Jump to content

Studeer in Adelaide


PieterK

Recommended Posts

Hallo SAers (veral die in Adelaide)

Ek beoog om volgende jaar my B.Sc graad in Adelaide te gaan doen, dis 'n drie jaar voltydse kursus, & ek wil dit graag in Adelaide doen omdat studies wat ek voltooi in "regional" Australië ekstra punte sal tel vir my residency visa. Ek wil net graag 'n paar vrae stel oor Adelaide self aan die ouens wat reeds daar woon:

1. Ek het omtrent net genoeg geld gespaar om vir die kursus te betaal, & elke maand se verblyf te betaal, maar ek sal moet werk om kos, rekeninge, ens te betaal. Saam met my studente visa kan ek aansoek doen om 20 ure te werk elke week, so dit sal seker maar "casual" werk moet wees. Hoeveel kan ek verwag om te verdien per uur, & sal dit my basiese lewenskoste kan dek? Sommige mense wat ek mee gepraat het sê omtrent A$200 per maand sal kos & rekeninge vir een mens kan dek. Klink dit realisties?

2. Ek doen my eerste jaar in North Terrace, & my tweede & derde jaar in Mawson Lakes. Val daai 2 areas in die city centre, (maw kan ek die gratis publieke vervoer in die city centre gebruik), of sal ek moet kaartjies koop? As dit nie in die city centre is nie, watter areas is taamlik naby aan albei kampusse waar ek verblyf kan huur?

Ekskuus vir die lang post, maar ek sal dit vreeslik waardeer as iemand my kan sê.

Goete

Pieter

Link to comment
Share on other sites

Hi PieterK,

Eerstens, welkom hier!

Dan..ek gaan nou onder korreksie praat en ek is seker hier sal van die ander Adelaiders wees wat sal reg help.

As jy voltyds gaan studeer sal jy seker deeltyds moet werk. Jy sal 'n werk moet kry waar jou ure gaan inval met jou studie plan.

Of dit so maklik gaan wees weet ek nie. Die enigste plekke waar jy dalk so iets kan doen sal by 'n McDonalds of 'n Subway wees.

tensy jy so gelukkig soos my seun is. Hy het voltyds gewerk by die sekere plek en toe hy aanvaar is by TAFE, het sy werk ingeval by sy studie

ure.

Casual werkers verdien so vanaf $14 tot $18 per uur. Nou kan jy uitwerk hoeveel ure jy moet werk om te kan oorleef.

Jy se jy het genoeg geld vir verblyf?

Jy se nie of jy 'n gesin het nie en of dit net vir jou alleen is nie?

Huur is duur en dit hang af waar jy gaan bly en wat jou behoefte is. Units met 2 slaapkamers gaan jou omtrent $250 per week kos. Dit kan gaan tot $300 per week en meer. Miskien goedkoper as jy bereid is om af te skaal.

Gratis bus diens is net in die midde stad en die roete is regom die stad. Vir die res sal jy moet buskaartjies koop. Gelukkig is publieke vervoer baie goed met treine, busse en trams. Die pryse het ook nou al op gegaan maar nog bekostigbaar.

North Terrace is in Adelaide self en Mawson Lakes 'n ent verder.

Gaan op Google earth en kyk watter buurte is naby genoeg vir jou.

Laastens, as jy hier kom, moenie huiwer om te vra nie. Ons sal jou altyd in die regte rigting beduie en help met die vreemdheid.

Good Luck!!!

Groete,

Link to comment
Share on other sites

Hi Pieter

Welkom op die vorum en voorspoed met jou reelings. Daar is heelwat vorumiete in Adelaide en ek is seker hulle sal vir jou goeie raad he.

Groetnis

Sakkie

Link to comment
Share on other sites

Hallo Pieter. Klink vir my of jy jongerig kan wees. Maw, jy ken vannie net. Slat die draad ou maat. Soek en jy sal vind. As jy oor 'n maand weer skryf en sê, Ek weet nou rêrig nie verder nie, kan jy op my knoppie druk. GOOGLE Adelaide. Jy sal die stad Kampus en Mawson Lakes daarop sien. Treine loop naby hulle. Cheap. Soek en jy sallie pryse sien. As jy hier is en begin klas loop, maak jy gou pêlle. Die pêlle het pêlle wat verblyf en werk het. Werk is volop vir jongmense. MAAR, jy werk hier. Niks is verniet nie. Gebruik jou inisiatief en spook. Jy is 'n boer en 'n NUWE VOORTREKKER. Voorspoed. Ek laaik Griekwas en daarom antwoord ek jou.

Link to comment
Share on other sites

Hallo SAers (veral die in Adelaide)

Ek beoog om volgende jaar my B.Sc graad in Adelaide te gaan doen, dis 'n drie jaar voltydse kursus, & ek wil dit graag in Adelaide doen omdat studies wat ek voltooi in "regional" Australië ekstra punte sal tel vir my residency visa. Ek wil net graag 'n paar vrae stel oor Adelaide self aan die ouens wat reeds daar woon:

1. Ek het omtrent net genoeg geld gespaar om vir die kursus te betaal, & elke maand se verblyf te betaal, maar ek sal moet werk om kos, rekeninge, ens te betaal. Saam met my studente visa kan ek aansoek doen om 20 ure te werk elke week, so dit sal seker maar "casual" werk moet wees. Hoeveel kan ek verwag om te verdien per uur, & sal dit my basiese lewenskoste kan dek? Sommige mense wat ek mee gepraat het sê omtrent A$200 per maand sal kos & rekeninge vir een mens kan dek. Klink dit realisties?

2. Ek doen my eerste jaar in North Terrace, & my tweede & derde jaar in Mawson Lakes. Val daai 2 areas in die city centre, (maw kan ek die gratis publieke vervoer in die city centre gebruik), of sal ek moet kaartjies koop? As dit nie in die city centre is nie, watter areas is taamlik naby aan albei kampusse waar ek verblyf kan huur?

Ekskuus vir die lang post, maar ek sal dit vreeslik waardeer as iemand my kan sê.

Goete

Pieter

Pieter,

Noth Terrace is reg in die stad, die gratis bus sal dus daar werk. Mawson Lakes ergter is so 20 minute Noord van die stad, algemene rigting Parafield Gardens, ek glo nie dit gratis bus sal tot daar werk nie. Studente kry afslag of "concession tickets" so dit sal minder wees maar ek glo nie verniet nie. Ek reken as jy in North Adelaide / Prospect / Kilburn / Blair Athol / Enfield of daardie rigting dergliks iets gehuur kan kry is jy omtrent in die middel sonder om totaal in die suburbs te wees. Ek het 'n kaart aangeheg sodat jy 'n idee en perspektief kan kry. Die swart blok is die middestad, die noordelike lyn van die swart blok is North Terrace. Maar jy sal ook maar moet kyk na geld natuurlik. huur is nogal duur. Ek weet nie so lekker van die $ 200 per maand nie, dalk per week as jy reeds huur betaal het ja. Casual werk soos genoem betaal so tussen $ 15-20 per uur, soms meer as jy gelukkig is. Jy kan dus so tussen $ 200-300 dalk effens meer per week maak deeltyds, wat genoeg is as jy reeds huur betaal het, soos ek dink jy praat jy klaar voor gespaar het.

Hoop dit help, laat weet maar as daar nog vrae is.

Voorspoed en lat weet as jy aankom, ek kom haal jou graag by die lughawe en kry jou by jou blyplek, sommer oor en wil en verniet, as ek dit kan maak natuurlik. Hier brand ook gereeld 'n braaivuur by my huis, so hou kontak vir gratis maaltye vir arm srudente :unsure::ilikeit:

post-43-1205746494.jpg

Link to comment
Share on other sites

Pieter, hoe oud is jy? Jou betaling sal afhang van hoe oud jy is. Wees gewaarsku dat baie van die take aways en sulke plekke net baie jong kinders in diens neem sodat hulle die minimum hoef te betaal. Gewoonlik is die uurlikse betaling rondom $11 - $15. Probeer miskien 'n restaurant of dalk 'n plek soos Bunnings of een van die supermarkte. North terrace is op die gratis busroete. Mawson Lakes is baie ver uit die stad uit. Daar is ongelukkig nie eintlik 'n area wat naby aan altwee is nie.

Ek is nie so seker of $200 per maand realisties is nie. Ek sou dink nader aan $200 per week vir een persoon. Maar ek dink nou natuurlik aan huur ook en dit sal petrol ens. insluit. Hoeveel begroot jy vir huur?

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Baie dankie vir almal se antwoorde. Ek sal volgende jaar 27 wees, ek weet nie of dit tel as jonk of nie, maar dit is net ek wat gaan, geen vrou of kinders op hierdie stadium nie, alhoewel my suster dalk ook in Aus wil gaan studeer, maar sy besluit nog.

Ek het maar gegaan op die pryse op www.realestate.com.au vir huur, ek glo so A$250 per week sal werk, alhoewel ek hoop dat die universiteit my dalk kan help studente verblyf, maar ek sal huur as dit moet. Die A$200 per maand sal net wees vir kos & basiese rekeninge, ek is gelukkig nie iemand wat elke tweede dag uiteet of gaan klere koop nie. Ek beoog ook om maar met publieke vervoer oor die weg te kom, mits dit so goed is in Aus soos ek hoor. As 'n ou 'n student wil wees moet jy seker maar bereid wees om soos een te leef.

Ek is nog besig om somme te maak, op die stadium weet ek net nie lekker wat om te budget vir groceries ens nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi PieterK,

My daughter is studying at Uni on the Sunshine Coast and lives on Campus so I will give you an idea of what it costs her. Firstly International Student Fees are EXTREMELY high, at least she pays Common Wealth Fees as we do not qualify for HECS, but that is still $6 000 per semester, doesn't include books, lab supplies etc. Just bought her some more books yesterday, $500.

She lives in student accommodation which is awesome but also pricey as you need to pay extra for Internet, varies according to how many Gigs you need. She uses the internet a lot as most of her notes need to be printed off before class and 1Gig costs approx. $50. She uses more than that. (You also HAVE to use the Uni's internet provider so you can't shop around) You also need to pay for telephone, parking, and the socials which are run at the Res, plus all the other little extras which creep in.

Food works out at about $50 per week, MINIMUM, and that is just the basics. I still cook meals at home when I do dinners here and freeze them and she takes veggies etc back with her when she comes to visit. Basically she also does her "shopping" in my grocery cupboard each month so $50 isn't really a realistic figure.

You need to factor things in like laundry which can become expensive too. She catches the bus and train home and that is approx. $20 with a student card.

You need things like a computer, printer, stationery, etc in your room which eats into your money. You need to keep money aside in case you need to see a dentist, just cost my eldest $400. Your student health cover you pay for doesn't cover dentists, only basic doctors. Then there are the little things like pillows, sheets, duvets, towels etc. which you need. If your Uni supplies these they cost extra.

My daughter has always had part time work, and the idea was for her to get part time work at Uni too, she can work unlimited hours. The work load is so heavy that she doesn't have time to. We decided that as we are paying a lot for her to go she should rather concentrate on her studies and we would pay in the shortfall. You need to factor this in too, how much can you REALISTICALLY work without it affecting your studies. Also you need to have a little down time, all study and work and no fun will make you an outcast at Uni plus you will burn yourself out.

My eldest is studying at TAFE on a student visa, he will be 25 in August, and to his horror he has to live at home as he cannot afford to pay the fees, study and work enough hours to survive. He does work part time but him and my daughter have classes till 8pm at night some times so work does take a back seat. He would love to live on his own or share accommodation but realistically it is just not possible. Last year he did work a lot but his work suffered as when he isn't in class he needs to do assignments, very time consuming, and once you fall behind it causes a snow ball effect.

On paper everything looks too easy but in reality without the support from us neither would be able to study full time. You need to factor in all these things. There are many International Students studying here BUT the majority have parental financial support AND their currency isn't as weak as the rand, it all makes a HUGE difference.

Hope this doesn't put you off but you did want a realistic picture. :cry:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Pieter. Jammer dat ek in my eerste antwoord so kortaf was. Ek het jou met iemand anders van Kimberley verwar, selfde naam, maar baie jonger as jy. Die perd wil om al die verkeerde redes na Adelaide toe kom. B.Sc is 'n 'n perd wat met hom laat speel nie. Op 27 is jy sekerlik klaar met die dinge van 'n kind en ernstig om verder te swot. Moet sê, ek vind die Ozzie kinders meer volwasse as wat ek op 18 jarige ouderdom was. Mawson Lakes is die plek vir jou om te bly. Reg langs die Universiteit en by 'n groot trein stasie. Daar word baie nuwe woonstel blokke gebou met die oog op studente. Ongelukkig oorskry die vraag die aanbod en is daarom vrek duur. Ek ken 'n agent wat in daai area bedrywig is en hy sal jou 'n beter aanduiding van huur kan gee. My vrou is nou weg met my bakkie en sy besonderhede. Sal later aanstuur. Daar bly huidig letterlik honderde studente wat klas loop by UNISA. Baie commute in stads kampus toe met die trein. Jy het nie 'n voertuig nodig om hier oor die weg te kom nie. Die publieke vervoer is baie goed. Ek eet gereeld by die lokale hotel ontbyt en dit kos $10.90. Jy kan eet soveel jy wil. Dit is $327 per maand. As jy by die lokale Woolworhs kos koop kan jy goedkoper weg kom. Toe ek 'n student in Potch was het ek op 'n brood en pint melk per dag geleef. As ek myself wou treat was dit chips en coke. Vrydae het ons 'n bottel Paarl Perle witwyn gekoop en dit was ons drank virrie week. Het hom natuurlik onmiddelik uitgesuip om op 'n stasie te kom. Ons het dit gewoontlik onder die Wilgers langs die Mooirivier gedoen. Daai aand kon jy ons nie met 'n paal omslaat nie en ons het gedans dat die biesies bewe in daai Dopper dorp. Voorspoed met jou planne. Ek sal ook my skoonseun se suster se besonderhede aanstuur. Sy swot op Mawson Lakes en kan jou seker van raad bedien. Ek sal dit ok laaik as daar Noord Kaapse geselskap in die Ierse familie inkom.

Ek laat hoor weer van my.

Link to comment
Share on other sites

Colton & Jan Stoof, dankie vir julle antwoorde. Hel ja, Colton se post laat my nogal bietjie worry of ek nie dalk 'n bietjie baie wil afbyt nie. Weet enigiemand of daar instansies in Aus is wat studie-lenings toestaan aan ou mense soos ek? Die SA banke sê almal ek is te oud vir 'n studie-lening, & hulle hou nie van die feit dat ek oorsee wil gaan swot nie. Om eerlik te wees, ek het nogal gedink dit sal dalk lol om tyd te kry vir werk so tussen die studies deur.

Jan, niks worries nie, ek verstaan oor die misverstand. Ek sal dit baie waardeer as jy daai besonderhede kan deurstuur vir my op 'n stadium, maar ek begin nou te wonder of my plan sal uitwerk. Ek sal maar nog info moet kry & aanhou somme maak.

Edited by PieterK
Link to comment
Share on other sites

Piet!

You'll have to excuse my understanding Afrikaans, as I only read and understand bits of it? . . . . a jigsaw puzzle to me.

My youngest daughter is studying in Adelaide (Occupational Therapy). My son also studied at Uni, here in Adelaide, before he blitzed out after one year!

You can indeed work up to 20 hours a week . . . . . if it doesn't get in the way of studies, but can work full time during the holidays, I believe. Since we have up to 3 months a year holidays, that's a fair bit of full-time work to be had if you can score some!

Accomodation will be a problem at first. My daughter is still looking with a couple of other girls for a house to rent this year. It seems housing is in short supply, like in other cities around Australia.

PM me with your phone number if you'd like more information about studying in Adelaide.

If I don't know the answer, I can always ask the numbers of students that come and go in my house, seeing my daughter.

Link to comment
Share on other sites

Piet!

You'll have to excuse my understanding Afrikaans, as I only read and understand bits of it? . . . . a jigsaw puzzle to me.

My youngest daughter is studying in Adelaide (Occupational Therapy). My son also studied at Uni, here in Adelaide, before he blitzed out after one year!

You can indeed work up to 20 hours a week . . . . . if it doesn't get in the way of studies, but can work full time during the holidays, I believe. Since we have up to 3 months a year holidays, that's a fair bit of full-time work to be had if you can score some!

Accomodation will be a problem at first. My daughter is still looking with a couple of other girls for a house to rent this year. It seems housing is in short supply, like in other cities around Australia.

PM me with your phone number if you'd like more information about studying in Adelaide.

If I don't know the answer, I can always ask the numbers of students that come and go in my house, seeing my daughter.

Hi Bob

Thanks for your reply, from your reply it seems you understood my Afrikaams just fine! You're right, I hadn't figured in the amount of full-time work I can do during the holidays, that gives me some hope, although you did say "if you can score some", should I read into that that work for students is somewhat difficult to come by? I've done some research on the net, I've found quite a lot of accommodation, escpecially shared, some for as little as A$80 a week!

Is your daughter also an university? How heavy is her workload, do you think she'd be able to put in 20 hours work a week?

Thanks

Pieter

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...