Jump to content

Bietjie Sondag more twak


Blossom

Recommended Posts

Sondag oggend….is dit nou 9:18 of 10:18 met hierdie tye wat so verander het gisteraand 3 uur? Maak nie saak nie, bly ‘n lieflike dag……………hierdie laptop van my…..ek tik lieflik in en dan maak hy dit lifelike! Wonder hoekom, moet tog vir seun vra, maar nou se dae is hy so getrain, vra my sommer $130 per uur om aan my pc te werk. Nie dat ek dit sal betaal nie, hy kry genoeg want elke keer as ek hom winkel toe stuur kry ek nooit die kleingeld terug nie, so whe!

Ek wil eintlik vir julle vra of julle ook opgelet het na die karre hier? Die mees algemeenste kar kleur is silwer. Dan wit. Silwer is die dominantste kleur…wonder hoekom? Is ‘n metallic kleur dan nie duurder as ‘n gewone kleur nie?

Anyway, ek sit hier en dink aan al my karre wat ek al gehad het en die mishaps wat ek met hulle gehad het. Al my ongelukke was in reverse!

Die Jetta se petrol het vasgehaak een aand toe ek reverse om hom in die garage in te trek. Bo oor ‘n emmer, skuins geskuur teen ‘n ou drom en een wiel in die visdam. Gelukkig geen vis-ongevalle nie. Net ek met whiplash en R3000 skade.

Die Tracer se agterkant skoon skeef by Alberton City se parkering. Kan nie help hulle maak die spasies so klein daar nie.

Die beste een was waar ek gewerk het by Fedgas. Kan net onthou dat ek vreeslike self vertrouend oor my skouer geloer het toe ek die dag moes reverse want die baas wou verby kom. Uit die hoek van my oog het ek die swaaiende arms gesien maar ek dag hulle wys vir my dat ek maar kan kom. Later het ek besef dit was desperate swaaie en waaie daai! Want ek het die hele boom by die hek uit sy nate uit gery, kant paaltjie en al. Dis nie boom met blare en ‘n stam nie, dis ‘Boom’ die wat jou keer om in te ry sonder dat die outa in jou kar geloer het. Daai boom, waar jy moet gat skoonmaak anders val hy op jou kar. Nie dat nog ‘n duikie sou saak maak nie.

Gelukkig het hulle my nie maak betaal nie, nee, hulle het net met rollende oe gese ry tog maar net in asseblief.

Ek kan ook nie reverse parkering doen nie, ry 20 keer om die blok tot ek ‘n skuins parkering kry. En ek is ook nie ‘n goeie passasier nie, ek ry nie sommer saam met iemand nie. Hubby is die enigste een vir wie ek agter die stuurwiel vertrou….ook maar net, net. Ek briek gewoonlik so erg hier aan die passasiers kant dat daar al ‘n gat in die vloer is.

Ek het nog nooit saam met seun gery as hy bestuur nie, as ons moet erens heen dan hou hy al sy sleutel uit vir my, ek bestuur. Ek vertrou myself. Vrouens is oor die algemeen versigtiger bestuurders as mans. Net solank ek nie reverse nie!

Lekker dag,

Link to comment
Share on other sites

Lekker om bietjie rustige leesmateriaal te lees op Sondag... beter as die ou Rapport op Sondae...

Geniet jou rustige dag, vriendin!

Groetnis

Elize

Link to comment
Share on other sites

hallo KD en Elize

Ons sit ook al heel oggend innie bed met die PC oppie skoot. Ons het gister uiteindelik broadband (Vodafone se 5 gig vir $39) gekry, het gesukkel, want toe ons net hier aangekom het wou hulle dit nie v ons gee nie. Ons het vanoggend al ge "google earth" en als, te lekker. Dialup is sommer vir die voels.

Ek het mos gister v my lisensie gegaan. Het dit gekry !!! Maar dit reen nooit in Perth nie en gister toe sous dit. Die wat dit nog moet doen...dis sommer maklik, maar ek bekommer my oor jou KD....ek moes 2 keer reverse manouvres uithaal!! Jy sal daai reverse moet oefen as jy nog nie jou liksens het nie.

Lekker dag v julle.....ek het manlief aangese om te gaan ontbyt maak (iets wat maar raar is).

F

Link to comment
Share on other sites

Hi Frenchy,

Staan op en maak op daai bed..a nee a! Roer jy al die potte op die stoof? Of maak jy soos ek maak vandag...eet pizza?

Liksens, my hartlam, hierdie wind verwaaide, deurmekaar ou tante het nie minder as 4 lisensies nie!

Een vir S.A, 'n internasionale een, een vir W.A en een vir hierso! So ek kan maar ry, net solank dit vorentoe is.

Elize, die Rapport het ek op gehou koop toe die hoeveelste dominee daar uit die kas uitklim, en toe raak ek dik vir die ander goor nuus ook. Ek sit nou juis met

gister se Advertizer, die nuus is soveel anders as daar. Ek soek 'n Maltese poedel maar ek sien hulle is te duur, sal maar wag, een sal wel oor my pad kom.

Bye,

Link to comment
Share on other sites

Frenchy,

Is daai google earth nie die beste ding naas tjoklits nie. Dit voel amper soos vlieg anywhere. Minus die onkoste.

Maak seker jou 3D setting is aan - tilt die horizon net so klein bietjie en dan voel dit kompleet soos ek vlieg met helikopter om kampsbaai, 12 apostels en llundudno.

Link to comment
Share on other sites

Frenchy,

Is daai google earth nie die beste ding naas tjoklits nie. Dit voel amper soos vlieg anywhere. Minus die onkoste.

Maak seker jou 3D setting is aan - tilt die horizon net so klein bietjie en dan voel dit kompleet soos ek vlieg met helikopter om kampsbaai, 12 apostels en llundudno.

Hi Biker,

Verlang jy he? Sorry. Ek ok.

Link to comment
Share on other sites

Ek verlang want ek sit in Jhb.

Daar is maar net een Kaap van Storms innie hele wye wereld.

Link to comment
Share on other sites

Biker, ja, google earth is nice, nog nie die 3d ding probeer nie.

KD - nee man, wie roer nou potte op 'n sondag. Ons is lui op sondae, ek staan nou in die kombuis en tik oppie PC en my man sny uie en hoender hier langs my, hy het dit so geniet om ontbyt te maak, hy maak nou middagete ook!! Ek is 'n speed cleaner, ek was die stort terwyl ek stort, maak die wasbak skoon as ek tandeborsel, suig die vloere as ek nuus kyk ensovoorts.

Ons het darem netnou na die SA food festival toe gegaan, maar daar was so baie mense, kon nie naby 'n kosstalletjie kom nie. Nou kook manlief maar.

Ek het ook tussen 2 en 3 gou my dogtertjie se playgroup se speelgoed en lokaal gaan help skoonmaak.

KD, eet julle pies vandag??

Lekker dag

F

Link to comment
Share on other sites

Hi almal,

Ek is nou so 16 maande hier en het glad nie voorheen gedink ek mis SA nie. Het pas gaan besoek afle daar - net vir 'n week - en nou kry ek skielik baie heimwee. Was heerlik om weer al die ou bekende plekke en gesigte te sien - Menlyn, Brooklyn en al my pelle. Ewe skielik mis ek die plek man!

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Die hoender was baie lekker......die man het my nogals verbaas.

Google earth bietjie "Jurien Bay" in WA of North Head in WA. Dis waar ons ander naweek gekamp het.

Groete

F

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...