Jump to content

Ha uiteindelik!!


Marlese

Recommended Posts

Ha uiteindelik!!

Ek was lank 'n skelm loerder en hierdie is my eerste post as regte lid!Ek en my man oorweeg dit nou om na Australie te emmigreer(ja soos almal maar).Ek het baie deur die forums gelees maar wil asb die volgende vra:

1. Sal ons gekeur word vir permanente visums - ek is 34,Nat.H Diploma:Interne Ouditkunde; werk vir die afgelope 12 jaar as rekenmeester by groot botteleringsmaatskappy.My man is 38; het vir die afgelope 10 jaar sy eie besigheid;hy verdig damme met Geo membrane materiaal en werk oor die hele Suid-Afrika,Namibie,Botswana ens.Daar is soortgelyke maatskappye in Australie en ons probeer nou vir hom werk kry by een die.Ons het 2 kinders - 9 en 5.Ons is erg Afrikaans en weet ons sal dus vir die Engelse toetse moet gaan maar dis ok.Ons sal genoeg geld he om ten minste vir 5-6 maande te "survive"

2. Kan ons werk op 'n beraamde syfer van R150 000.00 vir emmigrasie kostes?Dit sluit visums in vir ons 4;geen container en hopelik geen agent

3. Hoe nodig is 'n agent??En as jy 'n agent kry, wat is hulle veronderstel om alles te doen?

Ek hoop iemand kan help en baie dankie aan die mense in Australie wat ons "groentjies" nog bystaan al is julle al lankal hierdeur!!!

Tata Marlese

Link to comment
Share on other sites

Hi & Welkom Marlese,

Die forum is goed om info te kry, al raak sommige topics partykeer bietjie warm deesdae. Die meeste mense is nog hier om mekaar te help wat great is.

1. Ek is nie seker van jou man se agtergrond nie (bv. kwalifikasies ens.) maar ek is seker julle sal nie 'n probleem he nie. Kyk maar na al die info oor Skilled Migrants op www.immi.gov.au. Die beste is maar om julleself te meet deur die punte waarvoor julle kwalifiseer op te tel.

2. Ek is seker R150k sal oorgenoeg wees, veral as julle nie 'n container vat nie. Die kostes is hier-en-daar al bespreek op die forum, maar die grootste is seker

- die IELTS (was laas jaar so R1650 per persoon),

- die akkreditasie deur die Ozzies; vind maar uit wie julle sal akkrediteer en kyk na die kostes,

- die Visa aansoek (AU$2060)

- die vliegtuig kaartjies (omtrend R7000 - R10000 per persoon, hang af van wat julle wil he en die olie prys, etc)

- die container sou die grootste koste gewees het, bv omtrend R40k vir 'n 20 voet of R70k 0 R80k vir 'n 40 voet.

3. Daar is baie opinies oor agente. Indien julle 'n complicated aansoek het, gebruik miskien 'n agent, maar dit is eintlik maklik om dit self te doen - net baie werk. Baie van die agente laat jou inelkgeval omtrend alles self doen. Ek sou net se dat as julle 'n agent sou gebruik doen julle ondersoek oor watter agent, want daar is regtig ouens wat nie hulle geld werd is nie, maar dan is daar ander wat baie mense gehelp het. Dit is net 'n klomp geld om te betaal vir van die diens wat gegee word. Ek sou ook bietjie onderhandel het oor die kontrak wat jy met hulle sluit, dit is immers mos 'n besigheidstransaksie met 2 partye. Ek het al gelees van mense wat redelik vasgeteken is by die agente en dan sukkel.

Ek het die tyd gevat en deur al die dokumentasie gewerk en al die opsies ondersoek, of ek nou agent sou gebruik of nie. Ek het toe besluit om dit self te probeer.

Wel, weereens welkom en sterkte.

DKH

Edited by DKH
Link to comment
Share on other sites

Baie dankie DKH vir jou antwoord!

Net bietjie meer inligting oor my man. Die probleem is juis dat hy nie 'n geregistreerde "skill" het nie m.a.w wat ek bedoel is dat hy nie papiere het nie. Dit wat hy weet het hy geleer deur self te werk en verskillende eksperimente te doen met die materiaal.Tans is daar net so 5 instansies in Suid-Afrika wat die tipe van ding doen.Maar soos ek gesê het gaan ons nou probeer om hom by een van die soortgelyke mpy'e in Australie in te kry (selfs al is dit iets soos casual werker!!).Ek weet hy sal nie omgee nie en hulle sal gou agterkom hy weet waarvan hy praat. Nou wil ek net weet: Watter tipe visa moet hy dus voor aansoek doen??Ek kan mos die 175 doen,maar wat moet hy dan doen??

Ek wag vir julle antwoorde!Dankie

Marlese

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlese,

As jy aansoek doen vir 'n 175 visa, dan is jou man ook gecover. Die visa geld vir die hele gesin.

Stix.

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlese

Ons is ook tans besig om aansoek te doen vir al die 200 dinge. My 1 vriendin is ook 'n rekenmeester maar het nooit haar artikels gedoen nie. Sy het aansoek gedoen by www.nia.com.au vir die skills assessment. probeer huller gerus as sy die keuring kry kan haar man saam gaan sonder dat hy 'n skills assessment het. Ons gebruik ook nie 'n agent nie.

Sterkte

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlese,

Stix en Pikkie is reg. Kyk eers of jy kwalifiseer vir die PR, die definitief die beste roete. Baie families gaan oor op die vrou se skills, bv haarkappers, etc.

Groete,

DKH

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir almal wat so inspring en help! Dis absoluut vir my fantasties dat hierdie forum bestaan en dat mense mekaar so bystaan.

Baie dankie vir jul replies-ek het werklik gedink elke persoon(man en vrou) moet individueel aansoek doen vir die visum.Maar dit is fantasties as net ek hoef aansoek te doen.

Dan wil ek ook net graag weet wat is die verskil tussen die 175 en 457?Is daar verskil in punte?En dat die 119 RSMS ook altyd 'n opsie is.Ek verstaan die laaste een het te doen met die sekere areas,maar is dit vir die werkgewer of werknemer?

Baai

Marlese

Link to comment
Share on other sites

Welkom Marlese

My ouers bly in Elandsbaai ... 'n klip gooi van Vredendal af :ilikeit:

Ek het skool gegaan op Graafwater.

Sterkte met die hele proses, julle het definitief die regte besluit gemaak.

Weet julle al waarheen jul wil gaan?

Groete

Melanie

Link to comment
Share on other sites

Hallo Melanie (my sussie se naam is dieselfde!!haha)

Nee ons weet nog nie presies waarheen ons sal gaan nie.Ons probeer eers vir my man 'n werk kry,want ek is 'n rekenmeester ek kan dus enige plek werk.Sover kyk ons na Queensland,Victoria en NSW.Sal seker moet gaan daar waar werk is.

Hoe ver is julle al in die proses. Ons het nou onlangs eers begin en sukkel om eers al die dokumente bymekaar te kry (Nuwe SA!!)

Voorspoed

Marlese

Link to comment
Share on other sites

Hello Marlese,

Welkom hier by jou nuwe familie. Jy gaan nog baie hier kuier, ek waarsku jou maar solank!

Kyk op die emigrasie website ivm met die verskillende tipe visas - www.immi.gov.au - ek gaan nie die verskillendes probeer verduidelik nie, lees eerder alles self. Dis BBAAIIEEE!!!! leeswerk, maar jy sal gou alles begin verstaan. Ek sukkel ook maar nog.

Wat ek eintlik met jou oor wil gesels is jou man se skill. Ons het 'n vriend wat hier vir 'n maatskappy werk wat min of meer dieselfde doen. Miskien kan hy by hulle regkom vir werk. Die vriend is so 3 jaar terug 'n werk in Oz, Townsville spesifiek - aangebied maar het dit geweier. Townsville is in Queensland en lê hoër as Brisbane op die kaart. Gesê die 'dorp' is nie vir hom nie en 'n klomp dinge verkeerd gevind. Maar ons dink net sy kop was nie reg nie, en hulle was nie gereed om te emigreer nie.

Ek pm vir jou die maatskappy se naam en ander inligting.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Milo

Baie dankie.Ek het jou boodskap gekry.Ons sal dit definitief opvolg.Ek het ook 'n lys van name gekry van soortgelyke mpy'e in Australie en ons gaan hulle nou intensief takel.Dit is ons werk vir die naweek!!!hahahaaha

Ivm die visas.Ek dink ek weet nou wat ek wil doen.Omdat ek nie geweet het dat my man saam met my gaan op 'n 175 nie,het ons heeltyd gewonder oor wat ons te doen staan met hom.Maar nou wat ek ook uiteindelik wakker is-gaan ons met my skills aansoek doen vir die 175 vir permanente verblyf.Ek is nou in proses om al die dokumente bymekaar te kry.Weereens baie dankie :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlese,

Stix en Pikkie is reg. Kyk eers of jy kwalifiseer vir die PR, die definitief die beste roete. Baie families gaan oor op die vrou se skills, bv haarkappers, etc.

Groete,

DKH

Link to comment
Share on other sites

Hi Marlese,

The IELTS takes the longest to complete, because they are very busy and fully booked in CT until around September. The 1st thing I would recommend is to go here "http://www.britishcouncil.org/africa-cape-town-ielts.htm" and register online to book for the IELTS exam. The 2nd thing to do is to appy for Unabridged Birth Certificates. It takes about 8 weeks. :)

Sterke met julle groot skuif. Dit is beslis 'n goeie skuif! :rolleyes:

Willem

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...