Jump to content

Kinder-karate!!!


Popeye & Olive

Recommended Posts

Jy sien die ding werk so.

'n Ma is bekommerd oor die kinders, maar 'n pa leer hulle skills sodat die ma nie hoef te worry nie. Dis nou presies wat ek gedoen het met ons drie spinach goblers. Pa Popeye het so 8 jaar + Karate, Tang Soo Do, en so 'n katspoeggie Tae Kwon Do experience agter die rug. (Is vriendelik verplig om op te hou toe ek my skouer afslaan in 'n full contact kompetisie 'n hele paar jaar gelede.)

Vir alle praktiese doeleindes is groot, medium en klein gobler ons oudste dogter (7), seun (5) en kleinste dogter (2) in die verhaal.

Medium gobler kyk vir Popeye aan en reken die ou toppie dat hy hom so 'n bietjie sy stoei styles moet wys. Ek kyk vir medium aan en sê hy moet dit drop - want iemand gaan nou seerkry, en dit gaan nie ek wees nie. My woorde was skaars koud toe stitch hy my 'n ipon (trefhou). Daai klein getrainde vuisie tref my solar plexus met volle vaart dat my wind in my keel opeindig. Medium spring rond soos 'n afkop hoender, en die rondte het begin.. Sien, daar is reëls in hierdie game - Popeye mag slegs keer, en geen houe of skoppe gee wat tref nie. MAAR, die drie goblers kan alles gebruik wat ek hulle geleer het. Dis nou skoppe met die voete, maer-merrie, knieë, elmboë, hande, die kop en houe. Nie 'n fair fight nie, as jy in gedagte hou hulle is klein, vinnig, vat libberties met rughoue, het baie tegniek en krag. Ook is daar 6 hande - elmboë - voete - knieë en drie koppe.

Die stoeiery raak woes so op 'n vrydagaand, en Olive lê en beskou die affêre vanaf die leerbank. Sy is die judge en teken die punte aan. Medium is voor en Popeye moet keer vir die vale want die mawashi-geris en mae-geris (skoppe) vlieg soos snot om my kop. Ek weet nie mooi waar om te keer nie. Ek call vir time-out sodat ek kan sien waar hy is. Groot en klein goblers het die lawaai gehoor en maak hulle grand entrance met 'n dubbel vryval skydive vanaf die rusbank se lening. Ons al vier eindig op die kelim en niemand weet mooi wat aangaan nie. Ek klou nog aan klein gobler vas sodat sy nie seerkry nie, toe val skoppe van groot en medium gobler op die nek en lae rug. Vol ipon vir die twee perdepote en Popeye sien klein gobler is reg. Sy staan en steek my 'n u-ra-ken (reverse fist) op die oor dat hy sing soos 'n sonbesie in paartyd. Olive lê soos sy lag, want die 3 goblers mors nou vir popeye sleg op. Die tyd vlieg soos 'n thoroughbred op die Rothmans July. Groot gobler doen 'n duikrol en looi 'n mawashi geri (roundhouse kick) op die skouer. Geen ipon, sy raak desperaat en voer 'n presiese open hand u-ra-ken uit teen die neus. Pot shot! Olive lê nou al op die kelim saam met ons en skaterlag . So tussen deur die oefen sessie vra ek haar hoekom sy my nie help nie? Sy reken my toe sy het die babies gepop sonder drugs, hierdie is my afdeling!!

In 'n onbewaakte oomblik, en ewe niks vermoedend, toe ek dink die goblers het dalk tou in gegooi- tref die doodskoot. Groot gobler swaai daai voet agter lapland uit en krul hom so onder deur tot by my bo-bek. PYN...... was in my lewe nog nooit so erg nie - het al my neus op 6 plekke gebreek en dit feature nie naastenby nie.

Dit was nie die goblers se oorwinningskreet wat die dak gelig het nie - dit was my doodsasem.

Goblers drie - Popeye 0 & Olive moes die ys gaan haal.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Klink of die klomp hulle self lekker kan help :ilikeit:

Julle moet maar julle 'skills' oorbring - die Aussies is maar 'n bietjie sag. Ek het vir jare Okinawan Goju Ruy gedoen in SA - hier is niks soortgelyks nie. Ook 'n spoegie Tai Chi Chuan en Hsing Hi Chuan (hier in Aus). Ek het omtrent 6 verskillende martial arts clubs gaan ondersoek - vir my meer soos ballet klasse gelyk. Later toe gee ek maar my eie klasse by die universiteit in T'wmba - kry toe 'n paar eks boksers, paar Taekwondo black belts, paar Kung fu karakters ens. Was nie te sleg gewees nie - jong mannetjies is net baie sag.

Mag dalk verkeerd wees - dalk is dit net die platteland hier in Aus wat so agter die klip is. Dalk is die SNAGS (sensitive new age guys) in die cities 'n rowwe klomp.

Link to comment
Share on other sites

My kinders het altwee Tae Kwon Do gedoen in die UK. Dogter is nogal goed - swart belt en brons medalje in die Wereldkampioenskappe, maar hier wil hulle nie vat kry aan die local club nie.

Daar is 2 'masters' - die een is hopeloos te sag: geen dissipline nie. Die ander een is 'n trainer vir die olimpiese span en is totaal te scary vir my twee - een van daai wat afbreek voor hy weer opbou, soos in die army en ek stel nie belang om my kinders in robotte te verander nie.

Nou oefen hulle maar by die huis.

Ek moet se, Popeye, ek het so gelag vir jou storie want dit klink nes my klompie hier. Ding is net my man slaan en skop net so hard terug :blink: - netnou netnou dan le iemand weer met 'n wind uit of 'n lam skouer of iets, so ek loop maar liewer as hulle begin, dan hoef ek dit nie te aanskou nie. My man beskuldig my hoeka dat ek die kinders verpiep... :ph34r: maar ek is maar net 'n ma. As een van my kinders seerkry, dan voel ek die pyn x 1000. :P

Dis ook hoekom ek lankal opgegee het om die Tae Kwon Do kompetisies by te woon. Daar is niks erger as om te kyk hoe jou pragtige blouoog blonde meisiekind se wind uitgeslaan of geskop word nie. :blink:

Link to comment
Share on other sites

Hi Annette

Ek is bly om te hoor ons familie is normaal!!! Het lank geworry toe ek net een reply kry - het gedink dis net ek en Mauritz wat nie so sag is nie :cry:

Ek moes ongelukkig ophou toe 'n ligament en stuk been uit my skouerkop uitskeur. Die ou linker arm hang toe soos 'n vrot komkommer op steroids. Na 'n wille operasie en baie fisioteraperie kon ek darem my hand bokant my skouer optel!! Soos die noodlot wil, krap die gogga erg om weer te begin. Sal maar sien - want as ek my skouer weer breek kan dit lelik word. Anyway, life is not a spectator sport. Soos dit my klink is die Aussies 'n klomp plunies - kan maar met 'n halwe skouer fight.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...