis oppie perde en bier drink - dan ry hy nou in die huis rond met die perd. Sy het blykbaar nie baie daarvan gehou nie en hy moes toe kies tussen die perd en haar - toe sê hy blykbaar vir haar, hy sal haar mis. Nee, sê hy vir my - hy vlieg môre Adelaide toe om 'n ou liefde te gaan besoek. Julle moet verstaan dat die Cowboy geen ander klere dra as die innie pic nie - so, as julle 'n Cowboy daar in Adelaide sien - dan is dit seker hy.

My meisiekind word gelaai en nou stort ek 'n traan - pyn oppie hart - man ek is sad, sy was my eerste perd hier in Aus en ek gaan haar mis. As hy haar ooit wil verkoop, dan het ek eerste opsie.

Ek ruil toe my dogtertjie se ponie wat ek vir $600 gekoop het en van voor af geleer het, vir 'n lekka bosperd wat hy het - 'n $2500 perd - die perd het net 'n regte P@@fter naam - Floriance - wie wil nou 'n regter reun bosperd Floriance noem - klink soos daai gegeurde holtissues in Woollies. Ek doop hom toe maar Mr Flow - nou het ek 'n lekka perd waarvan ek kan jag en boswerk kan doen. Hy's nie baie groot nie - so 14.2hh - maar baie, baie taai - ek het al 'n paar 35km's met hom gedoen innie bos. Ek wyer net om hom Floriance te noem.

My Meisiekind

post-7140-1208171635.jpg

Mr Flow

post-7140-1208173783.jpg

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Hi,

Ek moet net gou eers die trane van al die lag afvee !!! Jammer om te lees van jou meisiekind.... maar ek wil nie eers dink wat sy alles met met "stukkende" cowboy gaan aanvang nie !!!

Van nou af is jy op my skrywers lys, net na Tannie Kanidood en Oom Stoof

Leza

Link to comment
Share on other sites

Welkom terug!!!!!!!!!

Waar is 'n pic vanni koeiseun?

Waar was jy?

En ek is nie jou tannie nie.

Jou oom wou nie.( Hoe se die jonges??.........LOL)

Dis 'n mooi perd. Ek like skimmel perde.

Ek het geweet jy kan ons nie los nie.

Floriance.......is mos mooi, klink so uitheems en nou noem jy hom sommer Mr Flow! Glo nie daai perd hou daarvan nie.

Lekker dag.

Edited by Kannidood
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Welkom terug !!!!!!!! Ek hoop daai wilde cowboy kyk mooi na jou meisiekind.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Wwwhhaahaahaa :rolleyes: O jislaaik Mauritz, daar is darem niemand wat so kan skryf soos jy nie. Met so 'n klomp interessantes wat daar om jou in die bos bly, kan dit ook nie anders nie. Nes ek dink nou het ek alles gehoor, dan kruip daar nog 'n karakter uit die krake uit... :blush: Hiehie..

Dis darem 'n baie baie mooi meisiekind daai. Ek is seker jy sal haar mis.

Link to comment
Share on other sites

Wwwhhaahaahaa :rolleyes: O jislaaik Mauritz, daar is darem niemand wat so kan skryf soos jy nie. Met so 'n klomp interessantes wat daar om jou in die bos bly, kan dit ook nie anders nie. Nes ek dink nou het ek alles gehoor, dan kruip daar nog 'n karakter uit die krake uit... :blush: Hiehie..

Dis darem 'n baie baie mooi meisiekind daai. Ek is seker jy sal haar mis.

Nee mar jy hoor mos Hy ruil haar in (al is sy kinky) vir een met "endurance"...tipies mansmens :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ai Mauritz, ek voel met jou oor die missery. Sy is wragtag mooi. Maar ek stem saam met Betsy, daai skimmel is 'n stud (pun intended). Al waarvan ek meer hou, is palomino's, seker omdat hulle soos siamese katte lyk lol.

En dankie, het jou skryfstyl gemis. Bly jy's terug.

Link to comment
Share on other sites

Welkom terug en dankie vir die storie. Ek hou veral van jou gevolgtrekking daar in die eerste paragraaf. Dis die regte attitude wat mens moet hê

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

Ons het jou waaragtig gemis, net soos jy daai meisiekind gaan mis!

Maar ek moet bysê, ek en al die ander is bly jy het weer geskryf.

Gooi my 'n e-mail!

Groete

JJ

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...