Jump to content

Bestuurslisensie in Adelaide


lategans

Recommended Posts

Ons is nou 2 maande in Adelaide op 'n 457 besigheids visa en wil weet of iemand dalk weet hoe lang tydperk ons het om ons aus bestuurslisensies te kry.....is dit 3 maande of 'n jaar ....?

En hoe doen ons dit?

Link to comment
Share on other sites

Goeie dag aan die Lategans!

Welkom hier!

Solank as wat jy op 457 Visa is, is jou SA lisensie geldig (wel dis 'n ander blikkie wurms)

Die hoofrede is dat jou gesigie daarop is.

MAAR...

Sodra jou PR goedgekeur is (ek neemaan dat julle sal aansoek doen) het jy 3 maande om die 'local lisensie te kry!

Hier is meer details op Service SA se site

HTH,

D :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hallo Lategans,

Ja, Danie is korrek. Soos jy seker al gesien het is jou bestuurslisensie hier jou primere identifikasie, so hoe gouer hoe beter vir die lokale lisensie. Dis nou as julle van plan is om te bly, en neem maar so aan. Jy sal weer 'n teoretiese toets moet afle ( nie te erg nie ) en weer moet gaan bestuur binne 1 maand ( ook nie te erg nie ). As jy slaag kry jy jou lokale lisensie.

Jy kan jou teoretiese toets hier oefen voor jy skryf: www.raa.net

Dis beter om dit gouer as later te kry in my mening, dit maak dinge makliker en vermy kwaai kyke deur die polisie... :blush:

Welkom in Adelaide :ilikeit: . Sterkte met die toets.

PS: Waar woon julle tans ?

Link to comment
Share on other sites

Hi Lategans,

:ilikeit:

Ons het ook 'n tydelike visa (495) en is in dieselfde posisie. Die lisensie is geldig soos die ander gese het, maar ons het so gou moontlik ons lisensies omgesit in 'n Suid-Australiese een. Dis essensieel vir alles en nog wat en ons het gevind ons kan glad nie regkom sonder dit nie, mens gebruik dit hier omtrent soos 'n ID dokument. Ons is omtrent elke 5 minute vir dit gevra, so het "fedup" geraak en dit maar gedoen. Ons is gelukkig want ons het van die VK hiernatoe getrek en dus Britse lisensies gehad, wat sonder 'n toets omgeruil kan word ... :blush:

Ons het na die Transport SA kantore by die Marion winkelsentrum gegaan en die vorms daar gekry. Ons moes ook foto's daar laat neem. Die rye was elke keer baie lank. Laat baaaaaaie tyd toe om dit te doen. Daar is 'n navrae toonbank waar mens kan vra en die regte vorms kry voor jy in die lang ry gaan staan.

Ek weet nie waar julle bly nie, daar sal wel 'n kantoor iewers naby julle wees. Kyk op die Transport SA website, ek neem aan hulle het een. Google dit maar en sien wat opkom...

Sterkte

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...