Jump to content

NUWE PASPOORTE MET VISAS IN


niens

Recommended Posts

Hallo almal,

Julle wonder seker al wat van ons en ons paspoorte geword het!

Wel soos julle weet is ons deur die drama van ons paspoorte wat in is vir die visas en toe het die koerier besluit om dit vir homself te vat... net voor die polisie die man kon arresteer kom hy uit met die paspoorte, en nou is daar nie meer 'n saak nie - I rest my case!!!!

Alles is toe gestop en moes ons weer die proses van voor af begin - die Australiese high commission het ons regtig waar baie mooi bygestaan, en toe hulle ons saterdag bel en se dat "Home Affairs" het laat weet dat hulle voor die einde van die dag ons paspoorte kan klaar he indien ons bereid is om R3800 te betaal (dis 'n spesiale diens en belowe hulle als sal afgehandel wees), anders sal ons nog 6weke moet wag. :ilikeit:

Wel nou noem ons maar stupid, maar ons is al so desperaat en opgestress en dies meer dat ons betaal die geld... later se my man vir my, maar maggies ons is dan gebribe - gee toe dit aan by home affairs se fraud afd - en vir 2 baie slim mense voel ons toe baie onnosel toe ons hoor dit was weer 'n skelmstreek. :ilikeit: Nou sit daar iemand met byna R4000 van ons in haar bankrek, en soos julle almal weet geld wat mens nou baie nodig het. Nou is die polisie alweer betrokke en wonder ek wat gaan die verskoning die keer wees.

Wel gisteroggend toe arriveer 'n koerier in Rustenburg met al 5 van ons paspoorte en visas - en is die opgewondenheid te groot vir woorde - totdat my man sien dat hulle ons baba se visa in ons seun se paspoort het en syne in hare..... ek was nie in 'n goeie bui na dit nie, glo my.

Wel my man in vandag deur PTA toe, en

ONS HET 5 PASPOORTE MET 5 VISAS IN en het ek sommer ons vliegtuigkaartjies gaan boek en betaal voor daar nog iets kan verkeerd loop. :ilikeit:

Ons vlieg die 17 Mei PERTH toe, en is ek so opgewonde dat ek my lag nie kan hou nie, maar terselfdertyd sien ek op na die groet en meer as enige iets anders om met 3 klein kiddies (7, 5, en 7maande) te vlieg, maar ten minste is ons nou oppad. :lol:

Wel tot volgende keer!!! ;)

Link to comment
Share on other sites

Hi Niens

Ek het omtrent uitgekyk vir die post van jou en nou is dit hier!!! Baie baie geluk vir julle, julle verdien dit wraggies na al die worries en probleme!! :ilikeit: Net jammer dat jul weer eens deur drama moes gaan om net die paspoorte reg te kry, maar vriendin, nou is dit verby soos jy se en julle is oppad!! Sommer al in Mei maand, ek is baie jaloers . .

Geniet die wonderlike gevoel, hoop daar is sjampanje in jul yskas vannaand!!

Alle sterkte met die groetery en moenie oor die kiddies worry nie, hulle sal fine wees op die vliegtuig, kry net vir jou genoeg Rescue!!

Hou ons op hoogte van jul sake hoor.

Liefde, ILze

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...