Jump to content

Belastingstelsel


AdeleM

Recommended Posts

Hi, gedink ek sal hierdie met julle deel:

BELASTINGSTELSEL

Gestel tien ouens gaan drink elke dag 'n bier en die rekening vir al tien is R100. As hulle die rekening betaal soos ons belasting betaal, sal dit ongeveer soos volg wees: Die eerste vier (die armstes) betaal niks nie. Die vyfde ou betaal R1 en die sesde R3. Die sewende betaal R7, die agtste R12, die negende R18 en die tiende (die rykste) R59. Die tien ouens is heel tevrede met die reëling, totdat die eienaar op 'n goeie dag aankondig: "Omdat julle sulke goeie kliënte is, verlaag ek die koste van jul daaglikse bier tot R80."

Die groep wil hulle rekening steeds betaal soos ons belasting betaal, en die eerste vier word dus nie geraak nie. Hul drankies is steeds gratis. Maar wat van die ander ses? Hoe kan hulle die meevaller van R20 verdeel sodat elkeen sy "billike deel" kry? Hulle besef dat R20 gedeel deur ses gelyk is aan R3,33, maar as hulle dit van elkeen se deel aftrek, sal die vyfde en die sesde ou elk betaal word om sy bier te drink. Die kroegeienaar doen toe aan die hand dat elkeen se prys so verminder word: Soos die eerste vier, betaal die vyfde ou nou niks ('n 100%-besparing). Die sesde ou betaal nou R2 pleks van R3 (spaar 33%), die sewende betaal nou R5 pleks van R7 (28%), die agtste betaal nou R9 pleks van R12 (25%), die negende betaal nou R14 pleks van R18 (22%) en die tiende betaal nou R49 pleks van R59 (16%).

Elk van die ses is beter daaraan toe as voorheen. En die eerste vier drink steeds gratis. Maar toe begin die ouens hulle besparing vergelyk. "Ek het net R1 van die R20 gekry," sê die sesde ou en wys na die tiende ou, wat R10 gekry het. "Ja, dis reg," sê die vyfde ou. "Ek het ook net R1 gespaar. Dis onbillik dat hy tien keer meer as ek gekry het."

"Dis waar," sê die sewende ou. "Hoekom moet hy R10 terugkry en ek net R2? Die rykes kry al die voordele!" "Wag 'n bietjie," skree die eerste vier ouens in 'n koor. "Ons het niks gekry nie. Die stelsel buit die armes uit!" Toe pak die nege ouens die tiende ou en foeter hom. Die volgende dag daag die tiende ou nie op vir drankies nie en die nege drink toe sonder hom. Maar toe die rekening betaal moes word, ontdek hulle dat hulle saam nie genoeg geld het om selfs net die helfte van die rekening te betaal nie!

Dit is hoe ons belastingstelsel werk. Die mense wat die hoogste belasting betaal, kry die grootste voordeel van 'n belastingvermindering. As hulle te veel belas word en hulle gestraf word omdat hulle ryk is, gee hulle dalk pad.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...