Jump to content

Klein wonderwerkies orals!!


Legalbuff

Recommended Posts

Hallo almal!!

Net 'n update - ek is baie opgewonde oor hoe God vir ons sorg. Ons het Saterdag gegaan vir ons medical - wat great gegaan het, geen probleme.

Nou net vinnig vertel: Vir my man om 'n dag verlof in te sit vir die liewe medical, is omtrent soos om 'n maanlanding te probeer reel. Dit werk nie - sy base sukkel om te verstaan dat net partymaal het jy wel goed om te doen BUITE die normale werksure, en hoeveel ek ookal wil, ek kan nie sy medies namens hom gaan doen nie.

Ek bel die liewe Paneeldr in die Midde Ooste hier waar ons bly - nee jammer, hulle werk net 07h30 - 13h00. Net weeksdae, NOOIT SATERDAE NIE!! :boxing: (Hoe durf ek selfs gevra het...) Maar nou ja. Manlief berus toe hy sal maar die goeie geveg moet veg, maar ons is beide doodbekommer daaroor. :unsure:

En o ja - jy MOET soontoe ry om die afspraak te maak, jy mag dit nie per telefoon maak nie, die dame wil die vorms aan my verduidelik.

DIT mag ek op 'n Saterdag doen, sy is daar maar die dokter werk nie. :ilikeit:

So ry ons toe Saterdag die gopse in om die plek te loop soek, en wandel in. Heel vriendelik se sy, ja, sy kan vir ons die afspraak maak. Wil ons nie sommer vandag dit doen nie. :thumbdown:

Ek se - WAT?? :blink: Julle werk dan nie regtig Saterdae nie. En sy se vir my:

Nee, net VANDAG (random dag wat ons gekies het om soontoe te ry vir die afspraakmakery), het DR besluit sy help wel vanmiddag mense. Julle kan maar kom, hier is plek.

PRYS DIE HERE!!!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dis wonderlik Legalbuff!!

Dit maak my ook sommer opgewonde as ek al die Klein Wonderwerkies elke dag in my lewe raak sien. Die besef van hoe geseend 'n mens werklik is. En die wonderlike vredevolle besef dat Hy in beheer is . . .

Ons besluit hang nog in die lug. As dit van my afgehang het het ons al geland. Maar my man is nog bietjie onseker, maar ek los my man in Jesus se hande. Watter kant toe ookal, of ons bly en of ons gaan - ek weet dit sal die wil van die Here wees . . .

(ek voel elke dag meer en meer dat die Here ons stuur en ek glo HY sal my man op SY manier oortuig . . .)

Groete

Liggie

Link to comment
Share on other sites

God is never late! His timing is perfect.

Ek kry sommer hoendervleis oor goed God vir ons is!!!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...