Jump to content

Sommer net nonsense op 8 April 2008


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 8 April 2008

Boys daars hoop. Julle kan maar weer pak en kom. Ek het goeie nuus. Gaan eet toe mos nou die aand saam met ‘n paar besigheids pêlle en hulle gades. Soos dit nou maar gaan, duik die vraag weer op oor hoedat ons aanpas. Ek seg toe heel bakgat maar daar is een ding wat my pla. Wat, vra hulle? Ek noem toe vannie skottelgoed was, wasgoed ophang, beddens opmaak ens ens ens. Ek noem toe dat ek nie van die Ozzie ways hou nie. Een ou vra toe “Mate, are you a man or a mouse? Onmiddelik is ek op myse perdjie. “What do you mean,vra ekke? “Mate this is Australia. We don’t do those things around here†Jy kon my met ‘n veertjie omslaan. 4 Mans aan my tafel se vrouens is nog hulle slawe. Of liewer voor ek weer slae kry. Handhaaf hulle beloftes van voor die preekstoel dat hulle hul kant sal bring. Met anner woorde. Hulle doen nog die ou huis takies. Dit blyk toe dat ek onder die verkeerde invloed van die skoon familie is. Dit is net skoonseun se familie se mans wat sissies is. Die res van Oz se mans staan nog hulle man. So, die nuus is goed. Moenie dat julle se vrouens julle probeer oorreed om met die ou takies te help nie. As jy eers in daai groef is, kom jy nie daar uit nie.

Gaan vang toe mos vis saam met Bob van Mount Barker faam. Ry 2 ure om by die viswaters uit te kom. Waar, gaan ek nie sê nie. Ek wil nie nou ‘n toeloop van potensiële visvangers na ons geheime plekkie hê nie. Toe ons daar kom stap ons met die jetty af tot by die punt. Vêr, bleddie vêr. My asem blaas toe ons by die eindpunt aankom. Ons drink toe eers ‘n ou biertjie vanaf Tasmanië. Hulle bier water is blykbaar die suiwerste in Oceanos. Man, was hy nie lekker nie. Ons haak die hoeke aan en begin die bait aansit. Bob het lekker steak van die huis afgebring. Mooi bloedrooi kleur en ek dink toe sommer aan die Kaapse bloedwurm. Ek is seker ons gaan looi onder die King George Whiting. So ‘n ent van ons af sit ‘n ander perd en visvang. Toe hy onse aas sien maak hy sy stem dik “Mate, we don’t use ofal around here†Ek dag toe nog bymy selwers. ‘Ou, dis steak en nie afval nie’ Bob is toe die gentleman en sê “Sorry mate, we didn’t know†Die ou is toe heel gaaf en offer van sy klein vissies vir ons as aas. Ek dag toe, vandag vang ons niks nie, daar gaan die bloedwurm. Bob het ‘n bottle Barcardi rum saam gebring. Ek probeer hom oorreed om ‘n bietjie op die vissies te gooi, maar hy wil niks weet nie. Ons vat toe maar ‘n sopie vir die wis en onwis. Ons sit toe maar die klein vissies aan die hoek. Gooi in en toe begin die sports. Boys, waar was julle. Daai vis byt dat die biesies bewe. Daar lê naderhand ‘n moerse hoop vis. Al probleem is. Kan julle raai? Nee julle kannie. Dit is nie ons wat die vis vang nie, maar die blikskottel langs ons. Ons spook vir 3 ure. Tevergeefs. Gooi toe maar handdoek in. Ek het ‘n jaarts Boerewors saam gevat en ons braai die toe sodat Bob darem kan proe hoe smaak dit. Hy bly my ‘n antwoord skuldig. As hy vir my iets geseg het, kan ek dit nie onthou nie. Moeg sien. Harde werk die visvangery.

2 Ure of wat later was ek weer by die huis. Moeg, doodmoeg. Maar darem tevrede. Ek en Bob het mekaar beter leer ken en sal seker sometime weer so maak. Is hier vis? Ja baie. By Woollies of Coles. Baie minder moeite. Maar hoe eentonig is dit nie om vis te koop en nie self te probeer vang nie. Groete.

Link to comment
Share on other sites

I did tell you, Jan, that my missus reckons that if I had to live off what I fished or hunted, I'd die in a couple of weeks!

It was a good trip though, mate . . . . . and good to have you along.

At least I'm not the only one in Australia now who can't catch fish!

Link to comment
Share on other sites

Bob, I'm intrigued. How do you understand Afrikaans so well?

Link to comment
Share on other sites

Jan

Ek sal seker maak dat my man nie hierdie post van jou onder oe kry nie. Hy het glad sondag vir my kos gemaak.....uitgevang, nou weet ek hy kan.

Ek sou my skaam as ek jy was :ilikeit:

Jou vrou weet seker nie wat jy als op die internet kwyt raak nie!!

F

Link to comment
Share on other sites

So af en toe probeer my man ook afshow. Die bure had die naweek 'n moerske fight, omdat vroulief gesien het hoe hang my DH wasgoed op.

Do you see that? DO YOU SEE THAT! And all you do is clean your f)@*)&$ car all weekend!

Ek moet toegee, die ou was sy BMWobbelyoutjie elke naweek, haal wiele af, skrop, sit wiele terug... you get the pic.

Myne was in 'n vrygewige mood. Dink hy het die skimp gevang toe ek so uitvaar teen sy "mistress"... die boot wat hy 'n jaar terug gekoop het, met 'n gat in (dit het ons eers op die diepsee agtergekom) en sederdien al sy spaar tyd opvreet. Nee ons was nog nie weer uit op die water nie. En nee, ek sal nie sommer weer uitgaan nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Moet se ek het jou stuk baie geniet en lekker geglimlag. My man is ook 'n visvanger (nie dat ons al baie gevang het nie) en gaan dit baie geniet in Oz. Ek het hierdie stuk vir hom gewys - hy dink Oz gaan hemel op aarde wees.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Jan, so moet 'n bek mos praat!

Waar's die dae van hunter gatherers, manne met borshare, wat hulle bene stompies sal loop om te voorsien vir die familie (al is die jag nie elke dag suksesvol nie).

Nou by die grot gekom moet ons die se verantwoordelikhede ook dra, anders is ons nie modern en feminine genoeg nie - stop hierdie gebeenhaar skeerdery!

Viva Ozzieland!

Link to comment
Share on other sites

DKH nou soek jy behoorlik skoor! Onthou ek weet waar jy bly! :ilikeit:

JanStoof jy het ook nou 'n hele debakel hier begin. Sal nog uitvind waar jy bly! :ilikeit:

My ma het eendag vir my gesê - sorg dat jou man weet hoe om huiswerkies te doen en kos te maak...

Wag nou, voor julle my stenig! Sodat as ek dalk siek is of in die hospitaal beland - hy vir die kiddies kan sorg sonder dat die welsyn ingeroep hoef te word. Tot dusver doen hy heel goed - albei kiddies bly nog by ons!

My hunter, gatherer het lanklaas iets vir die pot gebring. So ons eet maar nog Pick'nPay vis en tjoppies van die slaghuis in die dorp!

Link to comment
Share on other sites

Ons spook vir 3 ure. Tevergeefs. Gooi toe maar handdoek in. Harde werk die visvangery.

Jan, lat 'n vrou jou nou vertel hoe vang mens eintlik vis - jy gaan slaghuis toe en kies 'n groot vis uit. Dan gaan staan jy by die deur en vra vir die slagter om die vis vir jou te gooi. Dan vang jy hom. As jy met die groot vis by die huis aankom en vroulief vra of jy die vis self gevang het, dan antwoord jy "ja ek het".

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Ja nee...........hengel op die oop see kan darem nog deurgaan as n sport...........manne wat visvang het net nie toestemming om by die huis te drink nie :whome:

Goeie storie Jan :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...