Jump to content

RATES uitklaring syfers


MMF

Recommended Posts

Kan iemand my inlig met die berekening en presies wat die uitklaring syfer(munisipalitiet) is met die verkoop van 'n eiendom? My eerste keer om 'n huis te verkoop en dan wat is vir die verkoper se rekening by die prokureur. Dankie

Link to comment
Share on other sites

Kan iemand my inlig met die berekening en presies wat die uitklaring syfer(munisipalitiet) is met die verkoop van 'n eiendom? My eerste keer om 'n huis te verkoop en dan wat is vir die verkoper se rekening by die prokureur. Dankie

Hi Mercia

Ek is seker jy het die per ongeluk in die funnies gedrop, maar ek kan in alle geval so bietjie help. Die uitklaringsyfer by die Munisipaliteit is 'n bedrag wat jy betaal sodat die Mun seker maak jy verkoop nie die huis met maande se agterstallige rates & taxes nie. Die berekening is 'n duister perd. Party munisipaliteit maak dit tot datum van okkupasie deur die koper, ander verkoopdatum - dit hang af wie kry jy agter die toonbank daai dag. Party sal bv 'n maandelikse average vir 3 maande hef, plus belasting, ens ens ens - dit kan somtyds nogal 'n aardige bedrag beloop. Hul beloof dan gewoonlik om die balans wat nie verbruik is teen die tyd dat jy die eiendom verlaat nie, terug te betaal,maar sterkte - mens moet hulle jaag vir die tjek.

Die verkoper betaal by die prokureur sy rates en taxes, en enige uitgawes wat die prokureur namens hom moes aangaan bv die verkryging van 'n elektrisiteitsertifikaat om seker te maak al die elektrisiteit is above board. Die koper se uitgawes is veel meer. Dis wat ek kan onthou van toe ek 'n paar jaar terug daarmee gewerk het. Ek hoop dit help! (Dis nie gospel nie hoor! Gaan na 'n prok wat aktes doen en praat met sy sekretaresse - sy sal jou 'n baie goeie en beter idee vna die verkoper se rekening kan gee!)

Groetnis

Legalbuff

Link to comment
Share on other sites

Kan iemand my inlig met die berekening en presies wat die uitklaring syfer(munisipalitiet) is met die verkoop van 'n eiendom? My eerste keer om 'n huis te verkoop en dan wat is vir die verkoper se rekening by die prokureur. Dankie

Nee LegalBuff- die post hoort hier onder funnies, want die kostes is 'n joke!

Ons huis het nou net verkoop (19de geregistreer) en ek wag nou vir die finale syfers wat ek hopelik Maandag kan kry. Sover lyk dit my daar is so R30 000 minder in my rekening betaal as die totale wins op my huis was (buiten agent se komissie). Dit sal seker die rates & taxes vooruitbetaling, prokureerskostes, verband kansellasie kostes, ens. insluit.

NOTE: Probeer jou bank 3 maande kennis gee dat jy wil verkoop, anders kan hulle jou met iets soos 3 maande se rente klap vir kansellasie fooie - ek het dit nie geweet nie!

AS ek meer info kry wat sal help dan sal ek dit post.

Good luck!

Edited by DKH
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...