Jump to content

1ste maand ini Whitsundays


werns75

Recommended Posts

Het 'n maand terug hier aangekom in sikloon tyd met 'n runway wat inmekaar geval het, vlug wat gekanseleer was, en bykans 600mm in 'n paar uur en bote wat uitspoel op die strand by die dosyne was genoeg om ons die skrik op die lyf te jaag !!! Dinge het darem nou stabiliseer en ek wil net weer van myself laat hoor na 'n afwesigheid van so maand en 'n half.

Ons probeer nog elke dag net dinge stabiliseer en weer na normaal terugkeer (as daar ooit weer so iets gaan wees). Ek werk darem al van ons aankoms, maar my vrou soek nog werk. Een ding is verseker - as jy outback of rural areas toe gaan soos ons is dinge nie so maklik of rooskleurig soos sommige dit afmaak nie. Jys ver van alles en moet ry om enigiets gedoen te kry (spoedbeperking maak dat jy goed moet beplan want dit vat 'n ewigheid om daar te kom), gelukkig is die rye nie lank nie LOL. Helfte van die spruitjies is geflood en kan jy gewoonlik nie terugkom nie (tot hooggety sak of reen ophou) en ons het al ure gesit en wag tot ons kan deurry - sommer eenkeer net gery want kon nie langer wag nie - dankie tog vir die bakkie wat ons geleen het. Kyk, die plek is mooi, die water is seepglad en potblou en die visse spring sommer in jou "tinny" = booitjie in as jy nie keer nie. Maar dis taai sonder die luxuries waaraan mens gewoond was. Om nou net iets te gaan doen soos fliek wat ons mal oor was verg nou naweekbeplanning. Ons mis ons Spar en "mawls" en almal se mens moet die nuwe "omgewing" embrace en die natuurskoon inneem, maar as jy in die stad groot geword het is daar baie dinge wat jy nooit geleer het nie. So wees maar waaksaam. Is al amper gepik deur 'n "brown snake" (baie dodelik), spinnekoppe val op jou (dodelik genoeg as ek hartaanval gaan kry), en as dit nie vir die "stinger suits" (so dun latex pakkie wat jy moet aantrek as jy nie wil omkom as jy gaan swem en deur 'n box-jellievis gesteek word nie) dan was die plek seker nogal O.K.

Vleis is duur en jy moet rondshop vir goeie stukke. "Coles" is nie sleg nie, maar niemand se vleis proe dieselfde as in SA nie. Jy kan darem vir boere wors vra - hulle weet nou darem al hoe om dit hier ook te maak. TV's en sulke goed is taamlik bekostigbaar (mits jy al dollars verdien) anders gaan 'n 42" plasma jou so R11 000 terugsit. seker nie te sleg in vergelyking met SA nie. kan darem een ding se - ek het 'n DELL PC quad core gekoop en dis 'n model wat nie nie eens in SA kan kry nie - daarmee is ek baie impressed. Maar die diens hier is wat mens onder kry. Dis non-existend! stap jy in 'n plek in het jy nog nooit sulke onbehulpsame mense gesien nie. maar op die venster adverteer hulle groot "best service rating" - dis regtig 'n joke. en as hulle jou aksent hoor gaan die kar se prys ook sommer op. Pasop vir die sharks want pryse word nie op motors gesit nie, jy moet ingaan en navraag doen. die klien dingetjies wat verskil van SA. Ons mis dit nog, en hoor my, nie negatief hier nie, net nog makliker om te comment op dinge wat "anders" is. Jus ek kan aangaan hoor.......baie dinge wat anders is....maar sal dit los vir die mense wat regtig my opinie wil weet.....

Ek deel sommer net vinnig 'n paar gevoelens en nie als is good and gloom nie hoor. hier is baie nice mense ook en ons het al klaar 'n paar vriende gemaak en word al genooi vir etes (sou seker help as ek se hulle is ook suid afrikaners lol)

anyway, terwyl my vrou nog werk soek na 'n maand kyk ons vorentoe en maak die beste van die saak. welkom terug aan myself op hierdie forum.

l8r

Link to comment
Share on other sites

Hi Werns75

Welkom terug !!!!! Ons is ook nou 'n maand hier en dit is nie elke dag maklik nie. Gelukkig bly ons in Brisbane en hier is baie malls en flieks, maak dit bietjie makliker vir my.

STerkte daar en onthou Australia is groot as jy nie van die platteland hou nie, probeer die stede.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Welkom terug op die forum Werns en welkom in Australie. Ek kan nogal dink dat die hemele vir julle oopgemaak het met julle aankoms, dit was regtig slightly nat!! LOL!!!

Wel nou het julle die natste beleef, sal dit nooit vergeet nie. Hoop darem dit bly vir 'n rukkie so nat in Qld net tot ons damme lekker vol is, sonder die vloede natuurlik.

Ek kan net dink dat dit in die platteland heelwat anders sal wees as in die stede byt maar vas boet en ek belowe dinge gaan binne kort baie meer bekend voel. O ja en die smaak van die goed hier...... 'n klompie van ons wat so jaar of wat al hier is het nou die dag gepraat, dinge proe nou weer normaal, weet nie of dit ons smaak is wat aangepas het nie maar selfs die KFC en Macca's ens is nou weer lekker!! LOL!! Nog net 'n paar maande dans die Kaap weer Hollands, sal nog so ene vir Aussie moet skep ne?

Mooi bly en skryf nog al is dit nie alles positief nie, niemand verwag van die GROOT move om alles positief te wees nie.

Groete

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Welkom terug. Jy het die realiteit net weer mooi beklemtoon. Om te 'trek' is nie maklik nie, jy het baie geduld, geloof en humor nodig. Ek glo jy gaan terug kyk en weet dit was alles die moeite werd. Ten minste het jy 'n toekoms en is jy in 'n land wat jou wil he.

Sterkte daar en wees versigtig vir al die goggas.

Groete

Vlam

Link to comment
Share on other sites

Hi Werns

Ek dink julle is braaf en 'gutsy' om in die platteland te begin en bewonder julle daarvoor. Sterkte vir al die aanpassings.

Ek kan aan 2 positiewe dink:

1. Julle het ons almal op die forum om julle te ondersteun;

2. Julle sal al lankal 'gesettle' en 'old hands' wees, wanneer ons eendag land en van vooraf deur dieselfde aanpassings moet gaan as waardeur julle en alle nuwe immigrante moet gaan.

Dankie vir jou comments, positief en negatief. Jy kan gerus meer deel met ons

groete

ta'mossie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Werns.

Mag ek 'n paar vrae vra asseblief:

  • Watter werk doen jy daar?
  • Waar het jy van die werk gehoor?
  • Is jy gesponser?
  • Ek gaan by Whitsunday Christian College aansoek doen. Dink jy dit is 'n goeie roep?
  • Hoe het jy blyplek gekry? Koste?
  • Salaris in vergelyking met wat jy in SA gekry het?

Sien daarna uit om van jou te hoor. :rolleyes:

Groete

Dave

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Werns.

Mag ek 'n paar vrae vra asseblief:

  • Watter werk doen jy daar?
  • Waar het jy van die werk gehoor?
  • Is jy gesponser?
  • Ek gaan by Whitsunday Christian College aansoek doen. Dink jy dit is 'n goeie roep?
  • Hoe het jy blyplek gekry? Koste?
  • Salaris in vergelyking met wat jy in SA gekry het?

Sien daarna uit om van jou te hoor. :blush:

Groete

Dave

hey dave, natuurlik kan jy vrae vra, ek sal probeer antwoord waar ek kan....

1. ek is 'n stadsbeplanner en beoefen my professie hier.

2. ek het van die werk gehoor deur baie CV's uit te stuur. het klomp firmas genader wat ek op die net gekry het en toe hulle gemail. baie het reply, maar wou weet hoe ver is ek met my VISA. op daardie stadium was ek nog besig om aansoek te doen op die skilled indepenedent VISA deur 'n agent (was al 6maande besig met dit, en als het glad verloop, toe ek die sponsorship gekry het.) dus nie almal stel belang as jy nog nie 'n werksvisa het nie, ander doen nou weer en sponsor.

3. ek dink 2 hierbo beantwoord dit. ja eks gesponsor. ek moes my skilled ind visa toe kanselleer want jy kan net op een aansoek doen. ek moes nog steeds betaal vir my en my vrou se visa let wel, en al die papierwerk moes ek ook self doen. hulle het egter die proses net aan die rol gesit deur by hulle local chamber of commerce aansoek te doen vir my posisie en dan by IMMI dit as 'n "skilled shortage" te lys. n "case officer" ons toe gekontak en vandaar af instruksies gegee van wat alles ingevul moet word.

4. ek neem aan jy doen aansoek as 'n onderwyser? ek dink dis 'n goeie roep en as dit jou professie is sal jy dit sekerlik geniet en as 'n uitdaging aanvaar. ons weet van ander onderwysers in die area by privaat skole en hulle geniet dit terdee. dissipline is partykeer 'n probleem en hulle kyk veral op na mans onderwysers waaraan daar 'n gebrek is.

5. my maatskappy het my die eerste 2 weke in 'n motel in ingebook, maar meeste van die klein plekkies kom sonder 'n mikrogolf, kombuis - dus WIL mens maar vinnig daaruit want mens moet die heeltyd uiteet en kan nie self kosmaak nie. ons het so gou moontlik 'n kar gekoop en kon dus sodoende rondry vir huur huise, maar hier is 'n paar koerantjies (whitsunday times donderdae) wat elke week die huur huise adverteer. ons het gou reggekom by Ray White. Hier is ander ook - LJ Hooker, PRD nationwide en Remax. soek net op die net vir hulle in die area jy sal gou kan idee kry wat beskikbaar is. dis nogal duur, maar moenie val vir die "gemeubileerde woonstelle" wat hulle adverteer vir so $250pw nie. die plekkies is maar ga-ga. oftewel die meubels. huise verhuur vir so $350pw. proserpine (25km hiervandaan) is dalk goedkoper, maar as ek jy is kyk vir verblyf in die Cannonvale area waar jou skool is. hier is bus geriewe en redelik op tyd. let wel, maak reg om 'n 6 maande kontrak te teken vir huur, en ook 'n "bond, oftewel 'n sleuteldeposito te gee - 4 weke vooruit se huur en dan nog so 2 weke vooruit jou huur ook. dus 6 paaiemente. jy kry darem die "bond" terug aan die einde van jou huur termyn bygese.

6. kyk, dis maar duur oor die algemeen. lewenskoste is nie goedkoop nie, maar ek hoor nie van mense hier wat sukkel nie - en hulle het almal kinders ook nog. wat mens in gedagte moet hou is dat wanneer jy dinge "convert" van rand na $ toe, dit val jy op jou rug. maar mens leer gou om dit nie meer te doen nie die oomblik as jy dollars begin verdien. kosware is bietjie duurder as in SA. ons begroot vir 2 van ons $400 per maand. motors is relatief goedkoper as in SA.....klein motortjies soos 'n hyuandai getz is so $14000. jou groter sedans is so $24-30 000 en 4x4s in die $30-40k prysklas. ons betaal $400 versekering op ons kar per jaar vooruit. water en ligte is betaalbaar elke 3 maande en ons het so $450 begroot (150pm). die groot ding is dat jy tien teen een 'n nulletjie minder gaan verdien as in SA. maar goed is dan ook hier 'n "0" aan die einde goedkoper sou ek se. die beste maatstaf is om dit te vergelyk met jou salaris. Ek dink dit vergelyk op die stadium redelik dieselfde met my salaris in SA, maar bygese ons het myn behuising gekry, so in terme van lewenskwaliteit is dit nou hier dieselfde alhoewel ons nou self baie dinge moet betaal. mense verdien enigiets tussen 30k en 100k 'n jaar. met 50k weet ek van mense wat ok is - maar dit hang af van jou lewensstyl. onthou hier is nie flieks nie, en almal vang vis. trips uit na die reef toe is $450 per dag en dis belaglik duur. dis nogal 'n endjie uit so as jou boot nie genoeg brandstof het nie kan jy ook nie terugkom nie. So vir vermaak koop mense "tinnies" - sulke blik bootjies en vang maar vis.

die area is pragtig en die see is seepglad. parkies word mooi onderhou en papegaai maak groot geraas. die son is egter blerrie warm. hier loop baie mense rond met velkanker - seker 50% meer as wat ek ooit in SA gesien het.

hoop dit help darem so bietjie

Link to comment
Share on other sites

Ek is bly om te hoor van jou ervaring oor die soet EN die suur.

Byt net vas.

Uit 'n vorige ervaring kan ek net noem, alles lyk wonderlik in die begin en so na maand of 2-3, dan begin die klein jakkalsies byt, 1ste wereld of de not.

En die verandering van seisoen tot 'n mislike winter het ook nie veel bygedra nie in my geval nie.

Het na 6 maande 'n breek gevat vir 3 weke en weer teruggegaan en toe was die Kaap Hollands.

Sodra jou vrou 'n werkie het sal jy sien dinge gaan ook beter gaan. Ek hou duim vas.

Link to comment
Share on other sites

Howzit Werns,

Lekker om weer te lees van jou - en al die ervaringe. Hou moed man, ons weet jul kan en geniet dit al die pad.

As jy stoei sal jy nooit aleen stoei nie en steeds maak jy my jaloers want jy's my en vroukie reeds jarre voor!

Skryf gerus en treat ons met 'n pic van jou plekkie!

Mooi bly.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...